PEN Afrikaans: resensies en boekgesprekke in November 2019

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende November in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:1 November

Kunsblad: Sanlam se jeuglektuur lewer Afrikaanse wenners

Afrikaanse wenners van Sanlampryse vir jeuglektuur

4 November

Boekeblad: ’n Boere-rebel word aan vergetelheid ontruk

Fransjohan Pretorius resenseer Rebel: Die lewe van commandant Hans Lötter, 1873-1901 deur Chris Schoeman

Kunsblad: Kinderboek van Fanie Viljoen in Mandaryns uitgegee

’n Kinderboek van Fanie Viljoen word in Mandaryns vertaal

5 November

Kunsblad: 2 SA skrywers vir internasionale prys benoem

Twee skrywers is vir die internasionale Hans Andersen-prys benoem

8 November

Kunsblad: Speelse Dr. Seuss in Afrikaans vertaal deur De Vos

Philip de Vos praat oor sy vertaling van Dr. Seuss.

Kunsblad: Dié skrywers wen Salas

Wenners van die Suid-Afrikaanse Letterkundepryse

9 November

Kunsblad: Willem Krog ‘spekuleer oor toekoms’ in nuutste roman

Willem Krog praat oor sy nuwe roman wat by die Woordfees bekendgestel word

10 November

Kunsblad: Lees vir kinders, dit skep ’n vriendeliker wêreld, sê Daly

Onderhoud met die illustreerder Niki Daly

11 November

Boekeblad: Vernuftige storie met ’n bitsige Kaapse byt

Sonja van der Westhuizen resenseer Sewe-en-veertig deur Irma Venter

 Boekeblad: Lewe in die letterlike en figuurlike woesteny

Marius Crous resenseer Brisant deur Hein Viljoen

Boekeblad: ’n Kindertyd in klein dorpies

Johanna van Eeden resenseer Kyk na my deur Nataniël

Boekeblad: Soos ’n nommervyf-ratpack

Charles Smith resenseer Nadraai deur Jaco Kirsten

12 November

Berig: Digter het homself ‘nooit in terme van kleur’ beskou

Grafskrif oor die digter Sandile Dikeni

18 November

Boekeblad: Futiliteit van oorlog en misterie van liefde

Francois Bekker resenseer Grensgeval deur Marita van der Vyver

Boekeblad: Storie so koud soos Pronutro met water

Carla Lewis resenseer Klaskamer deur Vita du Preez

Boekeblad: Grinterig oor die aard van waarheid

Gert van der Westhuizen resenseer Die mooiste meisie van Genua deur Ilja Leonard Pfeijffer

19 November

Berig: Vroue se pyn maak hom bewus van hul kapasiteit hiervoor

Verena Schoeman se boek, Bloedbruide van Christus: Vrouemartelaars van die eerste eeue

20 November

Kunsblad: 4 SA boeke pryk op Dublin-langlys

Skrywers benoem vir Dublin-prys wat deur biblioteke regoor die wêreld benoem word

22 November

Kunsblad: Walliams verby £100 m. met sy aweregse kinderboeke

Die Britse akteur David Walliams se groot wins met sy aweregse kinderboeke

23 November

Berig: 3 misdaadskrywers se ink word saam op Naln-muur droog

Drie skrywers saam in gesprek by Naln

Kunsblad: Talle SA skrywers in 2020 by boekefees in Swede

Suid-Afrika is volgende jaar die eregas op die Gotenborg-boekefees in Swede

24 November

Berig: KYK: Dís waarom misdaadfiksie so gewild is

Drie misdaadskrywers tydens ’n bekendstelling

25 November

Berig: Barends-Griekwas kry trots terug

Bart de Graaff, ’n Nederlandse joernalis, historikus en draaiboekskrywer, se nuutste boek.

Kunsblad: Hulle wen UJ-pryse vir skryfwerk in Engels

Wenners van die Engelse UJ-pryse

Boekeblad: Karsten ’n vindingryke vakman op volle toere

Thys Human resenseer Anderman se vrou deur Chris Karsten

Boekevat-rubriek deur Joan Hambidge: ’n Huldeblyk: Réna Pretorius (1932-2019)

26 November

Kunsblad: Aktrise help kinders om voorkoms te aanvaar

Aktrise skryf 'n boek

Die Groot Ontbyt

Leonie van Rensburg het in November die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

5 November

    • Porseleinskerwe deur Marié Blomerus
    • Kweek dit self deur JJ van Rensburg en Tinus Oberholzer
    • Vanuit die hart deur Rolene Strauss
    • Tjoppie en die tweeling en Tjoppie en die skat deur Liz de Villiers

 

 12 November

      • Grensgeval deur Marita van der Vyver
      • Anderman se vrou deur Chris Karsten
      • Die Alfadokument deur René van Zyl
      • Dr Seuss-boeke in Afrikaanse vertaling

