Agnostiese wetenskaplike onbeholpenheid

  • 11

Angus probeer weer die gewone ou ongesubstansieerde getjommel, nou ook wat partenogenese aanbetref. Wat die tegniese aspekte aanbetref, is dit suksesvol, hoewel lomp, reggekry – ons moet onthou dit was na alles net menslike wetenskaplikes… Dit weerspreek Angus se nosie dat dit nie moontlik is nie, wat hy self afgewater het, na “kom glad nie natuurlik voor nie” in die geval van mense – nee, want daar is vir mense as reël, die metodiek van geslagsgemeenskap, wat, terloops, ’n báie definitiewe Spirituele implikasie inhou.

Dus, die mens het bietjie báie gesukkel om die uitsondering op die reël te bewerkstellig, maar dit tog reggekry.

God is egter die Ontwerper én Skepper van die natuurlike prosesse en het ’n biologiese uitsonderings resultaat bewerkstellig met die uitverkore mens, die maagd Maria, die uitsondering op die reël, vir die Goddelike doeleindes daarvan en uiteraard ook soomloos en perfek só, sónder die lomp gesukkel van mense om dit uiteindelik met ’n muis reg te kry. In beide gevalle is die resultaat egter aangeteken – die Goddelike, vir Spirituele doeleindes en die menslike, vir wetenskaplike doeleindes as ’n leerkurwe – vandaar die verskil in rapportering en boekstawing van ’n uitsonderlike, maar steeds natuurlike proses.

En daar is níks wat ’n agnostikus, of enige kombinasie van hulle, daaromtrent kan doen, nie – die waarheid en getuienis daarvan staan soos ’n paal bo water.

Die getjommel van Angus oor die betrokkenheid van evolusie, is natuurlik absolute bog en niks daarvan kan hy bewys nie – hulle (die agnostici) maak aanspraak daarop dat hulle slegs aansprake kan maak wat deur húlle (wetenskaplikes) bewys kan word. Ons as gelowiges, maak aansprake wat rééds deur God vermag én dáárdeur, deur God bewys is. Vandaar dat daar geen begeerte of behoefte by ons is om dit wéér te wil bewys nie – waarom sou ons? Maar vir julle, die agnostici wat in ’n unieke kennis- en insig vakuum leef, is dit ’n obsessie om alles van vooraf te wil “bewys”, maar met patetiese en ontoereikende toerusting tot hulle beskikking, wat die resultate natuurlik uit die natuurwetenskaplike dissiplines verwyder en dit in die geesteswetenskappe, meer besonder, die filosofie, plaas.

Dit is vanweë die uitermate hoë insidensie van spekulatiewe en hipotetiese aannames waarop hulle dan teorieë, nie feite nie, bou en dan dié teorieë as “bewyse” probeer voorhou. Hoe onwetenskaplik, om iets as bewese uit te hou, wat nie bewys is, of selfs kán word nie, maar net as ’n teorie moet voortsukkel – Let maar op die darwinistiese evolusieleer en die getjommel wat Angus in sy artikel, aanhef in daardie verband.

Dan maak Angus die stelling dat die wetenskappe (wye begrip) hom besighou met nuwe ontdekkings en die toets van alles in die soeke na valshede – die bona fide wetenskappe, ja, maar beslis nie die filosofieë waarmee hulle hul as agnostici besighou nie. Soos reeds uitgewys, is dit nie wetenskap nie, maar filosofie en kan Angus en sy sielsmaters, wat ondersteuners en propagandiste van daardie filosofie is, nie aanspraak maak op enigiets waarlik wetenskaplik wat húlle verkondig of aan en in glo, nie.

