Volledigheidshalwe, hier is wat hy skryf:
Ai Angus
Is dit so moeilik om doodeenvoudige vrae te antwoord.
My eerste vraag aan jou was
Wat reken jy was daar voor die Oerknal en wat dink jy was die oorsaak van die Oerknal?
My tweede vraag, voorstspruitend uit: 'God by evolution' eenvoudig opgesom God 'skep' deur evolusie. Wat is jou siening omtrent dit?
Dan 'n laaste vraag. Wat is jou definisie van tyd? 'n Illusie of nie?
As dit dan so 'n eenvoudige vraag is, waarom beantwoord jy dit dan nie self nie? Vir 'n Christen is dit mos maklik. Alles wat hy nie weet, of verstaan nie, alles bo sy vuurmaakplek, dan sê hy net: "Dis God." Sommer so, sonder navorsing, sonder enige bewys. Dis net hulle "spirituele intelligensie" wat dit vir hulle sê.
Wetenskaplikes sê ons weet nie wat voor die oerknal was nie, maar ons is besig met ondersoek. Die ruimte het geen grense nie, dus is dit moontlik dat die oerknal nie uniek is nie. Dit is maar net 'n baie klein gebeurtenissie en orals kon daar sulke oerknalle plaasgevind het, en nog moet plaasvind. Multiheelalle is dalk moontlik, ons kan nie sien buite die grens van 13.7 miljard ligjare nie. Anders as die Christen wat droom van 'n God, sê ek, ek weet nie wat voor die oerknal was nie. Enigeen wat sê hy weet, sê ek hy lieg.
Die oorsaak sal Christene vir jou sê, hulle weet, en op hulle borskaste hamer. Dis mos God! Die wetenskaplike ondersoek gravitasie en blackholes en singularity om agter die kap van die byl te kom.
Jy vra my mening oor of God evolusie geskep het? My mening is, dis nie nodig om die bonatuurlike te gebruik om evolusie te verklaar nie. God is nie nodig vir die verduideliking en navorsing van die evolusieteorie nie. Daarom bestaan hy nie, in elk geval, nie wat evolusie betref nie.
Ek kan nie sommer 'n definisie van tyd so blitsig gee nie. Ek moet seker begin by die filosoof Immanuel Kant. In sy werk Critique of Pure Reason (1781) sê hy tyd is 'n anomalie. Daar is ewe veel redes vir die argument dat dit ʼn begin het as wat daar is dat dit tydloos is en vir ewig bestaan het. Dan moet ek seker aanskuif na Hubble se waarnemings. Hy het beweer dat daar ʼn begin van tyd is, genoem die oerknal. ʼn Goeie rede waarom daar ʼn begin moes gewees het, is dat die heelal besig is om uit te sit soos die ligspektrum aantoon. In aller haas skuif ek sommer aan na Einstein en sy relatiwiteitsteorie. Ek besef dat tyd darem vir jou ʼn snaakse ding is. Gebeure wat ons dink het terselfdertyd gebeur, het miskien biljoene jare na mekaar plaasgevind. Net toe ons dink tyd gebeur gelykweg, dan kom die wetenskaplikes met die Kwantumteorie. Ruimte en tyd, sê hulle is gekwantifiseer en dit is onsinnig om te praat van tyd korter as 10 tot die mag -35 sekonde, wat ʼn Plancklengte is, of 10 tot die mag -43 sekonde, wat Plancktyd is. Daar was dus geen singularity nie, en die vir ons nou sigbare heelal het sy ontstaan met ʼn deursnee van 10 tot die mag -35 meter en ʼn digtheid van 10 tot die mag 94 gram per kubieke sentimenter. Dit is dus heeltemal betekenisloos om in hierdie konteks te praat van ʼn tyd voor die bestaan van die heelal of van korter tye of van groter digthede. Tyd is deur die mens geskep, gebaseer op hoe lank dit neem vir die aarde om om sy eie as te draai.
Nou sal jy seker my vrae beantwoord.
Moet 'n "gevolge" (wat dit ook al behels) 'n "oorsaak" (wat dit ook al behels) hê?
Dan wil ek sommer ook weet of jy ʼn Blourok is.
Angus


Kommentaar
Beste Angus
Dankie vir jou moeite.Voor dat ek jou vrae beantwoord kan ander lesers dalk die geleentheid gegun word om te sê wat hul van jou antwoord dink.
Groete
Angus
Soos jy tereg gesê het, F.C. is van mening dat indien die wetenskap nie kan bepaal wat voor die oerknal plaasgevind het nie, is dit vir hom bewys dat God wel bestaan en die oorsaak van die oerknal is (sy argument vir "oorsaak" en "gevolg").
