Bloedskande in die antieke geskiedenis

  • 24

Bloedskande is slegs bloedskande omdat God dit só getipeer en verbied het, na die sondeval.

Die genetiese integriteit van Adam en Eva was absoluut perfek. Adam is deur God uit die aardelemente geskape en Eva is mutatis mutandis uit die genetiese materiaal van Adam geskape en beide is na die beeld van God geskape, wat in dié verband impliseer, dat hulle superieure menslike skepsels was, biologies en geneties perfek in menslike sin, haas onsterflik, as heersers oor die res van die aardse skepping (Genesis 1:27-28) en derhalwe was die genetiese koppeling tussen hulle, ook perfek en so ook, hulle nageslag. Daar was dus géén gevaar van verswakte genetika nie.
Só dan het God vir hulle gesê om te vermeerder en om die grond te bewerk en te bewaak (Genesis 2:15). Daarom was dit ook nie sonde by hul nageslag nie.

Die eerste menslike bloedlyn was dus biologies perfek en geskik vir prokreasie om biologies perfekte mense voort te bring, uit die eerste ouerpaar, Adam en Eva en daarna hulle kinders. En dit het ook só gebeur, soos God dit beplan het.

Omdat slegs die belangrikste manlike persone in Bybelse genealogieë opgeneem is en as ’n reël, nie vroue nie, weet ons nie hoeveel seuns en dogters Adam en Eva had, maar ons weet van die seuns Kain, Abel en Set. Set het gekom in die plek van Abel, wie deur Kain vermoor was en Set was die voorvader van die regverdige Henog en van die regverdige Noag (die Egiptiese religie het veel later probeer om dié genealogie te skaai, maar het in korrupte mitologie geëindig en vergaan).

Daar was ook ander aardbewoners. In die apokriewe boek van Henog, word daar vermeld dat God sekere engele op aarde geplaas het om oor die mense te waak en ’n ogie oor hulle te hou – hierdie gebruik van God vind ons ook in die Woord (byvoorbeeld Genesis 18:20-21; Psalm 91). Engele het baie dikwels menslike in menslike vorm verskyn (Genesis 19:1-2; Hebreërs 13:2).
Die Woord praat van morele en biologiese korrupsie wat ingetree het, sodat sekeres hulle aan vroue vergryp het en só ’n moreel en geneties korrupte nageslag gelaat het. Hierdie korrupsie verderf nie net die spirituele welvaart van die mense nie, maar ook die biologiese genetiese integriteit word verderf, en vir die eerste keer plaas God ’n 120 jaar beperking op die leeftyd van mense (Genesis 6:2-7), maar dinge vererger algaande.

Die sondvloed verdelg alle mense, met die uitsondering van Noag se direkte familie en sy seuns se vroue. Dit is nie duidelik waar die seuns se vroue vandaan gekom het nie, maar van daar, na die vloed, het God daardeur indirekte prokreasiewe lyne (neefs en niggies) voorsien, sodat prokreasie in die direkte lyn, stopgesit, is.

Terloops, dié vloed word in baie kulture, wêreldwyd, bevestig, met variërende inhoud ’n gelang van die rapporterende kultuur of religie – selfs tot in China, só wyd was dit versprei. Die punt is, Noag het werklik gelewe en hy het die werklike God gedien. Chris se aangeklampte naamgenoot se verhaal is gebou op die werklike gebeurtenis, waarvan hy nie getuie was nie, maar dit in sy religieuse mitologie ingevleg en gekorrupteer, het.

So het die wêreldbevolking oor die verloop van duisende jare geweldig toegeneem en Sem, Gam en Jafet se nageslagte het versprei oor die aarde – Chris se evolusionêre teorie dat  gebrek aan genetiese variasie nadelig is 'n “spesie”, vind uiteraard destyds nie toepassing op mense nie – genetiese variasie was maar skaars met net drie voorouerpare en tog floreer hulle. Die afleiding kan gemaak word dat die genetika van dié oervolke, nog sterk en gesond was, te oordeel aan die geweldige groei en verspreiding van die nasies uit dié drie voorvaders.

