Kommentaar
Praktiese raad oor die versorging van ’n demensielyer
Wilma 2023-12-14 Goeie dag en dankie vir die leesstof. Ek vermoed my man raak party keer amper daagliks kort van draad. Onthou nie, of raak doof en ja moeilik met kos Hy is 'n Diabeet, tipe 2, beenprobleme en oë, blind in een oog, kan 15% tonnelvisie sien, verloor agv di
Om te flerts, te jodel of te paradeer
Dr. Mart-Marie Uys 2023-12-14 Anne-Marie Taylor, jou minimalisering en koggelry van Nini Bennet-Moll se briljante rubrieke, asook jou uiters skerp persoonlike beledigings aan haar, getuig slegs van jou eie moeras van gebrekkige oordeel. Jou hoëdesibelbeledigings is slegs koglea-irrit
Die hond
Gerda Pretorius 2023-12-13 Die kosbaarheid van 'n hond met 'n unieke persoonlikheid en so deel van 'n gesin se lewe, so mooi verwoord in hierdie skrywe.
Beginnerskrywer gebruik resensies as "bomme" teen haar mededingers
Sandra Pretorius 2023-12-13 Dit sal my nie verbaas as sulke dinge ook in Afrikaans gebeur nie. Ambisie en eersug is 'n lelike ding.
Daar is hoop vir die Noord-Kaap en vir die land se kinders: ’n gesprek oor hoe Loeriesfontein Hoërskool se skoolprestasies verbeter het
Salomé Malherbe 2023-12-13 Dit is die BESTE uitleg en raadgee vir verantwoordlike opvoeding wat ek nog die voorreg gehad het om te lees! Ek jubel en juig dat verantwoordbaarheid, geloof, selfdissipliene en omgee saam met jul wetenskaplike benadering van bemagtiging en OPHEFFING van
Ope gesprek oor boekresensies (Desember, 2023)
Prof Mellet Moll 2023-12-13 Mnr Gilroy Ek vind die oormatige gebruik van familiêre aanpreekvorme steurend. Ons verstaan immers goed dat ek en jy nie geliefdes of familieverwante is nie en selfs as ons was, sou ons nie 'n publieke forum soos hierdie gebruik het om vir mekaar lief
Hoerikwaggo Indaba val vas in identiteitskwessies sonder nuwe voorstelle
Boerkint (dolerend) 2023-12-13 Gegroet, Ivan. U maak 'n stelling wat ek nie mooi verstaan nie. Die Kaapse Forum herinner my gladnie aan die Driekamerparlement nie. Nieregeringsorganisasies kom tot stand wanneer die formele politiek (soos die wetgewer), faal om 'n veilige en voorspoedig
Blaas asem in jou skryfwerk deur middel van kortverhale
Trisa Hugo 2023-12-13 Haai jinne, Stefaans! Dankie.
Hoerikwaggo Indaba val vas in identiteitskwessies sonder nuwe voorstelle
Ivan Kortje 2023-12-13 Het die dis weer aan die verkeerde kant geval vir die Indiana. Ek stem heelhartig saam met die aanslag van Jason Lloyd. Die Weskaap-Forum herinner my aan die Driekamerparlement. Kom ons begin eers om ons huis reg te ruk voor ons op die hoeke van strate ga
Elders gesien: Ons lig die hoed, oom Johannes
Cathy 2023-12-12 Hi, dis jammer. Ek het die program gekyk. Kosbare, sagmoedige plantemens.
Elders gesien: Ons lig die hoed, oom Johannes
Marie Lategan 2023-12-12 Altyd 'n plesier gewees om na Antoinette en oom Johannes se stories en praatjies te luister. As kind wat vakansies bevoorreg was om op pa se geboortedorp by ouma op Prins Albert en tannie Anna Venter en ant Miem Sniyders op Beaufort-Wes te gaan kuier oor
Elders gesien: Ons lig die hoed, oom Johannes
Goliad Rossouw 2023-12-12 Sag rus in haar boesem, jou spore uitgeëts oor'ie Karoo. Jy leef voort in Antoinette.