Wat die Christelike Godsdiens en die Woord aanbetref wat die Godsdiens ten grondslag lê, is dit voor die hand liggend dat hulle hoegenaamd nie toegerus is om die Christelike Godsdiens en die Woord aan enige vorm van geloofwaardige wetenskaplike prosesse te toets of meet, nie, bloot vanweë die ooglopende totale gebrek aan en afwesigheid van, toetsmetodes en –metodieksisteme en –toerusting (kom ons noem dit gesamentlik die “toetsmedia”) om die Goddelike Spirituele realm waarbinne die Godsdiens sy oorsprong het, mee te toets. Dan is daar ook natuurlik die totale afwesigheid van die basiese kennis- en insig substans, of om hulle geliefkoosde term te gebruik, “onderbou”, wat hulle in staat sou moes stel om selfs net die eerste basiese stappe te kon neem om die geskikte aanvanklike wetenskaplike stelsels en sisteme in plek te kry, om die taak te verrig, nie.

Dus, die kombinasie van die twee aspekte, gebrek aan toepaslike en tersaaklike kennis en insig gekombineer met die gebrek aan tersaaklik en geskikte toetsmedia en –metodiek, sal gewoon veroorsaak dat énige poging van hulle in hulle huidige ontoereikende staat, de novo in vlamme opgaan en hulle gevolglik bespotlik weens insigloosheid, maak.

Groete,
Kobus de Klerk

 

 

  • 11

Kommentaar

  • Kobus, jy is bekend daarvoor dat jy verdraai, lieg en bedrieg, so waarom sal iemand jou nou glo? Buitendien is wat ek geskrywe het daar vir almal om te sien. Dit kom daarop neer dat Christus nie partenogenies gebore kon word nie, want daar was nie wetenskaplikes in sy tyd om dit te bewerkstellig nie. Buitendien, paternogenese  laat jou god heeltemal uit die prentjie. Die ou wat Maria bevrug het, het n Y-chromosoom in sy eiersel gehad. Paternogenese werk met  X-chromosome. Jou opgewondenheid oor die muis is ook onnodig, want muise is maklik. Muise raak bevrug selfs met die afwesigheid van die H19-geen. By die mens is dit moeiliker as gevolg van die plastisiteit van die menslike geen. Skakel H-19 uit, en ander gene neem die taak oor. 

     
     Dus, Kobus, hou liewer maar by die mitologiese verhaal van die Bybel, nl dat die Heilige Gees Maria bevrug het. Dit is dan 'n geloofwaardige gebeurtenis. As jy dit wetenskaplik wil laat plaasvind, skakel jy God uit. 
     
    Ek hoef niks van die evolusieleer te bewys nie. Die derduisende navorsers regoor die wêreld bewys wat ek gesê het.

     
     Praat van ongesubstansieerde getjommel, wat is die Bybel anders? Diere en bome wat praat, 'n vrou wat van 'n man se ribbebeen gemaak is, 'n kragman wat duisend Filistyne met 'n eselskakebeen doodslaan, 'n vrou wat in 'n soutpilaar verander, 'n man wat op water loop en dooies weer lewendig maak? Wat is so gesubstansieerd daaraan? Die ENIGSTE manier om dit geloofwaardig te maak, is om te erken dat die Bybel 'n mitologiese verhaal. is. Jesus is in elk geval 'n mitologiese figuur, gelykstaande aan Apollo, Mitras, Dionysus onder andere geskep deur twee heidene,  keiser Konstantyn en sy adjudant, Eusebius. 
     
    Groete
    Angus
     
     
  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Wat die verdraai, lieg en bedrieg aanbetref, probeer jy nou jou persoonlikheid op my projekteer.

    Juis sien “almal” en weet jy het snert geskrywe.

    Kom ek wys jou verder uit:-

    Maar wéér praat jy snert – jy sê dat partenogenese nie moontlik is nie, weens die afwesigheid van ’n Y-chromosoom (én jy laat sommer lukraak H19 uit).

    Maria se maagdelike swangerskap was inderdaad n uitsondering.

    Wat die Y chromosoom en partenogenese aanbetref, is daar ook die uitsonderlike gevalle van testikulêre feminisasie, waar die vrou beide X-as en Y-chromosome dra.

