Sjalom.
Soms blyk dit dat behalwe vir spirituele intelligensie, ons nie werklik meer as dit in ons geestelike bestaan nodig het nie.
Soos daar geskrywe staan: "Wat jy beveel is, dink daaraan met eerbied, want dis nie nodig om met jou oë in die verborgenheid te sien nie" (uit die Wysheid van Sirag, hoofstuk 3 vers 22).
Ons is van nature geneig om ons tot rede in ons verstand te beperk. In ons gedagtes word alle geestelike kennis in die filosofiese wetenskap behandel - selfs GOD. Daarom is kennis buite spirituele intelligensie vir die eiewyse mens oorbodig.
As spirituele intelligensie genoeg was, sou GOD net aan een mens hoef openbaar en daarna die ervaring deur 'n kettingorganisasie (huiskerkstelsel) versprei. Menige "messias" het al gekom en sulke spirituele intelligensie as redding vir die mensdom probeer voorhou.
Die pous van huiskerkstelsels Sun Myung Moon, is 'n sprekende voorbeeld van sulke waan.
Kyk hierdie foto, met erkenning aan die bron.
Soos die ou grote MOON dit self geseg het;
"Do you want to go your own way, or the way God wants you to go? Where will you settle ultimately? I cannot take care of each of you individually, couple by couple, so you have to set your own goal and home church is the way. In home church you can be proud of your husband or your wife. That is your territory and realm. No man will compare with your husband, and no woman will compare with your wife. Home church is the place for your settlement, so unless you establish the home church foundation you will be kicked out and there is no other world for you to go to. If you fail there then there is no way I can bring you along this path. I instructed you to go and your destination is home church. That is the order coming from the True Parent, teacher, head of state-all in one. When you love your home church you are consummating every order you have received from True Parents, true teacher, true patriot and true saint. In a few years I would like to have a shrine built to the home church parents, home church messiah, and tribal messiah. You must build your home church in order to be honored by that shrine. Anyone who is successful will have their own shrine in their home church area, and when I am passing by that will be the place I visit and where I rejoice; where it is located won' t make any difference for it is definitely the place I will visit. It will also be the place God wants to visit. The destiny of women is to marry and go where their husbands go. In the same way the Unification Church destiny is to go to home church. This is where you will find your permanent home. It is almost like being given in marriage. Through the home church destiny you will go to heaven, but if you don't then no matter how much you love True Parents you cannot go. If you leave it unfulfilled then that great burden will be left to your own children to complete."
Om egter werklik bevry te word van menslike rede en wysheid (spirituele intelligensie), is 'n verlossende hand buite die mens se begrip.
Volkome saligheid is die openbaring van GOD self in elkeen se hart.
Soos daar geskrywe staan: "Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar 'n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie. Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie--want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie-- maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus. "
Ons kan wel getuig, maar die verborgenheid van GOD se openbaring in ons harte kan nie in woorde aan ander oorgedra word nie. Dis buite enige stelsel of filosofie op aarde. GOD se verlossing in ons harte is nie beskryfbaar in enige vorm van intelligensie nie. Ons dade is al wat GOD se LIG in ons harte kan skyn.
Soos ook geskrywe in die Wysheid van Sirag, hoofstuk 3 vers 25: "Sonder oë verlang ons steeds na lig; bely nie kennis waaroor jy nie beskik nie."
Die verborgenheid van GOD se liefde en genade in elkeen se eie hart, is al wat verligting aan die mense se duistere verstand kan bring.
Min behalwe DANKIE HERE kan daaroor gesê word!
Mag Jesus Christus onse Hemelse Vader alle intelligensie te bowe gaan, stelsels te buite gaan en self GOD se redding in ons harte bewerk.
Youtube
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius Henn


Kommentaar
Beste Cornelius
Hier, van Angus se kant af, is weer een van daardie gebruiklike wortels wat in daardie opsigtelike, onverbloemde spot en sarkasme getooi is... wat vir Cornelius uitgehou word om vermaak te verskaf - om te manifesteer.
Let maar op die gevolge...
Waarom voel Angus hy moet 'n sagte teiken uitkies?
Sê nie veel van hom, nie. Van nie een van hulle, nie.
Kobus de Klerk
Mooi probeer, Kobus, om haat en tweedrag te saai. Miskien moet jy daardie ronde gekleurde brilletjie op jou neus vervang. Dit besoedel jou hele lewensuitkyk. In alles sien jy iets verdags. Dit moet jou S IK wees wat jou so spoke laat sien.
