Piet Croucamp reageer op Breyten Breytenbach se ope brief aan Wim de Villiers

  • 94

Dit was nog altyd so dat ’n redelike stem die beste kans het om na geluister te word. Breyten Breytenbach het tans veel te sê oor Afrikaans, byna altyd met bytende sarkasme en ’n leksel meerwaardigheid. Dalk is dit al taal wat hy deesdae verstaan. Breytenbach het duidelik iets in sy twaksak wat horingdroog geword het en die frustrasie sweet nou uit sy mondhoeke. Dit bly maar ’n morbiede vermaaklikheid hoe reaksionêres altyd die bruin mense se gebruik van die kombuistaal aan die nekhare insleep by die argumente teen verligting, so asof die lammervangers en die dopstelsel se kinders van gister nou weer voorgestoot kan word om te dien as menseskild teen die werklikhede van ons benepe opinies oor “eenvormigheid”. Breyten, wat al vir dekades, sedert van agter die tralies, Afrikaans soos ’n hoer behandel het; wanneer nodig het hy geskryf in Afrikaans en wanneer nodig geswets en geskel op die taal. Maar slagofferskap en vroomheid kom beide maklik vir die “Fransman”. Dieselfde bedompige gedagtegange vaardig in die reaksionêre verwyl – wat hy nou ter wille wil wees – was sy teiken toe dit maklik was om ondertoe te skop. Op sy oudag is hy egter altyd gereed met kwelgeestige aanmoediging vir wie ook al om ’n segsman vra; aandag trek met goedkoop zen en die gemoduleerde waardigheid van ’n wolf in skaapsklere. Maar diegene wat die onverstaanbare gerym gister nog net as meineed kon verteer, sit nou in die voorste ry by die bitterbek se konserte; want my vyand se vyand is nou my vriend.

Wim de Villiers moet inderdaad luister, maar hoekom na Breyten, wat nog nooit vir iets anders kon pa staan of opkom as dit wat na sy (eie) beeld geskape was nie. Wim de Villiers kan vir homself praat, maar heel waarskynlik besef hy dat diversiteit en die voortbestaan van Afrikaans nie bedreig kan word deur die kruipende normaliteit van universele veronderstellings nie. Afrikaners is al in byna elke opsig voëls in ’n wêreldnatuur; dit is nog net die taalbulle en die aandrang op ’n koestering van “die lekker ou dae” wat hul terughou.

Hoekom Afrikaans nou skielik op bevrydingspolitiek se korrupte nalatenskap se beskerming moet aandring, weet die duiwel alleen. Boonop, hoe moeilik is dit om te verstaan dat universiteite aan Suid-Afrikaners behoort, nie Afrikaners nie? Daar is ’n goedkoop mite wat Breyten en sy medeselfbevlekkers maklik staanmaak sonder substansie: dat kulturele diversiteit noodwendig kwaliteit veronderstel en dat komplekse denke net tot stand kom uit taal- en kultuurverskeidenheid. Daar is geen bewys dat enige van die meesterbeginsels en -opinies wat vandag ons leefwêreld definieer, geskoei is op die oppervlakkige werklikheid van diversiteit nie. Ek is bereid om die voorvelle van ’n 1 000 Afrikaners daarop te verwed dat Breyten Jonathan Jansen ook met nydigheid bejeën. Die Breyten wat nog nooit ’n dag lank meer as ’n reënboogkwas en ’n pretensieuse pen moes bestuur nie. Daar was darem geen erger klip in die skoen as die wederstrewige “jollie hotnot”, Russel Botman nie, nè Breyten? 

Ek wil Breyten aanmoedig om – nou in die beproewende uur anderkant raklewe – ook die Afrikaanssprekende jeug buite AfriForum se paramilitêre dampkring te besoek met sy kwaksalwerteorieë oor Afrikaans se “stand, taak en toekoms”, want dit is vir almal behalwe vir Breyten – in sy duursame Paryse verblyf – duidelik dat jong Afrikaanssprekendes nie sy benepenheid met Afrikaans deel nie. By die Universiteit van Pretoria waar die sieg heil lankal nie meer ’n broederlike gemeensaamheid soos by die Puk impliseer nie, het meningsopnames dit duidelik gemaak dat die wit Afrikaanse studente wat steeds aandring op Afrikaans as akademiese taal, nie meer beduidend genoeg is om die koste te regverdig van die brandstapel wat Breyten vir Wim de Villiers stook nie. Taal en kultuur het, soos verskeie ander ismes, ’n morsige verlede en hoe ook al jy die geskiedenis van Afrikaans wil oorskryf, jy sal nie die bloed van die mure af kry nie.

'n Ope brief aan Wim de Villiers aangaande sy bestuur se voorgestelde taalbeleid

Breyten Breytenbach

University Seminar

"Wil u werklik dat u en u bestuur deur die geskiedenis gebrandmerk word as bevorderaars van ’n kulturele uitwissing tot voordeel van ’n totalitêre dogma wat op koloniale taal berus?"

  • 94

Kommentaar

    • Ai dit is so lekker om behoorlike taalgebruik te verorber. ongeag waaroor dit gaan. Dankie vir die plesier.

  • Die deursnit Afrikaanssprekende maak nie eers sin uit van al die hoogdrawende taalgebruik deur beide Breyten en Piet. Kom aarde toe, dit is waar ons gewone kletsers beweeg

    • Avatar
      Roelof Viljoen

      Prof Viljoen dien sy skepper en hy beskerm die afrikaanse taal en sy kultuur.
      Mnr Piet watsenaam ... wat het jy bygedra tot die samelewing? Niks ... absoluut niks ... jy bevraagteken my skepper ... btw. ek is 'n boer ... maar ek kyk nie meer jou megaboer-aanbiedings nie ... geen boer kan boer sonder onse Here nie ...

      • Ek kan nie meer met jou saamstem nie. Slaan die spyker op die kop. Piet slaan die spyker in die doodskis. Of hy slaan heel mis. Hy is so van lyn af hy weet dit nie eens nie. Gods lasteraar. En nog vermetel genoeg om ons lieflike taal te praat.

    • Avatar
      Koos Pieterse

      Presies dit wat ek ervaar . Alles wat hy gesê het kon hy sy punt in een paragraaf of een sin in Afrikaans gestel het. Byvoorbeeld "Daai ou praat darem nou baie kak" Almal verstaan dit. Lyk asof hy meer aandag op homself wil vestig deur sy lang relaas.

  • Avatar
    Cilliers van Niekerk

    Ek sou enigeen, Piet juis inkluis, wat 'n verantwoorde argument in dié woordryke en sintakties gedrogtelike beledigingsbredie kan raakskep, en eetbaar vir ons arme beteuterde lesers opdis, nou en vir altyd in die openbaar besing.

    Dis nogal leersaam, en veral salwend, liewe medeleser (-lyer), om die aanleiding (bo gerieflik beskakel) tot Piet se dis vir sin en skoonheid te vergelyk.

    • Liewe medelyer,
      U woordkeuse "salwend" om Christo Viljoen se konstruktiewe poging te beskryf, is vindingryk en word waardeer.
      Jean

    • As julle kan uitmaak wat die twee probeer sê dan het julle meer Tassies as ek gedrink, dit klink soos twee eerstejaars wat 'n Pol Wet opstel op 'n Vrydagoggend moet ingee.

