Kommentaar
Gelyke Kanse ontvang internasionale steun: JM Coetzee en Robin Renwick steun die inisiatief
Johannes Comestor 2016-04-22 Steun vir Afrikaans van hierdie twee buitelanders gee hoop, maar wanneer laat plaaslike Afrikaansdosente individueel of groepgewys van hulle hoor?
Piet Croucamp reageer op Breyten Breytenbach se ope brief aan Wim de Villiers
Ampie Coetzee 2016-04-21 Hierdie diskoers gaan nie oor Breyten en Piet Croukamp nie. Dit gaan oor die voortbestaan van Afrikaans as universiteitstaal. Maar Piet Croukamp se aanval op Breyten het eintlik min te doen met die toekoms van Afrikaans. Hy wil Breyten bykom. Aan die beg
Piet Croucamp reageer op Breyten Breytenbach se ope brief aan Wim de Villiers
Johan Scheepers 2016-04-21 Give this man a Bells
So onthou ek Hennie Aucamp
Jaco Fourie 2016-04-21 Naskrif. Van sy vele skrywes, het ek veral die kortverhaal "La Divina en die Cowboy" vanuit Volmink geniet.
Piet Croucamp reageer op Breyten Breytenbach se ope brief aan Wim de Villiers
Johan Scheepers 2016-04-21 Charl lyk my jy's nie met die 'helmet' gebore nie.
AKA 2016: Hulde aan een onvervangbaar kopstuk van de Zuid-Afrikaanse Literatuur
Ghislain J.J. Duchâteau 2016-04-21 Persoonlijk ben ik onder de indruk van het relaas van de hulde aan de onlangs overleden Zuid-Afrikaanse schrijver André Brink. De overleden auteur zal altijd een belangrijke plaats innemen in de literaire geschiedenis van Zuid-Afrika. Laura Engels gaf e
In antwoord op FC Boot se skrywe onderaan US Woordfees: God is ʼn metafoor
Jaco Fourie 2016-04-21 Ha Ha!! Ai die FC weet hoe om sy voet in sy mond te sit! FC se weersprekings in een asem: "In 90 nC het die Johannes-evangelie sy finale vorm bereik, dit is waarskynlik begin in die jaar 65 nC. Dit het dus 25 jaar geneem tot voltooiing en is seker geskry
US-taalbeleid: Vrae aan Piet Croucamp
Oswald Rall Theart 2016-04-21 Ek sal graag wil reageer op die polemiek rondom die US se beoogde taalbeleid na aanleiding van die befaamde en gerespekteerde Prof Breyten Breytenbach se ope brief aan Prof Wim de Villiers en Prof Piet Croukamp se reaksie op Breytenbach se brief, die volg
Die Taaldebat op US en die belang van moedertaalonderrig vir enige taalplan
conrad steenkamp 2016-04-21 Laat waai, Danie. Een van vele stemme wat gehoor moet word om hierdie debat uiteindelik tot sy reg te laat kom.
Die Taaldebat op US en die belang van moedertaalonderrig vir enige taalplan
Dirk Bosman 2016-04-21 Uiteindelik ’n redelike en weldeurdagte argument wat nie tot die platvloerse redenasievlakke van sommige hoogleraars daal nie. Ek wil ook dankie se vir die gebruik van verstaanbare Afrikaans.
Waa is JC dan nou?
Angus 2016-04-21 Beste Reusedwerg, Net soos Gereformeerd verskil van Hervormd en Nederduits Gereformeerd, so verskil Christen van Moslem: hulle is voëls van enerse vere, albei wil ander tot hulle geloof bekeer, en albei is ewe gevaarlik. Ons ateïste is dik vir alle gel
Gelyke Kanse ontvang internasionale steun: JM Coetzee en Robin Renwick steun die inisiatief
Theresa Papenfus 2016-04-21 Wonderlik. Ek hoop almal wat Afrikaans wil offer ter wille van sogenaamde "internasionale " aansien, neem regtig kennis.
US-taalbeleid: Vrae aan Piet Croucamp
Liezl 2016-04-21 Joan Hambidge! Jem vir jou bek! Die uwe (met bewondering).
