Bokomo-brekfisbrief; 30/11/09: Asperger: Op 'n ligter trant

  • 0

Een van die seuns in ons familie het Asperger-sindroom, en ten spyte van al die drama het die knaap tog 'n sin vir humor. Sy ma laat al haar kinders bid voor hulle gaan slaap, en meneertjie dink toe dis 'n gulde geleentheid om sy wangedrag te reverdig. Na hy dankie gesê vir als wat lekker is, bly hy 'n rukkie stil en vra ewe sedig:

"En Liewe Jesus, gee my tog dalk net so klein bietjie sonde."

Amen en sela!

Jacqueline P

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top