      • Dion, ek het Alto Rouge gedrink. Traai dit om die begripsheining om verslane Afrikaners te oorspan. Indien laasgenoemde ook nie sin maak nie, probeer Budweiser wat ek nou drink.

    • Ek leer my kinders dat voordat hulle die skrywer se kennis navors voordat hulle 'n artikel lees. Dr Piet Courcamp is 'n kenner op "Political Risk Assessment and Analysis en Key Issues in South African Politics" Hy het homself nie as 'n kenner op enige ander veld bewys en is nie deur sy "peers" bevestig nie.

      Netso moet ons maar 'n kernfisikus ignoreer as hy sy opinie lig oor mediese wetenskap. Hy mag intelligent wees, maar dit maak hom nie 'n kenner nie.

      So my gevolgtrekking is dat daar geen rede is waarom iemand ag moet slaan op enige uitlating van Dr Croucamp as dit nie met politiek te doen het nie. Wat my aanbedref het politiek nie veel te doen met fisiese wetenskap, mediese wetenskap of Godsdiens nie.

      Ek is nie 'n kenner in politiek nie, maar die politiese omgewing daar buite lyk maar vir my baie stukkend. Miskien moet die skoenmaker maar skoene maak en Dr. Croucamp hom skaar by ons politiese probleme waarvan daar genoeg is om hom besig te hou

  • Avatar
    adriaan van der wart

    Piet Croucamp spoel sy mond soos weer deeglik uit; dié keer oor Breyten Breytenbach se leierskapsrol in die 'taalstryd' op Maties. In die proses is hy so soort van die drenkeling wat op 'n eiland uitspoel en vra of daar 'n regering is en as daar bevestigend geantwoord word, is sy antwoord dat hy daarteen is. Uit sy publieke optrede kan 'n mens aflei dat hy teen alles en almal is - sy taalgebruik in dié verskilproses, ruik meeste kere na woede en sweet. Nou ja. Die positiewe invloed wat hy het? Waarskynlik nie 'n druppeltjie van wat Breyten ten spyte van sy liberale jare vir Afrikaans beteken het nie.

  • In die kol, Piet. Hom nog altyd pretensieus, selfverheerlikend en, oplaas, onverstaanbaar gevind. Die ou boks bo sy gewigsafdeling. Maar, nou ja, baie Afrikaners om ons is naarstiglik op soek na 'n profeet en leier en word' n rat voor die oë gedraai met die skyn.

  • Avatar
    Stanley van den Heever

    Weereens ou Piet Croucamp op sy stukke om Afrikaans die nekslag toe te dien. Geen wetenskaplike navorsing om sy standpunt te regverdig nie maar bloot venynige haat vir strooipoppe wat hyself opstel. Dit klink indrukwekkend ou Piet maar dit het ongelukkig geen substans nie.

  • Afrikaners se geskiedenis is veel beter as die van die Engelse, Franse, Spanjaarde, Portugese, Franse, Duitsers, Amerikaners, Russe, Chinese, al die Balkan-state, om maar 'n paar te noem en ook die van die Zoeloes, Swazis, Korannas, Matabeles, Xhosas ... om die waarheid te sê meeste mense druk Afrikaners in 'n blik waar hulle nie hoort nie ... white quilt ... of politieke korrektes soos bg.

  • Piet & Breyten is ewe keurig sarkasties - Piet teenoor Breyten & Breyten teenoor Wim. Tussenin lê die werklike behoefte om Afrikaans haar billike deel binne die groter geheel van taalgebruike in SA te te behou. Nie ten koste van ander tale nie slegs 'n billike deel. Hoogdrawende akademiese & poëtiese galbraak besoedel 'n verlangde formule & jaag emosies onnodig op. Breyten het sy prys vir sy andersdenkheid agter tralies betaal & was nog nooit 'n kripvreter jabroer nie. Piet was 'n alternatiewe sedert die 80'er jare op US. Beide dus anti-establishment. Dis onnodig om op mekaar te fokus - meer kan bereik word deur die uitruil van idees ter bereiking van die verlangde billike deel formule vir Afrikaans

  • Piet in gewone Afrikaans. Jy het geen benul van taal, kultuur, kuns of geskiedenis nie. Ek het nooit besef hoe oppervlakkig jou insig oor kultuur is nie. Gaan lees, leer en onthou meer oor Breyten voordat jy weer iets skryf waaroor jy skaars iets verstaa!!

  • Avatar
    Heilna du Plooy

    Ek daag jou uit om hierdie brief met dieselfde venynige energie en net so vlot en vinnig in Engels te skryf.

  • Behalwe om Breyten te probeer beledig as 'n ylende, selfdienende "has been" dat die spoeg spat, wat op aarde probeer jy nou eintlik sê?

    • Nes jy daar sê koffie; hy's dikbek oor Breyten Wim-hulle as kompromiste, agterryers en meelopers ontbloot (want hy's 'n gans van daardie selfde dam) maar sê eintlik niks. Om nou Churchill se kaller te gebruik - selde het ek iemand gesien wat met so baie woorde so min sê.

  • Ek is stom verbaas om so 'n persoonlike en venynige aanval op een van ons grootste Afrikaanse digters, dramaturge en skrywers te lees en dit net omdat hy vir Afrikaans as taal opkom. Ek bevind my nie in die dampkring van AfriForum nie, maar ek kan my hoegenaamd nie vereenselwig met mense soos Piet Croucamp, Wim de Villiers en Jonathan Jansen nie.

    • Soek vroeg vanoggend vergeefs na 'n boek van Croucamp op ons rak, natuurlik is daar niks. Breyten Breytenbach se oes is egter volop. Slaan ek die testosteroonbelaaide bal mis of bespeur mens 'n element van neerhalendheid teenoor o.a die onderskeie kreatiewe professies (soft skills) soos wat sommige ekonome dit noem? Jy gaan heel moontlik ook ouer word Croucamp en terloops - Picasso (google hom) het steeds vernuwend bly skilder en skep tot op die afskuwekkende ouderdom van 91.

  • Avatar
    Dries du Plooy

    Piet, jou argumente, standpunte en reaksies - meestal onbeheers, venynig, oppervlakkig, selfversekerd en verdoemend oor sake waarvan jy weinig grondige kennis het, bevestig die feit dat wanneer iemand op vertikale vlak verward en onverskillig sy ongeloof ten toon stel, dit ook in sy menings en uitsprake op horisontale verhoudinge na vore kom. Dink diep na!

  • Genade boet! Watse twak dis jy op en wie betaal daarvoor? Gaan praat Engels met aksent êrens in die staatsbordeel. Ons sal sommer self na ons taal omsien.

  • En, Piet is jy nou die redelike stem waarna geluister moet word? Jy is natuurlik self heel beskeie wanneer jy ons met jou insigte en kritiek oor Breytenbach vergas. Wie weet dan nou meer ivm Afrikaans se plek as onderrigtaal by ons universiteite as juis jy? Wil darem nie soos Breytenbach 'n beproewende uur na sy raklewe beleef nie!

  • Parallel-medium, tensy wetenskaplik behartig, verweer die kleiner taal artifiseël en skep 'n sinkende skip waarvan studente afspring. Om te sê dat mense wat van 'n sinkende skip afspring nie meer op die skip wil vaar nie is waansin.

