Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
André Fourie2012-03-15Ooit die boek “Rags Of Glory” deur Stuart Cloete gelees? Indien nie vir diegene wat oor die tweede Engelse oorlog belangstellend is, sal ek, dit graag aanbeveel.
Kobus de Klerk2012-03-14Dit is heerlik om te sien hoe die darwiniste eenvoudige begrippe soos onverminderbare kompleksiteit in organe of sintuie probeer wegredeneer ...
CreativeSpark2012-03-14Kom ons behandel ’n geval vanuit die diep-darwinistiese kamp – een van hul pogings om gefundeerde kritiek die hoof te bied met “wetenskap”.
Kobus de Klerk2012-03-14Kom ons behandel ’n geval vanuit die diep-darwinistiese kamp – een van hul pogings om gefundeerde kritiek die hoof te bied met “wetenskap”.
Johannes Comestor2012-03-14In die nuwe Suid-Afrika het dit gewoonte geword om te sê dat lede van terreurbendes wat in die vorige politieke bedeling deur die veiligheidsmagte gedood is, "vermoor" is.
Kobus de Klerk2012-03-14In ’n onlangse kommentaar op een van die darwinisme artikels wat ek plaas, maak Angus die volgende opmerking “ Fossiele is egter maar net ? bonus ter ondersteuning van die evolusieteorie. Die werk wat op die gebied van die genetika gedoen word, is ? sterker bewys vir evolusie … Die eintlike bewys lê in die werk van die genetici, want die geen bly byna onveranderd vir miljoene jare. Gaan lees maar Dawkins se The Selfish Gene.”
Thomas2012-03-14Kobus de Klerk, een van Google se voorste gebruikers en ’n groot voorstander van geloof sonder bewyse oorspoel deesdae die Sê met brokkies inligting wat hy vanaf kreasionistiese webwerwe kopieer en dan aan ons hier opdis.
Angus2012-03-14Sedert Copernicus en Galileo het die Bybel al sy geloofwaardigheid begin verloor, maar Darwin se evolusieteorie het dit drasties laat ineentuimel.
Panda2012-03-14Die pragtige skouspel van die planete Venus en Jupiter saans in die weste het die afgelope tyd die kalklig gesteel maar so stilweg het Mars intussen ook op die verhoog verskyn.
Namib2012-03-13Ek persoonlik dink dis tyd vir die SA regering om bakhand te gaan staan voor die VSA regering en in die naam van ‘red die renosters’ te pleit vir ‘n paar van hulle ‘drones’ en mense om dit te opereer.
Angus2012-03-13Soos gewoonlik, en almal weet al daarvan, maak Kobus uit die duimgesuigde bewerings, of hy haal aan uit Kreasionistiese twak, as hy beweer dat volgens die evolusieleer die een spesie uit ’n ander “te voorskyn kom”.