Bokomo-brekfisbrief; 04/12/09: Amper daar

  • 0

Na vyf maande hier in Suidoos Asië vertrek ek môre terug na Suid-Afrika. Volgende week hierdie tyd sal ek by Langebaan sit en 'n koue drink (nie 'n Anker of Bintang nie!) en weereens besef hoe wonderlike land ons het.

Om weer Tafelberg te sien en rond te loop in Kaapstad ...

Ek sal ook by 'n eertydse kollega inloer wat nou 'n ou wynplaas in Stellenbosch het - ek moet net van sy goeie rooiwyn kry om die tuiskoms te vier!

Dan terug na die Hoëveld deur die Karoo en die Vrystaat - as ek verby Bloemfontein ry, kyk ek altyd lank na die 'koeikamp' waar ek bloed gesweet het in die Parabats, so lank gelede. Verder aan verby my geboortedorp, oor die Vaal en dan eindelik tuis.

Miskien 'n paar dae in Pilanesberg, of dalk die pad vat Hluhluwe-Umfolozi toe ...

Ek dink al aan die goeie kos, orde op die paaie, geen motorfietse, om Afrikaans te hoor, boekwinkels ... duisende dinge wat so maklik aanvaar word totdat dit gemis word in die vreemde.

"Man, it's great to be back home ..."

Dok

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top