Bokomo-brekfisbrief; 06/12/09: Hoe om 'n haai-aanval hierdie vakansie te voorkom

  • 0

1. Moenie in die see swem nie.

Meer as 99% van alle haai aanvalle gebeur in groot watermassas, ook bekend as 'n oseaan of die see.

Die manier om vas te stel of jy in 'n oseaan is, is om die water te proe. Dit behoort sout te smaak.

2. Swem saam met vet mense.

Sorg altyd dat daar groot, vet mense saam jou in die water is. Die kanse dat jy vinniger as hulle kan swem en wegkom is baie goed.

3. Moenie in die water gaan sonder 'n mes nie.

Dis sodat jy die swemmer naaste aan jou kan steek as jy 'n haai gewaar. Sodra hy lekker bloei, swem so vinnig weg as wat jy kan.

4. Luister noukeurig!

Elke Haai het 'n Theme Song - As jy dié volgende hoor: "daaa-dam, daaa-dam, daaa-dam"... swem vir jou lewe:
En as dit so klink: "dadam, dadam, dadam" - dan is jy klaar in jou glory.

5. Moenie paniekerig raak nie.

Bly kalm as 'n haai jou byt. Jy is in elk geval in jou glory in en dit sal nie help jy probeer vlug of oorleef nie.

Die mense op die strand sal dit waardeer, want om iemand soos 'n mal mens te hoor skreeu en gil, is nie lekker nie en kan die hele vakansie-atmosfeer bederf.

Dink ook aan die kinders op die strand....jou gille kan 'n lewenslange letsel op hul laat.

Lekker swem ...

Blou Makou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top