Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Januarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Januarie
Kunsblad: Nataniël, Erik se kookboek op rakke
Nataniël en sy broer Erik le Roux het ’n kookboek saamgestel ná vier seisoene van hul kykNET-kosreeks.
2 Januarie
Kunsblad: Botes keer altyd terug na die broosheid
Onderhoud met Annelie Botes oor haar jongste boek, die kortverhaalbundel Kainsmerk
Kunsblad: Uitgewer Stephen Johnson sterf
Grafskrif en huldeblyk aan die ouduitgewer Stephen Johnson
3 Januarie
Kunsblad: Israelse skrywer Oz onthou as ‘vryheidstryder’
Grafskrif oor die Israeli skrywer Amos Oz
4 Januarie
Kunsblad: Eerste Afrikaanse vertaling van ’n Hermans-roman
Onderhoud met Wium van Zyl oor sy vertaling van Willem Federik Hermans se klassieke roman Nooit meer slapen
7 Januarie
Kunsblad: ’n Lewe van verwondering
Onderhoud met die digterfilosoof Willie van der Merwe oor sy bundel Doodmenslik
9 Januarie
Kunsblad: Schaffer-bundel oor Tsjaka nou in Afrikaans
Onderhoud met Zandra Bezuidenhout oor haar vertaling van Alfred Schaffer se bekroonde bundel Mens dier ding wat breedweg oor Tsjaka Zoeloe handel.
16 Januarie
Kunsblad: Lapa wil nou wenkbroue laat lig
Johan Jack Smith praat oor Wênkbrou, ’n nuwe druknaam van Lapa-Uitgewers
Kunsblad: SA vrou skryf tweede plek in internasionale kompetisie los
Petro Wagner het die tweede plek in die Iceland Writers-kompetisie behaal.
20 Januarie
Kunsblad: Madeleine van Biljon en haar man herleef op verhoog
Die rubriekskrywer Madeleine van Biljon en haar man, dr. Pieter van Biljon, is die onderwerpe van ’n nuwe teaterproduksie.
21 Januarie
Boekeblad: Regstreeks hier: Die metafoor se ondergang
Bibi Burger resenseer Mens dier ding deur Alfred Schaffer
Boekeblad: Boekevat-rubriek (Daniel Hugo)
’n Welverdiende voetstuk vir Walters op 90
Kunsblad: Elke liefhebber van Afrikaans moet dié boek lees
Boek oor die Afrikaans van die Kaapse Moslems.
23 Januarie
Kunsblad: Meester van satire M.M. Walters word 90
Die gevierde digter is 90 jaar oud.
26 Januarie
Kunsblad: Schoeman se laaste boek nou op die rakke
Die laaste boek deur Karel Schoeman
Kunsblad: Karoo en sy vroue het skrywer aangegryp
Carol Campbell gesels oor haar boek Die skilpad se laaste traan.
28 Januarie
Boekeblad: Toe die aarde baie kwaad geword het
Wium van Zyl resenseer Ons onthou: Aardbewing herinneringe van Ceres-kontrei se mense, saamgestel deur Bertdene Laubscher & Johann Holzapfel.
31 Januarie
Kunsblad: Gewalgdheid oor kindermolestering laat skrywer sy stem hoor
Die skrywer Fanie Viljoen gesels.
Die Groot Ontbyt
Leonie van Rensburg het in Januarie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
8 Januarie
- Hel toe en terug deur Louis Scott
- Maak ’n kopskuif elke dag deur Caroline Leaf
- Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis deur Gustaf Pienaar
15 Januarie
- Die eerste vryheidsoorlog 1880-1881 deur Jackie Grobler
- Die skilpad se laaste traan deur Carol Campbell
- Kaarte deur Aleksandra Mizielińska en Daniel Mizieliński (Vertaler: Esta Grobler)
22 Januarie
- Bos deur Jaco Wolmarans
- Wat die see gesien het deur Tom Percival (Vertaler: Jaco Jacobs)
- Duinhuis deur Isabella Niehaus
29 Januarie
- Sandveldstories deur Ferdinand Deist
- Lang pad onnetoe deur Jason Reynolds (Vertaler: Nathan Trantraal)
- Auschwitz Lullaby deur Mario Escobar
- The Tattooist of Auschwitz deur Heather Morris
Bibi se boekrak
In hierdie kykNET-webreeks gee bekroonde digter en boekwurm Bibi Slippers nuus en aanbevelings wat met boeke te doen het. Sy gesels ook met mede-lesers.