    Jou wanvoorstellings oor die moeder-oordraagbare H19 (om jou slim te laat klink, maar jou eintlik dom maak) is ook snert – dit is ’n geen vir lang niekoderende ribonukleïensuur wat in mense en ander skepsels voorkom en word in die mens geassosieer met kanker, Beckwith-Wiedemann sindroom en Silver Russel sindroom, wat hoegenaamd niks met die gesprek te make het nie. So, ja, mense sien, hulle sien hoe jy lieg en bedrieg en verdraai en dit op my wil projekteer.

    Dan is daar natuurlik die geval van die werk van Dr. Elena Revazova, wat menslike stamselle gebou het uit onbevrugte menslike eierselle, deur aanwending van die fenomeen partenogenese en die berugte wetenskaplike Whang Woo-Suk wat menslike embrio's geproduseer het wat uit partenogenese resulteer, het..

    En natuurlik ook die verbasende geval van Christabel Russel van die 1920’s wat swanger geword het met ’n seun, Geoffrey, sonder dat sy geslagsgemeenskap had of ander kunsmatige in vitro bevrugting ontvang het  – ginekoloë wat haar ondersoek het voor die geboorte het bevestig dat die hymen slegs gedeeltelik geperforeer was, maar daar geen geslagsgemeenskap moontlik was, nie.

    Die feit is, Angus, dat God die wetenskaplikes geskape het wat dié dinge vermag het met muise, menslike eier- en stamselle, ens. en is dit logies dat God tot alles beter in staat is as die wetenskaplikes.

    Die punt is eenvoudig – die maagdelike swangerskap van Maria, was en is, nie onmoontlik nie – of dit nou weens spontane partenogenese (wat die beskrywing van ’n biologiese fenomeen is, nie die beskrywing van ’n wetenskaplike prosedure nie), of spontane testikulêre feminisasie disfunksie of ’n ander, tot hede onontdekte biologiese proses was, het God Maria se liggaam so aangewend om die swangerskap te bewerkstellig vir die doel en redes ooreenkomstig Sy Wil.

    Kobus de Klerk  

  • Lank terug het ek jou gewaarsku teen google, maar jy wou nie hoor nie, daarom hierdie gemors wat jy skryf. Ek het melding gemaak van die H19 geen, toe google jy dit en beland seker op Wikipedia wat sê dat dit verband hou met  Beckwith-Wiedemann sindroom en Silver Russel sindroom. A, dog jy toe, dan het dit niks te make met partenogenese nie. God dog toe ook so, en dis net waar julle tweetjies aftjop. Kom ek verduidelik mooi vir jou en God hoe dit werk, dan kan julle weer google en kyk of julle nie iets soortgelyks kry nie.

     
     Ek sal die muis gebruik aangesien jy so gaande is daaroor.  Hulle het aanvankli die kern van twee muiseierselle vir hierdie eksperiment gebruik. Die een vroulike eiersel is geneties gemanipuleer om die geen H19 uit te skakel. Die deel van die chromosoom wat gewoonlik gene deaktiveer nl. Igf2, is ook uitgeskakel, want hulle het gemeen dat hierdie twee gene ook verantwoordelik is vir die fetale groei. Hierdie gemanipuleerde vroulike eiersel het toe gefunksioneer asof dit die genepatroon het van ? manlike spermsel. Hierdie spermagtige eier, as ? mens dit so kan noem, is gekombineer met ? ander moedermuis, en dit het dan ? embrio gevorm.
     
     Ek sal jou sê wat ons moet doen, Kobus. Ek het nog nie die hele eksperiment vir jou beskrywe nie, want ek weet sommer dat jy dit as “onbeholpe snert” gaan afskryf. Jy en God weet mos beter. Saam met jou opleiding  as B.Juris het jy ook seker ure deurgebring in die laboratorium. Jy as opgeleide genetikus, behoort mos vir ons so ? partenogenese-eksperiment  haarfyn te beskryf. Beskryf sommer die apparate en toestelle ook wat jy gebruik en hoe jy dit gebruik. Ons wil ook weet watter chemikalieë jy gebruik, waarom, en wat presies gebeur as jy genetiese manipulasies doen en hoe  jy dit doen. Ons stuur dan jou verhandeling in om ge?valueer te word. Thomas kan jou promotor wees, en binnekort is jy die wêreldberoemde doktor Kobus de Klerk, Professor in die Genetika aan die Magaliesbergse Universiteit. 
     