    Beide UP en US het 'n 60% Afrikaanse voorkeur onder Afrikaanse studente opgemerk. Die 60% voorkeur syfer sal waarskynlik hoër wees indien die aanbod nie afgewater was vanweë parallel-medium met Engelse voorkeer nie - baie studente wil nie opeenvolgende vakke of komplimenterende vakke in verskillende tale neem nie vanweë verwarring en kies dan liewers alles in Engels. Afrikaanse klasgroottes word ook met Engelse klasgrootes vergelyk wat nie regverdig is nie. Word B.Sc. klasse gekanselleer omdat dit kleiner is as B.Com klasse? Maak dit 'n klein bietjie duurder soos B.Sc klein bietjie duurder is as B.Com eerder as om die aanbod af te water wat juis lei tot verdere studente wat van sinkende skip afspring.

    Beide UP en US het 15,000 Afrikaanse studente waarvan ten minste 60% in Afrikaans wil klas draf wat neerkom op ten minste 9,000 studente. Dis meer as Rhodes se studente getal, nie veel minder as Wes-Kaapland en ander kleiner universiteite nie, en as mens inagneem dat parallel-medium by groot universiteite soos US en UP juis meer volhoubaar is vanweëe skaal en omdat dosente gedeel word is 9,000 parallel-medium waarskynlik vergelykbaar met 12,000 of 14,000 studente by enkelmedium. So hoe kan dit nie volhoubaar en regverdig wees om by beide UP en US Afrikaans te behou nie wanneer die 9,000 studente ander universiteite vol sou maak?

    • In 2007 het 'n studie by US getoon meer as 80%van Afrikaanse studente wil Afrikaans as primêre onderrigtaal hê. Nou eweskielik net 60%. Dit klink onnatuurlik- wat het verander sedert 2007?

      • Avatar
        Jacobus Pienaar

        Dis n veldslag wat lankal bepkan word, Brink, Bothman en nou hy.
        Koshuise en 3verdiepingstudentehuise skiet iral op met staatsondersteuning om meer nie Afrikaanse studente in te lok, om die demografie te laat verander.
        Dit ten koste van die arme dorp se infrastruktuur. Geen parkering ens.

  • Avatar
    Tryna le Roux

    Wat kan ek sê ... Piet Croucamp jou kommentaar is verstommend en verseker het jy die kuns van skryf in Afrikaans bemeester en help jy so ook om ons taal in prag en praal 'n wonder van eie aard te gee.

  • Avatar
    Keith the Terrible

    Julle mense praat amper asof dit net julle is, wat op die internet is. Ek is 'n bruin mens. Engelssprekend en is nie skaam oor my Afrik. taalgebruik nie. Behoort die taal aan julle alleenlik?
    Hierdie taal wat julle oor brek, is 'n korrupsie van Hollands, wat omskep is deur die akademie van die tyd (Hofmeyer en daai lot).
    As bruin mens, is ek bly dat onse Afrikaans (taalgebruik) op 'n organiese vlak bestaan ... liewer nie die pretensie dat daar 'n alewige stryd is daarteen. Ek is siek en sat van die Pretoria/Stellenbosch-tipe se taal-aristokrate wat nou kla (omdat hulle nie meer staatondersteuning geniet nie). As you taal regtig so knap is - teenoor al die ander - dan sal dit oorleef ... of vrees julle dat Afrikaans wel soos Latyns agter sononder sal verdwyn? Let Wel: Latyns was meer wydverspreid as Afrikaans. ... dit het gelydelik oor 'n duisend jaar verdwyn ... maar ... dit het verdwyn!

    • Keith,
      Jou bydrae is soos manna uit die hemel vir ons blekes. Nooi asb. jou vrinne om te kom deelneem sodat die musiek meer kan dans. Sou so graag Churchill Naude en baie ander se wyshede hier wou sien.

    • Keith, The English language that is spoken today, is the direct result of 1066 and the Norman Conquest, which contributed at least 25% of French words to its vocabulary. Over the centuries it has been shaped by a number of other languages. Perhaps, by consulting Google or your nearest library, you may appear less ignorant of its origins in the dialects spoken by invading armies since 450 A.D. (today you’ll refer to invaders as ‘colonists’). Like Afrikaans, Dutch, German, Spanish. Romanian, is English also a bastardised language, or as you call it, a “korrupsie” of other languages. No language is more “pure’ or prestigious than the other, if that is what you are hoping for in declaring that you are “Engelsprekend”. Incidentally, Latin (the Vulgar version) has its legacy in French, Italian, Catalan, Portuguese, Spanish etc, and if you have a thorough knowledge of Latin, it makes travelling to these countries a more rewarding experience. Meertaligheid waarvoor Breyten en kie pleit maak meer sin, as ‘n Engels-alleenlik-US in Piet se verdagmakende aanval op diegene wat van hom verskil, as "has beens" en “regse” denkers. So veel tale ek kan, soveel male is ek meer mens, is veel beter op 'n universiteit as 'n kil kommersiële Globish.

  • Avatar
    Pieter Schoombee

    Piet Croucamp het niks by te dra benewens die blootstelling van sy verwoede onkunde nie.

  • Taal en kultuur is ongelukkig nie die enigste "ismes" soos genoem wat n morsige verlede het nie, en ek glo ook nie dat uitsluiting of ontkenning van enige "isme" so n verlede noodwendig kan of wil oorskryf nie. Die onverdraagsaamheid sal egter ook nie die bloed van die mure afwas nie. Niemand probeer, deur Afrikaans as n volwaardige taal op alle vlakke (huishoudelike gebruik of akademiese gebied) te beskerm, om n verlede te herskryf nie. Maar soos daar n morsige verlede deur sommige aan die gebruik van Afrikaans (hoe onsinnig dit ook al mag wees!) toegedig word, kan ons ook nie die verlede van Engels, Frans, Italiaans, Duits of watter ander taal en kultuur miskyk nie. En al wat ons daaruit wys sal word, is dat dit nie n taal of kultuur is wat die morsigheid veroorsaak het nie, maar onverdraagsame, miskennende en hebsugtige mense wat toevallig in n situasie beland het waar hulle die kanse kon aangryp - soos dit maar nou ook gebeur deur onverdraagsaamheid, nydigheid en gewaande akademiese meerderwaardigheid. Hoe daar ook nou gekyk word na die taalbeleide aan alle tersiëre inrigtings, die oorgrote meerderheid van die taalgebruikers voel vere vir hoogdrawende persoonlike aanvalle van watter hoek ook al, solank hulle in hulle moedertaal opgelei kan word en ten koste van geen andertaal gebruiker. Party akademici moet maar volgens ons gewone taalgebruikers liefs die verlede vergeet, en nie die eise vir regverdige opvoeding verwar met n veralgemenende behoefte om die morsige geskiedenis te herskryf nie.

  • Avatar
    Breyten Breytenbach

    Hene, Meneer Kopdoek: ek het duidelik 'n sweer raakgeboor waarvan die etter al lank aan die opbou was! Maar bedaar nou. Niemand vat u albasters af nie. Daar is plek vir almal en niemand bedreig die relevansie en nuutheid van u denke en ontledings nie.

    • Avatar
      Cilliers van Niekerk

      Aan Breyten: Stylvol, en reg!

      Aan Piet: Daai's so gaaf, en so groothartig, en so in akkoord met die saak ter hand van 'n uitnodiging tot beskaafde debat as wat ek al gesien het. Neem hom op!