Maar die genetiese materiaal integriteit het algaande verswak weens die invloed van immoraliteit, sonde, sodat God al teen 1400 v.C. by wyse van die Mosaïese wette, ’n verbod geplaas het op ondertrouery (eers tóé is omgang met 'n halfsuster verbied - Abraham het dus geen bloedskande met sy vrou en halfsuster Sara, gepleeg nie, omdat God dit nog nie verbied het, nie), wat andersins, ondermeer, inteling en dus swak genetika tot gevolg sou hê, maar veral ook die immoraliteitsfaktor, weens die vergrype in daardie verband in Egipte, waarvandaan hulle kom en ook Kanaän, waarheen hulle op pad was.

Sedert God dit verbied het, is dit inderdaad sonde en afstootlik om dit te pleeg.
Kobus de Klerk

  • 24

Kommentaar

  • Weereens die mees asemrowende bewerings sonder enige bewyse. 

     
    Superman kan beslis vlieg want dit staan in die Superman-strokiesboeke opgeteken!!!!
     
    Daar wentel beslis 'n teepot om Mars want jy kan nie die teendeel bewys nie. 
     
    Word wakker Kosie dis koffie wat jy daar ruik.
     
    Thomas
  • Kobus de Klerk

    Hierdie soort van gesprekvoering is nie welkom nie, Thomas. As "geleerde" behoort jy tot beter instaat te wees. Ek kan nou voortgaan om jou in series sleg te sê, met al die materiaal wat jy self daartoe verskaf. Dit is die maklike deel, en verg nie veel nie.

    Die moeilike deel is vir jou om sinvol van my te verskil, maar dit kan jy duidelik nie vermag nie. Die probleem is steeds dieselfde - dat jy nie instaat is om te onderskei tussen fabel en werklikheid nie, tussen superman en God, nie.  Dit verduidelik waarom julle kommentaar absoluut sonder uitsondering sulke laerskool seuntjie mentaliteit openbaar.

    Mens wonder waarom julle nie kan besef dat dit in sulke gevalle maar vir julle eerder beter is om stil te bly as om te reageer nie - want mense wat hier lees sien die inhoud van die artikel, en dan die skrille kontrasterende absolute kinderagtige leëdop manifestasie -- weereens 'n demonstrasie van agnostiese onbeheerste onbeholpenheid.

    Eintlik is my artikels vir mense wat sinvol kan reageer, hetsy saamstem of verskil - dus van julle, en nie vir julle, nie.

    En die ergste van alles is, jy en/of jou maters sal waarskynlik net so erg soos jou vorige of selfs erger reaksie hierop toon en dan die kommunikasie (gesprek is dit nie) in daardie rigting stuur, want dit is die enigste vlak waarop julle  kan kommunikeer - en dit het met die inhoud van die artikel, niks te make nie. Die is bokant jul vuurmaakplek.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Die enigste sinne in hierdie brief van Kobus wat dalk die moeite werd is om op te reageer is die eerste en laaste:

    "Bloedskande is slegs bloedskande omdat God dit só getipeer en verbied het, na die sondeval."

    Dit laat my dink aan Euthyphro se antwoord aan Socrates:

    "Piety, then, is that which is dear to the gods, and impiety is that which is not dear to them."

    Die vraag of iets goed is omdat die gode sê dit is goed, of moet die gode sê dit is goed omdat dit goed is word so deur Kobus geantwoord:

    "Sedert God dit verbied het, is dit inderdaad sonde en afstootlik om dit te pleeg."

    Massamoord, onverdraagsaamheid, slawerny en die eet van varkvleis was op stadiums in die Bybel aanvaarbaar vir God, dus goed! Grond jou morele waardes in God en jy kan nooit weet met enige sekerheid of dit werklik goed is vir enige rede anders as dat God sê dit is goed. Dít is die morele waardes van 'n slaaf!

    Die res van die brief kan met gepaste minagting verwerp word sonder kommentaar.

  • CorneliusHenn

    Thomas, ek gee toe dat wyl hier nog geen verdere neerhaal en belediging van ou Kobus is nie, hierdie bydrae beslis bewys van 'n ryke verbeelding is.  

    Dis altyd aangenaam om so iets van enigiemand te lees.  

    Soos ek altyd seg; as jy dit vir jouself gun, hoekom nie ook aan ander nie?  

    Wat wel opmerklik is, is ou Kobus se verwysing na die apokriewe boek Henog.  

