Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
Jacques van der Elst2012-03-02Die Afrikaanse Taalraad wend dringend ‘n poging aan om ‘n gesprek op die hoogste vlak oor Afrikaans met die ANC aan te vra. Aanleiding hiertoe is ‘n implisiet Afrikaans-vyandige klousule, verskuil in die voorgestelde Talewet.
Johannes Comestor2012-03-01’n Britse oud-premier, John Major, het ’n boek oor krieket gepubliseer, naamlik More than a game (London: Harper Perennial, 2008, 433p).
Thomas2012-02-28Die afgelope ruk het ek as gevolg van ander verpligtinge maar min kans gekry om ’n bydrae tot gesprekke hier op die Sê te maak – iets waaroor die ouens wat my verpes seker innig dankbaar is. Danksy die verbeterde tegnologie kon ek darem elke aand voor slaaptyd vinnig die iPad van die bedkassie af opraap om te sien wat wie te sê het.
Angus2012-02-28In my verbeelding kan ek julle al sien sit, so voor julle rekenaars. Moue opgerol, salpeter wat uitslaan om die oksels, skuim om die mond, terwyl die sleutelbord so kort-kort misgekap word om tog hierdie agnoste eens en vir altyd op hulle plek te sit met bladsye en bladsye vol Bybelversies.