Die bybel en evolusie

  • 57

Daar was vanaf die eerste Christelike eeu tot omtrent sowat 150 jaar gelede deur alle Christene geglo dat wat in Gen 1 en 2 gestaan het, ’n letterlike beskrywing deur God geopenbaar is hoe die skepping plaasgevind het, en ook geglo dat die dae in Gen 1 en 2 letterlike 24 ure dae beslaan het.  Sonder enige twyfel het die skrywer/s van Gen 1 en 2 dit ook geglo.

Oor dieselfde tydperk het Christene ook geglo dat die Ou en Nuwe Testament God se onfeilbare openbaring aan die mensdom is.  Buite die Ou en Nuwe Testament, was en is daar steeds geen alternatiewe “spesifieke” bron van Goddelike openbaring nie, die dat Christene steeds vandag wel vanuit beide bronne kwoteer wanneer hulle God se wil vir die mensdom wil benadruk, asook die strawwe vir ongehoorsaamheid aan Sy wil soos in die Bybel openbaar.

Twee gebeurtenisse het binne die afgelope 150 jare plaasgevind wat verewig steuring aan beide die skeppingsverhale asook die outentieke openbaring van God se wil soos in die Bybel openbaar.

In die eerste instansie was die navorsing van Charles Darwin, eers spottend deur Christene uitgejou, maar soos meer navorsers, oa wat Christen wetenskaplikes ingesluit het, het die twyfel oor die jare al hoe meer toegeneem, tot sodanige mate dat die meerderheid Christene vandag nie meer in die skeppingsverhale soos in Gen 1 en 2 uiteengesit glo nie.

Die tweede instansie was die hoë en intensiewe kritieke bestudering van elke boek in beide die Ou en Nuwe Testament om verklarings vir weersprekings; verskillende weergawes van dieselfde gebeurtenis, veral in die Nuwe Testament te ondersoek; asook die profetiese “vervulling” of nie vervulling van gebeurtenisse geprofeteer; gebeurtenisse en plekname wat nie met argeologiese navorsing, veral in tyd, gestrook het nie; woordeskat wat of in gebruik of onbruik was ten tye toe die boeke geskryf was; en dan die skryfstyl-verskille in dieselfde boek wat verskillende outeurs aangedui het.  In die proses is die Goddelikheid van die Bybel heeltemal aan flarde uitmekaar geskeur.  Dit is dus laasgenoemde gebeurtenis, en nie evolusie wat die Bybel vernietig het.  Was die skeppingsverhale nl die eerste twee hoofstukke nie in die Bybel nie, kon die evolusieleer sonder konflik ingepas het.

Ten spyte daarvan dat Christene oorwegend nie meer in die skeppingsverhale asook die Goddelikheid van die Bybel glo nie, wat tot ’n natuurlike gevolg hoort te lei of te bevraagteken of daar wel dan ooit ’n God in die eerste instansie was om in te glo, wil hulle halsstarrig nie hierdie geloof in ’n God prysgee nie, en sal eerder sublimeer deur “logiese” argumente probeer God se bestaan te wil regverdig, veral met  die argument dat lewe nie sommer vanself, sonder ’n God, kon plaasgevind het nie.  Dat dit moontlik deur Krishna of ander gelowe se God kon gebeur het is natuurlik verregaande buite die kwessie vir hulle.

Angus sê heel tereg dat sonder ’n God van die Bybel, het die Christene geen God nie, en gesien dat die Bybel as God se openbaring aan die mensdom deur Christene nou bevraagteken word, hoort hulle ook te bevraagteken of die God van die Bybel nie ook ’n menslike skepping is wat tot die mitologiese genre geressorteer behoort nie.

Daar kan dienooreenkomstig nie meer met Goddelike gesag vanuit die Bybel gekwoteer word dat bv homoseksualiteit, prostitusie, ens ’n gruwel vir God is nie.  Daar kan ook nie meer gesublimeer word dat homoseksualiteit ’n onnatuurlike verskynsel is nie, aangesien daar opgeteken is dat die meeste spesies wel homoseksuele praktyke onderling openbaar; nie nog van prostitusie gepraat nie.

 

  • 57

Kommentaar

  • Neels(Husky)Visser

    Jaco, dit is interessant wat jy skryf in jou brief oor " die bybel en evolusie". En soos ek voorheen al gesê het, geniet ek dit om ander mense se standpunte te hoor, ongeag of hulle gelowig is al dan nie.
    Jou aanname dat die oorweldigende meerderheid Christene nie meer in die eerste 2 boeke van die Bybel glo nie, is dalk nie heeltemal in die kol nie, maar dit vir eers daar gelaat. Ek vermoed ook as gevolg van jou skrywe en die geesdrif waarmee jy jou brief afsluit, dat jy self homoseksueel mag wees? Daar is sekere dinge in die lewe waaroor ons nie heeltemal beheer het nie, en ek aanvaar dit ook so.
    Waar dit kom by die tydsverloop van die skeppingsverhaal wil ek net vir die interessantheid iets ophaal wat mense (volgens my) soms heeltemal vergeet. Psalms 90:4 en 2 Petrus 3:8 praat daarvan dat " 'n duisend jaar is vir God soos een dag" en dalk het dit iets met die de Bybel se weergawe van die gebeurtenis te doen?
    Oor evolusieleer is daar nie veel wat ek kan sê wat nie alreeds tot vervelens toe oor bespiegel is nie. Ek noem dus net Genesis 1:24. "Laat die aarde lewende wesens voortbring" klink vir my soos 'n bevel vir die aarde om lewende wesens (evolusie?) te begin maak? As dit die geval is, dink ek, kan mens nie sommer die Een wat die bevel gegee het wegredeneer nie?
    Maar hier is nog 'n ander ding wat moontlik uit die oog verloor word. Na die mens uit die Paradys uit weg is, het die (sogenaamde) slang nie noodwendig sy planne laat vaar nie. En wat sou jy reken is die kanse dat hy later, toe die vele skrifte geskryf is, moontlik 'n invloed op die skrywe of herskrywe daarvan kon gehad het nie.
    Hiermee sê ek nie dat my vrae hierbo voldonge feite is nie. Maar dit bied dalk nogal 'n paar punte om oor te wonder.
    Lekker vriendelike groetnis.
    Husky.

    • Ek is nie hier om jou te kritiseer nie. Ek is al vir baie jare ’n Christen maar was nog nooit wedergebore nie. Ek was net soos jy en alle Christene maar nou dat ek wedergebore is het alles radikaal verander. Eerstens wil ek vir jou sê dat God jou lief het en dat alle weergebore Christene jou ook lief het. My God wat ek ken maak nie ’n onderskeid tussen ‘n moordenaar of homoseksuele nie. My God het al sy kinders lief. God weet dat ons in ‘n sondige wêreld groot word daarom kyk hy nie wat jy verkeerd doen nie. Hy is bewus van jou doen en late daarom is sy hart seer as ons sonde doen, maar God het 6000 jaar gelede al geweet dat jy in ‘n sondige wêreld gebore gaan word. (As jy die bybel met ‘n geestelike oog lees sal jy die dieper betekenis kan sien. God vertel dit ook vir ons in sy woord.) God wil nie een van sy kinders verloor deurdat hulle in die poel van vuur gegooi sal word nie. Die Hel is daar vir almal wat nie aan sy Seun Jesus Christus wat vir jou en my sondes gesterf het glo nie. Toe God die mens gemaak het, het Hy vir Hom alles gegee. Hy het elke mens uniek geskape selfs vir jou soos jy is. God het vir ons elkeen ‘n ander DNA gegee. Hy het nie een van ons dieselfde gemaak nie. Om af te sluit. God kyk nie na jou sonde nie. Hy kyk of Hy die bloed van sy seun Jesus kan sien. Kom ek vertel jou kortliks hoe dit werk. As jy opkyk na die hemel en al die sterre sien kan jy hulle tel. Of as jy kyk na al die sand korrels kan jy hulle tel. Het jy al sandkorrels opgetel? Kan jy hulle tel? Nee ons kan nie net so sien God die mense. Hy tel nie jou sonde nie. Hy kyk en kyk elke dag of Hy nie ‘n rooi ster of ‘n rooi sandkorrels sien nie. As jy herken dat jy in ‘n sondige wêreld gebore is en dat jy nie kan help om te sondig nie en Glo aan sy Seun Jesus Christus wat vir jou gesterf het sal Hy jou vergewe en jy sal saam met Hom die koninkryk beërwe. God het jou lief. Dit is nooit te laat om jou hart vir God te gee nie. Alles wat die wetenskaplikes nou uitvind is al 6000 terug opgeteken in die bybel.

  • Kobus de Klerk

    Jaco,
    Jy maak 'n baie groot oordeelsfout as jy dink dat alle teoloë gelowige mense of selfs Christene is. Net so ook as jy meen almal wat hulself Christene noem, wel Christene is. 'n Ware Christen sal nooit die Woord soos in die Bybel opgeteken is, afmaak of probeer verander nie, want hulle verstaan hoe Goddelike inspirasie werk.
    Waar dit kom by julle persoonlike interpretasie van die Bybel en die kommentators wat daaroor skryf, is julle eensydige benadering ten gunste van die kwessies voor die hand liggend ten gunste van antagonisme teen die Bybel. Uiteraard, want julle is ateïste en julle soek vir julle kommentators uit wat vanuit sekulêre oogpunt die Bybel probeer interpreteer en dan kommentaar lewer.
    Vandaar ook jou opmerking oor die darwinistiese tipe evolusieleer en jou opmerkings oor die vervulling van profesieë, ens.
    Uiteraard sal julle dan sê die Bybel is nie Godsgeïnspireerd nie. Van Goddelike inspirasie verstaan die sekulêre kommentators en natuurlik julle ateïste werklik niks en kan dus nie 'n geldige opinie daaromtrent uitspreek nie. Jou stelling dat Christene kwansuis oorwegend nie meer in die skeppingsverhale asook die Goddelikheid van die Bybel glo nie, is absoluut ongefundeerd en is bloot 'n aanname wat jy maak om jou proposisie te ondersteun vanuit 'n ateïstiese oogpunt. Dit is dus sulke opinies wat geen gesag dra nie. Menings-opnemers sit met dieselfde probleem en is bykans sonder uitsondering besig met vraelyste wat deur sekulêre samestellers opgestel is. Hulle het geen manier of kennis om te onderskei tussen iemand wat bloot sê hy/sy is 'n Christen en werklike Christene nie.
    Nee wat, die Bybel is en bly die mees dinamiese boek van alle tye met die meeste invloed van alle boeke, oor eeue heen so bevestig en vasgestel – vir een enkel primêre rede, naamlik juis omdat die inhoud daarvan Godsgeïnspireerd is. Daarom kan beslis met Goddelike gesag daaruit aangehaal word dat homoseksualiteit, prostitusie ens ’n gruwel vir God is.

