Bokomo-brekfisbrief; 14/12/09: Wonderwerke

  • 0

Ongeag verskeie vraagtekens oor maagdelike geboortes op die werf, beleef ons verskeie wonderwerke met Kersfees om die draai.

Kuiken se goudvis, Sputnik, het na ‘n week se stryd teen die dood, as gevolg van ‘n oordosis pers goed vir parasiete, dit deurgehaal en is perdfris en gesond. My gewete het my amper poer in die moer gehad oor die glips.

Grootvoël vlieg Dawson City toe Woensdag, maar eindig op in Inuvik, Northwest Territories nadat die loods na ‘n vierde poging om in die digte mis tussen die berge by Dawson te land, dit laat vaar het om noord van die poolsirkel te gaan sit. Grootvoël is ongedeerd na 7 ure in die lug en het intussen ook ontdooi.

My bejaarde Malamoet huppel soos ‘n jong hond in sy rystoel in die sneeu rond.

Apollo, die wolf het die reuk van die eerste wandelende moose deur ons tuin gekry en die koddige bok vredig sy gang laat gaan.

Geseënde Kersfees aan almal wat geseënd wil wees.

Swaeltjie,

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top