Ons hoef nie eers so ver terug te gaan nie. Deur eie erkentenis, glo FC nie dat die Bybel deur God ge-inspireer is nie, selfs nie die Nuwe Testament nie. Nou vra ek hom by herhaling, indien hy geen "spesifieke" bron (in hierdie geval die Bybel) sonder enige ander alternatiewe bron het wat vir hom God bevestig nie, hoe kan hy in ieder geval in 'n God se bestaan glo?
Beste FC Boot,
Ander lesers kan ook vir my sê wat hulle daarvan dink dat jy nie my vrae beabtwoord nie.
As daar enige on duidelikheid is in my antwoorde, laat my net weet, dan vereenvoudig ek dit verder.
Groete,
Angus
Angus,
Wat van 'quantum mechanics' se 'entanglement' teorie ?
"wat" ? vra jy, gaan soek maar self.
'Singularity' bestaan nie ? Vanuit die singularity was daar kontak na "buite". Die "vuurhoutjie".
Mooi loop.
Raed-na-Gael.
Beste Raed-na-Gael,
Jy sal vir my moet verduidelik wat die entanglement teorie is en hoe dit by die storie inpas. Ek het maar Fisika I en Chemie I as byvakke geneem, en nie verder gevorder daar mee nie. Ek is bly dat jy gewillig is om te help.
Einstein se algemene relatiwiteitsteorie het met die fisika op groot skaal gewerk, astronomies groot, terwyl die kwantumteorie werk met die kleinste skale. Die twee staan teenoor mekaar en pogings om hulle met mekaar versoen te kry is al gedoen soos die stringteorie en die membraanteorie. Einstein se teorie sien bv. tyd ad 'n koordinaat, terwyl ons Plancktyd in die kwantumteorie het.
Dankie dat jy aangebied het om aan ons die entanglementteorie te verduidelik.
Groete,
Angus
Beste Jaco,
Dis waarom ek wil weet of FC 'n blourok is. Is dit nie hulle wat in beswyming verval, op die grond rondkruip en nie mooi weet wat hulle wil hê nie? Daar is nou so baie gelowe dat ek begin deurmekaar raak met die goed.
Groete,
Angus
Beste Angus
Tyd sê jy: “Tyd is deur die mens geskep, gebaseer op hoe lank dit neem vir die aarde om om sy eie as te draai.”Wat jy eintlik probeer sê is dat tyd baseer is op ons waarneming van beweging.Sonder beweging geen tyd.
Eintlik is tyd dus ’n illusie wat orde skep in ons lewe.Omdat beweging in ons heelal ontstaan het na die Oerknal is dit duidelik dat daar dus ’n tydlose dimensie was. Dat iets die Big bang aangedryf het is duidelik uit.http://science.nasa.gov/astrophysics/focus-areas/what-powered-the-big-bang/
Ons heelal en alles wat daarin is het dus ’n begin gehad en het dus ook ’n einde.Die feit dat dit steeds uitdy maak dit duidelik dat daar ’n oneindigheid is. ’n Oneindigheid is onbegrens.
Ons heelal wat ons waarneem en nie kan waarneem nie is dus nie oneindig.Dit stel ons instaat om te bepaal hoelank gelede die Oerknal plaasgevind het. Die vraag is egter of alles net toevallig is, dat die aarde op die regte plek in die heelal is, teen die regte helling en spoed wentel en om ons ster die son beweeg.
Nou wat van evolusie. Sonder ’n begin sou daar ook geen evolusie plaasgevind het nie. In http://www.allaboutscience.org/what-is-evolution-faq.htm is daar ‘n aanvaarbare verduideliking.
“Natural selection is the machine that drives evolution. This mechanism causes those organisms that are "abnormal" to survive an environmental change, making them the "new normal." Over time, according to the Theory of Evolution, this can cause an organism to change into a totally different form of life. Some evidence of natural selection has been seen in nature, but not to an extent that would change a species in any meaningful way. Every genetic mutation that science has observed changing the form or function of an organism has resulted in handicap or death. It does, however, mean that an ecosystem is vulnerable to rapid change, since organisms that cannot adapt will usually die.”
Nou wat nou van die skeppingsverhale. Soos soos baie kere opskrif gestel is die geskryf tydens die Joodse ballingskap.Die feit dat daar van dag en nag en mak diere geskryf word maak dit duidelik dat dit geskryf is op ’n planeet wat reeds tenvolle gevorm is en nie nog in ’n vormingsproses is.