Die volgende episodes is in Januarie vrygestel:
3 Januarie
Edwin van der Walt raai drie selfhelpboeke aan. Bibi gee raad vir dié wat meer wil lees hierdie jaar, maar nie seker is waar om tyd daarvoor te kry nie.
10 Januarie
Bibi vertel meer oor haar leesmikpunte en -uitdagings. Sy loer ook in by Albert Pretorius om uit te vind hoe hy beplan om in 2019 meer te lees.
17 Januarie
Bibi nooi kykers uit om Intruders deur Mohale Mashigo saam te lees en op Instagram te bespreek. Deon Meyer vertel watter boek hom onlangs onkant gevang het.
23 Januarie
Bibi bespreek Charl-Pierre Naudé se debuutroman, Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey. Sy beveel ook drie boeke aan wat sy laat in 2018 gelees het.
31 Januarie
Bibi gesels met Chase Rhys oor sy novelle en verhoogstuk, Kinnes.
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Januarie op LitNet verskyn:
![]() |
Kraak deur Rouxnette Meiring: ’n resensie
Elzette Steenkamp 2019-01-30 "Meiring se uitbeelding van ’n toekomstige Afrika is vernuwend. Kraak vermeng fantastie-elemente soos meerminne, 'aliens' en mensvretende visse met die mistieke, Egiptiese mitologie en die tegnologiese aspekte van wetenskapfiksie." |
![]() |
Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach: ’n resensie
Bibi Burger 2019-01-28 "Soos in al Winterbach se romans is die onvaspenbaarheid van betekenis nie net ’n eienskap van die verhaal nie, maar ook ’n tema." |
![]() |
Die Uile vlieg weer deur Cor Dirks: ’n jonglesersindruk
Wynand Wessels 2019-01-24 "Die seuns van die bende is Philip die leier, die slim Jorsie, die ronde Vaatjie, die sportiewe Berrie en die hakkelende Hennie, andersins bekend as die Groot Uil, sy adjudant en drie manskappe, en hulle is verbind tot reg en geregtigheid. Hulle bly op die dorpie Kranskop." |
![]() |
Briewe uit Brielshoop deur Helene Olivier: ’n resensie
Heilna du Plooy 2019-01-23 "Die roman bevat inderdaad die meeste van die tiperende eienskappe van briefliteratuur. Soos soveel briefskrywers deur die eeue is Henna se briefskrywery ’n manier om haar alleenheid, selfs eensaamheid, op te hef, om uit te reik na ’n simpatieke en bekende oor." |
![]() |
Die hond wat ophou blaf het deur Jo Nel: ’n FMR-boekresensie
Alet Mihalik 2019-01-23 "Vir die masochistiese hoendervelvraat wat floreer op vrees en sielkundige rillers wat jou meesleur na ’n nagmerriewêreld wat jou deurnag wakker hou, is hierdie debuutroman soos ’n inspuiting vir ’n dwelmslaaf – seer, maar salig." |
![]() |
Tuin vir Tessa deur Helena Hugo: ’n resensie
Maryke Roberts 2019-01-22 "Ek het regtig ’n groot aanhanger van Hugo se werk geword, juis omdat sy die vermoë het om mense se innerlike wroegings só goed te verwoord. Haar karakters kry ’n lewe tussen die bladsye en dis soos vriende vir wie jy moet koebaai sê as jy die laaste bladsy klaar gelees het." |
![]() |
Nooit meer slaap nie deur Willem Frederik Hermans: ’n FMR-resensie
Danie Botha 2019-01-21 "As jy nou ’n roman wil lees oor ongewone gebeurtenisse in wêrelddele wat vir jou minder bekend is, is Nooit meer slaap nie dié boek vir jou." |
![]() |
Toe-val-lig deur Amore Bekker: Luisteraars se stories boei ook lesers
Maryke Roberts 2019-01-17 "Die boek het my verstom laat staan nie net oor hoe die toeval werk nie, maar oor hoe eenders ons almal is – ongeag waar ons woon, hoe oud ons is of wat ons inkomste of omstandighede is. Dit bring gewone mense se stories na ander gewone mense." |
![]() |
Aankoms en vertrek deur Pat Stamatélos: ’n resensie
Riette Rust 2019-01-15 "Hoewel Aankoms en vertrek nie dieselfde oemf as Stamatélos se vorige romans het nie, is dit wel die lees werd. Buiten die geloofwaardigheid van die karakters, verras die wendings en ontmoet die verskillende verhaalelemente mekaar op ’n besonderse wyse." |