    • Avatar
      Oswald Rall Theart

      More is dalk te laat

      Wanneer die pragmatiste
      met hulle dogmas spog -
      hierdie pseudo-realiste
      wat hulleself definieer
      as euforiese meganika
      geskep uit die kwantum,
      hulle slegs wetenskap
      as bewese feit aanvaar -
      hierdie selfgesentreerde
      siellose arrogante egoïste
      wat die sondevloed spot
      as ʼn nie bewese hipotese,
      soos my God, vir my vertel
      daar bestaan geen Opperwese
      nee, ek sal jou nie oordeel nie
      ateïs vir jou sal ek bid, as jy
      verdoem word tot die ewige hel
      waar jy saam met die sataniste
      en Godloënaars sal brand, vir jou
      sondes, vir ewig en ewig daarna -
      tog is daar nog kans vir jou om
      gered te word voor jy sterf en,
      jou liggaam tot stof terugkeer
      is dit my innige pleidooi vir jou ,
      gee jou oor en red jou siel
      more is dalk te laat!

      ©Oswald 2016

  • Avatar
    Danie Rossouw

    Piet se hetige reaksie wek die indruk dat hy dalkies nie vertroud is met al die tersaaklike feite nie. Meer spesifiek is Piet se aandag oënskynlik afgely deur Breyten se brief (nie die een waaroor Jan Blom sing nie :-)) . Piet, ons nooi jou uit om te gaan gaan kyk na http://www.gelykekanse.com. Wat betref die regsfeitelike agtergrond strek die uitnodiging verder in die sin dat dit jou lesbes sal help om ook met daardie agtergrond en konteks vertroud te raak. Laastens is die afwesigheid van 'n konkrete alternatiewe voorstel vir 'n oplossing van die geskil, uit jou pen teleurstellend. Groete

  • Piet, ek respekteer jou politieke kennis. Maar werlik, hou jou daarby. Jy kan nie teen Breyten kersvashou nie, en sal nooit kan nie,

  • Avatar
    Theresa Papenfus

    Nou toe nou.
    Ek slaan my hande saam vir dié maklike tirade teenoor iemand soos Breytenbach, wat meer opgeoffer het vir hierdie land en Afrikaans as waarvan 'n klomp nuwe kritici saam kan droom. Boonop is Breyten steeds vry. Nog altyd vry. Nie-dienstig, nie polities korrek nie.

  • Piet, ek het lank laas so 'n onverstaanbare gebrabbel teengekom. As dit is hoe mens Afrikaans behoort te skryf, kan die taal myns insiens gerus maar in ons Kalaharisand verdwyn.

  • Avatar
    Johannes Comestor

    In Breytenbach se skrywe is daar niks wat Croucamp verplig het om te reageer nie. Dit gaan maar weer vir Croucamp om aandag met oordrywing en goorheid te trek.

  • Avatar
    Christo Bester

    Dankie Breyten, Piet Kopdoek het my wel verwar met sy velle gedagtes en ek wou sê: Kalmeer tog nou, ouboet! En toe sê jy hoe ek voel. En ek is seker vele ander voel ook so. Betwis die argument en nie die argumenteerder nie. Sela.

  • Alamapstix Oompie Piet, Breyten het jou voorwaar jou speelgoed en amper jouself ook uit jou kot uit laat smyt omdat hy dit gewaag het om met daai brief aan Wim 'n goeie woordjie te doen vir jou ooglopende "pet hate" (lees Afrikaans). Skryf volgende keer liewer in jou eie babataal, of dalk in Ingels, sodat almal dalk beter kan verstaan wat jy probeer sê, want jou patetiese poging om Breyten se grootmensAfrikaans na te aap, ontbloot jou tragiese en oppervlakkige intellektuele barheid.
    O ja en moet ook nie volgende keer weer soos 'n regte voorspeler oudergewoonte die man in plaas van die bal speel nie. Jou bloeddorsstige aanval op Breyten en jou "meesteropinies" oor ons geliefde taal, waarvoor jy ooglopend vere voel, sal met gemak deur 'n hoërskooldebatteerder aan flarde geskiet word. Daarom gaan ek my nie eens verwaardig om dit hier te doen nie. Dit is vreesaanjaend om te dink dat jy met sulke opmerklike gebrek aan logika en objektiwiteit as dosent voor 'n klas vol jong studente moet staan.
    Oompie Piet, weet jy wat is jou probleem? Jy is 'n wannabe Breyten wat besef het jy gaan as 'n "also ran" dit nooit as 'n gerekende intellektueel maak nie. Soos Jack Parow in lekker Afrikaans vir jou sou sing : " Pieta jy met jou kopdoekie jy DINK jy is cool , maar Breyten met sy grys baardjie hy WEET hy is cool."
    Ten slotte het jy my laat dink aan wat die ou mense mos sê:" daar is geen groter dweper as 'n bekeerde hoer nie". Met vriende soos jy het Afrikaans nie vyande nodig nie.

  • Selfs al sou daar 'n geparfumeerde doek oor gespan word, sal die kop se kak maar altyd die luide klank van stank bassuin, voordat dit weggespoel ~ bemesting vir die geblomde tuin van onse ewige moertaal.

  • Avatar
    Sandra Saayman

    Om twee Afrikaanse denkers uit hulle graf hulle sê te laat sê:
    Daantjie Saayman: « Piet, jy praat nou kak op ‘n lae vlak. »
    Jakes Gerwel: « Piet, jy moet die probleem in meer as een dimensie aanspreek.»

    Croucamp sê min oor die taalbeleid of Breytenbach se posisie t.o.v. die beleid maar sy teks kom neer op ‘n rits beledigings, in pretensieuse Afrikaans; dit alles « below the belt. » Hierde is nie ‘n pleidooi vir bloot goeie maniere nie maar hel Piet kan sy gedagtes formuleer juis omdat skrywers soos Krog, Breytenbach, Small, Jonker … en verder terug Leipoldt hom leer lees en dink het in sinne en beelde en ritmes wat deel vorm van sy mensheid. (Luister na Piet Croucamp se Engels en ten spyte van sy nonchalance oor die verloor van Afrikaans as voertaal, wonder ‘n mens hoe hy gaan regom sonder ‘n taal wat hy magtig is. Piet soek maar swaar na ‘n sinoniem vir « fuck » en « fucking ».)

    In sy 1973 « ‘n Blik van Buite » - toespraak (gaan lees dit voor jy verder praat Piet, dis is in ‘n Seisoen in die Paradys opgeneem) sê Breyten : « Ons is ‘n bastervolk met ‘n bastertaal. Ons aard is basterskap. Dis goed en mooi so. Ons moet kompos wees. »

    Breyten het nog altyd baklei teen steriliteit en die afbring na die laagste gemene deler : of dit nou soos in 1973 was deur die mite van die Afrikaner as ‘n steriele « wit » « ras » af te breek (en dit het hom 2 jaar later ‘n 9 jaar tronkvonnis gekos, toe Pietie nog in die laerskool was) of soos nou in sy waarskubrief aan die rektor van US.

    Piet verwys na die « oppervlakkige werklikheid van diversiteit » (!). As Afrikaanse mense se taalgebruik, soos musiek, of sê kosmaak nou maar leeggemaak kan word en mens MacDonalds, Coca-Cola, Starbucks moet eet, drink en dink, dan, wow, like ek laaik dit nie te kwaai nie.