Dit is dus verhale wat as onderwys gedien het om meer perspektief te verleen, waarom en hoekom daar mense is. Dit het in besonder gegaan oor die WIE maar nooit oor die hoe nie.Soos bo beskryf is evolusie die beste manier om die ontstaan van spesies en ook ons bestaan te verduidelik.
Ek sien die stomme Jaco het weereens sy stuiwer in die armbeurs kom gooi.Hy kan steeds nie verstaan nie dat die Woord van God nooit kan beteken dat elke woord wat in die Bybel opeteken is uit God se mond kom.
As Christen glo en aanvaar ek dat Christus wie jy en ander verwerp nie ’n bonatuurlike Wese is nie, in die sin dat Hy erêns in ons heelal sy tuiste het nie, maar dat ons inderdaad te doen het met ’n entiteit wat bestaan het voor die Oerknal en die mag is wat die Oerknal in werking gestel het waardeur alles tot stand gekom het.
Nee ek is nie ’n Blou rok nie en sê my Angus wat is jou van ?
Groete.
Nou toe nou!
F.C. skryf: " die Woord van God nooit kan beteken dat elke woord wat in die Bybel opeteken is uit God se mond kom."
Nou sê vir my F.C., watter woorde, in die Bybel, indien enige is dan van God afkomstig, en hoe word onderskei wat van God afkomstig is al dan nie?
Jaco, jammer om te hoor van jou ongeluk. Soms kom 'n mens nie dadelik agter hoeveel skade jy werklik opgedoen het nie! Ek sien jy het nou probleme om die verskillende partye in die Bybel van mekaar te onderskei? Ek stel voor jy lees dit maar soos 'n gewone boek, dan behoort jy darem redelik te kan volg - wie het watter woorde gebruik. Ek is seker jy sal dit mettertyd weer kan uitpluis.
Spoedige beterskap word jou toegewens.
Husky.
Vra die man wat vir dominee studeer het. Sê my watter teksverse met uitsondering van die 10 gebooie is nie deur mense geskryf nie en jy het die antwoord.
Verstaan jy nie dat net soos skrywers van vandag geïnspireerd word of is deur sekere gebeurtenisse in hul lewe om sekere verhale opskrif te stel, Bybelskrywers netso onderleiding van die Heilige Gees geïnspireerd was om sekere gebeurtenisse op skrif te stel sodat die Bybel 'n norm of kanon word waarvolgens Christene hul lewe moet inrig.
As jy nou verder verstaan dat alles in Christus vervul is sal jy ophou om vrae te vra waarop jy uit aard van jou studie die antwoord behoort te ken en op jou knieë gaan en dankie sê dat jy gespaard gebly het en nog 'n kans het om tot bekering te kom.
'n Kans wat jou lewensmaat ongelukkig op wrede wyse ontneem is.
FC, dit was nou regtig lekker om hierdie verduideliking van jou aan Angus te lees. Maar ondervinding het my geleer, daar is nog steeds mense wat hardnekkig bly glo evolusie is die antwoord op alles. En ongelukkig is dit nie omdat hul nie kan verstaan nie, maar eerder omdat hul nie wil nie. Daar is mos 'n gesegde wat lui "jy kan 'n perd tot by die water bring, maar nie maak drink nie" en dit is tog so waar in sekere gevalle.
Lekker vriendelike groetnis.
Husky
Beste FC Boot,
Tyd is nie verkeerde sintuiglike waarneming nie, nog minder is dit waarnemingsbedrog soos jy nou wil voorgee. As tyd 'n illusie is, en jy gee voor dit skep orde in ons lewe, dan verstaan ek nou waarom so baie mense se lewens ordeloos is.
Watter bewyse is daar dat die "entiteit" waarvan jy praat, voor die oerknal alreeds bestaan het? Jy het nie, jy raai maar net, of jy glo maar net. Jy weet nie en daarom noem jy dit God. Dis tipies mos maar wat die primitiewe mens ook gedoen het.
As jy nie 'n blourok is nie, aan watter geloof behoort jy dan dat jy so rondkruip en hallusineer?
My van is MacDonald. (Moet dit nie verwar met McDonald nie. Ek is 'n rassis.)
Groete,
Angus
Husky
Hoop jy gee nie om dat ek jou eerder op jou troetelnaam noem nie. Ek vermoed dis wat jy eintlik sou verkies het, anders het jy dit nie aangegee nie.
Dankie vir jou besorgheid oor my gesondheid. Ek kan jou verseker my response hier is nie aan enige negatiewe nagevolge van die ongeluk te danke nie. Ek sien jou vir die eerste keer hier op SeNet as deelnemer. Welkom, en hoop om vele meer van jou te hoor.