Dit is mos duidelik wat jy doen, Angus, dit is daar vir algar om te lees. Die ergste is dat jy nie skaam kry nie.
Hallo Angus,
Baie dankie vir jou belangstelling.
Ek onthou wel so 'n keer of wat waar jy donders moedswillig was na my mening ... maar dis eintlik lankal vergete.
Jy vra wat ek met "Ons is van nature geneig om ons tot rede in ons verstand te beperk" bedoel.
Die sleutel in my bedoeling is die woord "nature". Die antoniem van "nature" is "geestelik" of te wel "spiritueel".
In jou volgende sin dig jy; "Soos ek (Angus) dit sien, is die mens juis nie tot rede in sy verstand beperk nie. In sy verstand oorskry hy die perke van rede, want hoe anders kan mites en legendes ontstaan? Hoe anders kan Opperman dan sê: Uit holtes van 'n boom het kuddes vee gekom? Hoe anders kan Lot se vrou in 'n soutpilaar verander en drake met sewe koppe vuur spoeg?
Angus, 'n mooier sinnebeeld as joune sou ek nie kon skep nie. Nie almal ag die geestelike soos jy bo die stoflike begrip in ons verstand nie.
Ek stem volkome saam met jou motto waarin die onstoflike (gees) die sterflike (natuur) in ons verstand behoort te oorheers!
Angus, jy vra ook; "Hoe 'behandel' 'n mens geestelike kennis in die filosofiese wetenskap?"
Uit my verklarende woordeboek; behandel, behandel ~. 1. Handel ten opsigte van iem. of iets. 2. Op 'n bepaalde manier bejeën. 3. Hanteer (saak). 4. Versorg. 5. Ondersoek en bespreek (kwessie). 6. Oorweeg. 7. Ondersoek en dokter (pasiënt). behandeling.
Angus, jy kan nommer 2, 4, 5 en selfs 6 in die sin pas as jy wil.
Angus, en jy stel ook die volgende; Ek (Angus) het nie eens geweet dat Filosofie ook 'n wetenskap is nie.
Wel moenie sleg voel nie Angus, solank jy lewe is daar iets om te leer ...
Uit my verklarende woordeboek; ...
waardefilosofie. Filosofie as kritiese wetenskap v.d. waardes.
deontologie. Wetenskap, filosofie v.d. plig, etiese leer van pligsbetragting.
filosofie. Wetenskap wat hom besig hou met die beginsels wat aan kennis ten grondslag lê, wysbegeerte. gnoseologie. Filosofie van kennis wat al die ander gesigspunte van kennis insluit en saamvat, kennisleer.
jurisprudensie. 1. Wetenskap en filosofie v.d. (menslike) wet, regsgeleerdheid. 2. Regspraak.
natuurfilosofie. 1. Onderdeel v.d. wysbegeerte wat die wêreld van stoflikhede bestudeer en wysgerig verklaar. 2. Bestudering v.d. grondslae en die logiese struktuur v.d. natuurwetenskap. regsfilosofie. Wetenskap v.d. wysgerige en teoretiese grondslae en beginsels v.d. reg. wetenskapsleer. Teorie van die wetenskappe, 'n onderdeel van die filosofie.
wetenskap, =pe. 1. Die weet, kennis. 2. Al die kennis saam van, gesamentlike kennis omtrent 'n studievak. 3. Indringende, omvattende en kontroleerbare studie en kennis van 'n besondere vak. 4. So 'n studievak self, bv. botanie, chemie, filosofie, wiskunde, soölogie, teologie. ...
Angus, daar is vele meer voorbeelde omtrent die vakgebondenheid tussen filosofie en wetenskap.
Angus naby aan die einde rond tik jy; "Vir my (Angus) is die geestelike kennis ook debatteerbaar. Die sogenaamde geestelike kennis, en dit sluit God in, is ook skepping van die menslike verbeelding, die menslike verstand. Spirituele en al die selfstandige naamwoorde wat daarmee gepaard gaan, kan met net een woord vervang word: verbeelding."
Hoe spruit dit met jou pragtige sinnebeeld; "Soos ek (Angus) dit sien, is die mens juis nie tot rede in sy verstand beperk nie. In sy verstand oorskry hy die perke van rede, want hoe anders kan mites en legendes ontstaan? Hoe anders kan Opperman dan sê: Uit holtes van 'n boom het kuddes vee gekom? Hoe anders kan Lot se vrou in 'n soutpilaar verander en drake met sewe koppe vuur spoeg?"
Meen jy dalk dat "verbeelding" die oortreffendste van als in ons verstand kan wees?
