Ek wil op 'n duin se kruin
In die Weskaap gaan sit
Oop oë by die blinkwater dut
Tot die singende stilte ... my siel
skoonwas
Ek drink die bitter bloed van verlange
Ek was my hande in trane van hartseer
Ek stap die smal pad van eensaamheid
Wat my teruglei na jou en vryheid
Dit sal weer reën
Die woestyn sal weer blom
Die leë huis sal weer lewe
En spelende kleintjies buitentoe kom
Ek wil jou inasem, jy
Soos 'n soete hooireuk
Soos witgras na 'n los bui
En duiselig word van die bly
Karin