    Soos so dikwels gebeur wanneer Breytenbach ‘n openbare brief skryf, kyk sy aanvallers hulleself vas in die Breyten-spieël en/of die manier waarop hulle Breyten vir hulleself fabriseer. Dan word dit ‘n narsisistiese spieëlspel, ‘n naeltjiebetragting, waarin die ek homself teen « Breyten » meet. Piet se pretensieuse Afrikaans en sy simpel metafoor « ek sal die voorvelle van ‘n 1000 Afrikaners verwed » gee die indruk hy probeer die ou meester ‘n ding of twee wys. Maar dit werk nie. « Muis pis in die see » (Daantjie Saayman).

    En vanaf watter troontjie kan Piet (en wie ? wie’s Piet ?) beweer Breyten se gedigte is ‘n « onverstaanbare gerym » en dat hy nou « die beproewende uur anderkant raklewe » beleef Jong, ek weet darem nie Piet: in Suid-Afrika, maar ook in Holland en Frankryk en Amerika lees (en koop) die mense Breyten se boeke … publiseer hulle Breyten se boeke, skryf hulle boeke oor Breyten se boeke…

    ‘n Klein bietjie meer inhoud (en minder wind) Piet, en ‘n knypie nederigheid.

  • Sjoe! Wat my die meeste bekommer oor hierdie uitsprake, Piet Croucamp, is jou aggressiewe forsering van ʼn eenvoudige narratief, wat geen aanspraak maak op die groter prentjie nie. Boonop teiken jy ʼn enkele persoon en ignoreer die groep wat dit eens is met die digter. Die Romeine sou dit damnatio memoride noem. Die uitwissing van ʼn persoon en hulle opinie wat buite jou eie val...en ek is jammer as jy dit nou eers besef, maar dit is ʼn vorm van geweld. Een wat meer tande het as die buurvrou se kwaai hond.

    Breyten se opinie en verse skep ʼn kreatiewe gespreksruimte, wat gesprek en debat stimuleer. Dit verg bietjie moeite, maar is in ʼn demokrasie baie nuttiger as bakstene gooi en dit ʼn opinie noem, soos u doen, Heer Croucamp.

  • Dis altyd jammer dat mense wat die voordeel van 'n verhoog het om vanaf te praat, dink dat hul menings die regte menings is. Luister nou hoe verskil hierdie twee belangrike "meningsvormers" terwyl hulle albei verkleurmannetjies is en aanval, beoordeel en veroordeel soos die omstandighede hulle geval. Die publiek en samelewing het baie volwasse denkers en stemme en kan gelukkig hul eie opinies vorm sonder die intellektueles wat hedendaags dink hulle is is leier meningsvormers. Ek as leek met min talente maar gelukkig tweetalig, die gevolg van 'n suksesvolle skoolloopbaan voor '94, sal self besluit oor die beoefening van my taal voorkeure.

    • Eleanor - wie wil jou aan bande lê om vir jouself te besluit oor jou taal van keuse en voorspoed met jou baie suksesvolle loopbaan?

  • Net ‘n paar los gedagtes oor Doekies se gebrabbel.
    “Breytenbach het duidelik iets in sy twaksak wat horingdroog geword het en die frustrasie sweet nou uit sy mondhoeke.”
    Dink Doekies werklik dat ons denke/filosofie oor taal en kultuur deur een of ander positivistiese dwaling verskraal behoort te word tot ʼn wetenskaplike metode wat probleme finaal kan oplos? Glo hy werklik dat dit moontlik is? Dan is hy nie net naïef en oningelig nie maar sommer gewoon so bietjie stadig.

    “...die werklikhede van ons benepe opinies oor “eenvormigheid”.
    Wat presies is die benepe opinies oor eenvormigheid waarna Piet verwys? Dalk sy eie misverstand? Die eenvormigheid kom eintlik daarop neer om demokraties (lees: demografies) permanent uitgesluit te wees van politieke mag oor jouself en ek kan aan geen enkele rede dink mens dit hoef te aanvaar nie.

    “Maar diegene wat die onverstaanbare gerym gister nog net as meineed kon verteer, sit nou in die voorste ry by die bitterbek se konserte; want my vyand se vyand is nou my vriend.”
    BB se opinies het min verander oor tyd, die wêreld waarin ons leef het wel. Dié wat nou in die voorste ry sit verstaan dalk nou eers waaroor BB dit nog altyd gehad het en die opmerking oor “onverstaanbare gerym” is darem absoluut bog, twak en onsin.

    “...maar heel waarskynlik besef hy dat diversiteit en die voortbestaan van Afrikaans nie bedreig kan word deur die kruipende normaliteit van universele veronderstellings nie.”
    Dit is juis die positivistiese dwaling. En is dit nie effens fascisties om so knaend soos Doekies daaroor tekere te gaan nie?

    “Boonop, hoe moeilik is dit om te verstaan dat universiteite aan Suid-Afrikaners behoort, nie Afrikaners nie?”
    Sommige Universiteite behoort inderdaad aan Afrikaners te behoort gegewe die persentasie belasting wat hulle tot die staatskas bydrae. Of kan ons (Afrikaners) ophou belasting betaal? As daar nie ʼn Afrikaner-universiteit ook kan wees nie kan ek aan geen rede dink waarom ek langer belasting behoort te betaal nie.

    “Daar is ’n goedkoop mite . . . sonder substansie: dat kulturele diversiteit noodwendig kwaliteit veronderstel en dat komplekse denke net tot stand kom uit taal- en kultuurverskeidenheid.”
    Niemand het beweer dat diversiteit, per definisie, beter resultate en/of hoër kwaliteit aan ʼn Universiteit kan waarborg nie. Die teendeel is natuurlik ook nie waar nie.

    “Daar is geen bewys dat enige van die meesterbeginsels en -opinies wat vandag ons leefwêreld definieer, geskoei is op die oppervlakkige werklikheid van diversiteit nie.”
    Wat presies is oppervlakkig? Ek vermoed Doekies verwys na sy verstaan van die konsep diversiteit. Dit klink my na ʼn waninterpretasie of probeer hy sy eie vooroordele in ons kele af forseer; “...let a hundred flowers bloom,” sê Rorty.

    “Ek is bereid om die voorvelle van ’n 1 000 Afrikaners. . . “
    Regtig? Ek wil liefs nie in Freudiaanse terme hieroor uitwei nie.

    “...want dit is vir almal behalwe vir Breyten – in sy duursame Paryse verblyf – duidelik dat jong Afrikaanssprekendes nie sy benepenheid met Afrikaans deel nie.”
    Dit sal bepaald vreemd wees indien jy 60% of 70% nie- Afrikaanse studente by UP toelaat en dan ʼn ander resultaat, van dié verbeelde meningsopname, verwag.

  • Dit is interessant om te lees van Piet se bewondering vir Jonathan Jansen, dieselfde Jansen wat reken dat Afrikaans 'n kanker is wat uitgeroei moet word in skole. Ek dink dis tyd dat Kyknet vir Piet pos.

  • Avatar
    Pieter van der Westhuizen

    Miskien moet ons vir Wynand Dreyer vra om 'n program oor Mega-digters te maak, en dan sommer met Breyten se werk te begin. Hy kan Kopdoek as aanbieder gebruik, maar die navorsing en skryfwerk moet deur mense soos Louise Viljoen, Helize van Vuuren , Ampie Coetzee en Daniel Hugo gedoen word. Jammer ou Ronnie Belcher leef nie meer nie, want op stel sal iemand moet wees wat vir Piet so af en toe 'n taai klap gee as hy handuit ruk. Miskien kan Zander Strachan so 'n rol speel? As Piet Kopdoek enigsens opvoedbaar is, sal sy deelname aan so 'n projek sekerlik sy opinie wysig. Of wat dink julle?

