Het nou die dag hierdie weergawe gehoor ...
Die mamma vat haar 16jarige dogtertjie dokter toe, die kind word vet, is naar in die oggend en vreet die snaaksste goed, vertel sy hom. Na 'n deeglike ondersoek vertel hy vir mamma dat doggie swanger is. Nee, protesteer mamma, doggie is nog 'n virgin, so sy diagnose is absurd.
Ook doggie beaam dat sy beslis nog 'n virgin is en nog geen man naby haar was nie. Die dokter gaan staan by die venster en tuur uit in die vêrte. Na 'n halfuur wil mamma weet wat hier aangaan. Hy sê toe: "Die laaste keer toe ek van so-iets gehoor het, het daar 'n ster uit die ooste opgekom, 3 wyse manne het oor die vlakte aangekom en ek het dit nie gesien nie, maar hierdie keer maak ek dêm seker ek gaan dit nie mis nie."
Groete,
Wimpie