19 November

      • Eendag is nou deur Kristel Loots
      • Bloedsuier deur Leon van Nierop
      • Sasha word stil deur Jaco Jacobs en Angela Banks (ill)
      • Prinses Pampoenpit deur Bianca Flanders en Zinelda McDonald (ill)
      • Oupa se medalje deur Phil Earle en Sarah Horne (ill) (Vertaal deur Jaco Jacobs)

26 November

      • Kansvatter: Die rustelose lewe van Ben Viljoen deur Carel van der Merwe
      • Toring van Jasmyn deur Derick van der Walt
      • Sindikaat deur Annerle Barnard
      • Hoekom nie? deur Crispin Boyer

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in November op LitNet verskyn:

Resensie: Too many tsunamis deur Vincent Pienaar

Resensie: By die brandende berg deur Piet van Rooyen

LitNet Akademies-resensie-essay: Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach

Resensie: Penseel-studentebundel 2019

Resensie: Shadow flicker deur Melissa A Volker

Resensie: Sewe-en-veertig deur Irma Venter

Resensie: Soekmekaar deur Dana Snyman

Resensie: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-Le Roux

Resensie: Waterberg echoes deur Richard Wadley

FMR-resensie: Vervleg deur Petro Hansen

Resensie: Mooier as Marilyn deur Anita du Preez

Resensie: Brisant deur Hein Viljoen

Resensie: Die kinders van Spookwerwe deur Lize Albertyn-du Toit

Resensie: Noorman deur SD Fourie

Resensie: Alchemie van my muse deur Pieter Hugo

Onderhoud met De Wet Hugo oor die Grilgrypers-reeks en oor Die groen watergraf

Skrywersonderhoud: Christine Barkhuizen-Le Roux oor My naam is Prins, ek slaap met die lig aan

Video: Daniel Hugo in gesprek met Cas Wepener oor Die Slaghuis

Video: Kaapstad-bekendstelling van Grensgeval deur Marita van der Vyver

Video: Kaapstad-bekendstelling van The last hunt deur Deon Meyer

Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel 2020: ’n Onderhoud met Cliffordene Norton

Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel 2020: ’n Onderhoud met Naomi Meyer

Toyota US Woordfees 2019: Onderhoud met Remona Voges oor Penseel & Kie

Innie shadows: ’n onderhoud met Olivia M Coetzee

Rapport

Die volgende resensies het gedurende November in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

3 November

Resensie: Fanie Olivier bespreek Soekmekaar deur Dana Snyman

Resensie: Martie Retief-Meiring resenseer Oorlog en vrede deur Willie Esterhuyse

Nuut op die rak: “Klipharde feite vir Krismis”

      • Gaan Suid-Afrika oukei wees? 17 sleutelvrae deur Jan-Jan Joubert
      • For the Love of the Land saamgestel deur Ivor Price en Kobus Louwrens
      • Paper Tiger: Iqbal Survé and the downfall of Independent Newspapers deur Alide Dasnois en Chris Whitfield
      • Crispian Olver se A House Divided: The feud that took Cape Town to the brink
      • They Called Me Queer, saamgestel deur Kim Windvogel en Kelly-Eve Koopman
      • Robert McBride: The Struggle Continues deur Bryan Rostron)

Resensie: Magdel Vorster resenseer Betsie, meneer Tier en die blou maan deur Sally Gardner en Die meisie wat gedink het haar ma is ’n meermin deur Tania Unsworth

10 November

Resensie: Jean Meiring oor Nadraai deur Jaco Kirsten

Uittreksel: Grensgeval deur Marita van der Vyver

Resensie: Juliana Coetzer bespreek Kammaland deur Annelie Botes

17 November

Resensie: Annemarié van Niekerk resenseer Grensgeval deur Marita van der Vyver

Resensie: Jan-Jan Joubert resenseer One day in Bethlehem deur Jonny Steinberg 

Resensie: Vyf nuwe vertaalde niefiksieboeke vir kinders

Magdel Vorster resenseer:

      • Ontdek: Die menslike liggaam deur Richard Walker
      • Ontdek: Planete deur Carole Stott, Ontdek: Diere deur Tom Jackson
      • Hoekom nie? 1 111 vrae en antwoorde vir nuuskierige agies deur Crispin Boyer
      • Die slymerigste, stinkerigste eksperimenteboek deur Kris Hirschmann

Resensie: Annelise Erasmus resenseer Klaskamer deur Vita du Preez

24 November

Resensie: Johann Kriegler resenseer Blessed by Bosasa: Inside Gavin Watson’s state capture cult deur Adriaan Basson en The Bosasa Billions: How the ANC sold its soul for braaipacks, booze and bags of cash deur James-Brent Styan en Paul Vecchiatto

Resensie: Theunis Engelbrecht bespreek Paper Tiger: Iqbal Survé and the downfall of Independent Newspapers deur Alide Dasnois en Chris Whitfield 

Resensie: Johannes de Villiers resenseer Die Wonderwese deur Carina Stander 

 Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende November op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

8 November

Blinde gode deur Dibi Breytenbach

Die deeglike kensketsing is seker te wyte aan haar werk as aanklaer en aan die gesprekke met deskundiges op hul gebiede met wie sy gesels het, soos sy in haar outeursnota laat blyk. Lees die resensie.