    • Avatar
      Johannes Comestor

      Pieter van der Westhuizen, dit gaan hier om die behoud van Afrikaans aan die US. Daarvoor moet jy 'n beter voorbeeld as Ronnie Belcher soek. Belcher het "die reg van Stellenbosch om Afrikaans te mag wees, ontken ... Akademiese voortreflikheid kan hoofsaaklik net deur Engels bereik word" (Pieter Kapp, Maties en Afrikaans, 2013, p 81). Dit was die standpunt van hierdie hoogleraar in Afrikaans in 2002.

  • Avatar
    Waldemar Gouws

    Die heel eerste sin van Croucamp se stuk is duidelik in 'n ander klas as die ornamentele res. Dit is sekerlik 'n aanhaling van iemand anders waar hy skryf: "Dit was nog altyd so dat 'n redelike stem die beste kans het om na geluister te word."

    Kan die redaksie van LitNet nie asb. vir Croucamp versoek om sy bron te vermeld nie?

  • Piet Croucamp, die eerste klas politieke kwaksalwer, en selfverklaarde enigste draer van intellektuele “verligting”, is nou ook ‘n opiniemaker van kultuur, taal en Breyten se gedigte, wat hy tot “onverstaanbare rymelary” reduseer.

    As linkse kultuurregter is hy tjoepstil oor die “diep seergemaakte” nuwe-fasiste wat kunswerke verbrand en ewe gedienstige (“linkse”) akademici aan UCT, wat kunswerke toespyker en uit sig wegstoor. Volgens Prince se taakspankriteria, verwyder hulle net werke “deemed offensive for cultural, religious or political reasons; and forms of framing saturated in colonial symbolism”(?!).
    Snaaks, dit wat nie gesien mag word nie, is werke met ‘n onderliggend seksuele konnotasie. Genade, dr Croucamp, elke taalgroep, veral Engels het “bloed aan die mure”, en die een diskriminerende –isme waaraan jy jou stereotipering van ‘n senior Breyten skuldig maak is “Age-ism”. Jy klink afgunstig soos ‘n kastreerde os wat gefrustreerd loer na sy stoetbul pa se kreatiewe aktiwiteite. Ken jy omie Picasso e.a. wat in hul sewentigs nog hul eie kleuters moes help grootmaak, of Michaelangelo wat op 73 die Sistynsekapel op sy rug lê en beskilder het?.

    In ‘n gesprek oor die grensloosheid van idees en die verval van universiteite, maak die kutuurfilosoof, Rob Rieman, onlangs die volgende opmerkings: “Wanneer men over een paar eeuwen terug zal kijken op onze tijd, zal men dit ongetwijfeld het tijdperk van de georganiseerde domheid noemen. Massacultuur en massademocratie heersen. Denkers hebben plaats moeten ruimen voor opiniemakers, en de flauwekul overheerst overal... Ik denk dat het gat in ons geestelijke klimaat veel groter is dan het ozongat boven de Zuidpool, en dat die twee misschien wel samenhangen.... Ik vind het grappig dat vinyl helemaal terug is en dat mensen hebben ingezien dat het e-book iets is als vrijen met een sekspop”.

  • Avatar
    André Badenhorst

    Dis soms nodig dat 'n mens stoom afblaas. En dit moet seker bitter moeilik wees as jou sentimente nie juis water hou teen groot-kanon onafhanklike denkers nie. Dis net jammer dat 'n gesaghebbende werf soos Litnet die slagoffer geword het van 'n emosioneel-belaaide relaas van 'n persoon van wie jy as akademikus 'n intellektuele aanslag verwag.

  • In Langenhoven se woorde " wysheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n skeermes in die hand van 'n aap".

  • Avatar
    Johann Basson

    Ai, sies vir al die liefdeloosheid!

    Hoe op dees den aarde gaan Suid-Afrika ooit 'n ekonomies wêreldkompeterende land word om op eerbare wyse die nodige buitelandse valuta te verdien vir welvaartskepping en vrede?

  • Avatar
    Dewald Scholtz

    Piet klink hier amper soos Pik Botha van ouds. Praat die grootste klomp nonsens onder die son in die mees wel-luidende Afrikaans.

    Oupa som dit mooi op met sy kommentaar.

  • Avatar
    Leon van den Berg

    Ek stem meer saam met Breyten as met Piet, maar geniet dit altyd wanneer iemand ’n heilige bees by die horings pak. Dit word spraakvryheid genoem, iets wat die apartheidsregime selfs nie Afrikaners gegun het nie!

  • Avatar
    Gustaf Claassens

    Genade Pieter, vanwaar die onvergenoegdheid en spuwende haat ... Jou bydrae is soos 'n opslagwindjie in 'n stofstraat; 'n vinnige klomp stofwolkies en dan niks ... Jy probeer regtig te hard man, mense weet van jou!

    Gaan drink'n sundowner op jou voorstoep en kalmeer want jy maak jou naam "papie" soos ons as kinders altyd gesê het. Jy kan tog regtig beter doen as dit, magtig man!!!

  • Avatar
    Waldemar Gouws

    Asseblief Breyten, Christo, Izak, Jeroen en Pieter, die skadelose kopdoek van wie ook al is tog nie relevant nie, of hoe? En wat gemaak as dit in hierdie geval sou blyk eintlik 'n verband te wees?

  • Piet, is jou kinders nie in 'n Christelike Afrikaanse skool met Afrikaner-tradisies nie?
    Die skool presteer ook ongelooflik tenspyte van die taal en die oorgrote blanke teenwoordigheid. Ek dink jou grootste vyand, jyself het jouself gesink.

    Vaarwel

  • Piet, ek stel voor dat jy jou brief eers weer lees en dan herskryf. Jy maak die waar stelling dat die redelike stem die beste kans het om gehoor te word en slaan dan self nie ag op die goeie raad nie. Die res van jou argument bevat juis die bytende sarkasme en onredelike uitbarsting wat maak dat niemand na jou wil luister nie.

  • Hoe vinnig is die mond, of was dit sy verstand wat met sy "wonderlike taalgebruik" sy siening wil regverdig? Dit is hierdie tipe karakters in ons volk wat ook ons ondergang gaan wees. Ons veg vir ons nietige voortbestaan ... ’n volk wat nog altyd onderdruk is in die geskiedenis en tot nou van ons bestaan. Dan kom daar verraaiers en Godslasteraars wat ons ,hulle eie mense wil vernietig. Israel het dieselfde deurgegaan maar God se hand het hulle nog vir al die jare beskerm ... ’n Handjie vol tussen miljoene Filistyne en Egiptenare ... ons gaan swaar trek maar ons kinders sal God tot redding lei.