![]() |
Kantelpunt deur Sophia Kapp
Nadia de Kock 2019-01-14 "Kapp kán ’n storie vertel, en haar waarnemingsvermoë is fyn ingestel. Die alledaagse word raak beskryf. Wie het nie al oë toegeknyp en meer kos probeer optower wanneer ongenooide gaste vir ’n braai-en-rugbykyk opdaag nie?" |
![]() |
Blasjan en die blou kitaar deur Koos Kombuis
Yolanda Wessels 2019-01-14 "Kombuis se gemaklike, vloeiende skryfstyl lees lekker en is ontspannend. Sommer van die eerste hoofstuk af is ’n mens reeds verdiep in Basjan se storie en is dit maklik om sy emosies te volg deur sy daaglikse gebeure en stryd op skool." |
![]() |
1 Recce, die nag behoort aan ons: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Izak de Vries 2019-01-10 "’n Leser wat deeglik ingegrawe is in die literêre verkenkuns, sal altyd weet dat enige kode in ’n teks soos 1 Recce, wat die meesternarratief skynbaar klakkeloos onderskryf, soos ’n Claymore-myn lê en wag om raakgetrap te word." |
![]() |
Die wêreld van die storie deur Willie Burger
Dewald Koen 2019-01-09 "In die inleiding skryf Burger dat sy boek ontstaan het 'uit die verwondering daaroor dat mens heeltemal meegevoer kan raak deur ’n storie'. Hy plaas veral klem op die ervaring wat die leser van ’n storie het en op watter wyse daar ’n beleefbare wêreld in die leser se verbeelding tot stand kom." |
![]() |
Retoer, Pretoria–Provence deur Marita van der Vyver: die begeerde lewe
Elkarien Fourie 2019-01-08 "Vir gewone mense is dit al klaar ’n ongelooflike avontuur om jou gunstelingaktiwiteit op ’n geïdealiseerde plek te kan beoefen en dan nog die pot daarmee aan die kook te hou. Van der Vyver kultiveer dus doelbewus ’n publieke persona met die sesde sintuig van ’n goeie selfpromotor, en dit dra baie by tot haar gewildheid as skrywer." |
![]() |
Deur vuur en water deur Karin Combrinck: ’n resensie
Helene de Kock 2019-01-07 "Karin Combrinck se taalgebruik is verfrissend en soos genoem, gee sy baie aandag aan besonderhede. Sy het ook ’n wye verwysingsraamwerk en het deeglik navorsing gedoen." |
![]() |
50 blertse blou deur Blouwillem: ’n FMR-resensie
Danie Botha 2019-01-04 "In 127 bladsye is 50 koerantrubrieke van Blouwillem versamel. Op elkeen is daar iets waaroor jy spontaan glimlag, grinnik of hardop lag. Gewoonlik vir meer as een situasie of sêding op een bladsy." |
![]() |
Losprys deur Martin Steyn: ’n resensie
Samantha Buitendach 2019-01-04 "Steyn se boeke getuig van deeglike navorsing en bevat interessante karakters." |
![]() |
Prooi deur Deon Meyer: ’n resensie
Elzette Steenkamp 2019-01-03 "Prooi is klassieke Meyer op sy heel beste – deels Murder on the Orient Express, deels “buddy cop”-verhaal, met genoeg aksie, kwinkslae en intriges om te verseker dat jy die boek in een sitting sal wil verslind." |
![]() |
Stories teen my muur: ’n onderhoud met Matthys Strydom
Naomi Meyer, Matthys Strydom 2019-01-30 "Ek benader nie kuns uit ’n akademiese of ekonomiese oogpunt nie. Ek luister liewer na my binnegoed en probeer ook nie definieer hoekom ek van iets hou nie." |
![]() |
Sanri Steyn, die rustelose mummie: ’n onderhoud met Theresa van Baalen
Naomi Meyer, Theresa van Baalen 2019-01-16 "Nee, ek dink nie ek het ’n ideale leser nie. Ek hoop wel my stories beland in die hande van onwillige lesertjies, want ek probeer die gegewens van my stories so buitengewoon en verrassend as moontlik aanbied, sodat selfs die onwillige leser geboei sal word en wil aanhou lees." |
![]() |
Elf dae op ’n eiland: ’n onderhoud met Elizabeth Wasserman
