Mens willie eintlik merrie Waarheid,
Verifieerbaarheid, Allah se Ope Reg,
Opreg Geregtigheid, op heel regte tyd,
deurmekaar raak, slaags raak, Pro Deo,
Millennium Drie, Tyd van Geregtigheid,
Ex Veritas, Interaktief, ultra-Progressief,
lat Mens skoon v’geet, van “ras”, “klas”,
alle Duiwelspiek-sieklikheid, so onvanpas,
leer Mens Self weer, op twee voete denk,
nout vat van Kristalhelder, Duid’lik Wenk,
van Bo, ’s nou vi’ die wat nog in “Bó” glo,
in Als wat Geskep, Gemaak, Gerekreëer,
soos poppentjies, ammeketaar geslaan,
gefabriseer, Gewete en al, in Een, gepas,
soos Mens, toentertyd, in Xanadu, Jena,
alte oulikies, Paradyslik, mede-Menslik,
was, reg, Mens na God se Reg te skik
Jacobus Faasen