     En dan, as jy daarmee klaar is, mis jy nog die punt. Die punt is, daar was nie wetenskaplikes tweeduisend jaar gelede wat hierdie taak kon verrig nie, en al was daar, verdraai jy die Bybel as jy sê dat Jesus partenogeneties gebore is.
     
     Die Beckwith-Wiedemann sindroom en Silver Russel sindroom,  Angelman sindroom, Prader-Willi sindroom het alles te make met nie-Mendeliese oorerwing, die merk, en instempeling van gene, entropie, mutasies en my gunsteling, evolusie. Maar dis ? heel ander doohof van ? storie. Konsentreer jy liewer maar op ons onderwerp
     
    . Sterkte
     
     Angus
  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Die dinge wat ek skrywe, al is dit kommentaar op jou brief, doen ek nie soseer om jou nie, maar ander wat dalk deur jou redelose snert geraak word. Daardie doel word haas nie meer gedien nie en daarom staan die gespek nou end se kant toe met jou.

    B.Iuris is wel die eerste graad wat ek behaal het, ja, maar dit is nie waarom dit gaan, in die inligtings eeu nie. Ook jou eksperiment uitdaging, is onvolwasse en kinderagtig – ek gaan na die naaste plaaslike universiteit se mediese fakulteit en gaan kry die inligting en publiseer dit hier om jou en ander mee te imponeer – van jou kan ek sulke gedrag verwag, maar ek sal dit nie doen nie – om die waarheid te sê, ek het geen belang of belangstelling in hoe jý oor my voel nie. Dit gaan my werklik nie aan nie – het dit al tevore uitgespel. Vir my is jy ’n gereedskap – ek gebruik jou snert om julle soort uit te wys en te weerlê en verál om jul insigloosheid weens gebrek aan Spiritualiteit en Spirituele Intelligensie ui te wys. Daardie doel gedien, is jy van geen nut verder, nie.

    Soos nou – nou begin jy net oor jouself hier, omdat jy uitgewys is as ’n onkundige wat destyds gesê het soiets is gans onmoontlik, tot waar jy nou kom en sê dat daar nie wetenskaplikes was 2000 jaar gelede was om die proses te bestuur nie, en daarom is die proses nie meer onmoontlik nie, maar kon net nie tóé plaasgevind het, nie. Al wat ek nodig had om te doen, is om jou weereens uit te wys vir ’n agnostiese niksweter. Dit is gedoen – en jý was die medewerker, daartoe. Keer op keer…

    Dus, jou doel is gedien.

    In die era van inligting waarin ons leef, het ek nie nodig om te ploeter nie. Ek hou ek aan jou die inligting van kundiges, ware kundiges, in teëstelling met joue, voor. Al hoe jy dáárby kan verbykom, is om vir ons te bewys wie jy is en watter kwalifikasies jy hou en watter vermagtinge jou in staat sou stel om beter gekwalifiseer en bekwaam te wees as die wetenskaplikes Revasova, Woo-Suk en die wetenskaplikes wat by die National Center for Biotechnology Information publiseer, asook dr. Aarathi Prasad en Tomohiro Kono en sy span.

    Wat die H19 aanbetref, is dit snert wat jy probeer opdis oor die sogenaamde betrokkenheid daarvan by partenogenese – die H19 is geleë in ’n afgedrukte (jy noem dit "instempel") gedeelte van die 11 chromosoom, in die onmiddellike omgewing van die insulien agtige, hormoon regulerende “faktor 2” geen, waarna jy verwys as IGF2. Die doel van H19 is om as tumor inhibeerder te funksioneer. Ekspressie van die twee gene is so afgedruk dat H19 slegs vanaf die vroulik geërfde chromosoom en faktor 2 geen, slegs vanaf die manlik geërfde chromosoom, uitdruk. Mutasies van H19 word verbind met die Beckwith-Wiedemann- en Silver Russel sindroom asook die Wilms tumoregenese. Daar sou geen rede wees waarom wetenskaplikes die H19 en faktor 2 geen sou wou onderdruk nie - H19 ekspressie reguleer faktor 2 geen verdringing. Muise wat geblokkeerde H19 en faktor 2 gene geërf het, het geen verskil getoon in postnatale groei en geboortegewig, met normale natuurlike muise, nie. Hulle weet seer sekerlik meer as jý van die proses af. Hulle is waarskynlik nie kansvatters soos jy, nie.

