Dis opwindend - die spirituele ontwaking by mense. Want die siel het ‘n besondere plek in ’n mens se lewe. En siel en liggaam word nie geskei nie. “Jy is dus nie jou liggaam nie. Jy is jou siel met liggaamlike betekenisvolle ervarings,” skryf dr Ben du Toit in God? Geloof in ’n postmoderne tyd. Spirituele ontwikkeling is veral noodsaaklik in ’n wêreld waarin tegnologie al meer domineer.
Maar wat egter ontstig, is die “spirituele” diskoers in die pers en webtuistes. Daar word neerhalend na mekaar verwys en die oor-en-weer moddergooiery besoedel die gesprek. Dis veral verteenwoordigers van Christelike spiritualiteit wat mekaar se integriteit betwyfel. Die woorde–oorlog tussen voorstaanders en teenstaanders van bepaalde standpunte beduiwel oop gesprek en wedersydse respek. Die kloof tussen diegene wat hulle beroep op absolute waarheid en finale sekerheid, en hulle wat op relativerende standpunte fokus, raak groot. Die brug wat mense kan bou deur na die ander se standpunte te luister, word eerder stuk vir stuk afgebreek.
Ek het die konsep spirituele intelligensie by die boekwinkeljie van die Universiteit van Stellenbosch se Sakeskool raakgelees. Hier tree die ekonomie as ‘t ware met die geesteswetenskappe in gesprek. Die sakekonsultant me. Retha Alberts is bekend vir haar nadenke oor spirituele intelligensie in die sakewêreld. Sy interpreteer die strewe na meer sin volgens veranderingsgolwe (eras) in die wêreld. Die era “jagter-versamelaar” en vervolgens “tegnologie” het met tasbare welvaart te doen gehad. Die “inligting-en-kennis-era” wat daarna gevolg het, asook die era daarop van “verhoudings en spiritualiteit”, draai om ontasbare welvaart.
Dus: maatskappye word nie meer nét aan hul finansiële prestasies (“single bottom-line”) gemeet nie. Twee ander maatstawwe geld deesdae ook (“triple bottom-line”): Dit is dat verantwoordbaarheid teenoor die omgewing en sy mense ewe belangrik vir volhoubaarheid is. En nou kom ‘n vierde maatstaf – naamlik spirituele intelligensie - by.
Danah Zohar en Ian Marshall, wat albei ook van die psigologie en filosofie kennis neem, bied in Spiritual Capital: Wealth we can live by (1999) ’toekomsvisie vir kapitalisme aan.
Die eensydige opgaar van materiële kapitaal moet transfomeer na die byeenbring van spirituele kapitaal, anders is dít nie volhoubaar nie, en word dit ‘n monster wat homself opvreet, waarsku hulle. Positiewe verandering vind plaas wanneer kapitaal mense se fundamentele behoeftes dien, en ‘n waardegerigte kultuur bevorder.(Ek wonder wat hulle van die huidige wêreldekonomie te sê het?)
Volgens Zohar en Marshall hou spirituele intelligensie verband met die wyse waarop die kultuur van vrees, hebsug en selfhandhawing na ‘n kultuur van ontdekking, samewerking, sin en karaktergroei beweeg. Indien jou optrede op hoër behoeftes gerig is, bring dit heelheid en geestelike oorvloed mee.
Zohar skryf in Rewiring the Corporate Brain (1997) dat breinnavorsing ‘n spesiale tipe 40 mHz-ossillasie waargeneem het wanneer die brein uit ‘n ervaring sin probeer maak. Dis die naaste wat wetenskaplikes kom aan die fisieke deel van die brein wat met die siel verband kan hou.
Ek is opgewonde oor die ontwaking van ons spirituele intelligensie. Dít kan tot die maak van goeie keuses en ‘n gesonde moraliteit bydra. Dis noodsaaklik dat alle mense hul dormante spirituele potensiaal ontdek en ontgin.
Alberts meen maatskappye is kragtige veranderingsagente en geloofwaardige katalisators vir die skep van dié nuwe bewussyn.
En kerke? Wanneer die tradisioneel religieuse instellings soos die Christelike kerke, moskees en sinagoges hul geloof met ‘n onwrikbare ortodoksie, ideologie en arrogansie verbind, kan dié instellings tog nie veranderingsagente vir die spirituele heropbou van die land kan wees nie.
Die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit in Kaapstad en ander soortgelyke inisiatiewe doen baanbrekerwerk op die gebied van spirituele ontwaking.
Die teoloog dr. Carel Anthonissen, wat aan die spits is van dié sentrum, skryf: “Ek het op die weg van spiritualiteit geleer dat blootstelling aan pyn en lyding, hoe sku ons ook daarvoor is, dikwels die weg en plek is waar die sin van menswees, en veral die vreugde waartoe ons bestem is, die sterkste oopbreek. Die energie tot selfopofferende liefde, teen ons eie materialistiese en selfsugtige grein in, word dikwels eers hier gebore. En dis ‘n fundamentele waarde vir ‘n gesonde samelewing.”
Die Joodse sielkundige en Nazi-gevangene Viktor Frankl praat van ‘n “suksesformule”: Ware geluk en vrede lê in die najaag van dit wat jou spirituele behoeftes bevredig.
Dis kortsigtig om te glo ons land se heil lê hoofsaaklik by die opleiding van spesialistegnici, of by kundiges se terugkeer van oorsee.
Dit help net mooi niks nie as ons rugby koning kraai, daar ‘n tannie is wat die polisie wil vasvat en litnet vryheid van spraak toelaat, terwyl die meeste van Suid-Afrika se mense met verwaarloosde spirituele weefsel en ‘n geknakte siel sit of onwrikbaar arrogant optree nie. Ons moet eers spiritueel mondig raak.
Pieter van Niekerk


Kommentaar
Pieter
Hmm. En is daar enigiets wat jy kort wat nie reeds baie lankal geskryf is nie? Of is die Bybel een van die "soortgelyke instansies" wat nie pas by die najaag van jou "spirituele behoeftes " nie?
Ek vra maar net, die wanvertaling van die geskrifte is 'n baie ou ding. Net soos die krimineel alle informasie verwerp wat nie inpas by sy siening van homself en sy regte nie, net so "pick & choose" die godlose wat hy uit die Bybel wil hê en verwerp die res.
Dis jou keuse, die wysheid wat God beskikbaar gestel het of die drogwysheid van die heiden
Voorspoed
Duitswester
Pieter,
Wat is spirituele mondigheid – of te wel, spirituele intellegensie? Is dit die keuse om op ‘n “spirituele vlak” (anders as vleeslike vlak) jouself te ondek in jou diepste menswees? Is dit om uit te vind wie “jy” is – om te ondek dat die lewe oor meer gaan as oorlewing, geld en goed? – dat daar ‘n begin en einde vir mens in hierdie lewe is en die dood ‘n defnitiewe destinasie is - alhoewel nie finaal nie? Is dit om te besef dat daar ‘n diepliggende doel aan alles is en dat ons almal vir ‘n doel (dalk doele) geskape is? Is dit om liefde te verstaan en dan ook sin te probeer maak van wat die oorsprong daarvan is – tesame met alle ander emosies. Is dit dan ook dalk om mense te verstaan en akkommoderend (tegemoetkomend dan) teenoor almal te probeer optree? Dalk is dit alles insluitend en nog meer.
Maar die vraag is dan – waar kom spirituele mondigheid (en intellegensie) dan vandaan? Is dit in die mens ingebore of is dit ‘n ontdekkingsreis op elk se lewenspad? Kan dit dalk ‘n doelbewuste keuse wees wat elkeen kan uitoefen om te wil spiritueel groei en dán daarna te begin soek – miskien deur godsdiens of wetenskap of psigologie of filosofie of evolusie, ens. (of kombinasies daarvan) na te jaag en in diepte te ondersoek en te probeer verstaan, om dan sodoende spiritueel mondig te word en intelektueel spiritueel te groei? Gaan daar dan nie ongelooflike verskille wees in elkeen se definisie van wat spirituele mondigheid en intellegensie is nie? – want elkeen het dit op sy of haar manier bekom?
