Bokomo-brekfisbrief; 09/12/09: Kersfees

  • 0

Dit is bekend dat Christus ongeveer 4 vC te Bethlehem gebore is in 'n stal. Dit was die tyd van die groot sensus, dus so ongeveer Septembermaand.

Veral na Jesus se hemelvaart het mense baie privaat die geboorte van Jesus gevier. Hierdie is geen sakrament wat deur God/Christus voorgeskryf is nie, en is uit en uit tot voordeel van die menslike Godsdiensbeoefening. Dit is om aan die mens se behoefte te voldoen om die geboorte, nie soseer die geboortedag nie, maar die feit van die geboorte van Jesus Christus, te herdenk.

Dit is so dat daar sterk pagan konnotasies was met die datum, 25 Desember is, asook die krismisboom. Dit is so dat dit sekerlik gedoen is om die Yule te vervang ten einde die pagans se bekering te akkommodeer, - en dit hét - tot eer van Christus!

Geskenke is oorspronklik - en simbolies - die Oosterse pagans het aan Christus kom eer betuig en die knie tóé reeds voor Hom gebuig, en die geskenke wat hul gegee het, is hulle submissie teenoor Hom.

Daarom vier ons nie meer Yule nie, het nog nooit, want Yule is vir alle praktiese doeleindes oor die algemeen daarmee heen, in die vergetelheid, maar ons vier die advent van die geboorte van ons Verlosser, Jesus Christus - 'n gróót gebeurtenis vir alle mense.

En Christus weet dit.

Ek voel persoonlik nie gemaklik met die krismisboom en geskenke nie, en sal eerder op daardie dag uitgaan en soos Ellen B (ge)doen (het) - het dit baie dikwels al gedoen (hoewel ons nie kan harp speel nie), en ander se dag gaan bly maak - dit is die ware geskenk!

Eenkeer só 'n Kersdag het ons vroeg die oggend gegaan na die eerste hospitaal en daar was baie mense wat nie familie daar gehad het nie. Daar is vir hulle musiek gemaak, en gesels en gepraat, en waar aangedui, met gebed bedien.

Dit was 'n vermoeiende oggend maar besonder vervullend en bevredigend. Die Vrede was oorweldigend. Dit het egter baie langer geneem was wat ons aanvanklik gedink het, omdat daar soveel mense daar was, en was middagetenstyd op pad terug huis toe met die wete dat daar nog niks daar voorberei was nie (en ons wou nog 'n tweede hospitaal die namiddag besoek), toe die selfoon lui ... 'n Joodse vriend (glad nie Christen nie, en 'n skatryk man) deel ons mee dat hulle weet waarmee ons besig was, en ons moet asseblief by hulle iets kom haal op pad huis toe. Daar aangekom, het hy en sy vrou vir ons hulle gesinsmaal, die gebraaide kalkoen met al wat lekkerny is, gegee, en aangedring dat ons dit neem, uit respek vir wat ons bereid was om vir ander te doen. Hoe het hulle geweet? Hoe het hulle geweet dat ons self nie kos voorberei het nie? Feit is, hulle hét! En hoe en met hoeveel liefde is ons onverwags en rojaal bedien!

Dit is die wonderlike Gees van Christus wat oor Kersfees, 25 Desember, heers vir dié wie dit in opregtheid vier ... het hierdie dinge 'n prys? Nee, dit is van onskatbare waarde.

Hou dus maar op om dinge verdag te probeer maak. Ons weet wat ons aan Christus en ons Fees vir Hom, het.

Groete, en geseënde Kersfees, en dankie vir jou Kerswense, Wouter!

Kobus de Klerk

(Om regverdig te wees gee ek Kobus ook 'n beurt ... Webvoet)

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top