Angus se woedende Christene

  • 2

Ek het Angus se brief gelees en het self ’n paar vrae waaroor ek wonder.

1. Is Godsdiens al waaroor hy kan praat?

2. Wat is dit wat hy so verkeerd doen dat Christene boetedoening daarvoor sou gedoen het of hulle sondes daarvoor sou bely het?

3. Wat presies is dit wat hy doen wat hom laat besef dat hy skuldig is aan ’n spesifieke sonde, maar te skaam voel om dit te erken?

4. As hy weet dat wat hy doen verkeerd is, waarom doen hy dit nog steeds?

5. Waarom is die Bybel so belangrik vir hom dat dit meeste van sy tyd in beslag neem?

6. As hy werklik ’n ateis was so hy nie so skuldig gevoel het oor die "sondelas" nie. Dit sou hom werklik nie gepla het nie. Waarvan die mens se kop vol is, loop die mond van oor.

Maya

  • 2

Kommentaar

  • 1. Nee, ek kan oor rellgie en geloof  en bygeloof en skepping van die menslike verbeelding ook praat.

    2. Ek is absoluut smetloos. By mense soos Richard Dawkins het ek geleer om my in 'n situasie in te dink. Om die Christen te verstaan, dink ek soos hy dink.
    3. ditto
    4. ditto
    5. Die Bybel is 'n wonderlike boek, vol mites, fabels, legendes, trouens daar is amper nie 'n letterkundige genre wat nie in die Bybel verteenwoordig is nie. 
    6. Hoe anders kry 'n mens woedende Christene?
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top