    Soos die ou grote tik; "Daar was ook ander aardbewoners. In die apokriewe boek van Henog, word daar  vermeld dat God sekere engele op aarde geplaas het om oor die mense te waak en  ’n ogie oor hulle te hou – hierdie gebruik van God vind ons ook in die Woord  (byvoorbeeld Genesis 18:20-21; Psalm 91). Engele het baie dikwels menslike in  menslike vorm verskyn (Genesis 19:1-2; Hebreërs 13:2). "  

    'n Mens kan nou onmiddelik vra of die apokriewe boeke dan nou ook GOD se geïnspireerde woord is; GOD analiseerbare "gebruike" het soos ons mense se gewone afvee ensovoorts, en of die ou grote steeds meen die mens se aanroep tot GOD om engele tot ons diens te stel iets bespotlik is ...  

    Maar, dit kan dalk net weer 'n stortvloed riool van die ou grote Kobus op my neerbring ...

  • Kobus de Klerk

    Sokrates-hulle het ’n goeie konsep gehad van hoe die Goddelike sou funksioneer, byvoorbeeld, as die bepaler van norme, beginsels en moraliteit. Eers láter het hulle onder leiding van Paulus en opvolgende evangeliste, besef dat daar nie ’n panteon van gode is nie, maar slegs Één ware God.

    Interessant hoe die agnostici geredelik die Grieke se wetenskaplike uitvindings sal aanvaar, maar nie die spiritualiteit wat dié antieke nasie gelyktydig ook met die wêreld gedeel het, nie. Sekerlik omdat mens een kan sien en die ander nie, maar ervaar.

    Grieke het nooit hulle spiritualiteit verloor nie, net hulle okkultiese spirituele gebruike, ten gunste van die ware Godsdiens in die énigste ware God. Dieselfde met ál die ander volke, waar die okkultiese paganisme plek gemaak het vir die ware Godsdiens.

    Nou ja, dit wil dan voorkom asof die Grieke en ook andere, as antieke volke en geëmansipeerde volke van meer moderne tye tot véél meer as vandag se agnostici in staat was en is, met dié dat agnostici net eenvoudig nie by die spiritualiteit kán uitkom nie… die enigste redelike afleiding is, ook gesien agnostici se karige getalle, dat hulle aan ’n proses van regressiewe ontwikkeling (agteruitgang) onderworpe is.

    En só kom mens dan by die gevolgtrekking, as dié kritiek-onderontwikkelde groepie spirituele sukkelaars (om dit báie sagkens te stel) iets verwerp, who cares? Hulle verwerp hoeka álles wat hulle nie kan verstaan nie en dit is ’n hengse spul.

    Kobus de Klerk

  • Nee Kobus ons verwerp bloot dit wat beweer word sonder aanvaarbare bewyse. 

     
    Gee ons net een behoorlike bewys en ons is almal op die godsdienswa. 
     
    Thomas
  • Chris Dippenaar

    ...en nou kan Kobus rustig gaan sit en die dialoog (Euthyphro) van Plato lees en besef hoe idioties sy reaksie hierbo was!

  • Kobus de Klerk

    Glad nie, Chris,

    Ek dink ons weet nou al dat, waar dit by dinge spiritueel kom, wie die idiote in die verhaal is…

    Ek het nie nodig om Plato weer te lees nie, ek dink jý moet, nadat jy weer aandagtig my kommentaar hierbo gelees het met verwysing na Sokrates en die Griekse wetenskappe, en die verandering in die Griekse benadering tot Godsdiens, ná die Nuwe Testamentiese periode.

    As jy kan verstaan wat jy lees, sou jy agterkom dat Socrates se dialoog juis gaan oor die spirituele, okkulties soos dit.

    Wat Euthyphro op aanspraak gemaak het, is dat hy so ’n godsalige persoon was. Sokrates daag hom uit om dit te definieer. Euthyphro antwoord dat sy godsaligheid juis daarin geleë was dat hy sy eie vader laat vervolg vir moord en Sokrates wys hom daarop dat voorbeelde nie definisies is nie.

    Euthyphro argumenteer dat godsaligheid enigiets is wat die gode behaag. Sokrates gaan akkoord maar kritiseer die Griekse panteon dat hulle onderling nie ooreenstemmigheid bereik oor wat hulle sou behaag nie… Só speel Sokrates met Euthyphro woordspeletjies oor ’n definisie vir godsaligheid, maar hy kon nie vir Sokrates bevredig met ’n definisie nie.

