Bokomo-brekfisbrief; 05/12/09: 'n Gevoel vir elke dag?

  • 0

Kleinding was besonder stil vanoggend op pad skool toe. Staar en frons so op sy eis. Soos 'n Ma mos nou maar is, begin my gedagtes in trurat oor die afgrond wankel ... wat het hy nou weer by die huis vergeet, of vergeet om watter huiswerk te doen ... ens terwyl een oog soekend vir 'n oprit is om gou 'n u-draai te maak ... Wat's fout? Vra ek half mikkend vir daai pavement ... "Oh, well ... (sug) it's just kind of weird, you know ...?" en staar die verte in.

Ja-nee, pre-teens ... en hul dinge. Nou wat is dan nou so weird, pols ek vir 'n verduideliking.

"It's a no-day today" 'n Wat? vra ek ... (nog nie koffie gehad nie). "It's a real no-day today, it doesn't feel like a Friday" Hoe so? Hoe voel 'n Vrydag dan?

"You know, like a Friday!" Duh, asof ek nou die mees simpelste vraag denkbaar gevra het. "A Friday feels like a Friday when you know tomorrow it's a Saturday!" Oh ... nou verstaan ek. Emosies!

Elke dag het 'n specific emotion/s wat aan die dag gekoppel is. Maandag is swaarmoedig met vooropgelaaide stress van die week wat voorlê, werk wat agterstallig is, nuwe werk wat voorlê ens. En so het elke dag sy "eie" plekkie in die week. Sy eie emosies en gevoel en hoe die meeste mense elke dag van die week min of meer dieselfde motions deel. So asof die natuur dit klaar so bestem het. (Slim, sodat die meeste op 'n Sondagmiddag relax.)

Maar, tog is hy reg. Vandag voel wraggies net te weird om 'n Vrydag te wees ... so half asof hierdie dag nie vandag hier hoort nie ... vreemde gevoel.

Feit bly staan, môre sal steeds Saterdag wees!

Groetnis,

Sue

(En hier is hy nou! Lekker Saterdag! Webvoet)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top