  • Beste Jaco,

    Goed om te sien jy's weer terug hier met jou mening oor sake. Sterkte vir die herstelpad vorentoe.

    Jy maak 'n baie belangrike punt in veral jou derde laaste paragraaf: Die oorweldige meerderheid denkende Christene glo nie meer in die skeppingsverhaal van Genesis nie, en insgelyks glo hulle ook nie meer dat die bybel letterlik "God se woord is soos dit aan mense geopenbaar is" nie.

    Hoekom bly glo hulle dan nog steeds, terwyl honderde duisende gebede daagliks "onverhoord" verbygaan? Soos ek 'n paar dae gelede hier geskryf het, is Christene so ge-indoktrineer en waarskynlik bevrees vir "eendag" dat hulle "Die Geloof" net nie kan laat los nie. Sondag-kerk is 'n ritueel waarvan hulle net nie kan ontsnap nie.

    So terloops: Jou skrywe hierbo gaan "vurige kole op jou hoof" ontlok.

    Iets anders: Ons moet weer begin debatteer oor die politiek, dis een van die dae weer verkiesing. Wat sê jy?

    Groete,

    Dirk

  • Beste Jaco,
    'n Raak uiteensetting, behalwe miskien vir een ding. Die meerderheid Christene glo in die skepping soos in die Bybel uiteengesit. Dis mos deel van Christenwees is dit nie? Hulle bely elke Sondag "in ses dae het God die hemel en aarde geskep, en op die sewende dag het hy gerus" of iets in der voege. 'n Christen moet daarin glo, anders is hy nie 'n Christen nie, en dan sal die paap hom looi. (Wie is dit tog wat gedig het: "Paap Kalbas, met dunsteelnek en breë bas"?)
    O, die erdwurm kan nie homoseksueel wees nie al wil hy/sy/dit ook hoe graag.
    Groete,
    Angus

  • Hi Jaco,
    As ek nie beter geweet het nie sou ek kon beweer dat jou skrywe hierbo eintlik maar draai om jou laaste paragraaf en veel meer te doen het met 'n selfregverdigingspoging vir jou homoseksuele lewensstyl eerder as enigiets anders ... maar dit daar gelaat.
    Jou aanname dat "Christene oorweldigend nie meer in die skeppingsverhale asook die Goddelikheid van die Bybel glo nie" is 'n bietjie oordryf, maar hoe dit ook al sy daar moet gelet word op wat Christenskap beteken en dat almal wat beweer dat hulle Christene is nie werklik Jesus Christus bely nie. Ja-ja, hulle sal so sê maar hulle lewenswyse weerspieël die teenoorgestelde. Hulle is die wat alte graag in die wêreld aanvaar wil word en nie skroom om God se Woord te verdraai, daarvan weg te neem of daaraan by te voeg nie (al is dit mondelings) - net om hulle eie gekose lewenswyse te regverdig en om "in" by die mensdom te wees en darem so op die "sideline" nou en dan "Jesus is Liefde" uit te roep om die gewete te sus. Dit is tien-teen-een hierdie "Christene" waarvan jy praat.
    En dit bring my by die punt wat ek eintlik wil maak. Daar is basies 2 tipe Christene - die wat God dien ter wille van wie hulle is en dan die wat God dien ter wille van wie Hy is. Hierin lê ware Christenskap opgesluit. Jy sien, ware Christene dien God ter wille van wie Hy is en het 'n vaste onwankelbare verhouding met Jesus Christus. Vir diesulkes is God is Soewerein, die Bybel is Sy woord en om in nodelose argumente betrokke te raak op 'n menslike wysheidsvlak is eenvoudig sinloos. Christus Jesus is gister en vandag dieselfde en tot in alle ewigheid. Dus is die Bybel (God se Woord) vandag en in die toekoms van toepassing soos dit nog altyd was. As eenvoudige bewys daarvan kan jy maar gaan lees oor die laaste (eind) tye in die Bybel. Al die toenames in aanvalle teen God, die Bybel, Christene, die Kerk, asook die toename van vals profete, dwaalleer, ongelowiges, en dies meer, is lankal terug in die Woord opgeskryf ... dit is niks nuut nie.
    Jou God-wegredeneringspoging hierbo verander niks aan hierdie feit nie.
    Terloops, God toets die hart, nie die mond nie.
    Groete
    Dolf

  • Beste Kobus,
    Van jou laaste sin se "ens" is daar sommer baie. Jy mag nie 'n bokkie in sy ma se melk kook nie; jy moet jou stout kind met klippe doodgooi; 'n towenares moet jy doodmaak, (sal jy nie dalk van moord aangekla word nie?); drie maal per jaar moet jy nog so enetjie klink op die Oubaas en feesvier; elke dag moet jy drie maal voor hom verskyn; en onthou tog om, as jy my donkie onder sy vrag sien lê, moet jy hom help, al beskou jy my as jou vyand; en onthou tog om nie iemand se dogter saam met die ander slawe vry te laat as jy haar as slaaf gekoop het nie.

    Jy mag ook nie 'n weduwee of weeskind verontreg deur bv hulle geld te steel nie, want dan sal God se toorn ontvlam en jou om die lewe bring.
    ens
    Groete
    Angus

  • Husky
    Daar is basies twee soorte skrywers wat hier op SêNet korrespondeer en Christenskap vir hulself eien. Die een sonder enige “spesifieke” goddelike bron vir sy geloof, welke geloof op die menings van uitsoek selektiewe hedendaagse “godsdienstige” skrywers en evolusionêre wetenskaplikes as “bron” dien, hier deur FC Boot verteenwoordig; die tweede deur Kobus de Klerk verteenwoordig wat uitsluitlik die Bybel as Goddelik geïnspireerd as “spesifieke” Goddelike bron dien, asook die skeppingsverhale soos in Gen 1 en 2 vervat, letterlik vertolk. My brief hierbo is hoofsaaklik op die FC Boot tipe christen gemik.
    Alhoewel ek nie met Kobus saamstem nie, is hy ten minste eerlik en opreg in sy opvatting mbt die Bybel, dienooreenkomstig aanvaar ek sy siening oor homoseksualiteit en prostitusie soos in die Bybel vervat, wat ek nie van FC aanvaar nie, gesien die Bybel vir FC geen goddelike uitspraak is nie, alhoewel hy daaruit as goddelike uitspraak sal kwoteer wanneer dit hom selektief pas. Nou wat van Raed-na-Gael wat wil beweer Jesus het die Ou Testament “afgeskryf”? Waar val hierdie Christen in die Bybelse prentjie wonder ek nou?
    Jy skryf: “Psalms 90:4 en 2 Petrus 3:8 praat daarvan dat " 'n duisend jaar is vir God soos een dag" en dalk het dit iets met die Bybel se weergawe van die (skeppings) gebeurtenis te doen?”
    Beide aanhalings kan nie buite die konteks van vergelyking in tyd aanspraak op gemaak word nie. Die mens het gemiddeld 70 jare se leeftyd, terwyl tyd vir God oneindig is, dus die vergelyking van ’n duisend jaar is soos ’n dag vir Hom. Soortgelyk kan ’n skatryk man daarop aanspraak maak en sê dat die waarde van ’n duisend Rand vir hom soos een Rand vir die arm man is.
    FC Boot beweer die Tien Gebooie is die enigste direkte woorde van God in die Bybel, dus sy woorde:
    “Die Bybel is geskryf deur mense. Dit is net die 10 gebooie wat deur God geskryf is”.
    https://www.litnet.co.za/brief-die-babelse-verwarring-van-fc-boot/
    Die Tien Gebooie bevestig die letterlike sesdag-skepping soos in Genesis vervat, en om dit te bekragtig en Sy skepping tot in die ewigheid van die menslike bestaan te herdenk is die Sabbat Dag van die vierde gebod sentraal tot sodanige Tien Gebooie: “Die Here het in ses DAE die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende DAG (nie ’n duisend jaar of selfs langer Sabbatdag nie) het hy gerus, en DAAROM (die rede deur God aangevoer vir die instelling van die Sabbatdag) het die Here dit as gereelde rusdag geheilig” Eks.20:8 -11
    Soos reeds hierbo genoem, FC sê dat die Tien Gebooie die ENIGSTE deel van die Bybel is wat God se direkte stempel dra, en tog verwerp hy die letterlike woorde van Gen 1 en 2. Meer weersprekend as dit kan jy nie kry nie. Nie net hy nie maar al die tipe christene soos in my brief hierbo omskrywe wat eerder in die ateïstiese kamp hoort wat die bestaan van God bevraagteken met hulle ontkenning van die goddelikheid van die Bybel, want soos Angus tereg sê dat die konsep van ’n Christelike God nie buite die Bybel kan bestaan nie.

  • Kobus
    Lees ook wat ek aan Husky geskryf het, sodat ek nie hier herhaal nie.
    Van 'n vurige godsdienstige soos jy het ek 'n ateïs geword juis as gevolg van my eie persoonlike in diepte studies van elke Bybelboek, die Apokriewe, die verworpe (spurious) boeke wat nie as kanon behaal het nie; vertaalde gedeeltes van die Koran-tekste, my studies oor argeologiese navorsing, ens.
    My besluit is geensins aan evolusie te danke nie. Jou eie kennis van evolusie is by verre groter as wat myne ooit sal wees aangesien ek nooit die moeite gaan doen of belangstelling toon om dit te wil bestudeer nie. Dit is geensins belangrik vir my in my lewe nie, aangesien ek reeds tot die gevolgtrekking gekom het dat daar geen God of lewe vir die mens na sy dood is nie, is enige betekenisvolle kennis van evolusie of skepping vir my oorbodig.
    Ek kon, soos die christene in my brief hierbo omskryf, aan die oortuiging vasgeklou het dat God en Jesus bestaan, maar dan was ek ter selfde tyd oneerlik teenoor myself. Sonder 'n "spesifieke" goddelike bron (die Bybel nie meer nie), om van God se bestaan oortuig te wees, het ek net een alternatief gehad, en dit was om 'n ateïs te word. Dit het my 'n hele klompie jare geneem om daaraan gewoond te raak.
    Aangesien ek en jy dienooreenkomstig nooit raakpunte sal hê om 'n konstruktiewe debat oor die Bybel se goddelike inspirasie al dan nie, te kan voer nie, wil ek liefs nie daarin met jou betrokke raak nie. Ek sal wel met christene wat met die een voet glyend die Bybel betree, en met die tweede voet baie stewig op evolusie en moderne menings hulle godsdiens bedryf. Ek kan jou makliker as opregte teenstander aanvaar as wat ek geveinsde "kenners" van die Christelike geloof ooit sal kan aanvaar.
    Nietemin, die vete tussen jou en die ander ateïste hier op SêNet beskou ek as warm tog leersaam, want daarin word heelwat inligting rondgeslinger wat die leser eenkant toe of die anderkant toe sal beweeg.