Angus, jy sluit af met; "Ek verstaan wel dat kennis buite spirituele intelligensie vir die eiewys mens oorbodig is, maar spruit dit uit wat jy voorheen gesê het?"
"Kennis" buite spirituele intelligensie verwys na elke mens se eie onbeskryflike en onstoflike band met ons Almagtige Lewende Skepper.
Daardie band is ons HART waarna ek so menigmaal met respek in die liefde en genade van ons Skepper verwys.
Ek is nou soos die duisendpoot, toe hulle hom vra met watter poot loop hy eerste, toe kon hy vir 'n halfuur nie 'n tree versit nie. Kobus wil maar hê dat ek by jou skoorsoek, jy hou 'n woordeboek voor my en wys my nog op 'n gruwelike spelfout, en ek dink woordeboeke en woorde en taal is vir die gebruik van die mens, ons is nie die salwe daarvan nie.
Hallo Angus,
Ek verstaan jou punt en stem geheel met jou dat ons nie slawe van enige boek of heilige skrif op aarde hoef te wees nie.
Jy tik: "Wat ek (Angus) eintlik wou vra is of Filosofie dieselfde werkswyse het as bv die Fisika?"
Wel Angus, oor jou algemene beskouing van filosofie sou ek ook die volgende namens jou wil vra; "hoe kan die woord GOD wetenskaplik gedefinieer word in enige taal of kultuur sonder enige besonderse geloofs openbaring?"
Ek ken minstens vyf sekerhede uit my gewone katolieke katkisasie dat GOD bestaan.
Miskien regverdige dit 'n "volledige artiekel" soos 'n wafferse Kobus de Klerk, maar ek deel graag ter inleiding deel die volgende spesiaal met jou -
Wetenskap dui in die algemeen op voor die hand liggende beginsels. Gewyde leerstellings word op geloof veronderstel. Daarom is daar sovele van mening dat godsdiens en selfs filosofie nie wetenskap is nie.
Daar is egter menige faset aan die wetenskap. Wiskunde is so 'n vlak. Fisika is iets wat weer voortgebring kan word daaruit - byvoorbeeld argitektuur uit meetkunde; die maat van musiek, ensovoorts.
Die beginsels in wetenskap is of voor die hand liggend, of herleibaar tot die gevolgtrekkings van 'n hoër wetenskap - byvoorbeeld fisika.
Hoe hoër 'n mens in die wetenskap klim, hoe hoër vorder 'n mens op die (heilige) leer. Daarom is heilige leer (godsdiens) ook 'n wetenskap.
Anders as die basiese beginsels in wetenskap, word afsonderlike feite wel soms in heilige leringe aangevoer (soos byvoorbeeld die lewensverhale van Abraham, Isak en Jakob). Maar dit dien bloot as voorbeelde in ons lewens (nes daar in morele wetenskappe soos filosofie geleer word om te onderskei tussen goed en kwaad; reg en verkeerd). Dit dien ook om 'n bepaalde gesag tot stand te bring deur wie die heilige leerstelling na ons kom (soos byvoorbeeld die doel van 'n biografie van iemand soos Darwin).
My wetenskaplike sekerhede is op die voorafgaande gebaseer. Dit volg;
Een: Die kosmos beweeg. Alle beweging word iewers gegenereer. 'n Oneindige stolling van beweging is onmoontlik. Daar moet dus 'n onbeweegbare punt iewers bestaan wat alle beweging aan die rol sit ... hierdie punt is GOD (ex motu).
Twee: Alles in die kosmos word teweeg gebring. Elke oorsaak bring die volgende oorsaak mee. 'n Oneindige ophou van oorsaak in die kosmos is onmoontlik. Daarom moet daar 'n bron van totale vrede wees waaruit alle oorsaak gebore word ... hierdie bron waaruit als teweeg gebring word is GOD (ex causa) .
Drie: Dinge in die heelal bestaan - of dit bestaan nie. Sodanige stand veronderstel 'n bepaalde voorwaarde. Dis onmoontlik dat die kosmos uit niks ontstaan het. Daarom moet daar 'n onvoorwaardelike mag bestaan ... hierdie mag is GOD (ex contingentia).
Vier: Grade van volmaaktheid kan regdeur die kosmos gevind word. Hierdie wisselende grade word teen 'n uiterste standaard van volmaaktheid gemeet. Daarom het die graad van volmaaktheid 'n toppunt ... hierdie toppunt van alle grade is GOD (ex gradu).
