Ek's oek kallit

  • 3

Foto: Canva

Ek’s oek kallit

Ek praat nie van hos djy nie
nog minder van awêh my bru
My stap het nie ’n bumpie in nie
en my broek is oor my gat getrek
Nog steeds is ek oek kallit

Ek praat dalk anders
en groet my bure:
goeiemôre
Sonder Early B wat in die agtergrond kletsrym

Julle noem my coconut:
Wit binne, bruin buite
Kyk my asof ek nie in julle
gemeenskap behoort nie
Ek dra nie ’n swirlkous nie
fietna nie met ’n gown en koppie tee nie
oordryf ook nie wanneer ek ’n storie vertel nie,
maar ek’s nog steeds oek kallit

Preek julle dan nie oor
diversity nie?
Of gaan julle my die hele tyd
critique?
Ongeag:
ek’s oek kallit
sonder die ge-djy en ge-djou

  • 3

Kommentaar

  • Timothy Vermaak

    Eks oek kallit, sonder die naburige dialek.
    Meer kallit as ooit, net sonder die stigma om dit te ondersteun. Dankie vir die inspirasie om divers, vrylik te kan wees.

    Die uwe.
    TJ Vermaak.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top