Hy staan en dink waar die muishond stink, ja die donkie is ’n wonderlike ding.
Dis nie vir spek en boontjies dat Jesus daarop aangedring het om op ’n donkie Jerusalem binne te ry nie. Die donkie is nie sommer so ’n hier-jy ding nie, nee hy is ’n sterk mitiese motief. Die god Dionysus was ook lief daarvoor om op ’n donkie te ry, soos uitgebeeld op vase wat opgegrawe is. Daarop wys dit hoe hy triomfantelik wydsbeen op die donkie sit, ’n goeie voorbeeld vir Jesus later, toe hy Jerusalem binnegery het en die mensdom palmtakke op sy weg versprei het.
Met die skepping van Dionysus het die donkie ook sy rol gespeel. Toe die pelgrims van Athene langs die Heilige Weg geloop het op pad na Eleusis, het ’n donkie al die fieterjasies gedra wat hulle sou gebruik om Dionysus te maak. Die massas het ook palmtakke op die pad gestrooi, net soos met Jesus.
Alhoewel die donkie dikwels die simbool van nederigheid is, was dit eens die simbool van wreedheid en was hy gereken as die laagste van alle diere. Lank voor Christus se skepping van die hel, is die mens al geteister met gruwelikhede na die dood. Een van die uitbeeldings wys ’n man in die onderwêreld wat vir ewig ’n tou moet vleg, terwyl ’n donkie dit vir ewig opvreet. Min of meer soos ons ateïste met ons gebrek aan spirituele intelligensie stories van Kobus se hogere spirituele prestasies moet opvreet. Uiteindelik sien hy (dis nou die spirituele Kobus) homself, die Godsman wat triomfantelik Jerusalem sal binnery op hierdie agnostiese esel, terwyl die skare palmtakke op sy pad strooi. Ai, tog, die verbeelding darem! Hoekom kom die naam Walther Mitty by my op as ek Kobus se naam sien? Wie was dit?
Groete
Angus
Kommentaar
Walther Mitty “kom by jou op”, Angus, omdat jy versot is op mites en fabels. Soos daar op Engels gesê word, “you’re a sucker for being suckered”.
Kyk byvoorbeeld jou hantering van Jesus – Hóm assosieer jy met Griekse fabels - synde fabels, weet almal vandag dat dié fabel figure nooit werklik geleef het, nie, maar jy neem die realiteit van die HERE Jesus Christus, natuurlik op jou dom (omtrent Jesus) manier en vervleg dit in ’n fabel en mite, sodat jy dit in jou verwarde siel as ’n soort van Angus waarheid aanneem - nooit jou eie oorspronklike denke en innerlike vrug nie, maar altyd die innerlike vrug van ander wat jy aanbied as ’n deur-jou-verfomfaaide stukkie papegaai-napraat;
Kyk nou byvoorbeeld ook na jou hantering van my – die realiteit van my word nou deur jou vervleg met die fabel, die mite, van fabel figuur Walther Mitty. Nou bestaan ek vir jou, of die fabel Mitty, vir jou, as ek - nooit jou eie oorspronklike denke en innerlike vrug nie, maar altyd die innerlike vrug van ander wat jy aanbied as ’n deur-jou-verfomfaaide stukkie papegaai-napraat;
Kyk byvoorbeeld selfs na jou hantering van die skepping van die aardse natuur deur God – die realiteit daarvan word deur jou vervleg met die fabels en mites van darwinistiese ontstaansevolusie – en al wat nou vir jou bestaan, is daardie fabels - nooit jou eie oorspronklike denke en innerlike vrug nie, maar altyd die innerlike vrug van ander wat jy aanbied as ’n deur-jou-verfomfaaide stukkie papegaai-napraat.
Dít is hoekom die fabel en mite van Walther Mitty by jou “opkom” – jy leef in ’n wêreld van fabels en mites wat jy deel met ’n paar nes jy, ’n wêreldjie wat julle vir jul self geskep het, wat met realiteit en werklikheid, baie min te make het – julle het tot ’n nar daar in julle wêreldjie wat julle dikwels aanpor om julle te vermaak – Kerneelsie. Jou mater, Chris “Gilgamesh” Dippenaar, sien en beskryf vir Kerneelsie juis as só ’n esel (nie donkie nie), een wat is soos julle, maar met baie mitologiese bagasie uit die spektrum religieë wat Kerneelsie vir die spektakel, saamdra. Mens besef hoe komieklik Kerneelsie is wanneer hy manifesteer - dán skellende spoegende skuimende en dán skielik weer slymerig, drupperig, temerig, glibberig, huilerig, en selfs soms so 'n poespas van dit alles (eintlik moet hy poespas-Kerneelsie heet), maar nóóit rasioneel nie… maar dit is darem báie immoreel van julle om hom só te woer-woer vir julle eie vermaak… nie dat julle jul aan moraliteit sou steur nie.
Maar, ja, soos dit maar is, het jy ook self oor julle soort geprofeteer sonder om dit self te besef… die HERE Jesus Christus sál as Oorwinnaar opdaag en julle sál Hom in nederigheid dien wanneer dit gebeur, al is dit dan nou soos donkies. Jou verwarring van die HERE met my, is weens my openlike verbintenis met die HERE en jou insigloosheid en jou onvermoë om realiteite na waarde te ag, te onderskei en te hanteer. En só was jý, die spotter, terwyl jy spot, nou die onwillekeurige instrument van ’n profesie - ’n báie spirituele gebeurlikheid… só gebruik die HERE enigeen, enige tyd, vir Sy doel.