  • Dirk
    Dankie vir jou respons, en dankie ook vir jou goeie wense vir my gesondheid vorentoe. Ek het sodanig aangesterk dat ek nie meer met krukke of die rystoel hoef rond te beweeg nie. Ek bly steeds brandmaer, maar eet soveel proteine drie keer 'n dag om weer uit te vul, en oefen geleidelik om weer ter selfde tyd aan te sterk, hopelik weer tot my vorige fisiese vorm soos voor die ongeluk.
    Ek het ongelukkig nou my werk kwyt aangesien ek vir maande vorentoe nie toegelaat is om motor te bestuur nie, maar my oorlede vriend Wim het vir my 'n dak oor my kop, 'n goeie bediende (ook 'n voorwaardelike nalatenskap aan hom toegeken) en gemaklike lewenslange nalatenskap vir my nagelaat, anders was ek op my ouboet en sy familie afhanklik.
    Ek sal onder 'n aparte skakel die politieke debat met jou aangaan, en ja, ek het lus daarvoor.

  • Angus
    Die meerderheid blanke Christene in SA, veral onder Afrikaners, lees nie die Bybel nie, bid nie, gaan nie gereeld kerk toe nie, verontagsaam wat hulle kerk hulle leer mbt voorhuwelikse asook buite-huwelikse seks, selfs om nie te wil trou nie, maar liefs saamleef, met 'n klomp buite-egtelike kinders. In die ou dae sou hulle onder sensuur geplaas geword het, maar vandag is die dominees se oë toe daaromtrent. Huisbesoek deur ouderling, diaken en dominee is so te sê deel van die kerklike geskiedenis.
    Die sekulêre Christen soos ek nou net beskryf het, vorm vandag die meerderheid Christene onder Afrikaners. Hulle sal ateïste miskien skeef aankyk, maar is nie bemoeid om hulle koppe daaroor te wil breek nie.
    Bewyse! Min motors in die leë parkeerterreine van die kerke; heelwat kerkgeboue verkoop weens afname in ledetal, kinders wat twee ma's en pa's het weens egskeiding. Die enigste tyd wanneer die kerk hulle sien is ten tye van doop, miskien nagmaal, huwelik en dood.

  • Ai. Daar gaan Jaco weer en ruk soos gewoonlik alles uit verband en bly 'n meesterverdraaier van woorde.
    Nou wat van die 10 gebooie? Die 10 gebooie is aan Moses gegee. Wat Jaco nou nalaat is en dit is tipies van hom om verder te sê dat dit geskryf is in 'n taal en woordgebruik verstaanbaar vir Moses.
    Wanneer daar dus van die skepping gepraat word word dit gedoen in taal en begrippe wat verstaanbaar is vir Moses en die volk. Dit gaan dus om die betekenis van die skepping en nie oor die tydperke nie, want dag en nag het eers betekenis gekry nadat die aarde sy kanteling en reis om die son begin het.
    God gee dus die 10 gebooie aan Moses en die volk op 'n volledig funksionerende
    planeet. Daar was geen dag en geen nag aan die begin van die skepping nie, dus ook geen 'tyd'. Tyd is niks meer as 'n illusie, baseer op die waarneming en vertolking van ons brein op beweging, want in 'n heelal waar alles stilstaan verdwyn 'tyd' en verskil die waarneming van 'tyd' op verskillende planete. Vergelyk bv 'n jaar op Venus met 'n jaar op aarde.
    Noudat ons weet dat tyd by God, wat 'n tydlose, ewige Wese is, geen rol speel nie, kan geen mens God in 'n tydkassie indwing omdat dit die menslike begrip en verstand pas.
    Kerke is leeg omdat die kitsskepping nie langer standhoudend is en miskien as predikante soos Galileo Galilei standpunt hieroor inneem sal mense weer die grootsheid van die skepping en die Skepper insien en sy knie vir hom.

  • Dolf
    Dankie vir jou respons. Baie wat jy genoem het sal jy in my antwoorde aan Husky, Kobus en Angus agterkom.
    Mbt my homoseksualiteit, verseker ek jou ek voel geen nodigheid om dit te regverdig nie. Ek was, is en sal altyd een wees, sonder enige verwyte. Homoseksualiteit is feitlik deel van die menslike samelewing; was, is en sal altyd wees, en sal maar altyd om en by die 5% van die bevolking beloop, dus bekommer heteroseksueles hul verniet dat homo's 'n bedreiging vir hulle en die samelewing ooit sal wees.
    Pleks van twee tipe Christene, sal ek eerder sê daar is drie. Die fundamentalistiese Christen, waarby ek Kobus tel; die Christen wat eerder in die ateïstiese kamp hoort soos in my brief hierbo uitgestippel, deur FC verteenwoordig; dan die sekulêre Christen wat ten tye van staatssensus sal verklaar hulle is Christene, maar lees en ken nie die Bybel nie, amper nooit in die kerk nie, dws diegene soos ek vir Angus hierbo uitgestippel het. Eintlik heel onskuldige mense wie se prioriteite gaan oor maar om elke dag te kan omsien. Inteendeel sou ek sê hulle behoort eintlik in die Epicurean-groep van antieke Griekeland. Sonder om dit te glo, maar werklik dit uit te leef, nl ons geniet vandag, more moet vir homself sorg.

    • Hi Jaco,
      Jy het nog nooit 'n geheim gemaak van jou homoseksualiteit nie en daarom my skrywe: "as ek nie beter geweet het nie"... dus is jou herveduideliking eintlik oorbodig.
      My reaksie en die van Kobus en andere hierbo het betrekking op jou aanvanklike skrywe waarin jy nie die onderskeid van "christene' maak soos in jou verdere reaksies nie.
      Miskien moet jy maar volgende keer, indien enige, met die intrapslag jou idee van verskillende "christene" verduidelik voordat jy alle "christene" soos jy dit sien, oor dieselfde kam begin skeer.
      Terloops, dit bly interessant hoe dikwels ware christene gesien word as fundamenteel bloot omdat die Waarheid die aanhoorders se gehoor nie streel nie ...
      Groete
      Dolf

  • Dagsê almal
    Ek dink ’n mens moet baie versigtig wees om stellings te maak soos: die meerderheid Christene sê ... of die Bybel is en bly die mees dinamiese boek van alle tye met die meeste invloed van alle boeke, oor eeue heen so bevestig en vasgestel. Dis baie algemene stellings wat eintlik maar net gesag dra by die stellingmaker. Die enigste werklike manier is om persepsies onder mense statisties te meet. Dis natuurlik glad nie te sê dat as die meerderheid mense dieselfde opinie oor ’n saak handhaaf, dit die waarheid is nie.
    In die geval van sekere aansprake, soos dat die bybel sekere waarhede bevat en deur god geïnspireer is, moet die aanspraakmaker met die bewyse vorendag kom – getoets en bevestig volgens die wetenskaplike metode.
    Godsdienstiges glo gewoon dinge en dis ongelukkig nie genoeg om my te oortuig om mee te doen nie.
    Groetnis
    Thomas

  • FC Boot
    Wanneer ek altyd in die kol is mbt jou verklaarde siening van christenskap, beskuldig jy my by herhaling dat ek 'n "meester verdraaier van woorde is", sonder om selfs eenkeer hierdie stelling te staaf . Hier is nou jou geleentheid. Waar hierbo het ek jou woorde "verdraai"? Ek het jou direk gekwoteer, selfs die skakel aangegee vir herbevestiging wat jy gesê het.

  • Beste Jaco Fourie

    Wys my een plek waar ek geskryf het het dat Moses nie kon skryf nie of niks geskryf het nie. As ek sê dat Moses nie die skeppingsverhale kon geskryf het nie, lei jy daarvan af dat ek sê 'Moses kon nie skryf nie' en so gaan jy aan tot vervelens toe.

  • FC Boot
    Wys my enige van jou response van die verlede waar jy gesê het Moses het selfs een gedeelte van die eerste vyf boeke van die Bybel GESKRYF, alternatief, sê nou vir ons watter deel van die Bybel het Moses wel GESKRYF. Indien jy sommer nou kan uitwys watter deel Moses wel GESKRYF het, sal jy vir die leser kan bewys ek het gefouteer.
    In elk geval die argument oor jou gaan nie oor wat of wat Moses nie geskryf het nie, maar oor die feit dat jy self, soos direk van jou aangehaal, waar jy sê dat behalwe vir die 10 gebooie, is die res van die Bybel deur mense geskrywe, geïnspireer daartoe soos wat 'n skrywer van fiksie inspireer word om sy boeke te skrywe, en nieteenstaande daarvan nie, die einste skrywers se werke kwoteer asof God wel direk opdrag gegee het.