Naomi Meyer, Elizabeth Wasserman 2019-01-16 "’n Boek gebeur mos iewers tussen die skrywer en die leser. Dus moet jy die leser se ervaringswêreld (eerder as ’n spesifieke ouderdom) die hele tyd in gedagte hou, of die storie val op die grond." |
![]() |
Die generaal deur Hans Pienaar: ’n onderhoud met die skrywer
Naomi Meyer, Hans Pienaar 2019-01-07 "Maar Johan huiwer nie, weens die tweespalt wat in hom heers: Aan die een kant geniet hy sy diensplig, die avontuur daarvan, die opwinding van grootskaalse militêre projekte. Aan die ander kant besef hy alles is nie pluis nie ..." |
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Januarie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
6 Januarie
Resensie: Abel Esterhuyse resenseer 1 Recce: Die nag behoort aan ons deur Alexander Strachan
Resensie: Jaco Barnard-Naudé resenseer die 2018-Bookerwenner Milkman deur Anna Burns
Nuut op die rak: Drie digbundels
- Mens dier ding deur Alfred Schaffer
- Die val/The Fall deur Johannes van Eeden
- Tussen toeval en willekeur deur Kobus Lombard
Uittreksel: Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé
13 Januarie
Resensie: Bill Nasson oor Wit terroriste deur Albert Blake
Resensie: Rodney Warwick resenseer We Dared to Win: The SAS in Rhodesia deur Hannes Wessels en Andre Scheepers
Nuut op die rak: 4 nuwe niefiksieboeke
- The Stress Code: From surviving to thriving deur Richard Sutton
- Autonomy: The Quest to Build the Driverless Car – and How It Will Reshape Our World deur Christopher Shulgan en Lawrence D. Burns
- Becoming a Parent: The Emotional Journey deur Hilary Rosenthal
- Kaarte deur Aleksandra Mizielińska en Daniel Mizieliński
20 Januarie
Resensie: Marita van der Vyver resenseer Lang pad onnetoe deur Jason Reynolds, vertaal deur Nathan Trantraal
Resensie: Loftus Marais resenseer Sally Rooney se Normal People, wenner van die Costa-romanprys
Binnekort op die rak: ’n Tsoenami van nuwe leesgoed
- Die skilpad se laaste traan deur Carol Campbell
- Bos deur Jaco Wolmarans
- Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg
- Die verevrou deur Jan van Tonder
- Strafjaart deur Theo Kemp
- Bloedlelie deur Jeanette Ferreira
- Karaktermoord deur Carina Diedericks-Hugo
- Jagter deur Bettina Wyngaard
- Medusa deur Rudie van Rensburg.
- Jan, Piet, Koos, Jakob deur Loftus Marais.
- Witboy in Berlyn deur Deon Maas
27 Januarie
Resensie: Charl-Pierre Naudé resenseer Mens dier ding deur Alfred Schaffer, vertaal deur Zandra Bezuidenhout
Resensie: Magdel Vorster resenseer As mens geluk kon proe deur Zelda Bezuidenhout
Resensie: Theunis Engelbrecht resenseer Rainbow Nation My Zulu Arse deur Sihle Khumalo
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Januarie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
22 Januarie
Jy kán verander deur Gerdi van den Berg
“Haar skryfstem is gesaghebbend én gemaklik, en maak dat die leser die kosbare inhoud toeganklik vind, dit begryp en daarmee identifiseer. Ek het die boek persoonlik van waarde gevind en beveel dit heelhartig aan.”
23 Januarie
Prooi deur Deon Meyer
“Politieke intriges is ’n integrale deel van die verhaal. Hou in gedagte dat die manuskrip van die boek afgehandel is voordat Cyril Ramaphosa president geword het, en dat die boek op die rak was voor die onlangse opspraakwekkende getuienis voor die Zondo-kommissie.”
24 Januarie
Begin jou eie groentetuin deur Johan van Zyl en Peter van Noord
“Begin jou eie groentetuin is propvol waardevolle wenke om in ’n japtrap jou eie groente te kweek, of dit nou op ’n vensterbank, vertikaal teen ’n muur of in jou agterplaas is.”
29 Januarie
Die Edik van Nantes-kookboek deur Nataniël en Erik le Roux
“Kos is die toegang tot onvergeetlike kuiers, duisende kerse, prettige tafels en die genesende, veilige teenwoordigheid van familie en vriende.”