Jy skryf aan my: " Ek sien jy het nou probleme om die verskillende partye in die Bybel van mekaar te onderskei? Ek stel voor jy lees dit maar soos 'n gewone boek, dan behoort jy darem redelik te kan volg - wie het watter woorde gebruik."
Ek verseker jou, ek het die Bybel as gewone boek, asook as God-geïnspireerde boek gelees. Ek, Kobus en F.C. loop jare saam, dus mis jy geheel en al die konteks van my response aan F.C.
Bv. Jesus (God) het in die EERSTE PERSOON in die Nuwe Testament gesê: "Moses het van my GESKRYWE". Nou vra ek vir jou, sou jy as Christen dit aanvaar as woorde van Jesus (God) afkomstig of nie? Wel nie F.C. nie, want sy respons daarop in die verlede was dis onmoontlik, want Moses, volgens hom, het nie die eerste vyf boeke van die Bybel geskryf nie, welke boeke volgens hom, honderde jare later deur onbekende skrywers in Babilon geskryf is. By geleentheid in 'n ander respons het hy geskryf: "Geen mens het God ooit gesien nie." Toe ek vir hom die Nuwe Testament kwoteer waar Jesus (God) in die EERSTE PERSOON gesê het: "Wanneer julle my sien, sien julle die Vader." het hy toe ook gesê dis onmoontlik dat Jesus dit kon gesê het, want die skrywer het dekades later die boek geskryf (en was seker verward - my gevolgtrekking). Dan het hy die vermetelheid om hierdie einste tekste te gebruik om van sy godsdienstige argumente te staaf, selfs onlangs. Hierdie man is die ene weersprekings, na my mening 'n verleentheid vir opregte Christene.
Lees hierbo in 'n respons aan my, sê F.C. die hele Bybel is nie Godgegewe nie, is nie God se Woord nie, behalwe vir die Tien Gebooie, die res is deur geïnspireerde godsdienstige mense, opgestel, soortgelyk as wat 'n skrywer van 'n fiktiewe roman geïnspireer is. My vraag aan jou is, is dit jou siening as Christen ook?
Alhoewel ek ivm godsdiens en ewolusie en as ateïs, van Kobus verskil, respekteer en eerbiedig ek sy opregtheid as Christen asook die feit dat hy 'n "spesifieke bron" nl. die Bybel as sy geloofsfondament het wat hom rigting in sy lewe gee; dat hy glo dat die hele Bybel, hetsy in die eerste of derde persoon geskrywe, Godgegewe is. In teenstelling het F.C. geen "spesifieke" of selfs alternatiewe bron, behalwe die tien gebooie, waarop hy aanspraak vir sy geloof in Jesus (God) kan maak nie. Sy godsdiens is 'n mengelmoes van Christelike oorlewering (soos die geval met die Roomse Kerk) met ewolusie daarin gevleg. Is joune soortgelyk?
Die verskil tussen Angus en Kobus is 'n verskil in uitgangspunt, Kobus uitsluitlik in wat die Bybel vir hom openbaar, en Angus uitsluitlik wat sekulere wetenskaplike navorsing vir hom openbaar het. In teenstelling probeer F.C. beide neerhalend afmaak met sy troetel teorie, nl. wat die "big bang" voorafgegaan het, en sy siening mbt tot "oorsaak" en "nagevolge", sonder enige logiese argument, hetsy vanuit die Bybel of vanuit ewolusie, om van te staaf nie.
Ek verseker jou. F.C., die sogenaamde christen (LW die klein "c" in sy geval) se venyn teenoor die Christen Kobus, is by verre erger as sy venyn teenoor die ateïs Angus, wat my skoon verbaas.
Ek let dat jy beide Kobus en F.C. ewe op hul skouers klap en toejuig in hul argumente teenoor Angus. Doen jy dit objektief of subjektief, want. na my mening, is dit objektief onmoontlik gesien dat beide Kobus asook F.C. godsdienstig niks in gemeen met mekaar het nie?
Hi Jaco, dankie vir jou reaksie. En dat jy die saak meer toegelig het. Ek ken vir Kobus de Klerk al geruime tyd as 'n gelowige, en daarom is dit maklik vir my om positief te reageer op sy skrywes.
Vir FC ken ek nog nie eintlik nie, en ek was vir geruime tyd nie hier op die werf nie. My aanmoediging is daarom juis daarop gemik dat hy dalk meer oor die tipe onderwerp sal skrywe en sodoende, kan ek meer van 'n opinie oor hom vorm. Anders sou ek my net op ander se opinies oor FC moet verlaat, wat sekerlik nie regverdig sou wees nie, dink ek.
