kannibale prefereer mensvleis, katte vis,
dom vreters weer vark, post-Arkiaans,
verkies kapitalis wins-bo-als, profijt,
oorheersing van mererheid, met dié,
sommer lekker glad gekonfyt, getrein,
voorheen bevoordeel, ultra-weelderyk,
pragtig praalmatig, ultra-superskaal,
uitbuiting, gewis, pregedetermineerd,
soos ‘n prooi se lot, vooraf al bepaal
al pleeg Mens Self, waansinnig, Self-destruksie,
eksploitasie van Naaste, in benard Krisis, situasie,
mede-Mens, ongrondwetlik, tot “half-dier” benoem,
is’t nog nodig ommie pejoratief “Boesman” te roep,
is’t apartheid, haar lyk, wat steeds so vulgêr poep?
al weet ieder burger, apartheidstryder, aktivis,
‘s veel meer as straatnaam, skool, “Duiwelspiek”,
Tshwanetoria, Orania, Kunstekaap se DF Malan,
taal-en-kultuur-vervlegtheid, nie-rassis se passie,
Afrika-uniek, lat minderheid nou so “moord!” skree,
oor hul moeder se taal, moers, vergete, Monument,
Paarlberg s’n, een jaar voor Soweto-anti-Afrikaans,
versus onderdrukker se inspan van histories storie,
geskiedenisherskrywing, revisie, Broeder-verhaal,
waar was hierdie nasiebouers, patriotte, dan tóé,
op basis van Mens se reg, teen “ras”, “klas” t’veg?
mite van onbereikbaarheid, onaantasbaarheid,
vyandig-vyandelikheid, wantroue, vrees, haat,
talle “gelowiges”wat hul op moderniteit verlaat,
nie gereed vir Millennium Drie Krisis, nee, o wee,
willie hul steun aan Skepper, Verlosser, gee,
via Gewete-herwinning, virre beter Lewe Twee
weet Mens, Mens Een word sleg onderdruk,
voor God, hiet en gebied, na heerserswens,
onderdruk, uitrangeer, uit Ekonomie Een, eish,
lat Eerste Mens, in armoedigheid nie alleen is
Chris Hani was laaste toegewyde Kommunis,
al’t Protestante om sy graf gedans, gesing,
vannie vryheid wat God Mens Help Bring,
van denke, Siel, Gees, van Gewete, o jete
meeste heel openlik gefnuik, onderdruk,
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens,
Mens maak Mens Self laat, destruksivisties,
Gewete-loos, neo-apartaans, neo-militaristies,
onkund’-ontkennend, onhistories, veramnesifiseerd,
al sê gelowiges, “Daar’s mos werklik niks t’vrees”,
‘s grootste gejaag agter superioriteitsindroom aan,
doelmatig “Duiwelspiek”-dissipeliaans, agterbaks,
Self-bedrieglik, nie eens naastenby Mens-waardig,
of ten minste ‘n klein bietjie mede-Menslik, “Mens”
Jacobus Faasen