O, jy wil betwis dat jy onbewus spiritueel gebruik is om te profeteer oor jouself en ander soos jy?! Jy herken en erken nie jou uitlating as 'n spirituele gedraging en aktualiteit, nie? A! Nou dit is waar die gebrek aan Spirituele insig en Intelligensie manifesteer - 'n baie goeie voorbeeld.
Kobus de Klerk
Beste Walter, ag, ek bedoel, Kobus,
Og, droomwêreld?
Dié “droomwêreld” waarin ek lewe is die werklikheid, is nie ’n droom nie – waar daar biljoene is saam met my wat die werklikheid daarvan ook ken.
Die massa gelowige mense wat die aarde al die afgelope derduisende jare bewoon het en steeds bewoon, se spiritualiteit is die werklikheid enweet dit. Die welbekende Franse paleontoloog en Jesuit, Pierre Teilhard de Chardin, is bekend vir sy gesegde “We are not human beings having a spiritual experience; we are spiritual beings having a human experience..” en eggo daarmee die oortuiging van meer as negentig persent van die wêreldbevolking van alle tye af – mense erken, gebruik en geniet hul spiritualiteit en biljoene van hulle, bewerkstellig hul verhouding met God, met die HERE Jesus Christus, daarmee.
Hoekom weet jy dit nie ook nie? Wat is fout met jou? Natuurlik, daardie selfdesepsie sindroom waaraan julle ly. Nou vang julle allerlei aan om die lewe bietjie minder vaag te maak – jy, byvoorbeeld, is vasgevang in die betrapping en verlokking van jou eie wêreldjie – die dat jy só aanklank vind by die mite figuur Mitty.
Daarom weet ons ander, dit is jý en die minuskule paar ewe ongelowiges saam met jou, wat in dié droomwêreld van mites en fabels leef en alles natuurlik en realisties om jou heen, ook só sien.
Kobus de Klerk
O, Kobus, jy sê jy leef nie in ? droomwêreld nie. Die spirituele wêreld waarin jy lewe is die werklike wêreld. O, en saam met jou is die massa mense wat derduisende jare geleef het en nog leef. Ek veronderstel jy ervaar en kommunikeer ook met hulle in hierdie werklike wêreld van jou op die gewone manier. Goed, Kobus, ek verstaan nou. Sê my net een ding: watter taal praat jy met iemand wat derduisende jare gelede geleef het?
Angus,
Daar is géén punt in om Spirituele kommunikasie vir jou te probeer verduidelik nie – jy is eenvoudig te bevooroordeeld (báie vêr by skeptisisme verby) en daarom, te insigloos –
In die eerste plek is daar géén sprake van “gelewe hét” wanneer dit by die HERE kom, nie – dit is ’n kwessie van nóú nog lewe en áltyd (in die mees ekstensiewe konteks van daardie begrip) sál bly lewe.
Tweedens vind die Spirituele kommunikasie in die Spirituele dimensie plaas, dit wil sê, die nie-fisieke en is die “taal” nie dié van die gewone geverbaliseerde woord volgens sekere taalkonstruksie en -elemente nie – dit is ’n kwessie van Goddelik Energieke kommunikasie impuls wat deur die brein kognitief in die vorm van begrip (in die vorm van begryp, bevatting, verstand) manifesteer. Die beste manier wat ek vir jou dit kan probeer verduidelik met ’n praktiese voorbeeld wat jy dalk sal kan eien, is dat dit woordeloos, maar báie effektief plaasvind, amper so iets soos wanneer diere met mekaar kommunikeer – het jy dit al opgemerk?
Daar is ’n ou gesegde wat sê dat die HERE alle tale wat op aarde gebesig was en word, magtig is – wat demonstreer dat God met enige mens suksesvol Spiritueel kommunikeer, selfs sonder dat die mens sy organiese sintuie hoef aan te wend, daarvoor. Sulke kommunikasie vind selfs plaas met mense wat in ’n koma verkeers, dus sans die vermoë om die organiese sintuie te benut.
de Chardin is eers in 1955 oorlede en was ook ’n geoloog. Hy was medeverantwoordelik vir die ontdekking van die Peking Man en hy word onbevestig indirek verbind met die Piltdown Man skandaal (bloot omdat hy 'n tand gevind het wat tot die gewraakte skedel sou hoort omdat dit gepas het, maar daarna niks verder daarmee te make had). Daar is baie van die detail van sy filosofieë waarmee ek nie akkoord gaan nie, maar hy was nie ’n natural theologist nie. Ek is verbaas dat jy dit noem, want die sogenaamde natural theology is juis een wat gebaseer is op die Griekse antieke model, waar rede en empiriese ervaring die sleutelelemente is en waarvan Zarathustra en Plato van die vierde eeu voor Christus juis die proponente was, maar de Chardin was nooit ’n proponent daarvan nie – hy is ’n Jesuit, verstaan jy nie die ingrypende verskille nie?
de Cardin is die persoon wat vir die konsep van die Omega Point verantwoordelik is – hy was ’n leidende proponent van die konvergente evolusieleer.
Steeds vandag en veral vandag, word die kernbegrip van “we are not humans having a spiritual experience, we are spiritual beings having a human experience” baie wyd gepropageer en geleer, met groot aanhang – een van die bekendste lewensinstrukteurs of -beraders, wat dié konsep suksesvol aanwend, is Robert Burney van Amerika, wat so ’n ‘one size fits all’ weergawe daarvan, ook aan ongelowige mense beraad, met sukses.
Kobus de Klerk
Beste Kobus