Vyf: Als in die kosmos volg bepaalde wette of ontwerp. Niks is instaat om op eie vermoë tot stand te kom nie. Die verloop van enige iets dui op vermoë. Daar moet dus 'n ontstaan van vermoë iewers wees ... hierdie bron van alle vermoë is GOD (ex fine).
Angus, weereens baie dankie vir jou belangstelling. Mag Jesus Christus onse ex motu, ex causa, ex contingentia, ex gradu, ex fine ... self Sy openbaring in 'n ieder se hart bring.
Hello Angus,
Hallo Wouter,
Dankie ook vir jou kommentaar.
Jy maak onder meer die volgende stelling: "Selfs Bernard Williams het 60 bladsye in sy versamelde opstelle nodig om dit te verwoord en ook so die wetenskap. Shapin se studie oor die onderwerp neem 400 bladsye in beslag en het Melvin Bragg in 'n onlangse program 42 minute gebruik om die ontwikkeling van die wetenskaplike metode te bespreek."
Wouter, dis presies wat ek al soveel maal aan jou probeer oordra; bydraes op die werf is in die reël tot net hier 600 woorde beperk.
Geen bydrae kan te volle reg aan 'n onderwerp geskied nie (selfs nie jou spoeg en plak uit jou gesaghebbende bronne tot en met vyf dele plus met die vergunning van ons vriendelike Webvoete nie).
Daarby probeer jy my meer as vyftig jaar se persoonlike ervaring ongedaan maak met jou kits naslaan net omdat jy dit as iets ongelooflik bejeën.
Nee wat Wouter, ek dink nie bydraes op die werf is bedoel as 'n tesis van een of ander spesialis onderwerp nie.
My bydraes is in die reël bedoeld om so kort as moontlik algemene kennis in algemene taal met algemene verklaringe uit algemene bronne soos heilige skrifte, katkisasie en woordeboeke te dien.
Alhoewel ek my onderwerpe as algemeen beskou, deel ek wel 'n gespesialiseerde belangstelling in sommige van die studiegebiede wat nooit die werf sal haal nie; enersyds die vereiste beperkte aanbieding daarvan volgens die reëls op die werf en andersyds die vyandigheid en gebrek aan voorbereiding by baie ander soos jy.
Die werf het wel akademiese afdelings vir "volledige artikels". Gaan loer daar om jou honger te stil en jou dors te probeer les.
Baie dankie,
Ekke
Wouter, 'n oom op 'n plaas het altoos geseg dat dit ide verskil tussen 'n boer en die drywer op die trekker is ... net een kan die man op die perd wees ... is dit dalkies jy?
Swak verskoning.
Wouter,
Hello Cornelius
Die "vyf sekerhede uit [jou] gewone katolieke katkisasie dat GOD bestaan" is natuurlik Aquinas se vyf bewyse vir God se bestaan. Vir Aquinas, in 'n belangrike sin, is hierdie bewyse op hulle eie nutteloos sonder geloof; die alles belangrike "faith seeking reason".
Anders as Aristoteles wat binne 'n geslote sisteem werk, neem Aquinas sy argument buite hierdie gelote sisteem om God in die prentjie te bring en dis hier waar dit misluk vir die redes wat Angus uitwys. Vir die eerste drie redes is kosmologies, direk gelig uit Aristoteles, ontken hy die moontlikheid van 'n oneindige teruggang. Die vierde rede bied sy weergawe van Anselm se ontologiese argument aan wat vra dat jy God kan voorstel as die toppunt van volmaaktheid, of as jy dan wil, 'n vierkantige sirkel. Die laaste is teleologies wat niks anders is as die argument van intellegente ontwerp. Ek is net so onbeindruk soos Angus oor die waarde van hierdie 'bewyse'.
Ek stem ook saam met Wouter dat jou definisies vir filosofie en wetenskap só vaag en wollerig is dat dit betekenisloos is. Jy moet tog sekerlik erken dat die kritiek geldig is? Duidelikheid en helderheid in die gebruik van terme is gewoonlik die eerste stap in enige argument.
Chris
Hallo Wouter,
Dit blyk ekke is okei maar my bronne verdag ... baie dankie ...
Jy maan my met die volgende; Swak verskoning. Probeer ten minste om dan in 600 woorde die aard van filosofie te bespreek en dan in 'n tweede brief van nog 600 woorde die aard van "die wetenskap".
Wouter, die onderwerp van my aanvanklike bydrae het min te doen met "die kontras/konflik tussen die geesteswetenskappe versus natuurlike wetenskappe" en hoe dit "sal rekonsilieer word met die nuwe ontwikkeling van sosiale wetenskappe".