My skrywe aan jou was ook eintlik baie suksesvol, want uit die reaksie en mooi skrywes, kon ek heelwat wys word van en omtrent jou. En al sou dit lyk asof ek dalk die draak steek oor jou ongeluk - moet jy dit asseblief nie in so 'n ernstige lig sien nie.
Oor die Bybel en die woorde daarin? Wat sou die doel van die Bybel dan wees as dit nie oor God gaan nie? Maar as jy dit lees, dan is daar verskillende mense se "woorde" tog ook daarin opgeteken. Die naam waaraan die Bybel gekenmerk word, verander nie die inhoud daarvan nie - en daarom spits ek my eerder toe op die boodskap en lesse wat ek daaruit kan kry.
Dit wil vir my voorkom asof jy nie vyandig teenoor gelowiges staan nie, en dit is verblydend.
Daar is ander wat blykbaar ongelowig is en skynbaar nie in 'n Skepper glo nie. Maar hulle bly dag na dag, jaar na jaar, sonder ophou daaroor redekawel ? Veg hulle dan teen 'n denkbeeldige vyand, en is dit dan nie eienaardig nie? Hulle smaad en hoon die gelowiges wat kwansuis in 'n "denkbeeldige" God glo. En tog veg hulle self hand en tand, teen dieselfde denkbeeldige persoon?
Ek self, vind dit eienaardig om 'n volslae obsessie te hê, oor "iets" of iemand wat jy beweer jy glo, nie bestaan nie!
Die bietjie wat ek nou van jou weet, laat my dink jy val nie in hierdie kategorie nie?
Vriendelike groetnis
Husky.
Beste Husky
Jy sal nog vir Jaco Fourie leer ken as 'n meesterverdraaier van woorde. Sy probleem is dat hy op die verkeerde voet met my weggespring het, want hy het 'n uitklophou in die eerste rondte belowe en toe kon hy en Kobus saam nie eers 'n duik in 'n drol slaan nie.
Kom ons kyk na wat Jesus gesê het. In Johannes 5 vers 46:
"Baie van die dinge wat Moses geskryf het, het hy ook oor my geskryf ..."
Die eerste vraag wat enige mens homself moet afvra is wanneer is dit deur Johannes opgeteken. In 90 nC het die Johannes-evangelie sy finale vorm bereik, dit is waarskynlik begin in die jaar 65 nC. Dit het dus 25 jaar geneem tot voltooiing en is seker geskryf, baie hersien en herskryf en ander bronne geraadpleeg.
Christus is in 30 nC gekruisig. Wat die arme Jaco nie verstaan nie is dat ek hier te doen het met getuienis wat lank na Jesus die woorde sou geuiter het neergeskryf is. Dit is dus hoorsê getuienis wat indirek deur Johannes na ons kom.
Jesus het self niks geskryf nie. Die enigste woorde wat na oorlewering deur God geskryf is, is die 10 gebooie.
As Christen en medegelowige moet ek aanvaar dat wat Johannes neergeskryf het
oor wat Jesus gesê het wel dit is wat Jesus gesê het. Ek trek dus nie Johannes se bona fide in twyfel nie, maar daar is 'n groot verskil tussen wat Jaco Fourie sê en wat ek sê oor die teksvers.
Groete
FC, baie dankie weereens. Dit is waar wat Jaco sê van my, wat nie die volle agtergrond van die gesprekke tussen julle ken nie. Dit lyk vir my of daar 'n paar groot misverstande is/was, met die interpretasie van mekaar se skrywes.
Ek self lees nie mense se skrywes met die doel om fout daarmee te vind nie, maar eerder vir dit wat ek daaruit kan leer. En ek vind dat daar baie te leer en te geniet is, uit talle (diverse) skrywers se oogpunte. Dit is mos nie moontlik dat enigiemand voltyds 100% met 'n ander sou kon saamstem nie. Verskille moet en sal altyd daar wees.
So, is en was daar byvoorbeeld, baie gelowige mense, wat nooit 'n Bybel onder oë gehad het nie. Maar ek dink nie, dat die feit dat hulle nooit die voorreg gehad het om die Bybel ooit te gelees het nie, maak van hulle "mindere" gelowiges nie. Dit maak dit dan vir my ook onnodig, om van elke versie en verhaal in die Skrif, 'n volmaakte begrip by elke gelowige te verwag.
En daarom is dit vir my moontlik (party ander sal sekerlik hiermee verskil) dat ek meer vriende in die geloof raaksien en weinig vyande.