  • Beste Jaco
    Was die Bybelskrywers dan nie net gewone sterflike mense nie, wat deur die Heilige Gees geïnspireer is om dit op skrif te stel wat sou dien as 'n norm vir die gemeenskap waarin hul dit verkondig het?
    Soos reeds aangetoon kon Moses nie die skeppingsverhale geskryf het nie en ook nie oor sy dood nie.
    Was Moses 'n Jood of Egiptenaar. Sy opvoeding was Egiptiese en as sulk was hy bekend met die 42 gebooie waarom die Egiptiese godsdiens gedraai het, 2000 jaar voor die 10 gebooie nl:
    I. Thou shalt not kill, nor bid anyone kill.
    II. Thou shalt not commit adultery or rape.
    III. Thou shalt not avenge thyself nor burn with rage.
    IV. Thou shalt not cause terror.
    V. Thou shalt not assault anyone nor cause anyone pain.
    VI. Thou shalt not cause misery.
    VII. Thou shalt not do any harm to man or to animals.
    VIII. Thou shalt not cause the shedding of tears.
    IX. Thou shalt not wrong the people nor bear them any evil intent.
    X. Thou shalt not steal nor take that which does not belong to you.
    XI. Thou shalt not take more than thy fair share of food.
    XII. Thou shalt not damage the crops, the fields, or the trees.
    XIII. Thou shalt not deprive anyone of what is rightfully theirs.
    XIV. Thou shalt not bear false witness, nor support false allegations.
    XV. Thou shalt not lie, nor speak falsely to the hurt of another.
    XVI. Thou shalt not use fiery words nor stir up any strife.
    XVII. Thou shalt not speak or act deceitfully to the hurt of another.
    XVIII. Thou shalt not speak scornfully against others.
    XIX. Thou shalt not eavesdrop.
    XX. Thou shalt not ignore the truth or words of righteousness.
    XXI. Thou shalt not judge anyone hastily or harshly.
    XXII. Thou shalt not disrespect sacred places.
    XXIII. Thou shalt cause no wrong to be done to any workers or prisoners.
    XXIV. Thou shalt not be angry without good reason.
    XXV. Thou shalt not hinder the flow of running water.
    XXVI. Thou shalt not waste the running water.
    XXVII. Thou shalt not pollute the water or the land.
    XXVIII. Thou shalt not take God’s name in vain.
    XXIX. Thou shalt not despise nor anger God.
    XXX. Thou shalt not steal from God.
    XXXI. Thou shalt not give excessive offerings nor less than what is due.
    XXXII. Thou shalt not covet thy neighbor’s goods.
    XXXIII. Thou shalt not steal from nor disrespect the dead.
    XXXIV. Thou shalt remember and observe the appointed holy days.
    XXXV. Thou shalt not hold back the offerings due God.
    XXXVI. Thou shalt not interfere with sacred rites.
    XXXVII. Thou shalt not slaughter with evil intent any sacred animals.
    XXXVIII. Thou shalt not act with guile or insolence.
    XXXIX. Thou shalt not be unduly proud nor act with arrogance.
    XL. Thou shalt not magnify your condition beyond what is appropriate.
    XLI. Thou shalt do no less than your daily obligations require.
    XLII. Thou shalt obey the law and commit no treason.
    Hulle het dus God se wet in hul harte gedra en sal dan dienooreenkomstig die wet
    geoordeel word, in teenstelling met diegene wat Jesus Christus as hul enigste Verlosser en Saligmaker in geloof uit genade aanvaar het, want hul is hul oortredings vergewe deur Sy boetedoening namens hulle, sodat hul aangenome kinders van God kon word.

  • FC Boot
    Toe ek nog ’n sekretaresse gehad het, het ek (soos ’n god) aan haar (soos my profeet, apostel, ens) gedikteer wat sy vir my moet skryf, hetsy bestellings, kliënteskuld aanmanings, personeel opdragte, ens. Ek (soos ’n god) het self seker gemaak dat sy (soos my profeet, apostel, ens) my ondubbelsinnig reg gekwoteer het, anders het ek vir myself probleme geskep. My skriftelike kommunikasie moes duidelik en onberispelik wees, ongeag watter geloofsaanhang die leser daarvan aan behoort het.
    Nou wil jy hierbo vir my sê dat die outeurs van die Bybelboeke deur God “geïnspireer” was om die inhoud van sodanige boeke te skryf, maar weens hulle feilbare menslikhede, hulle die onfeilbare God nie noodwendig reg gekwoteer het nie. Nou vra ek jou: Wat vir ’n God aanbid jy dan wat so slap optree?
    In elk geval, hoe kwalifiseer jy wat deur God geïnspireer is al dan nie? Wat van die Apokriewe wat deur die meerderheid Christene (Katolieke) as geïnspireer aanvaar word; die verworpe (spurious) boeke wat self op inspirasie aanspraak maak; die boek van Mormoon deur miljoene in die Latter Day Saints Kerk as self geïnspireer beskou word en nie enige hier genoem, deur Protestante as geïnspireerd beskou word nie? Islam wat dieselfde “Vader” aanbid, het hulle goddelike geïnspireerde Koran, wat geen Christen as goddelik geïnspireerd aanvaar nie.

  • Beste Jaco
    Het dit jou dan nog nooit opgeval dat die Bybel deur voorbeeld uit die werklike lewe
    leer nie en dat die 10 gebooie eintlik 'n samevatting is van die 'wet' wat die mens in sy hart gedra het en daarvolgens beoordeel en geoordeel kan word nie?
    Verstaan jy dan nie dat niemand op aarde in staat is om daaraan te voldoen nie, nie in uitgebreide en verkorte vorm nie want ons natuur rebelleer daarteen, of soos dit in die Kategismus uitgedruk word:

    3 Vraag: Waaruit ken jy jou ellende?
    Uit die wet van God.
    A (a) Rom 3:20.
    4 Vraag: Wat eis die wet van God van ons?
    Antwoord: Dit leer Christus ons samevattend in Matteus 22:37-40: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelyk staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete (a).(a) Deut 6:5; Lev 19:18; Mark 12:30; Luk 10:27
    5 Vraag: Kan jy dit alles ten volle nakom?
    Antwoord: Nee (a), want ek is van nature geneig om God en my naaste te haat (b).
    (a) Rom 3:10, 20, 23;1 Joh 1:8, 10. (b) Rom 8:7; 2:3; Tit 3:3; Gen 6:5; 8:21; Jer 17:9; Rom 7:23."
    Selfs Angus is nog in staat om 'n skewe oortreding daarby te voeg, want dit is inderdaad 'n barbaarse daad om 'n jong bokkie gaar te maak in die melk waarvan sy moet groot en gespeen word.
    Is daar nou iemand wat aan die hoë vereistes kan voldoen en dan die straf oorwin agv die oortredings (geen wet geen oortreding)? Inderdaad dit is Jesus Christus wat julle ateïste uit ingebore natuur verwerp in gedagte en daad.
    Kry dus nou eers die begrip 'hemel' en 'hel' onder die knie en dan vorder ons dalk in hierdie gesprek.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • Beste FC Boot,
    Jy skrywe eintlik aan Jaco, en hy is groot en sterk genoeg om jou te antwoord, maar aangesien jy so skeefweg my naam so ydellik gebruik, moet ek ook regeer.
    Die twak oor die bokkie wat nie in sy ma se melk gekook moet word nie, is nie van my nie. Dit is direk uit die Bybel aangehaal. As jy my nie wil glo nie, gaan lees Eksodus 34 vers 26.
    Ons ateïste verwerp nie Jesus Christus nie; die storie word uit 'n Christen se duim gesuig. Jesus bestaan; hy is 'n karakter in 'n mitologiese verhaal, waar kieries slange word, mense op water loop, en gode aardse meisies verlei.
    Die Heidelbergse Kategismus is 'n uitstekende voorbeeld van hoe daar vir die Christen gedink word. Die vrae wat hy mag vra, is vir hom voorgeskryf, en selfs die antwoorde daarop ook. Hy mag nie vir homself dink nie. Elke keer as ek ons dominee 'n vraag vra, brom hy net: "Onnosel vraag. Dit staan nie in die Heidelbergse Kategismus nie."
    'Hemel' en 'hel' is Bybelse of teologiese begrippe en dus skeppings van die menslike verbeelding.
    Terloops, as 'n bokkie in sy ma se melk of watter melk ook al gaargemaak word, kan hy nie meer gespeen of grootgemaak word nie.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Jy skryf:
    "Terloops, as 'n bokkie in sy ma se melk of watter melk ook al gaargemaak word, kan hy nie meer gespeen of grootgemaak word nie." Dit was mos jou byvoeging op Jaco se kommentaar. Wat ek geskryf het was my kommentaar op jou byvoeging.
    Dit is en bly 'n barbaarse daad want sien een van die Joodse uitgangspunte was juis die bewaring van die natuur, omgewing en lewe daarin. So sal jy bv onder 'n webblad soos “My Jewish learning” lees:
    Ethical Treatment of Animals
    Beginning with the first chapters of the Torah, Judaism establishes a fundamental connection between human beings and animals. The rabbis later introduce the concept of tzaar baalei hayim, demanding that we take animal suffering seriously.
    Vra maar jou vrae wat jou dominee wil antwoord hier. Jy verstaan die Heidelbergse
    Kategismus verkeerd en daarom is jou begrip daarvan verkeerd.
    Dir Heidelbergse Kategismus vertel nie hoe 'n mens moet dink nie. Dit vra net basiese vrae. Jy sê bv elders dat jy onderskeid kan tref tussen wat goed en kwaad en reg en verkeerd is. Jou Bybel sê dan in antwoord daarop dan is dit die maatstaf waarvolgens jy beoordeel en geoordeel sal word, want sonder wet in enige vorm kan daar mos geen oortreding wees nie, of hoe?
    Hel en hemel is nie goeters wat in ons dimensie bestaan nie. Dit is beskrywend van 'n toestand waar jy jouself gaan bevind na die finale oordeel. Wanneer dit gaan plaasvind weet ons nie, maar dit is nie belangrik nie want tyd, wat nie bestaan nie, is nie 'n faktor nie.
    Hemel waarna Jesus opgevaar het, die Jesus wat jy verwerp en in sy plek allerhande voorlopige verklarings (teorieë) probeer uitdink om te verduidelik wat biljoene jare gelede plaasgevind het en steeds soekende na die oorsaak daarvan is, is nie 'n mite nie maar 'n realiteit. Daar is talle ateïste wat die bestaan van Jesus erken maar dan Hom as 'n doodgewone mens klassifiseer.
    Selfs Joodse Rabbis het nou bygekom. Lees http://shoebat.com/2015/12/20/israel-orthodox-rabbis-issue-groundbreaking-declaration-affirming-partnership-with-christianity/
    Jy en jou mede-ateïste is dus die duimsuiers en bly al hoe meer alleen in die opsig agter.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • Beste FC Boot,
    Jy lees in die Bybel wat nie daar staan nie. Die God van die Bybel het niks teen wreedheid nie. Vir offerhandes word daar geslag dat jy net bloed sien spat, en hy hou daarvan. Die rede waarom 'n boklam nie in sy ma se melk gekook mag word nie, is omdat so 'n kookproses die vleis minderwaardig maak. Hy het dit teen die ma se melk en nie teen die doodmaak en marteling van diere nie. As jy 'n bokkie in water kook, sal hy jou nie straf nie.
    Dit lyk my jy verstaan ook nie mooi nie; die Bybel is nie die maatstaf waarvolgens ek lewe nie. Die Bybel is vir my Christen-mitologie. Ek kan onderskei tussen reg en verkeerd en het nie die Bybel nodig om dit vir my te doen nie.
    Natuurlik is die Heidelbergse kategismus uitgewerkte vrae en antwoorde vir die Christen. Dit is maar net deel van die indoktrinasie. Buite hierdie raamwerk wat vir die Christen geskep is, mag hy nie beweeg nie.
    Wat die dimensies betref, herhaal ek maar wat ek gesê het: slegs drie dimensies is waarneembaar en bewysbaar. Ander dimensies is spekulasie. Jy kan sê dat hemel en hel in 'n ander dimensie is, maar jy kan dit nie bewys nie. Jy kan maar net daaroor spekuleer.
    Al is daar talle ateïste wat Jesus as doodgewone mens erken, sê dit nog niks. Hulle kan almal verkeerd wees, en dis geen bewys van Jesus se historisiteit nie. Die enigste bewys sal wees as hy spore nagelaat het, soos bv Jan van Riebeeck, Hitler, Goethe, Julius Caesar, Winston Churchill.
    Jy verdoesel jou gebrek aan redenasie agter vaaghede. Wat beteken bv die volgende, en let wel, ek haal jou eie woorde aan:
    "Jy sê bv elders dat jy onderskeid kan tref tussen wat goed en kwaad en reg en verkeerd is. Jou Bybel sê dan in antwoord daarop dan is dit die maatstaf waarvolgens jy beoordeel en geoordeel sal word, want sonder wet in enige vorm kan daar mos geen oortreding wees nie, of hoe?"
    Bedoel jy as ek kan onderskei tussen reg en verkeerd, dat ek dan 'n wet gemaak het? Wie gaan my dan beoordeel en veroordeel, en waarom? En as ek nie kan onderskei tussen reg en verkeerd nie, kan ek maar verkeerd handel sonder om gestraf te word? Ek volg nie jou redenasie nie.
    Groete
    Angus