Wouter, jy meen ook "met ondersteuning volkome aan Angus se kant word dit aangevoer dat daar 'n kloof tussen wetenskap en filosofie is."
Maak jy dan daarmee verklarede woordeboeke se definisies ongedaan Wouter?
Hoe kan my aanhalings uit verklarende woorde boeke en ander bronne soos heilige skrifte onakkuraat wees as dit presies is wat daarin opgeteken staan en ek net so oor spoeg en plak?
In kwalik meer as tien woordjies verklaar jy filosofie as 'n antoniem vir wetenskap; dit nadat jy self aanhaal hoeveel bespreking nodig deur kundiges is om 'n kloof tussen die algemene begrip van wetenskap en filosofie te dryf. Jy probeer ook gedurig dieselfde klowe tussen godsdienste op aarde dryf.
Hoekom Wouter?
Hoekom wil jy altyd sulke vreeslike klowe tussen als in aansyn teen die algemene begrip roep Wouter? Is daar nie genoeg oorlog nie?
Gewone mense soos ekke stel eintlik eerlikwaar nie belang in die con amore waarmee kundiges hul klowe voortbring uit eie vinding nie.
Jou verskil is egter nie met my nie maar eerder met dit wat in my bronne voorgehou word.
My "stellings" wat "getoets" word deur jou is gewoon direkte aanhalings uit algemene bronne soos woordeboeke, katkisasie en heilige skrifte.
Wouter, verwerp jy dan selfs woordeboeke se algemene verklarings as nietig?
Al is dit die geval, hoe "vaal ekke die toets" as ek daaruit aanhaal?
Moes ek ook soos jy weet Bybels en woordeboeke is onsin en dit vermy?
Wouter met alle respek; ek dink jy het maar min vrede en vreugde met al jou kennis ...
Nietemin, dankie vir jou skakels na die wetenskaplike metode.
Ek leer graag.
Angus, soos ek jou al menigmaal bedank het leer ek baie uit jou beskouing van godsdiens.
Jy tik onder meer die volgende: "Jou bewyse vir God hou nie water nie. Dit berus op dieselfde beginsel as hoe die primitiewe mens vir hom gode gemaak het, nl. om 'n verklaring te gee vir die onverklaarbare ... Die bonatuurlike is deur en deur 'n skepping van die menslike verbeelding. Dit kan onmoontlik verantwoordelik gehou word vir die natuurwette in die heelal."
Angus, ek stem geheel ooreen met jou mening oor hoe die primitiewe mens vir hom gode gemaak het, nl. om 'n verklaring te gee vir die onverklaarbare.
'n Verklaring vir die onverklaarbare is egter juis die kroon op die woord "god".
Ek dink egter dat jy die woord "god" in veral die sin van die bewyse wat ek aan jou voorgehou het, eerder as 'n taalbegrip moet beskou as 'n personifikasie daarvan.
Dit bedoel hoegenaamd nie om ondersoek dieper in ons bestaan te beëindig nie.
Allermins, die woord "god" dien taalwetenskaplik juis as punt of plekhouer tot en met waar ons in ons menslike begrip gevorder het.
Die voorstelling van "god" as 'n persoon is deels 'n filosofie wat eintlik uit die wetenskap groei - soos byvoorbeeld die mites wat uit die primitiewe mens se wetenskap eons gelede al ontstaan het.
Die belewenis van "god" as 'n persoon in jou hart is egter totaal 'n ander ervaring. Daarin was 'n mens nederig ook die voete van jou medemens ...
In jou verdere stelling "die bonatuurlike is deur en deur 'n skepping van die menslike verbeelding", sou ek graag die woord "bonatuurlik" nes die woord "god" met 'n taalwetenskaplike doel uitsonder.
Angus, ek dink min mense leef die werk van toegewydes soos Stephen Hawking en Carl Sagan met aandag mee. Hoe meer ons leer hoe meer raak ons bestaan vir die verstand ondeurgrondbaar. Jy sal nie glo hoe hul beskrywing omtrent die omvang van ons Kosmos my soms oorweldig nie.
Woorde soos "god" en "bonatuurlik" is taalwetenskplik en het nie toevallig onstaan nie. Hoe dieper ons delf hoe groter die betekenis aan hierdie woorde - filosofies en wetenskaplik gesproke ....
Angus, jy vra ook die volgende "ex gradu: Uit 'n ander oogpunt beskou: sê nou daar was 'n volmaakte God, die skepper van alles. Sou hy nie 'n universum geskep het sonder al daardie kataklismes nie?"