    Tensy jy dus jou toepaslike geloofsbriewe of ander kwalifikasies blootlê,  wat sou aandui dat jy beter sou kwalifiseer as die genoemde deskundiges, sodat ek kan weet op watter basis jy hulle wil weerspreek deur jou eie stories, is dié gesprek mos nou op ’n einde.

    Kobus de Klerk

  • Beste Kobus

     
     Ek het aan jou beskrywe hoe Japannese wetenskaplikes in 2004 maagdelike geboorte bewerkstellig het deur gebruik te maak van twee muiswyfies se eierselle. So is die muis, Kaguya gebore sonder die tussenkoms van ? manlike spermsel. Jy maak dit as snert af, met ander woorde, Kobus weet beter. Daarom het ek gedink dat jy ? deskundige op die gebied van partenogenese is, en het jou gevra hoe jy dit sou gedoen het wat seker dan ? verbetering is op hoe Kono dit gedoen het. Daarom het ek Thomas se hulp ingeroep om my te help met die beoordeling van die wonderlike eksperiment wat jy vir ons sou beskryf.
     
     Intussen bewys jy dat jy sommer snert gepraat het, en vra ek Thomas om verskoning dat ek hom enigsins wou betrek het by jou twakpraatjies.
     
     Jammer om te sê, maar jy het nie die vaagste benul van wat hier aangaan nie. Die proses van instempeling het niks te make met die posisie van ? geen op die chromosoom nie. Dit het te make met die blokkering van partenogenese  deur die metilering van die DNS by soogdiere.  Metilering ( methylation) het die vermoë om die transkripsie  van die geen te inhibeer. Die muis en die mens het 16 sulke ingestempelde gene, waarvan H19 besonders is, omdat  die H19 geen spesifiek gemetileer is tydens die ontwikkeling van die manlike, maar nie tydens die ontwikkeling van die vroulike kiemselle nie.
     
     Vir my is dit vaagweg duidelik waarom  Kono en sy span die  H19 geen onderdruk het tydens die eksperiment.  Jy weet egter beter, en daarom vra ek jou om vir ons te verduidelik.  Ek wil net hier byvoeg dat ander navorsers probeer het om instempeling te ignoreer en partenogenese voort te bring deur net elektriese en chemiese stimulering, maar sonder sukses. Jý is dus die een wat weerspreek en moet bewys dat jy beter weet.
     
     Groete
  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Geen kwalifikasies van jou af, nie? Ek maak nie staat op my eie kennis nie, maar het vir jou genoem vanwaar ek my inligting kry – van mense wat klaarblyklik deskundiges is en werk met dié dinge – maar jy?

    Ek het nie gesê die Japanners se eksperiment is snert nie!? Waar op aarde kom jy dááraan?

    Weereens, waarom sou die wetenskaplikes die H19 en faktor 2 geen sou wou onderdruk? Dit het geen effek nie. Dit was sommer ’n wilde bewering van jou.

    Dit is genomiese stempeling wat gemeen word, partenogenese waarskynlik sal blokkeer, maar dit is juis bevind dat muise wat geblokkeerde H19 en faktor 2 gene geërf het, het geen verskil getoon in postnatale groei en geboortegewig, met normale natuurlike muise, waar die H19 en faktor 2 gene nie geïnhibeer of geblokkeer is, nie, so, waarom dring jy aan daarop dat hulle H19 sou inhibeer as dit bevind was, geen verskil te maak nie en ook nie die proses van partenogenese? Tensy hulle wou verhoed dat mutasies, wat aanleiding kan gee tot aandoenings soos Beckwith-Wiedemann-, Silver-Russell-, Prader-Willi- en Angelman sindroom, wat met H19 verbind word, sou intree, wat vir doeleindes van die eksperiment, van geen relevansie sou wees, nie.

