Swak antwoorde, CM. Jy maak stellings, maar jy het geen bewyse daarvoor nie. Dit is die realiteit. Om te probeer bokspring rondom dit gaan jou nie baat nie. Verskaf die bewyse, of wees manmoedig genoeg om te erken dat dit sommer jou eie subjektiewe opinie is.
Ja. En so dink jy jy kan wegkom met jou duimsuigsels. As daar bewyse voor was, sou dit makliker vir jou gewees het om gewoon daarna te verwys, maar ons neem kennis ...
Angus
Kobus staan voor in die ry om te vra na bewyse. Vra hom vir bewyse, en hy skud sy kop en sê dis nie nodig nie.
Die rede daarvoor is omdat jy omring is met bewyse vir God asook die direkte getuienis van talle mense wie oor hul persoonlike verhouding met God getuig. Daarteenoor is CM se snertsels niks anders as sy eie nie en kan hy geen vorm van bewys - wat nog te sê aanvaarbare bewys - verskaf nie. Hy verwys na 'meerdere kennis en insig'. Meerdere kennis berus op verifieerbare feite en sulke feite is terselfdertyd ook bewyse. Hy kan vir sy snertsels niks daarvan verskaf nie.
Kommentaar
Kan jy dit bewys? Natuurlik nie. Sommer net nog een van jou duimsuigsels.
Vanwaar die gewaande kennis? Die "duimsuigsels" verg meerdere kennis en insig. Die neerhalende opmerkings is van nul en geen waarde vir niemand nie.
Die briewe is duidelik te veel vir jou, maar hou gerus aan om dit te lees. Dalk leer jy iets.
Swak antwoorde, CM. Jy maak stellings, maar jy het geen bewyse daarvoor nie. Dit is die realiteit. Om te probeer bokspring rondom dit gaan jou nie baat nie. Verskaf die bewyse, of wees manmoedig genoeg om te erken dat dit sommer jou eie subjektiewe opinie is.
Ek is manmoedig genoeg om te erken dat ek jou gaan ignoreer.