    • Die soekers sal altyd aan die soek bly want hulle wil en kan nie weet waarna hulle soek nie. Die ontwikkeling van die verstand is 'n uitweg. Eintlik moet mense net lewe, en ontslae raak van die bedenksels van sondes. Die versinsels van die vaders was nog altyd bodemloos.

  • FC Boot

    Jy skryf: "Kry dus nou eers die begrip 'hemel' en 'hel' onder die knie en dan vorder ons dalk in hierdie gesprek".

    Aangesien jy van mening is dat ek geen begrip oor hemel en hel het nie, wees so vriendelik om vir my en die leser in te lig wat jou siening van die onderwerp is, en dan kan ons verder gesels.

  • Beste Jaco
    Was jy aan die slaap gedurende jou opleiding as dominee?
    Wat is moeilik om die begrip hemel onder die knie te kry? As Christus vir sy dissipels
    sê in Johannes 14 vers 3: "En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is."
    Dan sal enige denkende mens tog vra: “Waar was Jesus, voordat hy mens op aarde geword het?”
    Die antwoord is tog te vind in die volgende: "In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.” Johannes 1:1-4
    Die Oorsaak agter die ontstaan van ons heelal en alles wat daarin is, is dus Christus. Alles sluit ook die prosesse in wat tot lewe en die ontstaan van die mens gelei het.
    Christus bestaan dus oneindig in 'n oneindigheid. En die oneindigheid is sy woonplek, wat ons “hemel” noem en dit is deur Sy onbegryplike skeppingskrag wat 'n nuwe “heelal” sal ontstaan waarin die aangenome kinders 'n bestaan sal voer wat alle begrip en verstand te bowe gaan.
    Maar in die oneindigheid sal daar ook 'n plek vir mense soos jy wees wat in 'n onbegryplike toestand van angs sal bestaan waarvan iets weerspieël word in die gelykenis van Lasarus en die ryk man. Net soos daarna 'n onoorbrugbare “kloof” is wat verhoed dat ons verby die “Oerknal” tot voor dit beweeg, want om dit reg te kry, moet alles ophou bestaan, die mens dus ook ek en jy en dus niks wees en weet nie, so is daar 'n kloof tussen “hemel” en “hel”.
    Twee aparte en onoorbrugbare dimensie. In die een is Christus Koning, in die ander sy groot teenstander, die vader van die leuen. Kies self waar jy wil eindig.

  • Beste Angus
    Vaaghede sê jy. As dit Rabbis amper 2000 jaar geneem het om Jesus as een van hul groot profete te erken nadat hul soos die gewoonte maar was soos by die Egiptenare om goed wat hul nie pas nie uit hul geskiedenis uit te skryf nie, of in geval van die Egiptenare uit te beitel, gaan dit jou en jou mede-ateïste seker 10 keer langer neem.
    ’n Mens moet nou eintlik seker eers duidelikheid kry oor wat ’n wet nou eintlik is, want die woord wet word mos op baie gebiede gebruik. Die vraag is eintlik hoe ver moet wetgewing en watter opsig gaan om die moraal van die gemeenskap te weerspieël en wat gebeur as wetgewing bots daarmee?
    Daar is baie ouens op hierdie forum wat seker uit die aard van hul opleiding en beroep lang verduidelikings daaroor kan skryf. Om dit eenvoudig te hou dink ek kan ’n mens sê dat wette eintlike opdragte is wat aanvaarbare gedrag in en van die gemeenskap weergee en verhoudings tussen mense en groepe reguleer en gedrag wat buite dit val straf, waar straf die doel het om mense tot inkeer te bring en hul gedrag te verander sodat hul gedrag weer val binne raamwerk van aanvaarbare gedrag van die gemeenskap waarbinne hy bestaan.
    Die volgende sal dalk die gedagtes beter in Engels oordra aan die hand van die volgende vrae:
    http://www.cormacburke.or.ke/node/1108
    Die moraal van die gemeenskap het egter ’n neiging om wipplank saam met die modes te ry en is gedurig besig om te verander soos die mens sy gewete by die verandering aanpas. Wat gister taboe was is vandag aanvaarbare gedrag en het in Suid-Afrika bv onder sekere groepe mans, die vroulike liggaam ’n vat geword waarin die manlike sperm sorgeloos gestort kan word.
    Die gevolg is aborsies wat hande uitruk en ’n ontsettende bykomende las op gesondheidsdienste plaas.
    Omdat menslike moraliteit dus vloeibaar is van geslag tot geslag moet daar tog ’n maatstaf wees waarvolgens gemeet kan word. ’n Maatstaf wat onder alle omstandighede presies dieselfde meet en dieselfde resultate behaal.
    Volgens Christelike oortuiging is die maatstaf te vinde in die Bybel en daarom bly die wet van God, die God wat jy verwerp en soos opgesom deur Jesus die maatstaf, die norm of kanon waarvolgens ’n mens sy lewe moet inrig.
    Maar Jesus gaan verder. Hy kyk verby dit en dring deur tot die kern en sê daarom dat as die gedagte by jou ontstaan het jy reeds die oortreding gepleeg en is dus skuldig daaraan.
    Dit is uit die aard van ons natuur onmoontlik om aan die hoë vereistes te voldoen en daarom het Christus, die Christus wat jy verwerp en sê nie werklik bestaan het nie, gekom om daaraan te voldoen en elke gelowige mens wat Sy werk volkome aanvaar, van die las verlos.
    Nou jy tree seker binne jou huisgesin en werk op volgens gedrag wat binne die gemeenskap aanvaarbaar is asook wat in jou werkgewer se diensvoorwaardes en tugmaatreëls vervat is en reguleer en beheer so die gedag van mense wat dalk aan jou verslag oor hul doen en late moet doen.
    Daar is binne elke mens ’n gewete, ’n roepstem en neem selfs moordenaars dikwels die toevlug tot die Bybel nadat hul gevang en skuldig bevind is. Daar is egter mense wat weens hul agtergrond totaal ontaard geraak het of hul gedrag weens ernstige breinversteurings so totaal onherkenbaar verander het, dat die gemeenskap hul in spesiale inrigtings moet plaas.
    Wat van sulke mense in die finale oordeel word, moet ek erken val buite my begripsvermoë en wil myself nie daaroor uitlaat nie. Miskien het ander ’n meer besliste standpunt daaroor.
    Wat wel binne die Christelike raamwerk val dat kinders wat nog nie tot volle wasdom gekom het nie deur die doop binne die gemeenskap van die gelowiges opgeneem word en as het ware deur hul ouers se geloof en voorbidding ‘gedra’ totdat hul selfstandig ’n besluit kan neem. Sien die doopformulier in die verband.
    Laat dit met jou goed gaan

  • Beste FC Boot,
    Ek praat nie van vaaghede van Rabbi’s of die Egiptenare nie, ek praat van die vaaghede van jou ongrammatikale en onlogiese geskrywe. Indien daar ʼn vak soos Onlogika sou wees, dan was jy die professor daarvan. Bogenoemde skrywe van jou is ʼn voorbeeld daarvan.
    Hoe de joos kan wetgewing ʼn voorbeeld wees van die moraal van ʼn gemeenskap EN daarmee bots?
    Dan verkondig jy twak soos bv die bewering dat dit deesdae die aanvaarbare norm van die gemeenskap is dat mans die vroulike liggaam as “vat” kan gebruik om die manlike sperm in te kan “uitstort”. In watter gemeenskap woon jy dan?
    Met bogenoemde voorbeelde probeer jy nou vir my verduidelik wat jy bedoel het met: “Jy sê bv elders dat jy onderskeid kan tref tussen wat goed en kwaad en reg en verkeerd is. Jou Bybel sê dan in antwoord daarop dan is dit die maatstaf waarvolgens jy beoordeel en geoordeel sal word, want sonder wet in enige vorm kan daar mos geen oortreding wees nie, of hoe?"
    Met al jou onlogiese skrywe kan jy nie die onlogiese stukkie gemors verduidelik nie. Selfs die skakel wat jy ingooi, red jou nie van die verknorsing nie.
    My raad aan jou is eenvoudig: hensop maar, en hou by die bokkie wat nie in sy ma se melk gekook mag word nie, en sleep sommer die oerknal by sy hare ook daarby in.
    Groete,
    Angus

  • FC Boot
    Weereens vra ek jou wat jy nie beantwoord het nie, nl: "Nou vra ek jou: Wat vir ’n God aanbid jy dan wat so slap optree?"
    "In elk geval, hoe kwalifiseer jy wat deur God geïnspireer is al dan nie? Wat van die Apokriewe wat deur die meerderheid Christene (Katolieke) as geïnspireer aanvaar word; die verworpe (spurious) boeke wat self op inspirasie aanspraak maak; die boek van Mormoon deur miljoene in die Latter Day Saints Kerk as self geïnspireer beskou word en nie enige hier genoem, deur Protestante as geïnspireerd beskou word nie? Islam wat dieselfde “Vader” aanbid, het hulle goddelike geïnspireerde Koran, wat geen Christen as goddelik geïnspireerd aanvaar nie."
    Hoe identifiseer jy wat deur God "geïnspireer is al dan nie. Lees weer my skakel hierbo gedateer 25 Mei ’16.

