Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
LitNet2009-12-07 (Ware verhaal na die selfmoord van my grootmaakseun in 1998.) Rooikopkind, sproetneusseun, ek wou jou wragtig nie hê nie. Jy is sommer so op my afgedruk, maar ek het jou gevat omdat al die ander jou nog minder wou hê. Nie eers jou ma ...
LitNet2009-12-04 Ek wil op 'n duin se kruin In die Weskaap gaan sitOop oë by die blinkwater dutTot die singende stilte ... my sielskoonwas Ek drink die bitter bloed van verlangeEk was my hande in trane van hartseerEk stap die smal pad van eensaamheidWat my ...
LitNet2009-12-04 1. Moenie in die see swem nie. Meer as 99% van alle haai aanvalle gebeur in groot watermassas, ook bekend as 'n oseaan of die see.Die manier om vas te stel of jy in 'n oseaan is, is om die water te proe. Dit behoort sout te smaak. 2. Swem ...
LitNet2009-12-04 Kleinding was besonder stil vanoggend op pad skool toe. Staar en frons so op sy eis. Soos 'n Ma mos nou maar is, begin my gedagtes in trurat oor die afgrond wankel ... wat het hy nou weer by die huis vergeet, of vergeet om watter huiswerk te ...
LitNet2009-12-03 Na vyf maande hier in Suidoos Asië vertrek ek môre terug na Suid-Afrika. Volgende week hierdie tyd sal ek by Langebaan sit en 'n koue drink (nie 'n Anker of Bintang nie!) en weereens besef hoe wonderlike land ons het. Om weer ...
LitNet2009-12-02 Dis amper weer Kersfees. Vir die meeste kinders is dit 'n tyd van opgewondenheid en afwagting om te sien of Kersvader tog asseblief hierdie jaar die geskenke wat hulle gevra het, sal bring. Vir ons grootmense? Rondhardloop van winkel tot winkel ...
LitNet2009-12-01 Eendag, omtrent so 2 000 jaar gelede, was daar 'n donkerkopmeisie van Joodse afkoms. Haar naam was Maria. Dit is nie duidelik of sy juis mooi was nie. Ek sou sê sy was jonk, nie baie lank nie, met 'n blas vel en lang, donker hare. ...
LitNet2009-11-30 Eendag, nie so lank gelede nie, was daar 'n moeder wat haar doopgelofte baie toegewyd nagekom het. Sy het haar kinders Bybelname gegee en hulle in die vrese van die Here opgevoed. Elke oggend en aand is daar met Skriflesing en gebed ...
LitNet2009-11-29 Een van die seuns in ons familie het Asperger-sindroom, en ten spyte van al die drama het die knaap tog 'n sin vir humor. Sy ma laat al haar kinders bid voor hulle gaan slaap, en meneertjie dink toe dis 'n gulde geleentheid om sy wangedrag ...
LitNet2009-11-28 Hoekom is ek so lief vir Sondae? Die dag skyn anders op die Sabbat. Met apologie aan daai seunsband wat ek so haat, sondae skyn-heilig ... Dis asof, Goddank, sommige mense nog die oerboodskap verstaan. Wees rustig. Kalm. Moenie jou upset oor die ...
LitNet2009-11-27 Daar is verskeie mense wat die laaste tyd weer praat oor die verskil tussen die geslagte. Op 'n ligter trant dink ek tog die meisies moet dalk besorgd wees as hulle mans soos hierdie begin optree.Lekker dag meisies (en mans)!Flerrie
LitNet2009-11-26 Ek sit vandag en dink vreeslik aan my ouma, ek het haar so lanklaas gesien, die dat sy op Standerton bly, ek dink ek moet gaan kuier, sommer volgende naweek. Sy is werklik die een mens wat die grootste impak op my lewe gehad het. Sy versinnebeeld ...
LitNet2009-11-25 "... jy moet guts hê, en alles sê voor God. Never mind the judge of die koort van hierdie wêreld, maar voor die Here moet jy erken ..." - Map Jacobs uit Adam Small se Krismis van Map Jacobs. Op die hoek van Andrew Gordon ...
LitNet2009-11-24 Sy het met Blessing op haar rug en 'n tas in elke hand van die bus afgeklim op Park Station. Van Zambië af. In die een tas hulle klere en in die ander 'n industriële naaimasjien. Haar man was reeds ‘n jaar besig om te ...
LitNet2009-11-23 Daar was 'n tyd wat indien dit gemeet kon word, lank gelede was. Tog, indien 'n mens daaraan dink, is dit soos gister. Dit was die dae toe daar nie soveel soorte gemors pap verkoop is nie. En die stapel van die oggend was mieliepap, gemeng ...
LitNet2009-11-22 'n Perfekte dag gebeur selde. As jy wakker word en weet dit gaan mooi wees - als aan die dag gaan uitwerk soos jy dit wil hê.As die lug blou is, die son nie te warm nie, die ligte windjie wat waai net genoeg om jou lyf matig te hou. As ...
LitNet2009-11-21 Vir julle manne wat graag deur die sleutelgat loer.Juffrou tydens seksvoorligting :"Luister maatjies, die lewe en die liefde werk so: Alle seuntjies is met sleuteltjies geskape en alle dogterjies met slotjies. Net een sleuteltjie word gemaak ...
LitNet2009-11-20 Hi Erika, Jy klink vir my na so ‘n "compassionate" persoon. Dankie dat jy namens my opstaan teen Kobus se veroordelings. Ek is so bitter jammer om te hoor van jou seuntjie. Geen ouer behoort ooit 'n kind te begrawe nie. Ek is ...
LitNet2009-11-19 Dawid is sy naam. Boesman is hy. Ek ontmoet hom eensaam en verlate naby die Brandberg, op pad na êrens. Hy vra nie, hy wink nie, hy kyk net. Ek stop."Mirrag, meneer. Meneer het nie dalkies water vir my?"Hy ledig 'n twee liter ...
LitNet2009-11-18 Vanoggend, toe 'n goeie vriendin laat weet sy moet vanmiddag vir 'n ondersoek na haar ginekoloog gaan, onthou ek weer 'n ware storie wat in een van die vrouetydskrifte verskyn het. Dié dame het 'n soortgelyke afspraak gehad, ...