Bokomo-brekfisbrief; 29/11/09: Sondae

  • 0

Hoekom is ek so lief vir Sondae?

Die dag skyn anders op die Sabbat. Met apologie aan daai seunsband wat ek so haat, sondae skyn-heilig ... Dis asof, Goddank, sommige mense nog die oerboodskap verstaan.

Wees rustig. Kalm. Moenie jou upset oor die drama van die week wat verby is nie, wees dankbaar vir die een wat kom.

Onthou om jou ma te bel. Jou suster en broer. Jou vriende. Hulle is die familie wat jy kan kies as joune ver is.

Sit in stilte en luister na die buurt. Selfs al is daar soms ongenooide gaste wat jou erf as deurgang gebruik.

Kyk hoe sak die son oor die Sentec-toring, daar, Brixton se koers.

Asem stadig soos die hond wat by jou voete rus.

Maak vrede met jouself.

Dis nie so moeilik nie.

Groete,

Ada

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top