Elders gesien: Ons lig die hoed, oom Johannes
Charlotte Visser 2023-12-12 Oom Johannes, so deel van Antoinette en Teefontein. Hy was voorwaar 'n kruielegende. Rus in Vrede.
Ope gesprek oor boekresensies (Desember, 2023)
Sidney Gilroy 2023-12-12 Liefste Mellet, Daar is 'n beduidende verskil tussen 'n versoekskrif en 'n verklaring. Laasgenoemde vereis nie 'n antwoord nie, hetsy dit 'n opinie is. Ek sal met liefde vir jou 'n HAT borg, sou jy een kortkom? Het hulle dit nie dalk by jou universitei
Hoerikwaggo Indaba val vas in identiteitskwessies sonder nuwe voorstelle
Boerkint (dolerend) 2023-12-12 Wat 'n deurmekaarspul. Klink soos 'n NG sinode. Of 'n Boerkaner bash. Die een wil 'n Boer genoem word en die ander 'n Afrikaner en nog een is eerder Suid-Afrikaner en die een met die lang baard voel hy is 'n Israeliet. Ek het die sosioloog en die joerna
Wanneer bereik ’n genre ’n versadigingspunt?
Snotjan 2023-12-12 Misdaadfiksie is iets wat ek maar min lees. Daarom kan ek nie roem op 'n besondere ingeligte opinie nie. Daarby het ek ook nie 'n meestersgraad in krimikunde nie. Ek onthou net dat ek vreeslik aan Michael Connelly se Harry Bosch boeke verknog was as stude
Elders gesien: Ons lig die hoed, oom Johannes
Riva 2023-12-12 Dankie dat U die kennis aan Antoinette laat voortleef. U tyd het aangebreek. Rus in U Maker se hand.
In what is vanishing: a reader’s impression of Durban’s Casbah by Ashwin Desai and Goolam Vahed
DARRYL DAVID 2023-12-11 Many thanks for your kind words, Naomi.
Hoerikwaggo Indaba val vas in identiteitskwessies sonder nuwe voorstelle
Keith Meyer 2023-12-11 Dis absoluut tragies en onvanpas dat daar, as dit by bruin mense kom, daar altyd en feitlik met geen uitsondering nie, die identiteittamboer geslaan word. Selfs Habakuk weet, so kan dit nie voort borduur word nie. Die indaba opsigself het egter wel die kw
Ope gesprek oor boekresensies (Desember, 2023)
Prof Mellet Moll 2023-12-11 Ek merk hierdie versoekskrif is aan LitNet gerig. Ek wonder dus of LitNet se redaksie gaan reageer op die bostaande versoeke tov inklusiewe resensies van die "werke" van die ondertekenaars; die "demokratisering" van letterkundige kritiek; en die afska
Hoerikwaggo Indaba val vas in identiteitskwessies sonder nuwe voorstelle
Andre 2023-12-11 Nes ek wil-wil hoop verloor oor die land, Afrikaans en die toekoms van my kinders lees ek iets soos hierdie van Jason Lloyd. Ja, daar is genoeg oulike mense wat kan en wil en die toekoms met positiwiteit wil betree. Mag diesulkes saamspan en die aftrekke
Top-tien-opvoeders in die Wes-Kaap: ’n onderhoud met Robyn van de Rhede
Gilbert April 2023-12-11 Die konferensie kon nie op beter tyd gekom het nie. Elkeen vir homself.
Wanneer bereik ’n genre ’n versadigingspunt?
Trisa Hugo 2023-12-11 Uitstekende argument, Stefaans. Ek het net Saterdag dieselfde gevra toe ons op Netflix 'n fliek soek om te kyk. Ek wil nie aksie, rillers, sci-fi, horrors of rom-coms kyk nie. Meet ek nou alle flieks aan die uitstekende dramas van 'n klompie jare gelede?