    Dan ignoreer jy ook geriefshalf die werk van Revazova en Woo-Suk...

    Jy gooi rookskerms op om jou verleentheid oor jou aanvanklike posisie dat soiets soos maagdelike geboorte deur partenogenese of enige ander proses wat dit kan bewerkstellig. by soogdiere, onmoontlik is, en nog voor dit, was jou posisie dat maagdelike geboorte totaal onmoontlik is. Die feit is, die wetenskap is báie vêr agter en vind maar gaandeweg dinge wat voorheen as “onmoontlik” afgemaak is deur mense soos jy – terwyl God die hele tyd nog, ál daardie kennis in pag, het.

    Daar is geen sin aan verdere gesprek met jou in die verband nie.

    Kobus de Klerk

  • Betrokkenheid van die H19 geen by Partenogenese.  

     
    In ? brief van my (reaksie nr 3) het ek gesê: “Hulle het aanvanklik die kern van twee muiseierselle vir hierdie eksperiment gebruik. Die een vroulike eiersel is geneties gemanipuleer om die geen H19 uit te skakel.” 
     
    Onse Kobus het dit sommer verwerp as snert, en my tot leuenaar gemaak (reaksie nr 4): “Wat die H19 aanbetref, is dit snert wat jy probeer opdis oor die sogenaamde betrokkenheid daarvan by partenogenese.”   
     
    National Geographic het ? artikel daaroor gehad. Hier is ? aanhaling daaruit: “Kono's team speculated that imprinted genes were somehow killing the mice embryos prematurely. The team focused on two such genes. One, called IGF2, is an essential gene for the growth and development of the fetus and is only turned on in the sperm. The other, called H19, turns off the IGF2 gene in eggs.”
     
     
    Ek eis ? verskoning van Kobus de Klerk. 
     
    Angus
  • Kobus de Klerk

    Ag, wat, Angus, as jy beter insig het in wat geskrywe word, sal jy nie onnodig op verskonings aandring nie.

    Help nie jy probeer sinsnedes uit die geheelkonteks van die gesprek uitsonder om jou te probeer pas, nie.

    Al wat jou aanhaling vir my sê, is dat die Kono span aanvanklik gemeen het dat die H19 en die faktor 2 gene onderdruk moes word – die lemma daar, is die woord “speculated”. Verstaan jy dit?

    My aanvanklike repliek op jou kommentaar was “Maar wéér praat jy snert – jy sê dat partenogenese nie moontlik is nie, weens die afwesigheid van ’n Y-chromosoom (én jy laat sommer lukraak H19 uit). Maria se maagdelike swangerskap was inderdaad n uitsondering. Wat die Y chromosoom en partenogenese aanbetref, is daar ook die uitsonderlike gevalle van testikulêre feminisasie, waar die vrou beide X-as en Y-chromosome dra. Jou wanvoorstellings oor die moeder-oordraagbare H19 (om jou slim te laat klink, maar jou eintlik dom maak) is ook snert”

    Nou, kyk nou hoe oneerlik het jy dit vir my aangebied – jy het self jou woorde aangehaal – én jy laat jouself só uit in jou eerste kommentaar “Muise raak bevrug selfs met die afwesigheid van die H19-geen. By die mens is dit moeiliker as gevolg van die plastisiteit van die menslike geen. Skakel H-19 uit, en ander gene neem die taak oor”, terwyl daar geen toetse deur die Kono span gedoen is op mense nie, dring jy steeds aan op die blokkering van die H19 én jy maak geen vermelding dat dit spekulatief oorweeg was deur die Kono span, nie – maar jy stel dit voor asof dit ’n noodsaaklikheid is en jou voorlaaste aanmerking was nogal dat jy op ’n manier kan indink waarom hulle dit so wou doen.  Die feit dat dit spekulatief was, dui noodwendig daarop dat dit nie deurgaans gedoen is, nie, en dus ook nie nodig was, nie. Die toetse wat ek jou voorhou, wys ook dat dit geen effek het, nie.

