Eietydse kennis

  • 2
Die diepsinnige besinning oor primitiewe versinsels klink baie geleerd, maar dit bly 'n redekaweling oor onsin.
 
CM
  • 2

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Hoeveel daarvan begryp jy ten volle om hierdie stelling te kan maak? Vertel ook sommer vir ons bietjie hoe Spiritualiteit (Geestelikheid) werk.

  • Ek het ondervinding van hoe spiritualiteit werk. Van nuuskierigheid het ek eenmaal 'n vrou in 'n tent besoek om te hoor wat sy sê. Sy het het agter 'n tafel met 'n groot glasbal gesit en allerhande onverstaanbaarhede geprewel. Sy het my vertel dat aan die ander kant daar 'n grys oubaas met swart hare en groot bos baard met my in aanraking wil kom. Hy is so 'n korterige lang ou, atleties gebou met 'n boepie. Ek het hom dadelik herken as my oupa, want hy was 'n lang man, fris gebou vir sy ouderdom en grys om die ore. Hy het nou wel nie 'n baard gehad nie, maar ek glo nie hulle het skeermesse in die hemel nie.
    Sy het my vertel dat ek nog ongetroud is (dit was waar op daardie tydstip) en dat ek met 'n mooi blondine sou trou. Die blondine was verkeerd, ek het met 'n brunet getrou, maar die mooi was darem in die kol. Sy het voorspel dat ek vier kinders sou hê, twee seuns en twee dogters. Dit was ook amper in die kol; ek het een dogter en een seun.
    Hierdie inligting het my beursie met R20 ligter gemaak.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top