Angus, vir millennia reeds word daar in diepste denke van die mens 'n goue randjie aan elke donker wolk gesien.
Dis soos Augustinus in een van my katkisasielesse aangehaal word; "This and that are good; take away this and that, and see good itself if thou canst; and so thou shalt see God, good not by any other good, but the good of every good."
Alles is dus goed bepaald in die gelykenis van 'n Goddelike goedheid.
Hallo Chris,
Jy is reg.
Ek verwys baie na my katolieke katkisasielesse.
Die Summa van die Heilige Aquinas is 'n bron vir menige van my inspirasies op die werf.
Soos jy dit ook dan tereg aanvoer is die Summa 'n besieling uit menige en onderskei godsdiens en filosofie.
Jy is die eerste in al die jare wat met jou uitnemende kennis so 'n kosbare bron in my relase kon eien. Dit bewys vir my heelwat van jou kundigheid en dat jy anders as die ou grote en sy paranimfe net wil neerhaal en haat.
Ek sal uiters verwaand wees as ek sou voorgee dat ek die Summa op die letter deurgrond het. Die Summa is 'n enorme uitdaging vir my hoender breintjie. Dit neem my soms maande om sommige van die konsepte in ons moedertaal daaruit te verwoord.
Die Summa is egter net een uit 'n hele paar sulke bronne op my rak.
Ek is van sodanige beskeie mening dat my vertalinge van die "vyf bewyse" aan Angus, die eerste sinopsis daarvan in Afrikaans is.
Nietemin Chris, ek verstaan jou mening omtrent die definisies van begrippe soos wetenskap en filosofie, maar verwys jou na my antwoorde aan Wouter waar ek dit duidelik stel dat dit die algemene definisie uit algemene erkende bronne soos verklarende woordeboeke is - nie myne nie ...
Ek het groot agting vir die dieper studie om verdere definisie daaraan te bepaal, maar beskou die algemene verklaring as genoegsaam vir die doel van my bydraes. Daar moet tog seker 'n mate van algemene taalreëls wees om in Afrikaans oor algemene onderwerpe te kommunikeer.
Waar sou 'n mens anders as Angus se duisendpoot eindig wat meteens nie meer weet watter poot om eerste voor te sit as 'n mens eers in elke gesaghebbende bron oor die onderwerp moet gradueer voor jy met 'n mening mag waag ...
En o ja Chris, die rede hoekom ek nie net voor die voet spoeg en plak uit my bronne nie, is juis die voorreg om kennis ook in ons Moedertaal met mekaar te kan deel.
In die verlede het ek my aanhalings vertaal en dan met erkenning aan die bron genoem dat dit "my eie vrye vertaling" daarvan is.
Nodeloos om te herhaal maar Wouter is juis die een wat my meedoënloos daarvoor gehoon het.
Ek beskou myself nie as 'n vertaler nie en het toe besluit om maar liewer sonder enige akkurate verwysing na my bronne, eenvoudig my begrip daaruit in soverre moontlik ons taal te deel.
Dit kos studie en oortuiging om uiteindelik 'n gedagte op die werf te plaas en ek wil nie altyd my bronne in my moontlike onkunde in gedrang bring nie.
Dit wat ek deel is waarvan ek uiteindelik na heelwat studie uit my bronne oortuig is.
Ek voel dus heel te vrede dat jy wel die Summa kon eien in my kommentaar aan Angus.
My begrip daaruit is dus glad nie so 'n slegte vertaling nie.
Dankie Chris ...
Hello Angus,
Wouter, wees asseblief so vriendelik en verwoord "die kwessie".
Wouter, miskien is "die kwessie" dit;
UIt my verklarende woordeboek: by1, (s), =e. Vliesvleuelige insek (Apis mellifica). die by wat die lekker heuning maak steek seer, dis mooi meisies wat vir jongkêrels moeilikheid veroorsaak; waar die by sy heuning uitsuig, suig die spinnekop sy gif uit, party mense vertolk die dade van hulle medemens altyd so ongunstig moontlik; tussen die bye maar nog nie by die koeke nie, byna maar nog nie heeltemal nie; so tussen die by en die koek, nie te danig sleg nie ...
Die San definisie: by1, (s), =e.Dis dai groot vliegietjie wat die blom eet en die jam poep. Hyt nie die tand by sy bek, maar hy loop met die asegaai by die hol ...
Die kwessie is die kwessie.
Hello,
Wouter jy antwoord; "Die kwessie is die idee wat jy het, dat jy gesprekke kan anker in die betekenis soos dit opgeskryf is in 'n woordeboek en jou dan beroep daarop as die finale gesag en die riglyne bied vir wat die betekenis is van die onderwerp onder bespreking."