Indien ‘n mens dan wel tot spirituele mondigheid sou kom – hoe word dit dan hanteer? Sekerlik moet daar tog ‘n doel wees om spiritueel mondig en/of dan spitirueel intellegent te wees/word? Is dit om welvaart volhoubaar te maak of vrede volhoubaar te maak of sukses in besighede te verseker of om verskillende kulture te waardeer of moraliteit te bevorder of samewerking onder almal te bewerkstellig of vrede en geluk te vind vir elkeen wat sy of haar eie spirituele behoeftes bevredig? Of alles tesame en nog meer – met, inaggenome, die verskillende opinies en definisies van elkeen oor wat spirituele mondigheid en intellegensie is?
Ware spirituele mondigheid en spirituele intellegensie kom egter nét van God alleen af – dit is ‘n God gegewe gawe – tot Sy eer en verheerliking alleen. Net so min as wat ons kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die moederskoot (Prediker) net so min kan ons God se Wysheid en Insig verstaan - maar Hy (God), doen dit alles. Ware spirituele mondigheid/intellegensie kom nie van mense af nie, is nie mens gesentreerd nie en is nie mensgemaak of deur mense uitgedink nie. Dit is wel die mens se gees (in stryd met die vlees) wat soekend is (in mindere of medere mate – dit verskil van mens tot mens) na sin, waarde, vrede, geluk, moraliteit, ens. Daarom, indien jy dan verwys na Christelike Spiritualiteit, dan sekerlik móét die fondament daarvan Christelik wees. En wát is díe Christelike fondament, díe hoeksteen daarvan dan? – Dít ís die Ware en Enigste Evangelie van Jesus Christus ons Here - dan nie? Is dít dan arrogasie, betwyfeling van integriteit, diskoers en dies meer, om só, as ware gelowige christene, te redeneer? Ek dink nie so nie! Inteendeel, dit kom van God af, is tog duidelik in Sy Woord en dit ís Waar!
Ja-ja, ongelukkig is die stroom van die Christelike geloof al so besoedel deur die eeue heen (vandag meer as ooit tevore) deur allerlei teorieë, ideologieë, fisolofieë, waninterpritasies, selfregverdiging, ens. - wat afgewyk het van die Waarheid in die Woord van God – juis om dit meer aanvaarbaar vir die moderne wêreld en hoofstroom mense te maak en om alles en almal te probeer akkommodeer – dat die kruks en esensie van die ware Christelike geloof en die Fondasie (Hoeksteen) daarvan – Die Ware boodskap van Verlossing en Versoening wat God bewerkstellig het in en deur Sy Enigste Seun, Jesus Christus ons Here – verlore gegaan het. Dit is ook daarom dat mense eerder met sogenaamde mens geörienteerde spiritualiteit (dan ook dikwels deur die verdraaiing van God se Woord) en deur ander mediums soos fisolofie, psigologieë, evolusie, ander godsdienste (wat Jesus Chistus nie erken nie), en dies meer, na te jaag (omdat dit nie hul gewetens aankla nie) om hulself te regverdig en dít dan as hul “spirituele mondigheid” te sien en te adverteer as groei in “spirituele intellegensie” – hoe mens gemaak en verkeerd dit ookal is. Jy sien, dit gaan dan oor die skepsel en nie oor die Skepper nie. Dit is juis dán wanneer arrogansie, wanorde, diskoers, twyfel, vrees, betwyfeling van integriteit, hebsug, selfhandhawing, ens. ontspring en welig groei – Juís omdat die waarheid van God en Sy liefde en genade versoening in en deur Jesus Christus ons Here, nie meer die fondament vorm nie - maar mense eerder mens-gemaakte en disgeörienteerde sogenaamde “sprituele mondigheid” en “spirituele intellegensie” aanhang en maak-pas ten eine selfregverdigend en selfhandhawend op te tree.
Was Jeremia, Jesaja, Job, Paulus, Petrus, ens. volgens God se Woord - die Waarheid - spiritueel mondig en spiritueel intellegent? Ja-ja beslis! Hoekom ? Want die Waarheid van die Enigste Evangelie van Jesus Christus ons Here was ín hulle! Hulle het gewéét hul Verlosser leef en dít is wanneer ware spirituele mondigheid bereik word en dán groei mens in ware spirituele intellegensie – alles ‘n gawe van God. Daar het Níks verander aan die Ware Enigste Evangelie van Jesus Christus ons Here nie – Níks nie! Nee-nee – dit is mense wat Jesus Christus nie wil aanvaar as die enigste Weg, Waarheid én Lewe nie en wat dan die pad beister raak en alternatiewe oplossings soek en dit dan identifiseer as “spirituele mondigheid” en/of “spirituele intellegensie” en dan ook dit toesmeer met alles omvattende, alles aanvaarbare en alles akkommoderende “liefde” en dít te gebruik tot die mens se sogenaamde voordeel (nadeel) in die bereiking van besigheids suskses, moralitiet en dies meer - om dan ook net keer-op-keer jammerlik te faal. Dit is juis hierin waar die gevaar van misleiding en dwaalleer lê.
Maar daar is wel Absolute Waarheid en Finale Sekerhied te vinde - Slegs in Jesus Christus ons Here, deur die genade en liefde versoening wat God bewerkstellig het, heelhartig te aanvaar - ons is dan in Christus, waar ware vrede, liefde en geluk ter vinde is en dit tot in ewigheid!
Vrede vir jou
Dolf
'n Mens is 'n eenheid. Hy is nie net gees nie en ook nie net liggaam nie. 'n Gees sonder 'n liggaam, soms 'n siel genoem, kom nie in ons ervaring voor nie. 'n Liggaam sonder 'n gees is wel empiries aan ons bekend. Dit word nie 'n mens nie maar 'n lyk genoem. 'n Lewende mens is dus 'n deurleefde of funksionerende liggaam. Sommige aspekte van 'n mens word met sy liggaamlike dimensie geassosieer, bv eet en loop. Ander aspekte, soos om bewus te wees en te dink en onthou, word met 'n mens se geestelike dimensie geassosieer. "Geestelike/spirituele intelligensie" is 'n wollerige samestelling. Dit is onnodig om te spesifiseer dat iemand liggaamlik loop, want die loopproses is noodwendig liggaamlik. Insgelyks is dit oorbodig om te spesifiseer dat intelligensie spiritueel is, want intelligensie is noodwendig geestelik en nooit liggaamlik nie. Alles wat deel van die geestelike dimensie van 'n mens is, is egter liggaamgebaseer. Sonder 'n brein, sintuie en senustelsel is daar nie gees nie.
Johannes Comestor
Johannes,
Jy weerspreek jouself. Ek haal aan "'n Gees sonder 'n liggaam, soms 'n siel genoem, kom nie in ons ervaring voor nie. 'n Liggaam sonder 'n gees is wel empiries aan ons bekend. Dit word nie 'n mens nie maar 'n lyk genoem." en verder "Alles wat deel van die geestelike dimensie van 'n mens is, is egter liggaamgebaseer. Sonder 'n brein, sintuie en senustelsel is daar nie gees nie."
Tog is die brein en senustelsel "liggaamlik" nog deel van die "lyk" - waar is die gees dan - as dit nie deel van die lyk is nie? Hang seker maar af van elkeen se verwysings raamwerk en waarop sy of haar geloof, of dan ongeloof, gebaseer is.
Hoop jy sien die ironie.
Groete
Dolf
Dolf, ek dink nie daar is 'n weerspreking nie. 'n Mens moet nie aan die mens se gees as iets konkreets dink nie. Die mens bestaan uit liggaam en gees, maar hulle is nie twee dinge met dieselfde ontologiese status nie. Die gees is (of bestaan) op 'n ander manier as die liggaam. As 'n motor gaan staan, beteken dit meesal nie dat 'n onderdeel weggeval het nie. Die motor met al sy onderdele wil nie beweeg nie omdat hy nie meer funksioneer nie. Die lyk het steeds 'n brein, sintuie en 'n senustelsel, maar hulle funksioneer nie meer nie. Nie-funksionering beteken dat daar nie meer gees in die lyk is nie. Die gees het waarskynlik nie in die vorm van iets konkreets weggevlug om elders te gaan spook nie.
Ek probeer nie om my standpunt ten alle koste te verdedig nie. Kognitiewe wetenskaplikes is nog baie onseker oor baie wesenlike aspekte van die gees. Dalk is daar meer wat hulle nie weet nie as wat hulle met 'n mate van sekerheid weet. Dit word dikwels die terrein genoem wat meer braak vir wetenskaplike ondersoek as enige ander le.
Die spirituele intelligensie waarna gewoonlik op SeNet verwys word, is spiritueel of geestelik spesifiek in die religieuse of godsdienstige sin. Die probleem is dat daar baie godsdiens, spesifiek 'n bepaalde indiwidualistiese vertolking van christelike stellings, in daardie soort spiritualiteit kan wees, maar emosie en dogmatisme oordonder die intelligensie of rasionaliteit.
Johannes Comestor
Johannes,
Eerstens moet jy net in ag neem dat my aanvanklike skrywe hierbo gerig is op Pieter se skrywe wat meerindeels spirituele mondigheid en intellegensie aanraak - hy noem dan ook Christelike Spiritualiteit daarin - en dit is wat ek adresseer.
Ek lees met interessantheid wat jy vir my se. Dit is egter duidelik dat beide van ons se verwysingsraamwerk verskil in die sin van wat elk se geloofoortuigings (of non-oortuigings) is. Ek myself sien dit glad nie soos jy nie. Dit is ook nie dat ek my standpunt ten alle koste wil verdedig nie (die ware christelike geloof verg geen verdediging nie - ons kan nie God verdedig nie - Hy is Sowerein), maar dat dit veel dieper gaan as die oppervlakkige (verskoning vir 'n beter woord) "menslike" siening ten opsigte van wat gees en liggaam is. Gees is beslis nie gebaseer op die teenwoordigheid van 'n brein, senuweestelsel en sintuie nie. Daardie argument berus op die mens se idee (of dan teoriee) van waar hy vandaan kom en is dan ook meerindeels gerig op die evolusieleer. Siende dan dat skape en vlakvarke (as voorbeelde) ook toegerus is met breine, senuweestelsels en sintuie - het hul dan volgens jou redenasie - ook "gees" - waarom dan verskil van die mens?
Soos jy tereg opgemerk het - daar heers baie onsekerheid onder mense (insluitende kognitiewe wetenskaplikes) oor die geestelike (spirituele), omdat menslike "wysheid" en definisies daarvan eenvoudig nie die mas opkom nie - dit al vir eeue lank. Jy sien,waar dit oor spirituele intellegensie gaan - gaan dit oor watter verhouding elk het (of dan nie het nie) met God - die Skepper. Dit is dan juis hierdie verhouding met Christus wat spirituele mondigheid en intellegensie te wee bring. Dit kom deur die Gees van God tot elk wat hul daarvoor oopstel. Dit kom nie van mense af nie en is nie mens gesentreerd nie.
Die moeilike deel (vanuit my oogpunt) van spirituele mondigheid en intellegensie is daarin gelee om dan te probeer verduidelik en te verbaliseer wat dit is om 'n persoonlike verhouding met Jesus Christus ons Here, te he - juis omdat dit spirituele mondigheid en intellegensie verg. Dit kom egter nie uit onsself nie en daarom dat mense, wat nie hierdie verhouding met Jesus Christus het nie, dit moeilik - of glad nie kan -verstaan nie.
Groete
Dolf
Dolf, ek respekteer jou standpunt maar stem saam dat daar 'n skynbaar onoorbrugbare kloof tussen ons standpunte is. Ek het net menslike vermoens, soos begrippe en taal, en sintuiglike ervaring en poog om daarmee die empiriese werklikheid te verstaan. Dit lyk vir my asof 'n dier, soos die twee soorte wat jy noem (maar ek gebruik gewoonlik die dalk bekender voorbeeld van 'n hond), soos 'n mens ontstaan, gebore word en sterf. Ja, ek dink dat diere, ten minste die sogenaamde meer ontwikkelde vorme (dus al twee die soorte waarna jy verwys en my hond-voorbeeld), elk 'n liggaam en 'n gees het. Honde het bv verskillende persoonlikhede, soortgelyk aan die wyse waarop mense kan verskil. Dankie vir die gesprek, maar verdere diskoers sal ons standpunte nie nader aan mekaar bring nie.
Johannes Comestor
Pieter,
Ek meen dat iemand wat die interaksie tussen gelowiges (ek verwys na Christene) en ander in die pers en op webtuistes kritiseer sónder om in te sien wat daar plaasvind, waarskynlik nie (meer) in tred is met die oorsprong en veral, doel, van spiritualiteit, nie.
Mensgewyse is liggaam, siel en gees is wel een, waar die siel die verbintenis tussen gees-hoedanigheid en vlees-hoedanigheid bewerkstellig. Maar tog, die Gees was éérs en daarna het die liggaam gekom. God het die liggaam só geskape dat die vleeslike liggaam via die siel, verbintenis met die reeds, ewige bestaande Gees, kan hê as ’n drie-enige eenheid wat as mens, in die ware sin van die woord, bekendstaan.
Die liggaam het begin lewe omdat daar in die liggaam (die materiële fisika, die vlees en been en wat daarmee saamgaan), deur die siel (1 Korintiërs 15:45), lewe ingeblaas is deur die Gees (Genesis 2:7). In 1 Korintiërs 15:45 word juis na ‘siel’ verwys (ou vertaling) en tereg so, want, die Griekse woord 'psuche' word daar gebruik, wat ook merendeels met ‘siel’ vertaal word en dié sluit weer aan by die Hebreeus in Genesis 2:7 waar die woord 'nephesh' gebruik word en wat hoofsaaklik ooreenstemmende betekenis, het – dus, siel.
Die siel word direk verbind met die lewe. Dus, daar is gees, komende van die Gees van God en dié gees is die lewegewende energie wat deur middel van die siel, aan die andersins impotente materie wat die vlees genoem word, lewe en dinamika, gee. Dit is duidelik dat God nie bedoel het dat siel en gees of vlees dieselfde is, nie, maar 'n dinamiese eenheid as funksionerende lewende, sal vorm - met die mens aan die spits daarvan. Daarom verbied God die verorbering (eet) van bloed, want bloed is juis die fisieke siel-skakel met die gees (Genesis 9:4). Dieselfde woord 'nephesh' word juis in vers 4 gebruik om ‘siel’ te beduie. Ons weet watter belangrike rol die bloed van die liggaam in die algemene lewensvatbaarheid van die liggaam speel. As die bloed besoedel word, sterf die liggaam (bloedvergiftiging). Die bloed is ook die primêre bron van lewegewende energie en suurstof.
Die bloed, wat die siel huisves, is dus die skakel tussen die onsienlike geestelike hoedanigheid van die mens en die sigbare vleeslike liggaam. Dit is dus daarom ook duidelik dat dit nie die vlees óf die siel is, wat die liggaam beheers, nie, maar die gees, via die siel.
Die gees beheers die liggaam. Die liggaam is dus bloot die gees diensbaar en sónder die gees, sterf die liggaam – en die brein is noodwendig deel van die liggaam, nié die siel, nie. Die brein reageer dus slegs op (energieke) impulse van die gees en uiteraard so ook die brein.
Daarom is dit só belangrik dat die mens moet waak dat sy gees nie deur die verkeerde, destruktiewe invloed van ander geeste (demone) beheers word, nie, maar deur die positiewe, lewensonderhoudende Heilige Gees van God .
Maar dit wys ook daarop dat Zohar en Marshall en diesulkes hopeloos in die duister tas met hulle uiters beperkte siening van die geesteswesentlikheid van die mens. Hulle sien ’n druppel van wat daar is om te sien en probeer dit tot die geheel uitbou, maar hulle sal nooit slaag nie, omdat hulle die Oorsprong van die Spiritualiteit en ware Spirituele Intelligensie – God – bly ‘miskyk’.
Insgelyks, om dan van spirituele volwassenheid te praat, sonder om te besef en te verstaan waar die Oorsprong van Spiritualiteit lê (by God), is in sigself, spiritueel onvolwasse en spekulatief. Níks wat die Zohar’s van hierdie ou wêreld ons bied, kan ons spiritueel volwasse maak, nie. Slegs ’n werklike en gedienstige verbintenis met God, kan Spirituele volwassenheid waarborg.
Mense soos die ateïs Johannes Comestor kan nie begryp dat die gees, wat in die eerste plek lewe aan die vlees gegee het, voortbestaan nadat die vlees gesterf het, nie. Maar hy sal terselfdertyd nie ontken dat energie nooit vergaan, niks (soos hy suggereer) word, nie… vreemd, dat hy nie die som kan bereken, nie…
Ten minste besef hy darem daar ís gees én liggaam, soveel meet as wat sy ander ateïstiese eweknieë besef…
Maar óns, die gelowiges weet, dat die gees nie rondswerf nie, maar ’n tuiste het tot die Groot Oordeel kom (Lukas 16:19-31) en die hereniging met die liggaam in verheerlikte vorm (1 Korintiërs 15:44-54; Filippense 3:21; 1 Johannes 3:2) daardie finale skeiding (Mattheus 25:31-33) tussen dié wie ewig lewe in eenheid met God (1 Korintiërs 15:28; Mattheus 25:34-40) en dié wat ewig die dood van gekners van tande en geween sal binnegaan (Mattheus 25:30, 41-46).
Om dan in die slotsom te kyk na jou volgende stelling :
“Dis veral verteenwoordigers van Christelike spiritualiteit wat mekaar se integriteit betwyfel. Die woorde–oorlog tussen voorstaanders en teenstaanders van bepaalde standpunte beduiwel oop gesprek en wedersydse respek. Die kloof tussen diegene wat hulle beroep op absolute waarheid en finale sekerheid, en hulle wat op relativerende standpunte fokus, raak groot. Die brug wat mense kan bou deur na die ander se standpunte te luister, word eerder stuk vir stuk afgebreek.”
Ek meen dit is hierdie stelling van jou wat die deurdagte ateïs, die minagtende vyand van God, ook veronderstel om jóú God te wees, Thomas, se heerlike toejuiging vir jou bewerkstellig het. Watter ontsettende klap in die gesig moet dit nie vir jou wees, nie, jý as veronderstelde gelowige, wat toegejuig en volmondig ondersteun word deur ’n mens wat God nie net verloën, nie, maar selfs die gedagtenis van God in die openbaar minag en bespot – omdat julle juis oor spiritualiteit, dit eens is! Julle het meer in gemeen, as wat jy met jou mede-gelowiges in gemeen, het?! Dit moet jou, as veronderstelde gelowige, werklik snags laat wakker lê en naarstig laat introspeksie hou… nie waar nie?
Hierdie uitlatings van jou lyk alteveel na die standpunt van ’n man wat sy God iewers langs die pad vir politieke gedienstigheid prysgegee, het. ’n Man wat, ten aansien van die dinamika van sy eie veronderstelde geloof, nie meer die moeite wil doen om eers te begin begryp wat aangaan, nie – ter wille van wat? Sekulêre humanisme? Watter hoop het sekulêre humanisme om ooit te slaag? Wat gaan eensgesindheid tussen hulle bring? Verdraagsaamheid? Tot by watter punt en wat moet alles langs die pad by wyse van beginsel, geloof, oortuiging en waarde prysgegee word? Wanneer sal die honger god sekulêre humanisme óóit versadig word? Waarop word daardie ‘brug’ gebou?
Maar as jy getrou was aan jou geloof, jou God, dan sou jy ook Sy Woord aanneem en verstaan… en nie sulke onverantwoordelike aanmerkings maak, nie. Laat my toe om jou te herinner:-
Aan die woord is die HERE Jesus Christus, die Een vir Wie jý veronderstel is om lief te hê en Sy Woord te ag… “Mattheus 10
32 “Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is. 33 Maar hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemel is.” 34 “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard. 35 Ek het gekom om tweedrag te bring ‘tussen ’n man en sy vader en tussen ’n dogter en haar moeder, tussen ’n skoondogter en haar skoonmoeder; 36 ja, ’n man se huismense sal sy vyande wees.’37 “Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie. 38 Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie. 39 “Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.” 40 “Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.”
En dáármee weerspreek die HERE jou direk, Pieter. Daarmee maak die HERE jou en ander se sekulêre aspirasies van onverdeeldheid, van sekulêre ‘eensgesindheid’, tot niet. Dáárom dat daar vir julle, langs daardie weg, eenvoudig nie blywende sukses is, nie… want die ‘vrede’ waarvan die HERE daar praat, is juis die sekulêr humanistiese kamstige ‘vrede’ wat slegs kan verkry word deur die beginsels waarop die evangelie van Christus berus (Johannes 14:6-7) prys te gee - deur Christus te verloën met lippediens of selfs geen diens of selfs minagting (hoeka dáárom dat die ateïs Thomas jou so aanprys!)
Maar julle vergeet, Christus Jesus die HERE ís inderdaad die Vredevors (Jesaja 9:5) en géén vrede sal heers anders as deur aanvaarding van en eer aan en diensbaarheid aan, die HERE Jesus Christus alleen, nie.
Maar vandaar ook die dinamika waarna jy in jou aangehaalde deel, so snedig verwys. Daar is op die oog af verdeeldheid, want dié van ons wie die Woord aangeneem het en bring, bring daardie Woord na dié wat die nie aangeneem het, nie, omdat ons daartoe deur die HERE opgedra, is (Mattheus 28:19; Johannes 15:27) – natúúrlik sal daar báie aktiewe en soms onaangename dinamika wees (Johannes 15:20-27).
Die swaard waarvan die HERE praat in vers 34, Is Sy ewige Woord (Efesiers 6:17; Hebreërs 4:12); die verdeeldheid (skeiding) waarvan HY praat in verse 35-36, is juis die skeiding tussen dié wie die Woord aanneem en dié wat die Woord verwerp en verdraai. Hierdie hou direk verband met die ernstige waarskuwing in Johannes 12:48.
Verse 31 en 32 van Mattheus 10 (hierbo) sit onomwonde uiteen wat die HERE van ons verwag, maar ook wat die gevolge daarvan sal wees tussen mens onderling (vers 36, verwysende na mense in ’n ‘huis’ – gemeenskap - in die algemeen) en vers 37 verwys na die mense se vals sekulêre humanistiese ‘liefde’ vir die vleeslike en wêreldse ten koste van die Hemelse, Spirituele, die HERE. Verse 38-40 is onomwonde wat die HERE van mense verwag hoe om Hom te volg.
Dalk moet jy weer dringend weer na jou Eerste Liefde terugkeer, Pieter? Die humanistiese politiek is klaarblyklik besig om jou spiritualiteit heeltemal af te stomp…
Groete,
Kobus de Klerk
Beste Pieter,
En daar het jy dit toe!
Soos te wagte het die ou grote jou geweeg ... ja, en jou weereens te lig bevind (soos altyd maar met almal wat hom nie eer nie).
Pieter, jy deel die volgende gedagte met ons: Maar wat egter ontstig, is die “spirituele” diskoers in die pers en webtuistes. Daar word neerhalend na mekaar verwys en die oor-en-weer moddergooiery besoedel die gesprek. Dis veral verteenwoordigers van Christelike spiritualiteit wat mekaar se integriteit betwyfel. Die woorde–oorlog tussen voorstanders en teenstaanders van bepaalde standpunte beduiwel oop gesprek en wedersydse respek. Die kloof tussen diegene wat hulle beroep op absolute waarheid en finale sekerheid, en hulle wat op relativerende standpunte fokus, raak groot. Die brug wat mense kan bou deur na die ander se standpunte te luister, word eerder stuk vir stuk afgebreek.
Die bose ou grote Kobus daal op jou neer met: Ek [Kobus de Klerk] meen dat iemand wat die interaksie tussen gelowiges (ek [KdK] verwys na Christene) en ander in die pers en op webtuistes kritiseer sónder om in te sien wat daar plaasvind, waarskynlik nie (meer) in tred is met die oorsprong en veral, doel, van spiritualiteit, nie. [...'n onsinnige Kobus de Klerk geGooglede bla-bla-bla volg ... en dan ... ] Ek [Kobus de Klerk ] meen dit is hierdie stelling van jou [Pieter van Niekerk] wat die deurdagte ateïs, die minagtende vyand van God, ook veronderstel om jóú God te wees, Thomas, se heerlike toejuiging vir jou bewerkstellig het. Watter ontsettende klap in die gesig moet dit nie vir jou wees, nie, jý [Pieter van Niekerk] as veronderstelde gelowige, wat toegejuig en volmondig ondersteun word deur ’n mens wat God nie net verloën, nie, maar selfs die gedagtenis van God in die openbaar minag en bespot – omdat julle juis oor spiritualiteit, dit eens is! Julle het meer in gemeen, as wat jy met jou mede-gelowiges in gemeen, het?! Dit moet jou, as veronderstelde gelowige, werklik snags laat wakker lê en naarstig laat introspeksie hou… nie waar nie? [ Kobus de Klerk se algemene demoniese vrees aanja drek] Hierdie uitlatings van jou lyk alteveel na die standpunt van ’n man wat sy God iewers langs die pad vir politieke gedienstigheid prysgegee, het. ’n Man wat, ten aansien van die dinamika van sy eie veronderstelde geloof, nie meer die moeite wil doen om eers te begin begryp wat aangaan, nie – ter wille van wat? Sekulêre humanisme? Watter hoop het sekulêre humanisme om ooit te slaag? Wat gaan eensgesindheid tussen hulle bring? Verdraagsaamheid? Tot by watter punt en wat moet alles langs die pad by wyse van beginsel, geloof, oortuiging en waarde prysgegee word? Wanneer sal die honger god sekulêre humanisme óóit versadig word? Waarop word daardie ‘brug’ gebou? Maar as jy getrou was aan jou geloof, jou God, dan sou jy ook Sy Woord aanneem en verstaan… en nie sulke onverantwoordelike aanmerkings maak, nie. [ ... KdK duiwelsgeestige gedweep wat volg ... en dan ] Dalk moet jy [Pieter van Niekerk] weer dringend weer na jou Eerste Liefde terugkeer, Pieter? Die humanistiese politiek is klaarblyklik besig om jou spiritualiteit heeltemal af te stomp …
Eish Pieter ... ek [Cornelius] is regtig jammer ... dat jou "braakland" nou so "gebreek" moes word ...
Pieter, jy deel ook die volgende verstand met ons: "Volgens Zohar en Marshall hou spirituele intelligensie verband met die wyse waarop die kultuur van vrees, hebsug en selfhandhawing na ‘n kultuur van ontdekking, samewerking, sin en karaktergroei beweeg. Indien jou optrede op hoër behoeftes gerig is, bring dit heelheid en geestelike oorvloed mee."
Presies!
Om Kobus de Klerk se kultuur van vrees, hebsug en selfhandhawing te begryp, moet jy eintlik eers sy waansin omtrent sy selfbepaalde roeping op aarde verstaan. Kobus glo juis dis sy roeping om "braakland te breek" en vrees te saai - soos hierbo aan jou. Lees gerus hierdie brief van Kobus de Klerk in antwoord op 'n brief waarin "Tant Alie" so liefdevol vir Kobus geëer het - http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=print_article&news_id=86947&cause_id=1270
Vrees, aankla en "braakland breek" is wel Bybels, maar die instrument daarin is eintlik Satan.
Kobus de Klerk impliseer dus self so sy duiwelsbesetene aanslag op ander se harte.
Ek het jare gelede toe die ou grote die bevatting "spirituele intelligensie" hier begin verkrag het, ook die werke van Zohar en Marshall probeer voorhou as meesters in die onderwerp. Ek het veral Howard Gardner se "existential intelligence" hier probeer deel.
Howard Gardner is eintlik die man wat die idee omtrent multi- intelligensie "ge-coin" het.
Jare gelede (toe daar reeds lank en sand geredekawel is op die werf), was Google nog nie so uitgebreid nie. Ek het ek staat gemaak op my belangstelling en eie boeke op die rak. Dit was ook maar vir my 'n baie onaangename ontnugtering oor hoe iemand soos Kobus de Klerk met sy vreeslike gevolg en aprioristiese spirituele intelligensie, my bronne kon afmaak - net omdat hy dit nie kon Google nie - selfs daardie jare reeds.
Pieter, daar is absoluut geen sin om met hierdie godsdiensboewe op die werf te redekawel nie. Dis werklik soos 'n posman wat hande viervoet vir die honde staan en terug blaf. Al wat die ander gaan sien is 'n hondegeveg. Ons het inderdaad 'n Boodskap om te leef - ons moet aangaan.
Ek het egter voorts geheel ooreenstemming met jou.
Wat ek wel baie graag omtrent spirituele intelligensie wil deel, is die feit dat daar met respek omgegaan moet word met elkeen se oortuiginge en geloof (en/of ongeloof). In hierdie opsig bedoel ek spirituele intelligensie in die werklike sin daarvan en nie Kobus de Klerk se waansinnige farisese skrifgeleerdheid in aanslag daarop nie.
Oral op aarde word ons almal se Almagtige Lewende in die een of ander taal en kultuur gedien. Nie almal ken die openbaring van God in Jesus Christus nie. Dis die wat dit wel ken se roeping om dit aan die ander in God se liefde en genade uit te dra.
Dis ook die HART waarmee ons daarin leef wat saak maak.
Waar ek tussen my Moslem broers en susters deel, dra ek die Goeie Nuus dat Jesus Christus, Allah is. Waar ek tussen my Hindoe broers en susters is, deel ek dat Jesus Christus, Brahman is. En waar ek tussen my Joodse broers en susters is, dra uit ek dat Jesus Christus, HaShem is. My voorgeslagte het bely dat Jesus Christus, Jumala is ... en so kan ek dae lank uitwei oor die wonderlike genade om die Evangelie tussen andersgelowiges te leef!
Intussen vloek Kobus en sy gekondisioneerde gevolg teen die aanroep van ons almal se Almagtige Lewende Skepper as Allah, HaShem, Jumala, !Kagen, Brahman, ... en enige ander wat anders as sy Germaanse klanke klink. Nes Sataniste die katolieke se Nagmaalritus as kannibalisme bespot, net so bespot Kobus de Klerk en sy bose gevolg ander se belewenis in die Geesteswêreld en vervloek dit as okkulte.
Dis uiteraard iets wat ook saam met baie Afrikaners in hul apartheid Protestante ideologie kom.
Dis hartseer om te dink in watter mate "Protestante spirituele intelligensie", kapitalistiese Anglo en Amerika dien.
ANDERHAAT, het iemand dit lank gelede op die werf gedoop ...
Pieter, baie dankie vir jou bydraes op die werf.
Mag Jesus Christus onse HERE, self die spirituele intelligensie in ons HATRE wees.
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke, Boeddhistiese en Afrikaliefde,
Cornelius
Die 'hart' waarmee mense soos Cornelius 'daarin' saamleef?
Ons het al in die laaste tyd weer 'n keer met Cornelius se leuens kennis gemaak, en met die skakels wat elders verskaf is, weer eens gekyk na die gruwelike lastering en leuens wat hy verkondig onder die Naam van die HERE en hoe hy die Woord verdraai. Dit is hoe dinge met Cornelius se hart, staan. Wat ons veral gesien het, is dat hy absoluut geen agting het vir God's Woord, nie.
Die Woord waarsku juis oor die 'hart', wat Cornelius so graag bo die Woord, wil stel:
"Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ’n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God" - Romeine 2:5;
" Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak. Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal" - Mattheus 15:18-19;
Dit is juis die dinge wat by Cornelius uitborrel, hoe hy probeer tweedrag saai, hoe hy almal wie getrou is aan God's Woord, probeer slegmaak, hoeveel kwaad en nyd daar in sy hart skuil, hoe hy nie huiwer om die Naam van die HERE te laster deur die koppeling van die Naam aan gruwelike dwaalleringe, nie.
"Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond. En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie? " - Lukas 6:45-46. Hiervan, veral, is Cornelius absoluut 'n wandelende voorbeeld.
Dit is die 'hart' wat hy probeer verkoop.
En wanneer die gelowiges hom en ander wat die HERE se Naam tenakom, daaroor teregwys, dan verwys mense soos Pieter daarna as "verteenwoordigers van Christelike spiritualiteit wat mekaar se integriteit betwyfel". Hoe op aarde kan enigiemand Cornelius as 'n Christen sien? Net iemand wat nie self 'n Christen is nie, en ook nie insig het, nie, kan soiets onverantwoordelik kwytraak.
Is dit dat Pieter, as veronderstelde gelowige, nie meer kan onderskei, nie, dat hy nie meer kan sien dat dit juis die "verteenwoordigers van Christelike spiritualiteit" is wie eensgesind is, en dat die verskille en betwyfeling intree wanneer die ander, die ongelowiges, die Woord-verdraaiers en Godloënaars soos Cornelius, Thomas en andere soos hulle, betrokke raak, nie?
Kobus de Klerk
Kobus maak SeNetters deurmekaar. Hy verwys na die apostel Johannes en na Johannes Comestor. Laasgenoemde moet asseblief nie tot JC verkort word nie, want dan sal die SeNetters nog meer deurmekaar gemaak word.
Descartes se dualisme van gees en liggaam het onoorkomelike probleme veroorsaak. Lees bv Gilbert Ryle se Concept of Mind. Die veel ouer benadering van epifenominalisme was meer sinvol. Maar nou kom Kobus met nie twee elemente nie maar drie: liggaam, siel en gees. Die siel verbind glo die ander twee. Die siel word die een oomblik deur Kobus met bloed geassosieer (of selfs gelykgestel) en die volgende oomblik beweer hy dat die siel nie deel van die liggaam is nie. Al hoe ek sinvol van siel kan praat, is in die sin van die kern van die gees, bv: "Ek was in my siel, dus in my diepste wese, geskok." Siel kan dus 'n deel van die gees wees of 'n sinoniem daarvoor, maar liefs nie 'n derde element nie. Dit sal interessant wees om te weet hoe Kobus siel en gees as twee verskillende dinge onderskei. Wat ek hom kan verseker, is dat geen ontleding van bloed 'n siel sal oplewer nie.
Kobus wil he dat die gees apart van die liggaam kan bestaan. Daarom beweer hy dat die gees voor die liggaam bestaan en dat dit na die dood van die liggaam op sy eie kan voortbestaan. Vir hierdie bestaan voor en na die liggaam is daar geen empiriese bewyse nie. Wat ons wetenskaplik weet, is dat liggaam en gees van konsepsie tot dood saam bestaan. Sover ons weet, bestaan nie een van die twee voor konsepsie of na die dood nie. Dan is daar die probleem van die nuwe of verheerlikte liggaam wat die gees glo na die dood ontvang. Dit kan hoogstens in 'n mate 'n soortgelyke liggaam wees; nie 'n identiese liggaam nie, want siektes, gestremdhede, sterflikheid, ens, moet ontbreek. Dit is te dik vir 'n daler.
Vir Kobus is 'n mens 'n drie-eenheid; sonder twyfel omdat hy glo dat 'n mens na die beeld van 'n drie-enige God gemaak is. Vir my lyk dit meer waarskynlik dat 'n godsbegrip na die beeld van 'n mens geskep word. Daar is ook die probleem dat Kobus nerens 'n Bybelvers sal kry wat eksplisiet se dat God drie-enig is nie. Dit is iets wat die kerkvaders eers in die 4de eeu, in 325 te Nicea, uitgedink het. Die Ou Testamentiese God is streng monoteisties. Toe Jesus in die Nuwe Testament Christus word, word hy die Seun en die Ou Testamentiese God die Vader. Na die hemelvaart het die derde deel van die drie-eenheid, die Heilige Gees, nodig geword om toesig op aarde te hou. Hoewel hierdie drie funksies van God, vergestalt in drie persone, diachronies nodig geword het, word leerstellig beweer dat al drie altyd bestaan het. Ook dit is te dik vir 'n daler.
Pascal het beweer dat 'n mens maar die kans moet vat en liewer moet glo as nie glo nie. Kierkegaard het besluit om rasionaliteit oorboord te gooi en die sprong na geloof te waag. Albei is voorbeelde van nie-intelligensie. In daardie sin word die term intelligensie in hierdie diskoers misbruik. Daar is nog 'n saak wat in Kobus se betoe hinder. Bertrand Russell het aangetoon dat 'n klas geen, een of baie lede kan he. Die klas "Oujongkerels wat getroud is" het geen lede nie. Die klas "Natuurlike satelliet van die aarde" het net een lid, naamlik die maan. Die klas "Ontvangers van staatstoelaes" het baie lede. Die punt wat ek wil stel, is dat dit lyk asof die klas "Christene wat hemel toe gaan" volgens Kobus net een lid het, naamlik Kobus de Klerk. Hy het selfs Pieter van Niekerk uit hierdie klas geskryf.
Johannes Comestor
Kobus, ek vergewe jou nogmaals.
Mag Jesus Christus onse Hemelse en Ewige Vader, ons almal vergewe.
Jou amigo in Adam,
Cornelius
Beste Johannes Comestor,
Jou kommentaar is stimulerend.
My grootste verwondering is altyd oor hoe liggaam, siel en gees altyd saam en ewe dronk van 'n dop kan raak.
My vader se wyse antwoord hierop was; ja, dis hoe gebonde ons aan sonde in hierdie lewe is.
Ons vlees en bloed veronderstel 'n liggaam vir ons bewussyn in hierdie lewe, wyl ons gees die liggaam vir ons bewussyn voor geboorte en na die dood is.
Ons gees, is die Gees van God wat in ons geblaas is in Genesis.
Dis wat mens en dier onderskei.
Wyl die wetenskap nog nie enige belangrike empiriese bewyse opgelewer het om jou te oortuig van 'n Geesteswêreld nie, moet ons darem ook erken dat die wetenskap ook TOT OP HEDE nog nie 'n verklaring vir die bestaan vir ons bewussyn het nie.
Dus, alle toestande vir lewe kan in 'n laboratorium geskep word, maar daardie wese in die laboratorium kan nie 'n bewussyn bekom en begin LEWE nie (bygesê die Frankensteinmonster was darem 'n goeie poging - maar ek dink dit was die laaste - behalwe vir 'n klomp bevrore kadawers iewers wat hoop dat die wetenskap hulle sal inhaal en weer met bewussyn en al terug bring na die wonderlike gawe van LEWE).
Spirituele intelligensie?
Nee wat, soos 'n bergie sou seg; dis te duur - "ons" hou maar by 'n papsakkie ...
Namaste! Cornelius
Comestor,
Eers moet ek net daarop wys dat jou domastrante agnostiese arrogansie, eiewaan en selfbeheptheid nie ongesiens verbygaan nie – om jouself in dieselfde asem te wil noem as die apostel Johannes en dan boonop nogal te dink dat mense jóú met dáárdie dinamiese mens sal verwar, is absoluut verregaande. Wie, by sy volle sinne, bygesê, sal jóú verwar met daardie dinamiese, Godsgehoorsame- en geseënde, mens, die apostel Johannes? Jý, wat waarskynlik te week is om onder jou eie naam te skrywe en dan onder ’n skuilnaam die grootste snert meestal kwytraak, die inhoud wat ’n non-event is omdat jy na al jou jare van geswoeg en gespartel nog nooit kon regkry wat die apostel Johannes met een oproep van die HERE reggekry het nie - om insig in die Lewe te bekom. Jý, wat deur meeste hier nie eens van een uitgawe van SêNet na die ander in herinnering geroep word, nie, weens jou absolute onbenulligheid en irrelevansie vanweë die leë snert wat jy oor die algemeen opdis, vergeleke met die apostel Johannes, wie se Geesgeïnspireerde en –geleide werk vir die beste part van die afgelope tweeduisend jaar al, konstant deur biljoene mense herdenk en geleer én gelééf, word en wie se werke weens die hegte verbintenis daarvan met die HERE van die Leërskare, elke week wêreldoor deur miljoene mense bestudeer, bespreek, geëer en gelewe, word.
Dit is die perspektief waarin jý op hierdie stadium van jou lewe, pas, Comestor! Moet jouself nie aanmatig nie.
Dan is daar natuurlik ook die kwessie dat jy steeds nie weet waar die geetesdimensie van menswees vandaan kom, nie. Meeste van jou ateïs-agnostiese eweknieë kon dit nog nie eens bemeester om te besef dat daar hoegenaamd soiets soos ’n gees in die mens, is, nie. JY het darem al daardie punt bereik, maar in jou ateïstiese agnostisisme kon jy nog deur jou ganse lewe, geen vordering maak vêrder as dít, nie, om uiteindelik tot die besef te kon kom van waar Spiritualiteit nou sy oorsprong het en ook Spirituele Intelligensie, nie. Die blote feit dat jy weet van die geesteshoedanigheid van die mens en meeste van jou mede-ateïste nié, moes jy, as jy ’n vrye, onbevange intelligensie had (soos wat gelowiges wél het, want dit is ’n gawe van God) al besef het dat dit ’n gebied is waar daar baie verborgenhede vir julle opgesluit lê. Jý het al by die punt uitgekom waar jy besef daar is ’n gees en nie net polsende, krioelende vlees en been nie, wyl ander van julle nog nie eens dáárby kon uitkom, nie.
Nou moes jy, in stede om die onsinnige kommentaar te lewer oor wat ek geskrywe het, onmiddellik kon besef dat jy jou in ’n veld bevind waar jy nié weet, nie, maar te doene het met gelowige mense wie wél alreeds weet (hoe anders, ons het dan direkte verbintenis met die Gees!) en dan eerder jou sinnelose kommentaar verbeur, het. Maar nee. Is dit omdat jy nou al besef jy kan geen vordering maak nie? Die rede vir jou swakheid daar, is omdat jy steeds, na ál die jare nóg nie geleer, nie, deurdat jy vir ander nie-weters, agnostiese mense soos Bertrand Russel, byvoorbeeld, as rolmodel kies om van te leer en aan te haal. Wat kán jy leer by iemand soos Russel wat óók nie van die Spirituele dimensie weet, nie, weens sy eie agnostisisme? Daar leer jy om te gorrel en dit is presies wat jy op hierdie forum doen.
Verstommend dat mens (soos jy) sién ’n ander (jou rolmodelle) weet ook nie wat aangaan nie, maar dié dan eerder as gesag te probeer aanhaal, as om kennis te gaan soek waar dit te vinde is, by die gelowiges - en uiteraard, by God, Self.
Dus, jy wéét daar is báie dinge hieromtrent wat julle (nog) nie verstaan en ken, nie (jy vermeld dit ook in een van jou kommentare) en tóg maak jy asof dit ék is, wie nie weet waarvan ek praat, nie! Daarom, gegewe die voormelde, is jou uitlatings nie verder relevant, nie.
Let op, selfs Cornelius beleef 'n verfrissende en bemoedigende helder oomblik en is aanmerklik meer kalm en bedaard... mens kan sommer van hom begin hou as hy so is... jy kan gerus let op wat hy ook hierbo sê oor die gees en liggaam - laat staan egter gerus maar die wynstories, want die liggaam word sonder die gees dronk, maar wel saam met die siel... en die HERE verlos en bewaar ons juis van en teen, die sondigheid - dit is juis die wonderlike saak van die HERE Jesus Christus.
Dan moet jy ook verstaan, dat dit nie vir my ’n belediging is as iemand vir my sê ek gaan Hemel toe nie en ook nie as iemand my daarmee assosieer, nie. Maar weens jou onkunde en jou gebrek aan insig, meen jy seker dat ander óók die kwessie van wie Hemel toe gaan en wie nie, mistas soos jy, dat jy die uitsprake maak soos wat jy wel, doen. Die Hemel is bedoel vir alle gelowiges (en ons weet mos nou al, God wil hê dat alle mense gelowig moet wil word), en die HERE se Genade is groot genoeg om te sorg dat die báie wonings van die Hemel, gevul sal word:
Johannes 14: "LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My (die HERE Jesus Christus). 2 In die huis van My Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. 4 En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle.”
Ja, ons as gelowiges wéét van die Hemel en hoe om daar te kom, nes die HERE sê - want HY lei ons daarheen.
As jy jou sou wou besin en bekeer, Comestor, is daar selfs ook vir jóú ’n woning! Al wat jou op hierdie stadium daar weghou, is jou eie onsinnige agnostiese hardkoppigheid teenoor God.
Jy sal van ’n god hou wat jy kan voorspel en wat deur jou gemanipuleer kan word – soos wat Cornelius vir homself in sy wilde vlugte saamgeflans het. Maar dit is mos géén god, nie? Hoe sal soiets god kan wees, as die mens hom kan manipuleer? God, die ware God, is soewerein, te groot vir jou begrip of verstand. Die mens kán nie van God leer, as God dit nie Self aan die mens openbaar, nie (Lukas 10:22 g.m. Jeremia 33:3). God verlang slegs jou gewilligheid (vers 3). Daarom weet gelowiges wat jý nie weet, nie, want hulle ís gewillig en God hóú Woord.
Moenie God probeer verwerp omdat jy en jou agnostiese maters hom nie onder ’n maatemmer kan plaas in laboratorium nie – want as julle sou kon, was HY nie werklik God, nie. Dus, julle kán kennis bekom van God en leer van God en van die ware oorsprong van Spiritualiteit en Spirituele Intelligensie, maar nié waar julle (nie wil) soek, nie.
Doen eerder die regte ding teenoor God. Moenie die genade en lankmoedigheid van die allergrootste God, onderskat, nie. God vergewe graag – lees weer 1 Johannes 1:9-10 en probeer dit begryp.
Kobus de Klerk
Pieter (cc vir Kobus, Cornelius, Johannes, ens.)
Na aanleiding van almal (ek inkluis) se skrywes hierbo, is jy sekerlik (en ek neem aan jy is ‘n denker ook) besig om al die kommentare in oorweging te neem en daaruit sin te probeer maak. Daar is niks verkeerd met gesonde argumentering (of dan bespreking) nie – solank dit net – op ‘n manier - opbouend is teenoor almal wat daaraan deelneem of dalk net elkeen te laat nadink oor wat gesê is (of dan nie gesê is nie). Maar ons kan nie - durf nie - van die Waarheid in Jesus Christus ons Here afwyk nie.
Vanuit my oogpunt is dié skrywe (dankie vir die herinnering daaraan, Kobus) wat ek ter harte neem, dít – Ons moet daarteen waak om van ons Eerste Liefde – Jesus Christus ons Here, Verlosser en Saligmaker – afvallig te word. Dit gebeur dikwels dat ons – in meeste gevalle, sonder om daarvan bewus te wees – “afwyk” van die Ware Oorsprong van ons geloof, juis omdat ons met soveel passie en energie ons geloof probeer verdedig in gevalle waar dít (of só dink ons ware gelowige christene dikwels) aangeval en/of bevraagteken word – dit terwyl ons ware christelike geloof geen verdediging nodig het nie – God is Soewerein én die Waarheid. Nee-nee, ek lewe nie onder die ilusie dat die Ware Christen Geloof nie onder aanval is nie, inteendeel. Dit is net dat baie mense óm ons, eintlik net soekend na ware vrede en antwoorde op vrae oor die sin en doel van die lewe is. Jy sal wel gou agterkom wanneer die motief aanvallend en negatief is. In ander gevalle kan ons ook op subtiele wyses verdwaald raak (onsself mislei of mislei word) en meer op menslike sieninge (wat nie noodwendig stryk met wat ons glo en bely nie) maar wat wel reg klink, staat maak en sodoende die fokus van Christus afhaal – só ondersteun ons dan sekulêre humanisme - ons raak mens-gerig en nie Christus-gerig nie.
Ja-ja dit is so dat, as ‘n mens ‘n werklike en diep gewortelde verhouding met Jesus Christus het, jy ware vrede, liefde, betekenis en sin in jou lewe verkry – maar dié wat nie Christus werklik ken nie (of dan glad nie ken nie), ervaar dit nie so nie. Dit is dan ook hiéroor dat ons – wat onsself ware gelowige christene noem – daarteen moet waak om ons eie sienswyses van allerlei “geloofs-oortuiging-gebasseerde” redes en/of atwoorde, te verbaliseer om sodoende te poog om ander te oortuig van die Waarheid. Ek sê níe hiermee dat ware gelowige christene níe hul antwoorde op die Woord van God en hul ware geloof daarin, moet basseer nie, maar dit is hóé ons dan die boodskap oordra wat dikwels deurslaggewend is. Dít moet ons doen deur die Heilige Gees (wat ín ons is) toetelaat om ons gedagtes te rég te rig en ook ons dan te lei in liefde en nederigheid en sagmoedigheid. Dit gaan oor Christus en níe oor ons níe – én die eer en verheerliking kom Hóm alleen toe.
Wat wil ek vir jou sê? Dat ons moet daarteen waak om Christus te verloën/verraai (op watter wyse en hoe subtiel ookal) om sodoende “menslik-gedrewe” sekulêre humanisme te bevredig, tewyl dít nie stryk met die Waarheid van die Woord van God nie. Ons kan nie toelaat dat die fokus van Christus af verskuif word en mens gerig raak om mense te bevredig en hul te laat “goedvoel” oor hulself nie. Dit doen sommige sogenaamde “gelowige chirstene” onder die vaandel van “Jesus is liefde” en vergeet (vir gemaklikheids onthalwe – om die situasie te pas) van waaroor die Ware verlossingsboodskap van God – in en deur Jesus Christus, Sy Enigste Seun – gaan. Daarom, net om alle wanbegrippe uit die weg te ruim – Ware gelowige christene bely Jesus Christus ons Here as God se Enigste Seun in en deur wie Hy (God) versoening met Homself bewerkstellig het - juis deur Jesus se kruis-dood en opstanding. Jesus Christus is die Weg, Waarheid en Lewe en slégs deur Hom nader ons tot God. Hy is in God die Vader en God die Vader is in Hom! God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees – God drie-enig! Dít is die énigste ware evangelie en enige ander prediking wat nie hiermee stryk nie, is dwaalleer en misleiding!
Ek en Johannes Comestor verskil in díe sin dat ek ’n ware gelowige christen is en hy nie. Hy is ‘n ateïs en neem daarom nie God se versoening aan nie (hy weet daarvan, hoor wat ek (en ander) vir hom sê, maar kies om dit nie te glo nie) – daarom dat hy spiritueel onkundig en spiritueel onvolwasse bly. Ongelowige Thomas daarinteen, roem? daarop dat hy vroeër wel God geken? het (ons weet hy het nog nooit ‘n ware verhouding met Christus gehad nie) – maar hy het afgedwaal van die Waarheid. In ‘n sekere sin kan dit makliker vir Johannes Comestor wees om wél Christus te vind as in die geval met ongelowige Thomas – maar dit daar gelaat.
Cornelius – alhoewel hy vele male uit die Woord van God aanhaal – is verdwaal. Hy erken níe God se versoening in en deur Sy (God) se Enigste Seun, Jesus Christus ons Here, níe – en dáárom dat hy nie ‘n ware gelowige christen is nie. Hy sien Jesus Christus as God die Vader én daarmee tesaam verkondig hy basies dat alle ander godsdienste soos Hindoes, Boedisme, en dies meer óók “eintlik” God (Jesus) aanbid maar hulle noem Hom net “ander” name en nader tot Hom op en deur “ander” maniere. Maar helaas, hulle erken níe God se enigste Seun, Jesus Christus ons Here, Verlosser en Saligmaker níe en juis dáárin lê die verskil! Jy kan níe die Waarheid van Jesus Christus, aldus, die ware christelike geloof, vereenselwig met, en verdraai om ander godsdienste te pas nie! Cornelius haal basies God se versoening in Christus Jesus uit die prentjie uit om almal te akkommodeer. Dit is uiterse dwaalleer en Jesus Christus se kruis dood én opstanding het vir hom géén betekenis nie. Daarom dat hy dan ook ware gelowige christene – soos Kobus, Henry en ander – só naarstigtelik aanval en probeer afbreek en aftakel – net om elke keer uitgewys te word as ‘n leuenaar, verdraaiier van die Waarheid van God se Woord en ‘n dwaalleeraar. Cornelius doen dit om menslike goedkeuring (ter ondersteuning van sekulêre humanisme) te verkry en dít terwyl hy God se goedkeuring verontagsaam. Vir hom gaan dit oor “people pleaser” en “all roads lead to Rome” godsdiens en níe oor die Waarheid, Jesus Christus, níe.
Vrede vir jou (julle).
Dolf.
Jammer, Kobus, ek wou maar net die twee Johannesse uitmekaar gehou het; ek wil nie eens probeer om in die ander een se glans te lewe nie. Ek soek op my manier die vrede wat jy het. Dit is waarom jy my so kalm en beredeneerd kon antwoord en punt vir punt my argumente aan flarde kon skeur. Ek het my moses op die werf teengekom.
Johannes Comestor
Comestor,
Jy vermeld dat jy nie eens wil probeer om in die apostel Johannes se glans te lewe nie… en ons weet dit, want op hierdie plek van jou eie ‘glanslose’ lewe, waar jy jou tans bevind, sou daar geen verwarring tussen julle kón wees nie, synde die punt wat ek juis teenoor jou gemaak, het. Maar vir eers genoeg nou dáárvan.
Jy vermeld spontaan egter nog iets, (al bedoel jy self dit dalk anders) wat jou mede agnostici blykbaar ook nie kan insien nie – daardie glans van Johannes, die apostel. En, ek stem met jou saam - Johannes ís ’n glansryke persoon, nes die ander apostels wie die HERE so getrou gedien, het. Dit is juis waaroor die Evangelie, gaan.
Ons as mense, voor die aanskyn van God, is juis nié glansryk, nie. Daarvoor het ons te veel selfverworwe tekortkominge. Maar met die mens en sy HERE gaan dit soos met die maan en die son. Kyk, die maan is allesbehalwe ’n ster, ’n glansryke hemelliggaam. Eintlik is die maan maar dof en sal mens dit beswaarlik in die hemelruim opmerk… as dit nie vir die son was, nie. Tog, dikwels is die maan, veral wanneer dit volmaan is, só glansryk, dat dit vir ons werklik, soos die HERE in Sy Woord sê, ’n lig in die nag, is (Genesis 1:15-18). Die opmerklike is dat, hoe meer die maan aan die son blootgestel is, hoe skerper en helderder, die glans van die maan. Omdat die maan die ligenergie van die son, weerkaats! Die maan is dus presies reg geposisioneer, sodat dié natuurwonder kan plaasvind.
So ook met die mens en sy HERE. Die HERE is die mens se Spirituele Liggewer, soos die son dit in die natuur vir die maan en die aarde, is. God ís oorspronklik Lig (1 Johannes 1:5-6) en ook dan die Skepper van alle soorte lig en Lig. Die mens wie dus die HERE aanneem, posisioneer hom reg om te wandel in daardie Lig, om sodoende die glans van die Goddelike Lig te weerkaats, nes die maan dikwels en gereeld in die lig van die son wandel (wentel).
Wanneer dit gebeur, verhelder só ’n mens sy spirituele omgewing – en álles word sigbaar – die goeie én die verdorwenheid wat probeer skuil in die duisternis (Lukas 12:2). Vir dié wie ook in die Lig wandel, sal dit ’n welkome ontmoeting wees, maar dié wat soos Gollum's verkies om in die duisternis te wandel, sal hulle misnoeë te kenne gee, omdat hulle duister werke aan die lig kom, soos ons by julle, sien.
Vandaar dat die Woord sê dat ons, die gelowiges, die lig van die wêreld is (Mattheus 5:14; 1 Tessalonisense 5:5). Hoe meer ons in die Lig die HERE in Sy Woord (Psalm 119:105), wandel, hoe meer kaats die Glans, die Lig van die HERE, van ons af, sodat ons dáárdie Lig, bring. Nie ons eie lig, nie (ons het nie), maar die Lig van die HERE – soos die Woord in Psalm 119:130 sê, “Die opening van U Woorde gee Lig; dit maak die eenvoudiges verstandig”.
En só is jy reg oor die apostel Johannes en sy glans, want hy wandel baie nougeset met die HERE en báie van die HERE se Lig weerkaats in Spirituele glans van Johannes af.
Ek twyfel of jy al gereed is om eens te (wil) probeer insien wat ek sê. Maar ek sê dit nietemin, want die Lig van God is geen versinsel, nie.
SY ware dienaars se glans is só ingrypend, dat hulle glans vandag steeds nie taan, nie (Mattheus 5:14), omdat hulle só na aan die HERE beweeg...
En die wonderlike ding is, dat dit Spirituele glans is, Comestor – besef jy dit? Só ingrypend is dié glans dat jý in jou selfverworwe verdorwenheid van pseudo blindheid - Spirituele blindheid - dit selfs spontaan opmerk!
Ja, daar is nog báie vir julle om te weet, as julle sou wou en sou soek op die regte plekke. Mens soek nie in die donker (mede spiritueel blindes) na die lig (kennis), nie. Vind die lig en skakel die Lig, by die Bron daarvan, aan (Jeremia 33:3).
Kobus de Klerk