    • Beste Jaco
      Lees my antwoord aan Angus.
      Die woord inspirasie is tog afgelei van die Latyns 'inspirare' asem of iets inblaas, wat dan in Bybelse terme beteken dat God die gedagtes of waarhede by die mens laat ontstaan het, as het ware ingeblaas het en die talle skrywers dit verwoord en op skrif geplaas het, wat dan in die Bybel-versameling van boeke nog vandag tot ons beskikking is.

  • FC Boot
    Jy spring al weer bont rond. Bepaal jou spesifiek by die vraag wat beantwoording verlang:
    Hoekom die meerderheid Christene, nl Katolieke, die apokriewe boeke as godgegewe; die boek van Mormoon deur miljoene Latter Day Saints as godgegewe, en die sinoptiese boeke (spurious) boeke op godgegewe inspirasie aanspraak maak; almal genoem, nie deur Protestante erken nie; die Koran as godgegewe; deur geen Christen as geïnspireerd aanvaar nie?
    Hoe bepaal jy, FC Boot, in watter bogenoemde boeke God sy asem ingeblaas het, met jou eie aangehaalde maatstaf, nl: "wat dan in Bybelse terme beteken dat God die gedagtes of waarhede by die mens laat ontstaan het, as te ware ingeblaas het en die talle skrywers dit verwoord en op skrif geplaas"?

  • Beste FC Boot,
    Wat jy aan Angus geskryf het, is die kool die sous nie werd nie. Dis net 'n klomp gegorrel.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Jou reaksie is nie eers oorspronklik nie. In Handelinge 17 vers 16 - 34 kan jy die volgende lees: (Behoort nie te moeilik te wees nie want jy het mos 23 Bybels,of hoe?)
    16 "Terwyl Paulus in Atene vir Silas en Timoteus wag, het hy baie verontwaardig geword toe hy sien hoe vol afgodsbeelde die stad is.
    17 Hy het in die sinagoge met die Jode en die godvresendes geredeneer en elke dag op die stadsplein met die verbygangers gepraat.
    18 'n Paar wysgere, Epikureërs en Stoïsyne, het met hom gestry. Party het gesê: “Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê?” Ander het gesê: “Dit lyk of hy 'n boodskapper van vreemde gode is.” Dit was omdat Paulus die evangelie van Jesus en sy opstanding verkondig het.
    19 Hulle het hom na die Areopagus toe geneem en gesê: “Kan ons te wete kom wat hierdie nuwe leer is wat jy verkondig?
    20 Party van die dinge wat jy sê, klink vir ons vreemd, en ons wil graag weet wat dit beteken.”
    21 Die Ateners in die algemeen en die uitlanders wat daar gewoon het, het hulle tyd aan niks anders bestee as om iets nuuts te sê of te hoor nie.
    22 Paulus het toe in die middel van die Areopagus gaan staan en gesê: “Ateners, ek sien dat julle in alle opsigte baie godsdienstig is.
    23 Terwyl ek deur julle stad geloop en kyk het na die plekke waar julle aanbid, het ek ook 'n altaar gekry waarop geskrywe staan: ‘Aan 'n onbekende god.’ “Nou ja, wat julle aanbid sonder om daarvan kennis te hê, verkondig ek aan julle.
    24 God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.
    25 Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.
    26 Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon.
    27 God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie,
    28 want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons stam ook van Hom af.’
    17:28: Hierdie versreël kom uit 'n gedig van die Griekse digter Aratus, wat omtrent 315-240 v.C. gelewe het.
    29 Aangesien ons dan self van God afstam, moet ons nie dink dat die Godheid aan beelde van goud, silwer of klip gelyk is nie. Dit is bloot skeppinge van menslike vaardigheid en verbeelding.
    30 “God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer,
    31 want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.”
    32 Toe hulle van die opstanding uit die dood hoor, het party hom uitgelag, maar party het gesê: “Ons sal jou weer hieroor wil hoor.”
    33 So het Paulus van hulle af weggegaan.
    34 'n Paar mense het egter gelowig geword en by hom aangesluit. Onder hulle was daar Dionisius, 'n lid van die Areopagus, en 'n vrou met die naam Damaris en nog ander saam met hulle. "
    Handelinge is geskryf so tussen + 75-85 nC.
    Jy sou nogal goed daar gevaar het, maar as jy het was jy amper 2000 jaar dood, maar nou is jy soos Paulus se aanhoorders geestelik dood, want jy verstaan nie dat sonder wette, ook die wat jy jou eie gemaak het in jou hart, daar geen oortreding en dus geen straf kan wees nie.
    Maar as Christene wat Jesus Christus as hul volkome Verlosser en Saligmaker aangeneem het word ons verlos van die straf van die oortreding van wet en gevolglike straf omdat dit reeds betaal het.
    Nee ons word nie ala Kobus de Klerk sondeloos nie, want ons menslike rebelse natuur moet eers sterwe. Daarom word die dood vir elke Christen 'n wins, want dit is deur die dood en die opstanding daarna dat ons uiteindelik daarvan verlos word.
    Verstaan jy iets hiervan of gaan jy soos die Ateners lag en omdraai?
    Mag dit met jou goed gaan.

  • Beste Jaco
    Beantwoord eers die volgende vraag: Waarom is al die verhale van mooi tot afgryslik
    opgeteken in die Bybel?
    In 2 Samuel 11 word een Koning David se seks-eskapades opgeteken.
    1 In die lente, die tyd waarin die konings gewoonlik optrek om oorlog te maak, het Dawid op 'n keer vir Joab en sy soldate en die hele Israel uitgestuur. Hulle het die Ammoniete verslaan en Rabba beleër, maar Dawid het in Jerusalem agtergebly.
    2 Eendag het hy na sy middagslapie opgestaan en op die dak van die paleis gaan rondstap. Van die dak af het hy 'n vrou sien bad. Sy was 'n baie mooi vrou.
    3 Dawid het oor haar laat navraag doen, en iemand het gesê: “Dit is Batseba dogter van Eliam, die vrou van Urija die Hetiet.”
    4. Dawid het toe amptenare gestuur en haar laat haal. Dit was nadat sy haar reinigingsbad geneem het na haar maandstonde. Sy het na hom toe gekom, en hy het by haar geslaap. Daarna is sy terug huis toe.
    5 Die vrou het swanger geword en vir Dawid laat weet: “Ek is swanger.”
    Vra jou nou self die vraag af. Waarom het die profeet maar nie net stilgebly en soos vandag saam met David 'n plan beraam nie, om dit netjies toe te smeer nie? Hoekom het God die gedagte by die profeet laat opkom om dit op te teken sodat 'n mens nog vandag dit kan lees?
    Dit is tog duidelik 'n verhaal van magsmisbruik. Koning David wat veronderstel is om 'n beskermer te wees van vroue en kinders, die swakkes word 'n oortreder, Hy misbruik sy posisie en invloed en maak homself skuldig aan 'n oortreding van God se wet.
    Daarteenoor bly 'n soldaat pligsgetrou. Urija versuim nie sy plig nie maar bly getrou tot die dood toe. Hy ignoreer David en gaan slaap nie by sy huis nie.
    Ons lees verder:
    9 Maar Urija wou nie huis toe gaan nie en het by die paleisdeur gaan slaap saam met die slawe van die koning.
    10 Hulle het vir Dawid gaan sê: “Urija was nie huis toe nie.” Dawid vra toe vir Urija: “Jy was mos lank weg, waarom gaan jy nie huis toe nie?”
    11 Sy antwoord was: “Sou ek huis toe gaan om te eet en fees te vier en by my vrou te slaap, terwyl die ark en Israel saam met Juda in hutte woon en my aanvoerder Joab sowel as u soldate in die oop veld kamp opslaan? Dit sal ek beslis nooit doen nie!”
    Asof David se eerste oortreding nie erg genoeg is nie, smee hy 'n moordkomplot.
    Vers 15. In dié brief het hy geskryf: “Gee tog aan Urija 'n plek op die voorpunt waar die geveg kwaai is. Val dan terug sodat hy in die slag kan bly en sneuwel.”
    Hoekom het die profeet dit neergeskryf, hoe het hy van dit te hore gekom? Kon hy maar nie net opgeteken het as man wat dapper vir sy land geveg het en soos 'n held gesneuwel het nie?
    Nou Jaco, kom al die aangehaalde teksverse uit die mond van God? Was dit God se gedagtes? Of het God maar nie net die gedagte 'ingeblaas' by die profeet om die verhaal op te teken, sodat ons nog vandag vir leiers wat soortgelyke oortredings begaan tot orde en verantwoording te roep nie?
    Mag dit met jou goed gaan.

  • Beste Jaco

    Hier is vir jou solank 'n leidraad.Lei al die goed wat jy noem jou na Christus en tot bekering en die aanvaarding van Hom as jou enigste Verlosser en saligmaker. Onthou selfs Satan ken die skrif maar help jou van die wal af in die sloot.Lees gerus sy pogings om Jesus te versoek.

  • FC Boot
    Nou sê vir my. Wat het jou lang relaas met die bepaling van Goddelike inspirasie van die Bybel, die Apokriewe, die Sinoptiese boeke, die boek van Mormoon, die Koran; almal wat as geïnspireerd deur Protestante, Katolieke, Latter Day Saints, en Moslems SELEKTIEF aanvaar word, maar nie deur almal gesamentlik nie?
    Aanvaar jy enigsins die Apokriewe, Sinoptiese boeke, die boek van Mormoon en die Koran as geïnspireerd? Indien nie, hoekom nie, want daar is veel meer ander gelowiges, behalwe Latter Day Saints, eerder as Protestante wat hulle as geïnspireerd glo. Wat is jou maatstaf wat jy gebruik om te bepaal watter boeke is deur God geïnspireer?
    Dit is die kruks van die saak wat ek jou by herhaling in bogenoemde response van my aan jou vra wat jy bontspring en ontduik.