    Vandaar dat ek jou bly wys daarop dat daar wél toetse gedoen is waar beide H19 en faktor 2 gene geblokkeer is en dat dit geen effek had op die ontwikkeling en geboortegewig van muise waar dit nie geblokkeer was nie en was my standpunt – dit is snert dat H19 deur Kono se span geblokkeer moes word, waarom sou jy daarop aandring? Hulle het nie - bloot daaroor gespekuleer?

    As jy dus eerlik was, sou jy sê hulle het daaroor spekuleer, maar nie daarmee volgehou nie - dus is die blokkering van H19 nie relevant nie.

    In jou aanhaling word gesê dat hulle daaroor gespekuleer het, maar daar staan nié dat hulle dit wel met die bykans 400 plus muise gedoen het, nie… want dit is nie nodig nie! Daarom is die H19 nie eers relevant, vir doeleindes van die gesprek nie - waarom het jy dit in die eerste plek genoem? Om "slim" te klink? Dit is my punt! Mense het ook nóóit ter sprake gekom by hul toetse nie.

    Verder het jy ook jou kommentaar só aangebied asof dit jou eie kennis is, wyl ek my bronne bekend gemaak het  – nou moet ek sien jy hou vir my ’n National Geographic artikel voor, nadat ek op jou kwalifikasies aangedring het… (jy het mos te kenne gegee dit is jy met Thomas, van alle mense, se hulp...)

    As jy beter insig het in wat jy self skrywe en wat vir jou geskrywe word, sal jy nie so kleinlik onnodig op verskonings aandring nie.

    Maar dié patetiese poging is om jou eier-in-die-gesig aanvanklike onwrikbare en neerhalende houding met die blote moontlikheid van maagdelike swangerskap en jou later noodwendige ommeswaai, met die maagdelike swangerskap van Maria, wat toe aan ’n afgewaterde afwesigheid van “wetenskaplikes” toegeskrywe word, te probeer verdoesel.

    Kobus de Klerk

  • EK EIS  'N VERSKONING VAN JOU!!!!

     
    Toe ek melding gemaak het van die betrokkenheid van H19 by partenogenese, het jy gesê ek lieg, want H19 word word in die mens "geassosieer met kanker, Beckwith-Wiedemann sindroom en Silver Russel sindroom, wat hoegenaamd niks met die gesprek te make het nie."  Dit was nog jou woorde en vir almal om te sien hierbo. 
     
    Dit help nie om jou verleentheid te verdoesel met 'n vloedgolf van woorde nie.
  • Kobus de Klerk

    Vra maar jouself om verskoning Angus!

    Ek het gesê jy praat snert, en (nie "omdat", nie!) dat die H19 met die sindrome verbind word, wat blykbaar wel so is.

    Ek het jou snert en wanvoorstellinge verbatim behandel hierbo. Jy is jouself 'n verduideliking verskuldig.

    Dit gaan gewoon maar weer oor insig. Jou triade gaan jou kortkom nie verbeter nie  en ook nie jou gebrek aan insig - in wat jy self skryf en in wat ek geskrywe het - nie. Dalk is dit werklik 'n probleem wat jy het - as goed nie in eenvoudige sinsnedes en kort parafrases aangebeid word nie, kan jy blykbaar die materiaal nie in persektief lees, nie. Dit moet vir jou swaar wees, maar let volgende keer op wat jy skrywe, en veral hoe jy jouself uitdruk... jy kan mos, of hoe?

    Deel daarmee. Die punt is nou ook afgehandeldit raak kinderagtig verby.

    Jy het weereens gefaal.

    Kobus de Klerk

  • Kobus, daar is die Nederlandse spreekwoord wat sê: al is de leugen nog zo snel, de waarheid agterhaalt ze wel.


    Bostaande kommentare is 'n bewys dat jou leuens jou ingehaal het.
     
    Groetnis
     
    Angus
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top