  • Avatar
    Ampie Coetzee

    Hierdie diskoers gaan nie oor Breyten en Piet Croukamp nie. Dit gaan oor die voortbestaan van Afrikaans as universiteitstaal.
    Maar Piet Croukamp se aanval op Breyten het eintlik min te doen met die toekoms van Afrikaans. Hy wil Breyten bykom. Aan die begin van sy aanval begin hy met die stelling dat Breyten met Afrikaans hoereer. Hy bewys natuurlik nie, want wat hy skryf is vol clichés en swak metafore, en arrogansie, en pretensie. ('Poetry is a mugs game.')
    Maar die stelling oor Afrikaans en hoereer: Het jy, Piet, al enigiets van Breyten gelees? Weet jy dat sy gehoereer met ons taal in sy poësie so ver gekom het, dat sy werk al vertaal is in Engels, Baskies, Bulgaries, Deens, Frans, Duits, Italiaans, Portugees, Spaans en Sweeds.
    Moet hom dus nie kwalik neem en hom beledig nie. Hy praat ook vir die toekoms van die Afrikaanse letterkunde. As daar nie 'n letterkunde gevoed word deur die hoër funksies van 'n taal nie, dan gaan daardie taal uitsterf. Miljoene Afrikaanssprekendes sal die taal aanhou praat. Maar hulle gaan arm bly, sonder 'n taal waarin hulle betekenis kan skep. Engels kan dit nie vir hulle doen nie (en Xhosa en Zoeloe) want dit sal nooit hulle moedertaal word nie.
    Die voorreg wat daar sou gewees het, is besig om te verdwyn: Prof Jonathan Jansen het al gesê dat daar geen Afrikaanse hoërskole meer moet wees nie; en hy (en sy Raad natuurlik) het ook nou sy universiteit verengels.

  • Piet, verstaan tog asseblief die verskil tussen "ironie" en "sarkasme". Breyten se brief is gelaai met eersgenoemde, terwyl jou brief juis oorloop van sarkasme. Terloops, jy moet nog heelwat skoolgaan voordat jy met Breyten oor taalpolitieke sake kan gesels.

  • Avatar
    Jacobus Pienaar

    Nou wat nou? Die Veldslag op US gaan nog voort. Koshuise en drieverdiepingstudentehuise word oral naby kampus gebou vir die groot aantal nie-Afrikaanses wat na Stb gelok word om die studentedemografie te verander. Div en sy makkers lag in hul mou, hul is besig om skaakmat te beplan.
    Mens wonder net wat is die ANC se geelwortel dat verraaiers so angstig is om hul mense so in die rug te steek?

  • Daar is geen salf aan Piet te smeer nie - gaan lees gerus al die gesegdes oor die sogenaamde "selfgemaakte" liberaliste - een ding van hulle is dat teenspraak nie geduld word nie.

  • Kan Piet vir ons sy "struggle" geskiedenis laat kry - was daar 'n dosier oop op hom - sy frustrasie is dalk voortspruitend uit die gebrek daaraan.

  • Avatar
    Braam Celliers

    Mensig, dit was 'n plesier om jul kommentare te volg. Die erns, die vernyn en die werklikheid van die debat is deel van dit, Afrikaans as toekomstaal, waar en hoe ook al, wat saak maak. Mag dit vir lank nog met ons wees! En o,ja Piet die duiwel is deel van die groter magte wat jy so ontken!

  • Avatar
    Leon van den Berg

    Plek-plek word “Afrikaans” nog in die debat aan “volk” gekoppel, met die duidelike wit onderrok wat uithang. Onthou, Afikaanssprekendes na wie destyds as die “volkies” verwys is, wil ook liewer in hul moedertaal onderrig word. Daar’s nou net één ons in dié pond!

  • So, as volgens jou daar net een ons in dié pond is, dan ís die 'volkies' mos deel van die 'volk' so hoekom sou daar dan nou 'n wit onderrok uithang? Wat sê jy nou eintlik of praat jy nou net omdat praat praat is; wil een of ander gehoor beïndruk?

  • Avatar
    Leon van den Berg

    Ek sê mos plek-plek in die debat! Ek wil geen gehoor beïndruk nie, maar wil wel die plek-plek-gehoor daaraan herinner dat Afrikaners deur ons taal geëien word en nié deur ons velskakerings nie.

    • Jy's verkeerd Leon; nie almal wat Duits praat is Duitsers nie en nie almal wat Engels praat is Engelse nie. Vra vir Jason Lloyd byvoorbeeld, hy't op 'n kol gesê hy sterf liewers as om 'n Afrikaner genoem te word. Indien dit nie Jason Lloyd was nie vra ek om verskoning maar dit was wel iemand wat 'n gereelde rubriek in Rapport behartig.

      • Avatar
        Leon van den Berg

        Duitsland is ’n puik voorbeeld. Duitse burgers wat Duits praat, is inderdaad Duitsers, en selfs ná die grudade op Duitssprekende Jode deur die Nazi’s wat Jode nié as Duitsers beskou het nie, word sulke Jode vandag steeds as Duitsers beskou. Net so verdwyn die stigma wat Afrikaners weens apartheid gedra het en sal velkleur in volgende geslagte nie meer ’n bepalende faktor wees nie. Bowenal is daar deesdae ál meer wit Afrikaners wat met Afrikaanse bruines trou. Hulle is mos Afrikaners, nes die swart kinders wat deur wit Afrikaners aangeneem is.

        • Nee Leon; Duitsland en Oostenryk saam maak die puik voorbeeld uit: In Duitsland is daar Duitsers en in Oostenryk is daar Oostenrykers en hulle praat almal Duits.

          In België is daar Belge wat Nederlands praat maar hulle is nie Nederlanders nie en dié kry jy in Nederland.

          So ook kry jy Engelse, Amerikaners, Australiërs, Kanadese, Nieu-Seelanders, Iere, Skotte, Walliesers en Suid-Afrikaners waarvan die huistaal Engels is maar almal is nie Engelse nie, hulle kry jy in Engeland.

          Jy kry Kanadese, Kongolese en Belge wat Franssprekend is maar hulle is nie Franse nie, dié kry jy in Frankryk.

          So ook is nie almal wat Afrikaans praat Afrikaners nie; vra maar vir Jason Lloyd, Franklin Sonn of Jonathan Jansen. As jy nou rêrig wil weet wat die verskil is vra die staat; daar is Afrikaanssprekendes wat geregtig is op regstellende aksie en daar is die Afrikaanssprekendes wat nié geregtig is op regstellende aksie nie. Vra jy maar vir die owerheid wat die kriterium is.

          • Avatar
            Leon van den Berg

            As die regering rassisties is, wil dit nie sê 'n mens moet dit wees nie. Hoe’t jou ma jou geleer oor ander wat jou kwaad aandoen? En, Jan wat jou regte naam ook al is, jy bly in die verlede vassteek. Wit Afrikaners trou met bruines en swartes. Wit Afrikaners het swart kinders aangeneem wat al volwasse is en hulself Afrikaners noem. Ondertrouery sal toeneem namate nuwe geslagte ál meer kleurblind raak.