  • FC Boot
    Aangaande Dawid, 'n heel ander onderwerp wat niks met ons bespreking hierbo te doen het nie.
    Vergeleke met koning Saul wie se enigste ernstige sonde was dat hy die heks van Endor geraadpleeg het, het Dawid in teenstelling hoogverraad teenoor sy koning (Saul) gepleeg, was 'n skurk, 'n homo (hy en Jonathan se liefde vir mekaar bely dat hy vir Jonathan meer liefgehad as vroue), egbreker (met getroude Batseba seks gehad) moordenaar (onskuldige Uriah laat doodmaak), Godslasteraar (tabernakel, allerheiligste plek met onheilige betreding betree en van kos besteel), verraderlik opdrag aan sy opvolger (Salomo) gegee om sy getroue generaal na sy afsterwe dood te maak asook sy oudste seun, ens. Die kieskeurige, vermetele en weersprekende God sê nogal dat Dawid 'n man na sy eie hart is! Was dit enige ander persoon wat selfs een van sodanige oortredings gedoen het, het God sodanige persoon volgens Levitikus opdragte, tot die dood toe, ongeag onskuld, veroordeel. Kyk net wat met die gelowige onskuldige twee gebeur het wat die ark van die verbond van omkanteling wou beredder het; deur God dood neergevel!
    Maat, jy skryf 38 eentonige lyne oor die enkele Batsebe-sage. Ek skryf heel minder oor die hele lewensverhaal van Dawid se sondes. Om ons die "eina" vervolgings te bespaar, kan jy tog nie dieselfde doen nie?
    Jy vra my: "Nou Jaco, kom al die aangehaalde teksverse uit die mond van God? Was dit God se gedagtes?" My antwoord is dat ek as ateïs glad nie glo dat enige deel van die Bybel van enige god afkomstig is nie. Jy as christen beweer daar is selektief van God afkomstig. Die onus berus dus by jou om jou geloof asook jou ongeloof in sekere dele van die Bybel te kan staaf. Die meerderheid Protestant is van mening die hele Bybel is God se kommunikasie tot die mensdom. Net 'n minderheid soos jy onder Protestante glo anders en wat maak jou meer reg as hulle?

  • FC Boot
    Jy vra my: "Lei al die goed wat jy noem jou na Christus en tot bekering en die aanvaarding van Hom as jou enigste Verlosser en saligmaker?"
    Ek beskou Jesus (hetsy histories of fiktief) as afgestorwe mens en geensins as 'n god nie, dus kan hy onmoontlik my verlosser en/of saligmaker wees. In die lewe moet ek my eie branders maak om te bepaal hoe en waar ek daar uitsien; en eintlik geld dit vir gelowiges van enige godsdiens ook.
    In dieselfde lig as wat ek die gesegdes, aanmanings, ens van Sokrates, Plato, Mark Twain, ens hoog ag, huldig ek hoë agting vir Jesus se woorde ook as goed gedaan vir die mensdom.
    Satan, beslis 'n fiktiewe entiteit, kan onmoontlik my van die wal tot in the sloot laat inval.

  • Beste Jaco
    Dit is jou beskouing waarin jou probleem lê, want jy probeer om Christus af te trek na 'n menslike vlak waarop jy op gelyke voet staan. Is daar enige getuienis vir al die mense wie se name jy aanhaal, dat hul geleef, gekruisig, gesterf, opgestaan en opgevaar het na hul plek van oorsprong?
    Hoe is dit moontlik dat 'n man wat vir dominee geswot het nie kan of wil verstaan dat dit die kern van die Christelike geloof is, want as dit nie gebeur het nie is my en biljoene voor en na my se geloof tevergeefs en van nul en gener waarde.
    Waarom dink jy staan daar in Psalm 53: "Die dwaas dink daar is geen God nie."
    Mag dit met jou goed gaan.

  • Beste Jaco
    Jy sê jy skryf oor die hele Dawid en gaan dan tekere omdat "Die kieskeurige, vermetele en weersprekende God sê nogal dat Dawid 'n man na sy eie hart is! Was dit enige ander persoon wat selfs een van sodanige oortredings gedoen het, het God sodanige persoon volgens Levitikus opdragte, tot die dood toe, ongeag onskuld, veroordeel."
    Het jy dan nie in Rom 5 vers 8 gelees: "Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was." Dawid het nie in die sonde bly lê nie maar het swaar geboet vir sy oortreding en daarom het hy in Psalm 53 geskryf en homself daarby ingesluit:
    1 Vir die koorleier: met fluitspel. 'n Gedig van Dawid.
    2 Die dwaas dink daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is 'n gruwel vir God. Daar is nie een wat goed doen nie (dit is wat Dawid gedoen het).
    3 Van die hemel af kyk God die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra.
    4 Almal het afgedwaal, die laaste een het ontaard, daar is niemand wat goed doen nie, selfs nie één nie. (Dawid, jy ,ek, die hele menslike geslag vanaf Adam tot die laaste mens is hierby ingeslui.t)
    5 Julle wat onreg pleeg, wat my volk opeet asof julle brood eet, en wat weier om God te dien – weet julle dan nie
    6 dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur, so vreeslik soos nooit tevore nie? God sal die bene van dié wat teen sy volk wil veg, op die slagveld verstrooi. Sy volk sal hulle op die vlug laat slaan, want God het hulle verwerp. ( Moenie die koninkryk van God verstoot nie ,want jou bene sal verstrooid op die slagveld agterbly.)
    7 Ag, mag daar tog uit Sion vir Israel redding kom! Wanneer God die lot van sy volk verander, sal Jakob juig, sal Israel bly wees.
    Verstaan jy iets van Dawid en sy wroeginge en sy bekering?
    Mag dit met jou goed gaan.

  • Beste Jaco
    Jy sê Dawid was 'n homo. Waar kom jy aan die nonsens? Dawid en Jonatan was in die eerste plek krygers. Enigiemand wat al in enige weermag was sal weet dat jou lewe afhanklik is van die vermoë en dapperheid van die ou langs jou.

    Dawid sou dus, heenwysend na Christus in Jonatan se plek op die slagveld gesterf het as dit die oorlewing van sy vriend kon bewerkstellig. Sy liefde was dus een van opoffering ook na Jonatan se dood.

  • FC Boot
    Die homoseksuele in Dawid is klinkklaar helder: "Jou (Jonatan) liefde was vir my wonderbaarliker as die liefde van ENIGE vrou (en Dawid het vele vrouens gehad, hoofsaaklike ten doel om politieke vrede met omliggende nasies te bewerkstellig) 2 Sam 1:26 “thy love to me was wonderful, passing the love of women.” KJV.
    As teenargument sê jy: "Enigiemand wat al in enige weermag was sal weet dat jou lewe afhanklik is van die vermoë en dapperheid van die ou langs jou."
    Sou jy vir enige van jou “army” maats dan dieselfde woorde uitgespreek het as wat Dawid gedoen het, nl “kameraad, (Piet Pompies), my liefde vir jou is wonderliker as my liefde vir enige vrou?” Ander sou jou beslis skeef aangekyk het!
    Dawid het ander krygsmanne wat ook naby aan hom was, nl die 30 helde, waaroor hy nie dieselfde gevoel en oor gespreek het nie; ook nie soortgelyk gespreek oor sy lojale generaal Abner toe die gedood was nie. Hoekom net vir Jonatan? Ooglopend egte liefde vir die man, dat hy selfs Jonatan se seun na sy dood versorg het. Dawid se liefde vir sy eie seuns het geskort tot so 'n mate dat toe hy sterwend was, opdrag aan Salomo gegee het om sy oudste seun, die se halfbroer, dood te maak.
    Jonatan was smoorverlief op Dawid. Hy het Dawid gereeld versteek toe sy vader vir Dawid vervolg het, tot so 'n mate dat Saul sy misnoeë teenoor sy seun uitgespreek het. Behalwe vir 'n smoorverliefde, watter ander man sal vrywillig sy troon aan sy vader se aartsvyand afstaan en sy vader in die proses ondergrawe?
    Die hele hoofstuk 1 Sam 40 gaan oor Dawid en Jonatan. Die eindverse 41 & 42 van die hoofstuk beeld uit hulle liefde vir mekaar, en nie net ’n krygsmantipe liefde vir sy kameraad nie, nl: “Dawid het opgestaan langs die kliphoop (waar hy hom versteek het), en op sy knie geval en drie maal vooroor (na Jonatan) gebuig. Hulle het mekaar GESOEN en saam GEHUIL totdat Dawid baie ontroerd geword het….”
    Die teer tonele tussen Dawid en Jonatan in die boeke Samuel, is soortgelyk as die teer tonele tussen die twee lesbiese, nl Naomi en Ruth. Dus in sy geslagslyn, het Jesus beide ’n homoseksuele en ’n lesbiese voorouer gehad.
    Wat jy skryf: "Dawid sou dus, heenwysend na Christus in Jonatan se plek op die slagveld gesterf het as dit die oorlewing van sy vriend kon bewerkstellig. Sy liefde was dus een van opoffering ook na Jonatan se dood" is suiwer spekulatief.

  • FC Boot
    Jy skryf: "Dit is jou beskouing waarin jou probleem lê, want jy probeer om Christus af te trek na 'n menslike vlak waarop jy op gelyke voet staan."
    Dit staan gelowiges vry om Jesus as 'n god te beskou, maar ek is 'n verklaarde ateïs wat hetsy die geskiedkundige of fiktiewe Jesus, beskou as 'n afgestorwe mens en geen god nie, dus is daar geen sprake van "Christus af te trek na 'n menslike vlak waarop jy op gelyke voet staan".
    Wat wel feitlik is, is dat vele dominees in hulle amp ateïste geword het, party selfs as dominee aangebly.
    Behalwe vir 'n eerste jaar se studie met die oorspronklike doel om 'n dominee te word, het ek nooit 'n dominee geword nie, wel grade tot meestervlak behaal, hoofsaaklik in ekonomie en bemarking. Wat ek wel met trots kan sê, en dit is dat geen dominee my veel meer mbt godsdiens sal kan leer nie.
    Jou probleem is dat jy eintlik geen benul oor godsdiens het nie, en dat alles hier op die Net die ene skyn aan jou kant is. Alles wat jy aanhaal en kwoteer is vanaf die internet, die Katolieke katkisasieboek, A tot Z oor die Bybel, en Joodse ensiklopedies, die dat jy jou erg weerspreek en trippel oor al jou aangehaalde bronne wat merendeels mekaar nie aanvul nie.

