Manuskrip in ’n bottel

  • 2

Foto: Canva

Manuskrip in ’n bottel

ek kan wél probeer om my toekoms
te voorspel, maar dalk is dit beter
om net in die son te sit

want ek weet
drome op sigself is nie die probleem
maar wel om dit te verduidelik

en tog blyk dit deesdae
dat waansin vinniger versprei
verby die asemlose stiltes

van ongekende reise
na een of ander aanbiddende
hemelse ryk
dit het tot my lippe gekom, die
gewaarwording so hard soos ys, om
die laaste skip aan die brand te steek

met my besware
my manuskrip in ’n bottel
ek is van die aarde
ek leef in die stilte
dit het ek lief

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top