progressief-kognitief

  • 0

rug narie berg, kyk Mens uit oor stad,
oor suidelike voorstede, Q-Town, Vlak,
oor gebiede, waar voorheen net see was,
selfs verby Khayelitsha, heel nuwe tuiste,
baken, bastion, bakermat, van amaXhosa,
van waardes, soos respek, ubuNtu, Liefde,
vir Naaste, dissipline, respek, vriend’likheid,
bedagsaamheid, integriteit, interkulturaliteit

(Groter) Geheelbeeld soos in 3D, rêrig, waar,
waarlik “werklik” word, Mens en mede-Mens,
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens, ja,
nog nie as versoeningsproses, nastrewing,
van Waardigheid, van naasteliefde-aktivisme,
‘t op VN-, Heelal-agenda, t’plaas, as mikpunt,
uiteindelik, na voltooiing, afgetiek t’kan wôre,
Mens, humanitêr, vir Waardigheid kan sôre

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top