  • Avatar
    Matilda Burden

    Ai, Piet Kopdoek het my lekker laat lag - ek het my verkneuter in die pretensieuse "kyk-tog-hoe-slim-is-ek" taalgebruik! Want ek weet dat hy, soos so baie ander akademici, dit nie kan verhelp om in daardie slagyster te trap van "slimgeit" (wat toe ook nie altyd so vreeslik slim is nie) met taal te wil uitspel nie. Ek wil twee punte maak:
    1. Ek haal graag vir almal, maar veral vir Piet, een van my helde aan (hy is my held weens sy ongelooflike intellek en wat hy daarmee gemaak het, en hy het my nie daarvan oortuig deur pretensieuse taalgebruik nie...) CJ Langenhoven: "Hoe weelderiger woord, hoe skraler gedagte".
    2. Ek kon nie glo wat ek lees toe ek by die volgende sinnetjie van Piet kom nie: "Daar is geen bewys dat enige van die meesterbeginsels en -opinies wat vandag ons leefwêreld definieer, geskoei is op die oppervlakkige werklikheid van diversiteit nie". Piet, is jy regtig 'n universiteitsdosent? In die geesteswetenskappe? Eerstens, die beginsels en opinies wat vandag ons leefwêreld definieer, sou ek nie "meesterlik" noem nie - ons leefwêreld is juis in die haglike toestand waarin hy is omdat geesteswetenskaplikes aan universiteite eerder abstrakte idees, en verkieslik onverstaanbare teorieë sit en uitdink en in pretensieuse taal weergee, as om hulle werk te doen, naamlik om die harde werklikheid aan te spreek. Tweedens, Piet, as jy nog nie die ongelooflike verrykende en verdiepende waarde van diversiteit, en veral taaldiversiteit, in 'n universiteitsklaskamer agtergekom het nie, dan het jy iewers iets groots gemis in jou taak as opvoeder.

    • Versigtig nou, Matilda. Langenhoven se beskrywing van Afrikaans as 'n witmanstaal getuig nie van 'n ongelooflike intellek nie. Daarmee belas hy ons huidige geslag en was hyself 'n slagoffer van die politieke korrektheid van sy tyd waarin so 'n beskrywing kon standhou.
      Die les daaruit te lere is seker dat, wie ook al vandag as ons intellektuele meningsvormers beskou word, waarskynlik nie die etiket waardig is nie veral wanneer hul sienings ongekwalifiseerd resoneer met die politieke korrektheid van die dag. Dis jammer dat dit dikwels baie dekades neem voordat die voete van klei deur meer mense raakgesien word en eers nadat die skade of onnodige belemmerings ontvou het.

  • Avatar
    Oswald Rall Theart

    n gedig vir Kopdoek Croucamp

    More is dalk te laat

    Wanneer die pragmatiste
    met hulle dogmas spog -
    hierdie pseudo-realiste
    wat hulleself definieer
    as euforiese meganika
    geskep uit die kwantum,
    hulle slegs wetenskap
    as bewese feit aanvaar -
    hierdie selfgesentreerde
    siellose arrogante egoïste
    wat die sondevloed spot
    as ʼn nie bewese hipotese,
    soos my God, vir my vertel
    daar bestaan geen Opperwese
    nee, ek sal jou nie oordeel nie
    ateïs vir jou sal ek bid, as jy
    verdoem word tot die ewige hel
    waar jy saam met die sataniste
    en Godloënaars sal brand, vir jou
    sondes, vir ewig en ewig daarna -
    tog is daar nog kans vir jou om
    gered te word voor jy sterf en,
    jou liggaam tot stof terugkeer
    is dit my innige pleidooi vir jou ,
    gee jou oor en red jou siel
    more is dalk te laat!

    ©Oswald 2016

    • Of hoe generaal?
      Vroegaand het ek 'n voëltjie hoor fluit van 'n boorling uit die Namib-woestyn wat homself lelik vervies het vir ateïste wat glo nie sy geloof respekteer nie. Ek het dadelik geweet dat die nag lank kan raak. Ek verwys nou na genl Ossie wat glo 'n loopbaan in NAMPOL agter hom het. Die generaal wat daarop ingestel is om sy koolstofvoetspoor te beperk op die planeet. Wat ek nie van die man kan verstaan nie is dat hy vér, vér reise onderneem, waar brandstofverbranding sy koolstofvoetspoor in die wiele sal ry. Mag ek dus die afleiding maak dat hy sy reise per poot of per fiets aandurf?
      Die polemiek van die aand het gegaan oor 'n gedig wat hy op sy facebook-blad geplaas het, en wat toe nie die gewone wow's en amen's tot gevolg gehad het nie. Nee, hy het die kat in die duiwehok gegooi. Die mense het vrae aan hom gestel waarop hy so reaksie getoon het: Oswald Rall Theart - waar staan dit in die bybel dat die aarde plat is?
      Suid-Afrikaners wat 'n poging aangewend het om kommentaar te lewer op die gedig, het hulself vinnig oor die border, terug, binne-in Suid-Afrika bevind. Vatso katvis. One shot. Geen terugpraat nie pappie. Die is my persoonlike spasie op facebook. Hier waai ek die septer, ekskuus, druk ek die groen-knoppie, ek bedoel die blok-knoppie. Finish en klaar aldus Selebi.
      Dunning-Kruger het daarin geslaag om vir 'n nano-sekonde voet aan wal te sit in die Namib, toe is die skakel weg. Dit was soos tennis kyk vir my, maar met die verskil: dit was nie tennis nie.
      Daarna het hy met groot fanfare in CAPS LOCK aan die skare, wat die ''one-man-show'' bygewoon het, Hans Ambulans was ook teenwoordig, vertel hoe hy die potensiële gevaar (hopelik nie die gevaar waarmee Rodney Seale ons as tieners probeer bang praat het nie), afgeweer het. Sy verskoning dat die mense hom moet respekteer, het hy onsamehangend in nie-Standaardafrikaans (of is dit nou geradbraakte?) geskryf, want dit was laat in die nag, en hy wou toe al gaan slaap.
      Sy verwysing na respek om met hom te mag debatteer was nie soseer 'n genl Ossie norm nie, dit het maar net verwys na sy moontlike onvermoë om die vrae wat aan hom gestel was te debatteer, dus was die maklikste om dit eerder te ignoreer. Of hoe generaal?
      Sy standaard antwoord was dat wat ook al in die bybel staan die waarheid is, en dat hy sal bid vir die ateïste en sataniste se redding. Vas sal beslis goeie vrugte afwerp generaal. Geen redenasies is geduld, behalwe bybelversies, en die eggo van die amen's in die agtergrond nie. Dit was 'n bybelse, ek meen babelse verwarring, wat ek kopskuddend waargeneem het.
      Een vraag aan hom was of hy al van ''Hitchens's Razor'' gehoor het, waarna die stilte my ore laat suis het, soos daardie keer toe ek gediagnoseer was met tinnitus.
      Ek sou graag wou hoor wat hy te sê sou gehad het oor "The Baye's Theorum" en of die konsep van die null-hipotese bekend is aan hom, maar ek het besef dat ek my nou op heilige-woestyn-grond bevind, en die generaal was moeg, en more is nog 'n dag.
      Wat ek wel aan die polisieman/digter/skrywer wil vra, is waarom sy gedig die voorkoms het soos perskebome van my, wat 'n onkundige tuinier op 'n keer verwoes het, toe hy dit probeer snoei het? Dit wil vir my voorkom of sy aanbieding in prosaformaat geskryf was, en die kante sleg afgekap/gesnoei is, wat hy nou wil uitgee as 'n gedig? Of hoe generaal?
      Groete
      Anne de Wet

  • Dis opvallend hoe min mense, indien enige, Piet Croucamp krediet gee vir hoeveel lewe hy blaas in die Afrikaanse polemiek wat dikwels neig om te taan. Sy klip-in-die-bos hierbo het veroorsaak dat sy bydrae die voorloper is op Litnet wat betref die aantal kommentare wat op 'n bydrae ontvang word. Al is so 'n rumoer nie 'n waarborg vir 'n gehalte debat nie het dit baie waarde as opwekker in 'n omgewing waarin die Afrikaanse gesprek leweloos vertoon.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top