So geniet ek dan ook die skrywes van ongelowige skrywers, en ag hulle nie minder as myself nie. Ek vind dit onnodig om op alles te reageer waarmee ek nie saamstem nie, en tog geniet ek dit om nou en dan, 'n stuiwer in die armbeurs te gooi. En soms ook effens ondeund te wees en hier en daar 'n been te trek.
Ek waardeer jou bydraes hier. En Jaco en ander s'n ook.
Lekker vriendelike groetnis.
Husky.
F.C. moet maar na my respons aan Husky lees in antwoord op wat hy oor my te sê het hierbo.
Hy gee my 'n christelike steek, buite verband met die inhoud van beide my respons aan hom asook die onderwerp onder bespreking hierbo deur te sê: "'n Kans (tot bekering kom) wat jou lewensmaat (Wim) ongelukkig op wrede wyse ontneem is". Maw volgens F.C. is Wim Goddelik verdoem.
Sy veralgemening is dat Wim, soos ek, 'n ateïs was. Inteendeel, Wim was 'n belydende Christen tot sy dood toe. F.C. eien vir homself die Goddelike reg om vir Wim te veroordeel, teenstrydig wat die Bybel mbt tot oordeel te sê het; met die geveinste versekering in homself dat geen oordeel deur sy God oor hom gevel gaan word nie.
Ek jeen hierdie man veragtelik.
Angus MacDonald
Beide suiwer Skotse naam en van.
Net nuuskierig, en indien te persoonlik, nie hoef te respondeer nie, maar hoe het dit gebeur en hoe lank gelede is jou familie in die Afrikaanse gemeenskap ge-assimileer?
Beste Jaco
Is Angus nie oud genoeg om vir homself te praat nie? Ken jy die geskiedenis van die
'the tale of two cities' ,myne is die geskiedenis van twee broers en dit is al wat jy hoef te weet.
Hoelank vra jy- lank genoeg om tien jaar van my lewe verbonde te wees aan militêre diensplig waar tydens ek wonderlike dinge beleef het.Hoelank was jou diens tydperk?
Beste Angus
Nee ek raai nie want 'n Christen se geloof is geanker in Christus, oor wie getuig is in Johannes 1. Eintlik is dit wat jy skryf van toepassing op jou "As jy nie 'n blourok is nie, aan watter geloof behoort jy dan dat jy so rondkruip en hallusineer?" want 'n mens wat nie besef dat tyd orde bring nie kruip rond en hallusineer'.
Jy steur jouself dus nie aan 'tyd' en is altyd betyds vir afsprake nie, of is jy nie? Kan ek 'Operations Management' aanbeveel. Jy sê jy is 'n rassis-werklik, beskik jy dan oor hoedanighede wat jou verhef bo ander rasse?
Speel die bal -nie die man nie.
Beste Jaco,
Ek gryp dit sommer as 'n kompliment vir die goeie Afrikaans wat ek skryf. Dis nou nie Breytenbach-klas nie, maar darem duidelik verstaanbaar. Dankie, man. (Ek is maar so ydel!)
Baie Skotte, Iere en Engelse het maar so deur die jare verafrikaans ook veral agv ondertrouery. Destyds, toe die Engelse die Kaap oorgeneem het, het hulle pogings aangewend om die Boere te verengels, en die groot fout begaan om Skotse onderwysers en predikante in te voer om die werk te doen. Van die Skotte en Engelse wat soldate was in die Engelse oorlog, en nie hulle lewe verloor het by Modderrivier en Magersfontein nie, het hulle hier gevestig en ook Afrikaners geword. Ek weet van MacDonalds en Williamse wat maar so rabberab Engels praat. Vanne soos MacFarlane, Page, Murray, O'Grady, Proudfoot, Hambridge, Booth, en nog baie ander, is heel waarskynlik Afrikaanssprekendes s'n.
Boot is van Nederlandse afkoms en beteken "klein skippie", nie "bagasiebak van 'n motor" of "stewel" nie. (Sommer maar net 'n grappie, FC. Jy hoef nou nie Big Bang aan die hare by te sleep, om met my rusie te maak nie.)
Groete,
Angus
Beste Angus
Hier is ’n uittreksel wat die van 'Boot' nader toelig.
Daar is ander maar ek volstaan voorlopig hierby.
http://www.verenigdebooten.nl/cms/index.php?option=com_content&view=article&id=1028%3Aorigin-of-the-name-boots&catid=16&Itemid=61&lang=
Ha Ha!!