Wel Wouter, ek's bly ons is weer (by)mekaar.
Jou verwoording van "die kwessie" stel my uiteindelik staat om so 'n paar misvatte omtrent my te heel.
Eerstens: "dat jy (Cornelius) gesprekke kan anker in die betekenis soos dit opgeskryf is in 'n woordeboek". Wouter, dis algemeen om algemene gesprek in die algemene betekenis soos dit opgeskryf in 'n algemene woordeboek te anker.
Tweedens: "en jou (Cornelius) dan beroep daarop as die finale gesag". Wouter ek voer geen, maar geen finaliteit omtrent my gesprekke nie. Inteendeel, ek het menige tiksel op die werf bygedra waarin ek my in die evolusie van ons bewussyn verheug.
Derdens: "en die riglyne bied vir wat die betekenis is van die onderwerp onder bespreking" ...
Wouter, wanneer ek 'n onderwerp onder bespreking bring is die riglyne daarvan gewoonlik uit my persoonlike ervaring. Daar is 'n spesifieke volgorde of tydlyn in gebeure. Ek ervaar gewoonlik iets en dan gaan soek ek verwysing of te wel 'n riglyn daaraan in menige bron tot my beskikking en elders. Daarna deel ek my begrip op 'n plek op die werf waar daar ander is wat of verdere bronne het om die ervaring te verryk, saam met my uit die ervaring leer of bepaald skeptiese gedagtes daaroor deel. Ek is in geheel totaal bewus van my eie onderhewigheid aan my ervaring en waardeer beskouinge van buite daarop.
Maar dan Wouter, alhoewel jou bronne leersaam is toon jou gesindheid nes die van Kobus de Klerk dat julle eerder karaktermoord daarmee pleeg as om ander se werklikheid te respekteer. Gewone mense soos ekke stel eintlik eerlikwaar nie belang in die con amore waarmee haters hul klowe tussen harte probeer ploeg (braak) uit hul eie vinding nie.
Dus Wouter, in die regte lewe is daar 'n groot verlange tussen harte om tot eer van ons almal se Almagtige Lewende Skepper bymekaar te kom. Elke franchise godsdiens en oorlogshond dank egter jou en ander kundiges se vyandige klowe tussen als omdat dit hul ideologie en goudmyntjies aan die gang hou.
Wouter, dankie vir jou skakels oor filosofie, godsdiens en wetenskap. Dis 'n lewendige onderwerp en ek sal graag nog baie met jou daaroor wil deel en by jou leer.
Ek hoop die kwessie is nou (by)gelê.
Chris, aangesien ons soort van by die laaste waens van hierdie treintjie gekom het, sluit ek graag met die volgende vir jou af;
In jou kommentaar tik jy die volgende: Die "vyf sekerhede uit [jou(Cornelius)] gewone katolieke katkisasie dat GOD bestaan" is natuurlik Aquinas se vyf bewyse vir God se bestaan. Vir Aquinas, in 'n belangrike sin, is hierdie bewyse op hulle eie nutteloos sonder geloof; die alles belangrike "faith seeking reason".
Chris, ek't toe in my antwoord beaam dat die Summa van die Heilige Aquinas 'n bron vir menige van my inspirasies op die werf is.
Ek het jou stelling "Vir Aquinas, in 'n belangrike sin, is hierdie bewyse op hulle eie nutteloos sonder geloof" gelaat met die hoop dat jy die relevante Summa-artikel ook in my hoofbydrae sou herken.
My vraag aan die begin was juis "Spirituele intelligensie en huiskerkstelsel genoeg?"
In my relaas het ek die Heilige Aquinas beaam daarin naamlik om egter werklik bevry te word van menslike rede en wysheid (spirituele intelligensie), 'n verlossende hand buite die mens se begrip nodig is.
Volkome saligheid is die openbaring van GOD self in elkeen se hart. Ons kan wel getuig, maar die verborgenheid van GOD se openbaring in ons harte kan nie in woorde aan ander oorgedra word nie. Dis buite enige stelsel of filosofie op aarde. GOD se verlossing in ons harte is nie beskryfbaar in enige vorm van intelligensie nie. Die verborgenheid van GOD se liefde en genade in elkeen se eie hart, is al wat verligting aan die mense se duistere verstand kan bring.