ATKV Sêr – pitchy, contested, yet harmoniously resilient
Gert 2016-04-21 Weloorwoë bydrae, slim en uit die hart uit! Hoop die gesprek klim die hoogtes in! [Transl - well thought through, clever contribution from the heart - hope this advances the conversation to new heights!]
Marita van der Vyver oor André P Brink by die Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam
Jan Deloof 2016-04-21 Ik heb maar enkele van zijn boeken gelezen en heb André P Brink slechts één keer in levende lijve ontmoet, in 1997 hier in Zwevegem, maar wat een herinnering. Wat een man. Hou hem in ere, daar in Zuid-Afrika.
Die Taaldebat op US en die belang van moedertaalonderrig vir enige taalplan
Jean Joubert 2016-04-21 Baie dankie vir u duidelike konstruktiewe uiteensetting in pragtige Afrikaans. Een sin gaan vermoedelik nie duidelik deur almal geïnterpreteer word nie: "Afrikaans is nie meer die taal van die wit elite nie." Daar bestaan uiteenlopende interpretasie-moon
Die Taaldebat op US en die belang van moedertaalonderrig vir enige taalplan
Corlia Fourie 2016-04-21 Dankie, Danie van Wyk, dat jy die bruin Afrikaanssprekende mense se standpunt so ondubbelsinnig stel.
In antwoord op FC Boot se skrywe onderaan US Woordfees: God is ʼn metafoor
F C Boot 2016-04-21 Beste Angus Hier is ’n uittreksel wat die van 'Boot' nader toelig. Daar is ander maar ek volstaan voorlopig hierby. http://www.verenigdebooten.nl/cms/index.php?option=com_content&view=article&id=1028%3Aorigin-of-the-name-boots&catid=16&Itemid=61&lang
ATKV Sêr – pitchy, contested, yet harmoniously resilient
Hercules 2016-04-21 Beste Stefan, Voorwaar 'n riem onder die hart om te verneem van jou gewete oor die geskiedenis van onderdrukking wat in Afrikaans plaasgevind het. Net snaaks dat jy nie met dieselfde sin vir sosiale geregtigheid omgaan met die taal waarin jy hierdie s
ATKV Sêr – pitchy, contested, yet harmoniously resilient
Etienne Viviers 2016-04-21 Dit is onvoldoende om "own compositions" in meer "indigenous languages" te programmeer. 'n Sotho-liedjie wat, byvoorbeeld, na generiese Eurovision popmusiek klink bly steeds 'n vorm van kolonisering. Wat musiekkompetisies betref is die inkorporering van '
US-taalbeleid: Breyten Breytenbach reageer op Anton van Niekerk se brief
Ben Herbst 2016-04-21 Stellenbosch is 'n eensame plek vir 'n ongedistingeerde proffie in 'n veld wat soos 'n opdrifsel dryf tussen natuurwetenskappe en ingenieurswese, tastend in die duister terwyl die verligte filosoof en ander slimmes verwoestend voortneuk agter die dogma va
US-taalbeleid: Breyten Breytenbach reageer op Anton van Niekerk se brief
Arnold van Dyk 2016-04-21 Dankie Breyten vir die mooi woorde oor jou broer!Die gene spreek vanself!
US-taalbeleid: Breyten Breytenbach reageer op Anton van Niekerk se brief
Daniel Hugo 2016-04-21 Anton Muller, ek verbaas my oor jou onbeskoftheid.