Ai die FC weet hoe om sy voet in sy mond te sit! FC se weersprekings in een asem: "In 90 nC het die Johannes-evangelie sy finale vorm bereik, dit is waarskynlik begin in die jaar 65 nC. Dit het dus 25 jaar geneem tot voltooiing en is seker geskryf, baie hersien en herskryf en ander bronne geraadpleeg (sê wie?)” ...” Dit is dus hoorsê getuienis wat INDIREK deur Johannes na ons kom" (nou toe nou! weereens; wie se so? Johannes skryf deurgaans in die eerste person. Was Johannes, wat homself beskryf as die dissipel wat Jesus lief het, dan nie, volgens Joh. 21:24, ’n direkte getuie nie?) ...” As Christen en medegelowige moet ek aanvaar dat wat Johannes neergeskryf het oor wat Jesus gesê het wel dit is wat Jesus gesê het.” (al is dit volgens FC “hoorsê getuienis”. Dit word mos algemeen aanvaar dat hoorsê getuienis, geen getuienis is nie! In die een asem betwyfel FC dit is nie wat Jesus gesê het nie, en in die ander asem sê hy, hy moet maar aanvaar dit is wat Jesus gesê het).
Om een stukkie weer te herhaal: “As Christen en medegelowige moet ek aanvaar dat wat Johannes neergeskryf het oor wat Jesus gesê het wel dit is wat Jesus gesê het.” Indien so, hoekom trek hy dan Jesus in twyfel toe Jesus gesê het: “Baie van die dinge wat Moses GESKRYF het, het hy ook oor my geskryf ..." (sy eie aanhaling hierbo) deur te beweer dat Moses nie die eerste vyf boeke van die Ou Testament geskrywe het nie, wat volgens hom honderde jare later in Babilon deur onbekende skrywers geskryf is? (Weereens sy weerspreking.)
Nou FC, waar het ek jou woorde hierbo verdraai, en gee skakels aan waar ek in die verlede jou woorde verdraai het.
Ek herhaal wat ek hierbo aan Husky gesê het oor FC nl: “Sy godsdiens is 'n mengelmoes van Christelike oorlewering (soos die geval met die Roomse Kerk) met ewolusie daarin gevleg.”
Nou FC, ek daag jou uit om my bewering hierbo oor jou as onwaar te bewys, verkieslik onder ’n nuwe skakel.
Arme Jaco
Wat noem jy iemand wat getuig wat iemand anders gesê het? Dit maak nie saak in watter taalvorm jy dit op skrif plaas nie. Dit is en bly hoorsê-getuienis.
Nou hoe het hierdie getuienis werklik geword? Net deur die lewe, sterwe en opstanding van Jesus Christus. As Christus nie opgestaan het nie was alle getuienis van Johannes en al die ander tevergeefs asook my en ander se geloof.
Dit is dus nie weersprekings nie. In die opstanding van Jesus Christus word my geloof en die hoorsê getuienis bewaarheid. Arme Jaco, wat de hel het die proffies jou geleer?
Aai! Wat is daar verder om oor FC te skryf?
Oor hoorsê skryf hy: "Wat noem jy iemand wat getuig wat iemand anders gesê het? Dit maak nie saak in watter taalvorm jy dit op skrif plaas nie. Dit is en bly hoorsê-getuienis."
Hy weet ooglopend nie die betekenis van die konsep nie. As ek in 'n hof sou getuig dat ek het FC SELF hoor sê dat Moses nie die eerste vyf boeke geskryf het nie, is dit nie "hoorsê" nie, maar wel aanvaarbare getuienis. In teenstelling, indien ek in die hof sou getuig en sê dat Piet Pompies vir my gesê het dat FC vir hom gesê het Moses het nie die eerste vyf boeke geskryf nie, sal sodanige hof my getuienis as "hoorsê-getuienis” verwerp.
Maar eintlik skram hy weg van die kern van my respons aan hom hierbo, nl dat hy in die een asem met sy lang relaas oor die outeurskap van Johannes wil sê dat dit te betwyfel is dat Johannes reg gehoor het toe Jesus gesê het: "Moses het van my GESKRYWE" en met die ander asem teensinnig aanvaar Jesus het dit wel gesê het.
Aai, foeitog.
Johannes skryf in Joh 21:24 dat hy persoonlik 'n direkte getuie was wat Jesus gesê het, dus is sy getuienis geensins "hoorsê-getuienis” nie.
Nog iets!
FC aanvaar hierbo teensinnig dat Jesus wel gesê het: "Moses het van my GESKRYWE", maar aanvaar nie dat Moses enige van die Ou Testamentiese boeke geskryf het nie, wat hom daardeur laat impliseer Jesus (sy God) het nie geweet waarvan Hy praat nie!