  • FC Boot
    Jy skryf: " "Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was."
    Eerstens Christus het nog nie gesterwe voor Dawid se tyd nie.
    "God bewys sy liefde," volgens jou met Dawid se wandade. 'n Kieskeurige God nè? Vergelyk die lewens van Saul en die van Dawid. Saul se sondes was klein, nee, minuskuul, vergeleke met die vele van Dawid s'n. Saul het na God gesmag, na hom gesoek, maar God was kieskeurig vir wie Hy sy liefde in hierdie geval sou uitdeel en Saul heeltemal verwerp soos 'n vader wat sy seun verwerp het. Bevestiging van die Calvinistiese uitverkiesingsleer, welke leer basies op God se kieskeurige "liefde" gebaseer is.
    En wanneer gaan jy my beantwoord toe ek jou gevra het: "Aanvaar jy enigsins die Apokriewe, Sinoptiese boeke, die boek van Mormoon en die Koran as geïnspireerd? Indien nie, hoekom nie, want daar is veel meer ander gelowiges, behalwe Latter Day Saints, eerder as Protestante wat hulle as geïnspireerd glo. Wat is jou maatstaf wat jy gebruik om te bepaal watter boeke is deur God geïnspireer?"
    Jou antwoord was: "Wag maar geduldig op my antwoord," waartoe jy eintlik verklaar jy het geen en daarby deur my 'n uitklophou aan jou toegedien.
    Selfs God se "liefde" strek tot so 'n mate dat hy van sy onskuldige gelowiges onmiddellik laat sterf het toe hulle die wankelende ark van die verbond van omkanteling wou red. Wat se jy daaromtrent?

  • Beste Jaco
    Jy raak nou afgesaag en klink soos 'n ou grammofoonplaat waarvan die naald in 'n groef vasgehaak het waarskynlik weens stof wat daar vergader het of 'n krap omdat iemand die naald onverskillig opgelig het, terwyl die plaat nog speel.
    Hoeveel keer moet ek nog vir jou sê dat Christus sentraal staan, omdat sy Verlossingswerk die mens se posisie teenoor sy Skepper totaal verander het.
    Bring enige van die goed wat jy aanhoudend noem jou tot bekering en aanvaar jy daardeur Jesus Christus as jou enigste Verlosser en Saligmaker? Verstaan jy dan nou nog nie dat alles in die Bybel uiteindelik na Christus moet lei en dat ons wat na hom bestaan terugkyk na sy verlossingswerk en dit aanvaar sonder om dit te bevraagteken soos Dawid voor dit na dit gekyk het. Of is Christus nie God nie?
    Gaan lees nou weereens Dawid se psalm en word verstandig want die liefde waarvan Dawid praat is nie homoseksuele liefde nie, maar die van diens en opoffering soos Jesus 'n dienskneg geword het.
    Daar was ouens in die ou weermag wat hul gewonde makkers onder vyandelike vuur van die slagveld verwyder het want so sterk was die band van vriendskap onder hulle, dat hul nie geskroom het om hul eie lewens in gevaar te stel nie.
    Dus in kort God het die gedagtes by die Bybelskrywers laat opkom, en dit laat neerskryf sodat die mens soos Dawid tot bekering moet kom en sy geloof en afhanklikheid van God moet bely.
    Die mense wat die kantelende ark wou keer het mos 'n verbod verontagsaam en dit staan nêrens dat hul nie gered is nie. Jou probleem is dat God by jou en ander 'n soort paniekknoppie geword het , wat jy druk en as daar geen reaksie is nie of gewenste uitkoms, dan is God 'useless' en beteken niks.

  • FC Boot
    Jou dans op brandende kole (my argumente) probeer jy jou onvermoë om jou sektariese minderheidsdenke onder die breë spektrum van die Christendom te verbloem deur my aan te spreek as 'n grammafoonplaat wat vashaak. Indien jy my kernvrae, soos hierbo as voorbeeld genoem, ooit beantwoord, het ek nie nodig om hulle te herhaal nie.
    Omrede homoseksualiteit teen jou eie waardesisteem indruis, probeer jy die duidelikste Bybelse vertelling van Jonatan en Dawid se homoseksuele liefde vir mekaar sublimeer deur te skryf: "die liefde waarvan Dawid praat is nie homoseksuele liefde nie, maar die van diens en opoffering soos Jesus 'n dienskneg geword het", welke vae stelling van jou mbt Dawid, jy nie Bybels kan staaf nie, en daardeur jou gebrek aan Bybelkennis ten toon stel.
    Weersprekings, wat algemeen in al jou argumente voorkom, word met die volgende voorbeelde hierbo uitgewys:
    (1) "(God het) dit laat neerskryf sodat die mens soos Dawid tot bekering moet kom en sy geloof en afhanklikheid van God moet bely." (Terloops daar is geen Bybelse stawing vir hierdie stelling nie, wel 'n eiesinnige veralgemening aan jou kant).
    (2) "Die mense wat die kantelende ark wou keer het mos 'n verbod verontagsaam en dit staan nêrens dat hul nie gered is nie."
    Jou weerspreking: Met Dawid is dit 'n geval dat hy nie deur God gedood is nie want hy "het mos (nie) 'n verbod verontagsaam" soos moord, egbreuk, TABERNAKEL-ONTHEILIGING, oudste seun laat doodmaak, en vele meer ander sondes; maar wel Sy getroue gelowiges wat die besonderse eer geniet het weens hulle geloof in God, om die ark te dra, onmiddellik gedood vir die enkel opgeskrewe daad dat hulle wou keer dat die ark nie omkantel nie, en jy sê: "want hulle het mos 'n verbod verontagsaam" (watter verbod?).
    Dan die lagwekkendste van jou stellings: "dit staan nêrens dat hul nie gered is nie (arkdraers wat gedood is)". Redding was by my nooit ter sprake nie, maar die onlogika daaragter, nl God straf geredde siele met die dood! Jy word eers gedood, en dan word jy gered! As dit Goddelike logika is, dan ongetwyfeld is die menslike logika meer verhewe!

    • Beste Jaco
      Twak man. Jy het self elders erken dat net 3% van die wêreldbevolking homoseksueel is. Dit beteken dat 97% nie is. Jy kan dus maar aanneem dat dit nie net teen my maar teen biljoene mense se waardesisteme indruis.
      Jy sê Die hele hoofstuk 1 Sam 40 gaan oor Dawid en Jonatan? Wat jy waar in Bybel kry? In Dawid se treurlied oor Saul en Jonatan skryf Dawid in vers 26 oor Jonatan.
      Ek is so hartseer oor jou, my broer,
      my heel beste vriend, jou vriendskap was vir my meer werd,
      as al die vroue se liefde.
      Dawid slaan dus vriendskap hoër aan as die liefde van vroue. En dit is kameraadskap tussen soldate.
      Daar is geen groter liefde as die liefde van iemand wat bereid is om vir ander te sterf nie. Jou taktiek is duidelik om Dawid en Jonatan na jou vlak af te trek.

  • Kan ons net almal saamstem dat die bybel en al sy goddelike inspirasie verkeerd is?
    Is dit so moeilik om net die bybel te lees vanaf 'n objektiewe oogpunt en agter te kom hoe arrogant jy is. Dat daar 'n skepper is en hy gee by voorbaat baie oor jou om en hoe jou lewe moet vlot loop, en as iets verkeerd gaan is dit maar net god se wil?
    Dat al die skrifte afgewater is en maar net gesteel by ander gelowe bv Amen Ra.
    Dit is nie moeilik om te sien dat die Abrahamiese god maar net 'n slagter en verwoester is nie. As jy werklik godsdiens wil ernstig opneem sal ek wil hê dat predikante moet eerder gaan na Isis want dit is die tipe god wat in die bybel voorkom.
    Maar leer die natuur ons nie? Nee nie eintlik nie, want daar is meer homoseksualiteit wat daar voorkom as wat ons wil erken. Ons draai maar net ons koppe teen feite vas en glo al die onmoontlike wat maar net opgemaakte fabels is.
    Dit is dan maklik om te sien hoe wonderlik en almagtig die natuur en heelal is. Wetenskaplikes probeer verstaan wat aangaan sodat dit ons eie lewe kan verbeter en ook ons omstandighede. Daar gebeur absoluut niks wanneer jy bid en vra vir iets nie, en dit is nie moeilik om raak te sien nie.
    Die mens kan nie met god kommunikeer nie en as ons kon hoekom het hy dan nie gegaan en almal vertel dat hy die god is nie. Maar nee hy laat openbaar homself net aan 'n hand vol mense en almal moet dit glo. Selfde manier hoe alle ander gelowe ook begin het.
    Ek is nie 'n ateïs nie en sal ten verste erken dat daar dalk 'n God mag wees wat alles gemaak het. Maar ek kan jou waarborg daar is nie 'n persoonlike god nie, ek kan jou waarborg Jesus gaan NOOIT terugkeer nie. Daar is nie 'n wegraping nie, daar is nie 'n nuwe Jerusalem nie. En as daar steeds twyfel is dan sal ek maar net met my selfoon dit sommer 'live' kyk hoe beeldskoon die hemel is.
    As daar enige onduidelikheid of spelfoute is. Ek is meer as welkom om enige kritiek te aanvaar sodat ek dit kan regstel en leer hoe om dit beter aan te wend in die toekoms.

  • F.C.Boot

    Jy reageer vier maande later! Jou beheptheid met my homoseksualiteit, sê vir my jy wil aan my iets te kenne gee wat jy nie wil verwoord nie.

  • Hi daar,
    Ek is ’n Christen en as sulks wil ek uit die staanspoor dit graag duidelik maak dat ek nie homoseksualiteit veroordeel nie. Die oordeel kom my nie toe nie. Ek kan net liefde aanbied want my God is ’n God van liefde.
    Die sleg wat in my lewe gebeur is nie God se wil nie. Hy wil graag he dat ek ’n lang vreugdevolle en vrugtevolle lewe het. Hoe anders kan ek liefde verkondig? Die grootste geskenk wat God aan mense gegee het is ’n vry wil. Ons moeilikhede is ’n resultaat van ons besluite in die lewe en as menslike wesens neem ons nie altyd die beste besluite nie ... Veral waar ego, geld en so aan betrokke is.
    Ek glo in Gen 1 en 2 omdat ek verstaan wat ek lees. God het nie aan ons ’n geskiedenisboek nagelaat nie, maar n geestesleiding. As jy ’n 19toet bybel het wat nog verwysings in die middel het sal jy sien dat jy Genesis 1 en Johannes 1 saam moet lees. Hulle verwys na die skepping van godheid by die mens. Hoe anders kan iets leeg en woes terselfdertyd wees? Leeg van Godheid en woes van geen Godheid teenwoordig.
    Miskien is dit daarom dat God sê sy volk gaan ten gronde as gevolg van onkunde.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top