Chris, ek haal die artikel ook vir Angus en Wouter uit die Summa wat ek as beginsel vir my bydrae gebruik het, as volg aan (TREATISE ON SACRED DOCTRINE Question 1 Article 1):
Whether, besides philosophy, any further doctrine is required?
Objection 1: It seems that, besides philosophical science, we have no need of any further knowledge. For man should not seek to know what is above reason: "Seek not the things that are too high for thee" (Ecclus. 3:22). But whatever is not above reason is fully treated of in philosophical science. Therefore any other knowledge besides philosophical science is superfluous.
Objection 2: Further, knowledge can be concerned only with being, for nothing can be known, save what is true; and all that is, is true. But everything that is, is treated of in philosophical science---even God Himself; so that there is a part of philosophy called theology, or the divine science, as Aristotle has proved (Metaph. vi). Therefore, besides philosophical science, there is no need of any further knowledge.
On the contrary, It is written (2 Tim. 3:16): "All Scripture, inspired of God is profitable to teach, to reprove, to correct, to instruct in justice." Now Scripture, inspired of God, is no part of philosophical science, which has been built up by human reason. Therefore it is useful that besides philosophical science, there should be other knowledge, i.e. inspired of God.
I answer that, It was necessary for man's salvation that there should be a knowledge revealed by God besides philosophical science built up by human reason. Firstly, indeed, because man is directed to God, as to an end that surpasses the grasp of his reason: "The eye hath not seen, O God, besides Thee, what things Thou hast prepared for them that wait for Thee" (Is. 66:4). But the end must first be known by men who are to direct their thoughts and actions to the end. Hence it was necessary for the salvation of man that certain truths which exceed human reason should be made known to him by divine revelation. Even as regards those truths about God which human reason could have discovered, it was necessary that man should be taught by a divine revelation; because the truth about God such as reason could discover, would only be known by a few, and that after a long time, and with the admixture of many errors. Whereas man's whole salvation, which is in God, depends upon the knowledge of this truth. Therefore, in order that the salvation of men might be brought about more fitly and more surely, it was necessary that they should be taught divine truths by divine revelation. It was therefore necessary that besides philosophical science built up by reason, there should be a sacred science learned through revelation.
Reply to Objection 1: Although those things which are beyond man's knowledge may not be sought for by man through his reason, nevertheless, once they are revealed by God, they must be accepted by faith. Hence the sacred text continues, "For many things are shown to thee above the understanding of man" (Ecclus. 3:25). And in this, the sacred science consists.
Reply to Objection 2: Sciences are differentiated according to the various means through which knowledge is obtained. For the astronomer and the physicist both may prove the same conclusion: that the earth, for instance, is round: the astronomer by means of mathematics (i.e. abstracting from matter), but the physicist by means of matter itself. Hence there is no reason why those things which may be learned from philosophical science, so far as they can be known by natural reason, may not also be taught us by another science so far as they fall within revelation. Hence theology included in sacred doctrine differs in kind from that theology which is part of philosophy.
(einde van aanhaling)
Ek het groot agting vir die dieper studie om verdere definisie daaraan te bepaal, maar beskou die algemene verklaring vir filosofie en wetenskap as genoegsaam vir die doel van my bydraes.
Ter afsluiting sou ek in die algemeen ook net graag die volgende redeverband bepaal; Die Protestante se Heidelbergse Kategismus is Johan Calvin se antwoord op die katolieke Heilige Aquinas se Summa.
Ek gebruik steeds die Heidelbergse Kategismus en Nederlandse Geloofsbelydenis met die grootste respek en liefde in my studies, maar dit het geen vergelyk met Koptiese, Helleense, of enige ander katolieke katkisasie nie. Daarby moet ek erken dat geen katolieke katkisasie of Summa naby die Rabbinisme se Tora en Talmud debatte kom nie.
Godsdiens as onderdeel van die filosofie bestaan nes 'n ander onderdeel van die filosofie naamlik wetenskap, uit menige wonderbaarlike faset.
Mag Jesus Christus onse Hemelse Vader alle intelligensie te bowe gaan, stelsels te buite gaan - self GOD se redding in ons harte bewerk.
'n aanlyn weergawe van die Summa met menige vraag en antwoord op onder meer die verband tussen filosofie, godsdiens en wetenskap kan hier gelees word: http://www.ccel.org/ccel/aquinas/summa.toc.html
Ek deel ook heelhartig hierdie veel meer relevante bydrae van Pieter van Niekerk rakenede "spirituele intelligensie" onder die heel gepaste opskrif "Ons kan doen met spirituele mondighied" - https://www.litnet.co.za/Article/ons-kan-doen-met-spirituele-mondigheid