Koos Oosthuysen (1933–2021): Vertaler van veelvoud
Johann de Lange 2023-12-11 Antjie, behalwe dat dit my hartseer gemaak het dat ek Koos Oosthuysen nie geken het nie, het dit vir my 'n ander blik op taal gegee waarvoor ek dankbaar is.
Ope gesprek oor boekresensies (Desember, 2023)
Marlies Taljard 2023-12-11 Liefste Sidney Ek het my teenargument op Versindaba gestel, naamlik dat Letterkundiges (soos vertalers en taalpraktisyns en ander professionele persone) 'n beroepsraad op die been bring wat die gebruik van beroepsname soos "resensent" en "letterkundige
Om te flerts, te jodel of te paradeer
Jaco Fouché 2023-12-11 Ek dink nou dat ek my besonder swak uitgedruk het in die bostaande boodskap (onder die naam "Hermaans"). Maar my aanvanklike (ontevrede) reaksie het my dit in die land van satire laat probeer waag en daarby wou ek van myself 'n grap maak deur te verwys na
Ope gesprek oor boekresensies (Desember, 2023)
Anne-Marie Taylor 2023-12-11 Bennett-Mol se kritici het verstaan wat sy probeer sê het, maar dit beteken nie hulle moes saamstem daarmee nie. Die narigheid het gekom met Bennett-Moll se tweede artikel, haar sogenaamde satire. Dit wat as satire uitgegee is, was lelik en venynig. En j
Kinderstories kan help om die dood te hanteer
Anne-Marie Fourie 2023-12-10 Puik Leoné. Só trots op jou. Dankie vir jou navorsing.
Die hond
Lien Botha 2023-12-10 Canis Angelicus. Sien uit na jou verdere bydraes hier op LitNet, Jannike.
Om te flerts, te jodel of te paradeer
Henning 2023-12-10 My bure (hier op die plaas) is tans nie tuis nie en in hul afwesigheid pas ek huis (en diere) op. Terwyl ek rustig met die keffertjies draadlangs slenter en bekommerd nadink oor wat se versnaperinge nog in die yskas te plunder is, skiet die woord 'juigkom
Bekgeveg oor resensies: Aardbewing in ’n miershoop of tydige waarskuwing?
Charl Adams 2023-12-10 Snotjan, my aanhaling is nie oorspronklik nie. "Pay no attention to what the critics say. A statue has never been erected in honor of a critic." - Jean Sibelius Ek hou van geen standbeeld nie. Vir wat 'n dooie mens eer met 'n beton-/staal-/koper-/bronsbee
Bekgeveg oor resensies: Aardbewing in ’n miershoop of tydige waarskuwing?
Snotjan 2023-12-10 In Bloemfontein het die Boere 'n hele woonbuurt na Seejay Langenhoven vernoem. Dit heet Langenhovenpark. Ek het altyd daar gaan shop by die Boeremark. Al Langenhovenpark se strate is ook na skrywers vernoem. Daar kry mens straatname soos Topsy Smith en Al
Bekgeveg oor resensies: Aardbewing in ’n miershoop of tydige waarskuwing?
Snotjan 2023-12-10 Jy roer nou 'n saak aan wat my lekker aan die dink gesit het, Charl Adams. Die vraag wat ek mee stoei, voortvloeiend uit jou opmerking, is hoeveel van ons Afrikaanse skrywers is met standbeelde vereer? Sal interessant wees om te weet. Die mensdom hou maar
In what is vanishing: a reader’s impression of Durban’s Casbah by Ashwin Desai and Goolam Vahed
Naòmi Moegan 2023-12-10 Dear Darryl, how movingly you write, how you and the authors of this fine book have taken us on a tour of the past in all its cultural richness! No one else but the organizer of South Africa’s most iconic book festivals could have written it, the man wh
