
Foto: Canva
Vir mammie
Ma sê altyd:
My keent, jy moet jou mooi oppas
sodat jou lewe vry is van sondelas.
My gedagtes vlieg rond deur my breinare,
oor dai groep meisies met die gekleurde hare.
Ma het gesê: Kyk vir dinges goed,
slaap met elke Jan Rap en sy maat
en hou niks meer privaat.
Hulle wil van God en sy gebod af niks weet –
Lip en mors net, maak asof hulle hul opvoeding vergeet.
Vroeg ryp, vroeg vrot.
Ek verstaan nou beter as 10 jaar gelede.
Nee kyk, met Ma se opvoeding is ek hoogs tevrede.
Ek tel elke dag van die almanak af,
ek het stories vir Ma wat bedoel is vir die nag.
Ek het my hare gedye...
Ek kan al hoor hoe Ma aangaan:
Liewe Here, gee kos en klere
Vir die velskoene sal ek self sorg.
Maar, rus siel, jou Heer is koning.
Dis nie so erg nie, moenie stres nie.
Sit solank op die stoep en bekyk die maan.
Ek’s amper daar.
Nou ja, soos Ma altyd sê:
Laat dit goed gaan.


Kommentaar
Ek love die storie wat die digter vertel in elke versreël dit laat mens aan baie Dinge dink ❤️😍
Soos ma altyd sê ek het klaar jou fondasie gelê...
Goeie samevating van ma se opvoeding♥️😊
Wow dis Pragtig. Ek hou daarvan dat sy so baie uitdrukkings gebruik: “My gedagtes vlieg rond in my breinare”.
Uitstekend.
Baie mooi
Mother's word, indeed. Makes me truly know and understand how important a mum is.
Pragtig! 'n Ma weet altyd die beste vir haar kind. Mag jou Ma se woorde altyd eggoo in jou gedagtes!
Mammie se opvoeding sal mens nooit vergeet. Pragtige poësie. 🫶🏾
A mother is her daughter's forever friend.
Brilliant poem!
Beautiful!!!😭♥️
Uitstaande gehalte gedig. Onthou, 'n ma het nie 'n handleiding om haar kinders op te voed nie, maar behou die goeie waardes en normes. Hou so aan, Keyah