Om FC direk te kwoteer om sy weersprekings te herbevestig:
Aan Husky hierbo: "As Christen en medegelowige moet ek aanvaar dat wat Johannes neergeskryf het oor wat Jesus (oor Moses) gesê het wel dit is wat Jesus gesê het."
Aan Angus hierbo: "Nou wat nou van die skeppingsverhale (soos in Genesis vervat). Soos baie kere (deur FC) op skrif gestel is die (en al die eerste vyf boeke van die Bybel) geskryf tydens die Joodse ballingskap (honderde jare na die dood van Moses).
My maag kry seer van die lekker lag!
Beste Jaco
Jy lieg dat jy bars as jy sê dat ek gesê het dat Moses nooit enigiets geskryf het nie van die ou testament nie.
Wat ek gesê het en dit hiermee herhaal en dit is deur talle deskundiges bevestig dat die Genesisverhale hul oorsprong soos volg het:
Die eerste skeppingsverhaal geskryf tussen 586-539 vC en kan binne die Babiloniese ballingskap geplaas word terwyl die tweede verhaal God se skeppingsaktiwiteite binne 'n landbougemeenskap uiteensit in die koningstydperk voor die ballingskap. Nou moet jy verduidelik aan die lesers hoe Moses dit geskryf het?
Enige leser kan die feite bevestig deur 'n eenvoudige handboek soos bv die Bybel A-Z, opgestel deur deskundiges en nie halfgebaktes nie, aan te koop.
Dalk tyd vir jou om te besin en tot bekering te kom en Jesus Christus as jou enigste Verlosser en Saligmaker te aanvaar. Lyk my jy wil in Kobus de Klerk se spirituele heilige toring wat op sand gebou is gaan skuil.
Jy sal meer as maagpyn hê nadat my antwoord geplaas is.
FC
Nou toe nou. Watter dele volgens jou het Moses dan wel van die Ou Testament GESKRYF, en watter deel van Moses se GESKRIFTE in eie hand, het Jesus na verwys toe hy gesê het "Moses het van My GESKRYWE", want in vorige response het jy beweer Moses kon GEEN van die Ou Testamentiese boeke geskryf het nie? Nou wil dit voorkom asof jy wil beweer dis net die skeppingsverhale wat nie deur Moses GESKRYF is nie.
Jy sê: "Wat ek gesê het en dit hiermee herhaal en dit is deur talle deskundiges bevestig dat die Genesisverhale hul oorsprong soos volg het:
Die eerste skeppingsverhaal geskryf tussen 586-539 vC (honderde jare na Moses se dood) en kan binne die Babiloniese ballingskap geplaas word terwyl die tweede verhaal God se skeppingsaktiwiteite binne 'n landbougemeenskap uiteensit in die koningstydperk voor die ballingskap."
Wat jy swyg om te noem is dat hierdie einste "deskundiges" deurgaans van mening is dat Moses nie een woord van die eerste vyf boeke geskryf het nie.
FC
Indien jy my meer as net 'n maagpyn wil toedien, soos jy beweer, doen so gerus onder 'n nuwe skakel, aangesien hierdie skakel eintlik aan Angus behoort.
Beste Jaco
Jy kan dit mos nou deur 'n proses van eliminasie self uitwerk. Moses kon bv nie oor sy eie dood geskryf het nie. Jou laaste bewering is belaglik. Jan van der Watt het bv nooit so 'n bewering gemaak nie.
Ek het nêrens gesê dat Moses niks geskryf het of dat hy nie kon skryf nie.
Beste Jaco en FC Boot,
Moses het niks geskryf nie, hy kon niks skryf nie, want hy is 'n mitologiese figuur daar uit die Sumeriese en Babiloniese mitologie.
Groete,
Angus
Beste Angus
Jy is baie braaf op hierdie forum.Moet dit net nie op ander plekke probeer nie.
Watter ander plekke?
Beste FC Boot,
Natuurlik is ek braaf hier op die forum; niemand kan my bykom nie. Op ander plekke sal ek dit nie durf waag om te sê ek is 'n ateïs nie. Die gelowiges sal my bykom. Ek het dit jare gelede gedoen en toe moes Dominee (wat 'n groot vriend van my was) net keer of my huis word afgebrand.
Gevaarlike mense, die gelowiges.
Groete,
Angus
CM
Het Angus jou aangestel om vrae te vra?
Nee. Ek wil ook graag weet.
Ander plekke? Seker maar by kroeë, waar Christene hulle spirituele IK's kom versterk.