Skepping vs evolusie - nog steeds
Angus 2016-04-21 Beste FC Boot, Skep en maak is nie presiese sinonieme nie, daarom bestaan albei woorde. Slegs van hulle betekenismomente kom ooreen, en daarom kan ons praat van gedeeltelike sinonimie. Gaan kyk in HAT en jy sal sien dat een van maak se betekenismomente i
Skepping vs evolusie - nog steeds
Angus 2016-04-21 Beste Kobus, Hitler was nie 'n ateïs nie inteendeel hy was 'n toegewyde Katoliek. Daar is bewyse voor in sy boek Mein Kampf en in die geskiedenis is daar bewyse van die nou band tussen hom en die pous. Onder andere het hy ook geglo dat hy die Jode moet
Skepping vs evolusie - nog steeds
Angus 2016-04-21 Beste Kobus, By die lees wat jy hiebo geskryf het, kan ek nie agterkom wie jy daarvan beskuldig dat hy nie weet hoe groot die heelal is nie. Sê jy asseblief vir ons hoe groot dit is. Natuurlik is daar in die Bybel geskryf waar die grens is van die h
Skepping vs evolusie - nog steeds
Johann 2016-04-21 Kyk Boet, ek het nie gesê Hubble het die grense van die heelal uitgewys nie! Jy lees my plasings soos jy jou bybeltjie lees.
Skepping vs evolusie - nog steeds
Johann 2016-04-21 Hi Neels. Hubble was gerig op 'n donker gedeelte van ons waarneembare heelal en toe ontdek dat daar 'n verdere heelal is wat voorheen nie waargeneem is nie. Hubble is daarna uit diens gestel. Groetnis.
US-taalbeleid: Breyten Breytenbach reageer op Anton van Niekerk se brief
Ernie Pienaar 2016-04-21 Goeie aanvoergesprek met Prof van Niekerk. Het hy al gereageer?
Skepping vs evolusie - nog steeds
Angus 2016-04-21 Beste Kobus, AS jy beweer God is die skepper, die begin, dan mag agnostici jou so twyfel-twyfel glo of nie glo nie, maar vir die ateïs moet jy eers daardie god van jou bewys. Waarom moet daar 'n god wees wat die heelal begin het? Waarom moet die wind
In antwoord op FC Boot se skrywe onderaan US Woordfees: God is ʼn metafoor
Neels(Husky)Visser 2016-04-21 FC, baie dankie weereens. Dit is waar wat Jaco sê van my, wat nie die volle agtergrond van die gesprekke tussen julle ken nie. Dit lyk vir my of daar 'n paar groot misverstande is/was, met die interpretasie van mekaar se skrywes. Ek self lees nie mens
Piet Croucamp reageer op Breyten Breytenbach se ope brief aan Wim de Villiers
Jon 2016-04-21 Hoe vinnig is die mond, of was dit sy verstand wat met sy "wonderlike taalgebruik" sy siening wil regverdig? Dit is hierdie tipe karakters in ons volk wat ook ons ondergang gaan wees. Ons veg vir ons nietige voortbestaan ... ’n volk wat nog altyd onderd
Skepping vs evolusie - nog steeds
Kobus de Klerk 2016-04-21 Hierdie is die tipiese voorbeeld van goedkoop, oningeligte, onkundige antagonistiese propaganda wat sommige ateïste aanwend. Hulle weet nie wat hulle hul voor inlaat nie ... Is dit die beste waartoe hul in staat is? Uiteraard sal geen regdenkende mens ho
US-taalbeleid: Breyten Breytenbach reageer op Anton van Niekerk se brief
Breyten Breytenbach 2016-04-21 Nee, meneer Muller, ek rook lankal nie meer nie. Seker maar skrikkerig dat my kopdoek dalk vlam kan vat. Ek wil u egter vriendelik versoek om 'n draai te gaan maak op Gelyke Kanse se webblad waar die US se voorgestelde taalkonsep punt vir punt ontleed en
Heita, Pappiepiet my bru'!
Cornelia de Kock 2016-04-21 Piet Croukamp kan wel uitstekend vloek in Afrikaans! Tydens die pasafgelope Woordfees op Stellenbosch het hy die gesprek met die Wynboere by De Vette Mossel gelei. Al wat hy gedoen het, was om te vloek en 'n belaglike stuk fiksie oor Boland Coetzee te ver
Skepping vs evolusie - nog steeds
Kobus de Klerk 2016-04-21 Weet jy hoe groot die heelal is? Ken jy die begrensing daarvan? Is Hubble se teleskopie die beste wat jy kan opper omtrent die vasstelling van die antwoord op die vraag? Jy weet nie waarvan jy praat nie - jy weet self nie hoe groot die heelal is nie -