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 9 Januarie
Charl-Pierre Naudé vertel vir Ilse Salzwedel oor sy debuutroman Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey. In die insetsel oor internasionale letterkunde kan jy onder meer luister na ’n deel van ’n onderhoud met die skrywer Amos Oz, wat onlangs oorlede is. Ilse gesels ook oor ’n paar oulike kinderboeke.
Woensdag 12 Januarie
Phyllis Green vertel vir oulaas vir Ilse Salzwedel van ’n paar interessante boeke wat sy onlangs gelees het. Johan Myburg gesels onder meer oor die benoemings vir ’n prys waarvoor skrywers nie juis toustaan nie. Want wie wil nou benoem word as die skrywer wat die slegste liefdestoneel van die jaar geskryf het?
Woensdag 16 Januarie
Ilse Salzwedel gesels oor die 2016 Costa-pryswenner Gail Honeyman se Eleanor Oliphant is Completely Fine en Rebecca Davis se Selfhelpless. Wendy Maartens, kinderboekskrywer en oud-onderwyseres, gesels met Ilse oor die terapeutiese waarde van boeke vir kinders. Johan Myburg gesels in sy bydrae onder meer oor die finaliste vir die 2018 Costa-pryse.
Woensdag 23 Januarie
Sheila Cussons se digkuns en lewe het mense aangegryp, veral nadat sy byna gesterf het in ’n gasontploffing. In hierdie program kan jy luister na uittreksels uit ’n onderhoud wat in 1984 met haar opgeneem is. Sy lees ook van haar gunsteling-gedigte voor. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor die digter Mary Oliver, wat onlangs oorlede is, en Joyce Carol Oates se jongste toekenning.
Woensdag 16 Januarie
Erika Murray-Theron vertel meer oor haar jongste roman, ’n Skerfie glas, wat handel oor vier geslagte sterk vroue. Jos Palmer en Reinette Lombaard gesels oor hulle oulike leesreeks Ontdek in Afrikaans, en hoe dit leesvaardighede by kinders ontwikkel. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy onder andere oor die skrywer Diana Athill, wat verlede week op 101 oorlede is.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 1 Januarie
Ons vier die aanbreek van die nuwe jaar en dink ook terug aan die oue. Dean Balie is saam met Frieda van den Heever in die ateljee, met sy kitaar. Jy kan uitsien na gedigte van Koos Kombuis, Adam Small, Annie Klopper, Hunter Kennedy, René Bohnen, Elmarie Viljoen-Massyn, Alfred Schaffer, Corné Coetzee, Pieter Odendaal en Ina Rousseau.
Dinsdag 8 Januarie
Ons belig dans as tema. André Weideman en Lindie Stander is die voorlesers van gedigte van Jeanne Goosen, Sheila Cussons, Carel Anthonissen, Piet de Jager, Bibi Slippers en Eugene N Marais.
Dinsdag 15 Januarie
Carel Trichardt en Petru Wesels lees gedigte oor reis van Breyten Breytenbach, Corné Coetzee, Koos du Plessis, Corlia Fourie, Stef Bos en Lucas Malan.
Dinsdag 22 Januarie
Sophia van Taak is ’n joernalis, skryf kortverhale vir tydskrifte en hou deesdae haar lyf TV-aanbieder. Sy is onlangs aangewys as die wenner van RSG en Sanlam se Radiodramaskryfkompetisie van 2018. Sophia gesels oor van haar gunsteling gedigte en lees werke voor van Antjie Krog, Lina Spies, Pieter Odendaal, Danie Marais, Jeanne Goosen en Sheila Cussons.
Dinsdag 29 Januarie
Johann Nel lees van sy gunsteling humoristiese verse van AD Keet, Ellen Botha, RK Belcher en MM Walters.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
In Januarie het sy Die generaal deur Hans Pienaar vir Fine Music Radio geresenseer:
http://joanhambidge.blogspot.com/2019/01/resensie-hans-pienaar-die-generaal-2018.html
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
7 Januarie
29 Januarie
Amanda Lourens resenseer Tussen toeval en willekeur deur Kobus Lombard
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Januarie die volgende resensies en rubrieke gelewer:
5 Januarie
Kies ’n boek: 1 Recce deur Alexander Strachan
18 Januarie
Kies ’n boek: Die generaal deur Hans Pienaar
26 Januarie
Kies ’n boek: Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen