In 2004, a teen was almost killed when his father learned his son was gay and invited a group to lynch the boy at his school. 12/4/2006.
The Bible has it that (freely quoted) a parent will reject his child, but God will never reject his children (ie. the true believers), but also has his favourites. Saul, almost faultless in terms of modern morals and mores was rejected, whereas David, tabernacle defiler and thief (stole food offerings to sate his appetite); adulterer and murderer (had Bathsheba’s husband Uriah killed in battle) ; bi-sexual (alleged, in terms of his relationship with Jonathan); was a man after God’s own heart.
Then of course, being God, he can whimsically bend and alter rules as its pleases him.
Jaco Fourie


Kommentaar
Hello Jaco
Ek kan nie help om te dink dat jy God sien as 'n wese wat bestaan en dat jy in daardie hoedanigheid kwaad is vir hom. Dis eers as jy besef dat dit nie so is nie dat jy kan terugstaan en besef jou woede gemik is teen fiktiewe karakters in 'n "Griekse" tragedie: Dawid en Jonathan as Achilles en Patrocles, Saul as die tragiese held wat gemanupileer word deur God en God met die morele maatstaf van die griekse gode op hulle slegste.
Wanneer woede gepas is is wanneer dit gemik is teen die wat hierdie stories gebruik om hulle vooroordele af te dwing op ander. Wegkruip agter godsdiens om onverdraagsaamheid goed te praat is seker een van die grootste euwels in ons samelewing.
Hoekom skryf jy in Engels?
Is my Afrikaans só sleg?
Jaco,
Jou insig van die Woord is beroerd. Die Woord leer “…vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil”. Waar kom jy aan jou storie?
Jy verstaan ook nie wat met Saul gebeur het, nie. Saul se regering was, wat vandag genoem sou word, deur en deur ’n teokrasie en só ook met Dawid. Maar Saul het teen God se gesag gerebelleer en gedoen wat hy goeddink, selfs waarsêers gaan raadpleeg in stede van vir God. Saul was dus ’n koning wat teen sy eie Regeringsvorm in opstand gekom het. Vandag sou dit as sedisie, of hoogverraad bekendstaan en as sodanig gestraf word met die dood of baie lang gevangenisstraf. Daarom het God die eiesinnige Saul uit die koningskap verwyder en Dawid in sy plek, verorden.
Waar kom jy aan die snert dat Dawid ’n biseksueel was? Wil jy te kenne gee dat, as mens jou ware vriend waarlik liefhet, dat jy dit dan verlaag na ’n erotiese, homoseksuele wellus? Hoe anders het 'n mens lief, as met sy siel? Is jy net van een soort “liefde” bewus en dit is homoseksuele erotiese wellus? Waar kom jy daaraan? Tipies om alles wat die woord “liefde” in ’n wellustige homoseksuele erotiese of seksuele te wil omskakel. Is dit om ’n eie gemaksone te dien? Dawid het te alle tye aan God getrou gebly, foute en al.
Op watter manier is God verantwoordelik vir die afranseling wat die arme Jamaikaanse homoseksualis (verkeerdelik) gekry het? Dit is juis vanweë die vrug van jou toetsmedium, die “modern morals and mores”, dat jy nie meer die vermoë het om die Woord te verstaan nie.
Kobus de Klerk
Nee Chris ek praat met Jaco. Op die stadium wat ek my boodskap gepos het was joune seker nog 'onderhewig aan moderering', dié dat myne toe uiteindelik net na joune verskyn. Jou Afrikaans, sou ek sê, is foutloos.
Jan, ek speel net. Natuurlik weet ek dat jy met Jaco praat.
My Afrikaans is definitief nie foutloos nie. Hierbo spel ek 'Patroclus' en 'gemanipuleer' verkeerd en skryf 'Griekse' met 'n kleinletter. Ander kere lyk dit effe beter, maar ook net omdat Naomi my jammer kry en so 'n paar van my foute regmaak.
Ek wonder ook hoekom Jaco in Engels skryf.