25 November

Die slaghuis deur Cas Wepener

Dit is juis Wepener se fyn (en selfs objektiewe) waarneming, aangebied as ʼn soort kroniek, onder meer soos verwoord in waarnemings van die vierjarige Joshua, wat ʼn soort naïewe onskuld na vore bring, skryf Johan Myburg. Lees die resensie.

26 November

Drie lekkerlees romans

Dié drie romans vir volwassenes beloof ure se lekkerlees vermaak. As leser lag én huil jy saam met die vroue-karakters en vier jy hulle unieke menswees. Lees die resensie.

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 6 November

Die spotprenttekenaar, Fred Mouton, is volksbesit. Ilse Salzwedel gesels met Bun Booyens, die samesteller van die boek 50 jaar met Fred: Fred Mouton se beste spotprente. Luister ook na Milton Webber se gesprek met Karin Brynard oor haar belewing van die Week van die Afrikaanse Roman in Nederland. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg met uitgewer Annie Olivier, wat onlangs die Frankfurtse Boekeskou bygewoon het en ook deel was van 'n weeklange slypskool vir internasionale uitgewers.

Woensdag 13 November

Ilse Salzwedel gesels met Johan Jack Smith oor sy debuutroman Zola. Vind uit wie is wenners van die Sanlampryse vir Jeuglektuur 2019, en hoor hoe het Riana Scheepers die onlangse Week van De Afrikaanse Roman in Nederland ervaar wanneer sy met Milton Webber gesels. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor die lewe en werk van Harold Bloom en Doris Lessing.

Woensdag 20 November

Marita van der Vyver gesels oor haar jongste boek, Grensgeval. Erns Grundling gesels oor sy reisboek Sushi en Shosholoza, wat die leser na Japan neem. En Johan Myburg vertel meer oor ‘n nuwe boek uit die pen van Elena Ferrante.

Woensdag 27 November

Ilse Salzwedel gesels met Suzette Kotze-Myburgh oor haar lysie gunstelingboeke vir 2019. En Johan Myburg gesels in sy bydrae onder andere oor 'n 100-jaar oue boekwinkel in Parys, Frankryk

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 5 November

Die skrywer en digter, musikant, videograaf, fotograaf en klankingenieur Willem S. van der Merwe gesels oor en lees gedigte voor uit sy nuwe bundel, Nuwe Vrese. Daniel Hugo skryf: "Van der Merwe is die troebadoer van die triestigheid, die hofnar van die huwelik, die digter van die droefheid en deernis, die filosoof van die suburbs, die bedrewe goëlaar met beeldspraak en meerduidigheid, die slinkse smokkelaar met intertekste. Ou vrese word besweer en nuwes sinies en liries besing." Willem vertel van homself, sy bundel, sy lewe in Taiwan, en hy en sy musikantvriend, Craig Vee, gee 'n spesiale uitvoering van verse en klanke.

Dinsdag 12 November

Christo van der Westhuizen gesels oor en lees gedigte voor uit sy debuutbundel Chrisalis. Daniel Hugo skryf: "Chrisalis is die indrukwekkende debuut van 'n digter wie se taal- en versvernuf die leser meevoer en meermale ook ontroer. Die grens tussen teks en werklikheid word telkens getoets." Christo vertel van sy nege-tot-vyf-werk, die lewe en die dinge wat hom diep raak, só diep raak dat hy nie anders kan as om daaroor verse te maak nie.

Dinsdag 19 November

Die musiekpaar, Coffee Snobs, en die bekroonde skrywer en digter, Riana Scheepers, neem jou op 'n liriese reis. Die reis van vers na liriek wys op 'n opwindende manier hoe tradisionele digvorme deur musikale verwerking nuwe dimensies van skoonheid, ontroering en verwondering verkry. Jy kry die geleentheid om snitte uit hulle produksie, Donkernagpantoen, te hoor, wat nog net op enkele verhoë te sien was.

Dinsdag 26 November

Digter Pieter Hugo gesels oor sy debuutbundel, Alchemie van my muse, wat vanjaar verskyn het. Fanie Olivier skryf oor hierdie bundel: "Dis 'n opwindende debuut van 'n alchemis wat sy vak ken, met 'n ongewone oog dinge raaksien, en met taal kan werk. Wat die lewe takseer met ironie en deernis." Jy kan uitsien na 'n hele paar snitte waar Pieter van sy verse voorlees, en Rikü Latti die agtergrondmusiek maak. 

Woorde wat weeg 

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:

In November het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:

Verslag deur Clinton V. Du Plessis

Grensgeval deur Marita van der Vyver

Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

Vrouekeur

 Willie Burger het gedurende November die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

2 November

Kies ’n boek: Drie spanningsromans

9 November

Kies ’n boek: ’n Dosyn moet-lees boeke

16 November

Só skryf ’n wenner: Nobelpryswenners

23 November

Kies ’n boek: Leer ons uit fiksie?

30 November

Só skryf ’n wenner: Oor die tameletjie van literêre pryse

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top