    Sokrates word dit ten laste gelê dat hy nie op die gode staatmaak nie, maar, ten spyte van sy gefundeerde skeptisisme oor die Griekse panteon, sterk steun op sy sogenaamde persoonlike “daemonic sign” - baie spiritueel en mistiek - wat hom sou weerhou om foute te begaan. Socrates is dus só spiritueel dat hy deur die fasade van die okkultiese panteon sien, maar sy eie spirituele heil elders vind - en daarvoor word hy toe vervolg.

    Jy sal ook dan kan verstaan dat Plato, sy student, nogal ’n baie spirituele mens was, hoe okkulties ookal.

    Dan sal jy hopelik ook kan sien, hoe dit weer ’n geval is van jou wat in die spieël sit en kyk, toe jy so die idioties-etiket uitdeel.

    Thomas, dit gaan juis oor die filter wat jy noem, "aanvaarbaar". Daarom besluit jy self wat aanvaarbaar vir jou is en wat nie. Dus, ongeag die voor die hand liggende getuienis, is hulle nie vir jou aanvaarbaar nie, weens jou intense vooroordeel. Maar vir biljoene ander, is dit meer as voldoende.
     
    Dit is waarom ek sê, synde dit so is, wie gee werklik om wat julle dink?

    Kobus de Klerk

  • Snaakse ou wêreld die van ons. Lewende organismes het vir meer as drie duisend miljoen jaar voordat een van hulle besef het wat die waarheid is. Sy naam was Charles Darwin. Goed, daar was ? paar ander voor hom, maar hy was die eerste wat dit mooi verstaanbaar uiteen gesit het , die hoe en waarom van die lewe. Nie langer hoef ons op superstisie staat te maak nie, nie langer hoef ons te glo dat Adam eensklaps van ? hopie grond gemaak is en sy vrou Eva van ? sy ribbebeen nie. Die dae van kinderstories is verby en die evolusieteorie het gekom am alle vrae te beantwoord. Dit is die bewyse waarna ons soek, en dit stel norme waarmee ons die Bybel meet, want volgens die Christene is dit mos nie ? mite nie. Dit het glo mos werklik gebeur.

  • Kobus de Klerk

    “Piety “, of Godsaligheid, is eenvoudig om te bepaal.

    Die antwoord is dat God die bron van alles wat goed en Godsalig is en derhalwe is God die eksklusiewe bepaler van die norme daarvan.

    Goedheid en Godsaligheid bestaan nie buite God nie, want niks bestaan buite God, nie. Godsaligheid, of goedheid, is kwalitatief, en kan as sulks nie onafhanklik bestaan van die Bron daarvan, die Godheid, nie en as sulks ontleen beide hul bestaan aan die Bron wat hul daardie kwaliteit gee.

    Euthyphro het op religieuse wysheid aanspraak gemaak, en Sokrates het daardie aanspraak getoets om te kon vasstel of Euthyphro hom met sy hangende verhoor op aanklag van goddeloosheid, kon behulpsaam wees. Op die ou end blyk dit dat Sokrates, wat op verhoor staan omdat hy die panteon gode sou aanstoot gee, meer spirituele insig het as die aanspraakmaker, Euthyphro. Sokrates wys uit hoe die panteon afgode mekaar weerspreek, op dié belangrike issue en wys eintlik daarmee uit dat die hoedanighede van die panteon eintlik maar deur die Griekse orakels aan hul toegedig word – en omdat eersgenoemde nie eenstemmig is nie, só is ook nie die afgode eenstemmig nie. Sokrates het dit ingesien. Sy spirituele vermoëns was beter ontwikkel as dié van die Euthyphro-klas. So het Sokrates dan sy eie spirituele verbintenisse met die “daemons” (nie te verwar met “demoon” nie) oftewel goeie en welwillende natuurgeeste, soos die Grieke dit destyds verstaan het, wat hom sou lei en van nadelige optrede sou beskerm deur hom vooraf te waarsku. Dit is duidelik dat Sokrates geen vertroue had in die Griekse panteon nie.

    Om te dink dat die Grieke nie spirituele mense was nie, is ’n wanpersepsie. Hulle het daarna gestreef om hul formidabele filosofiese aanspraak op die redevermoë, die wetenskap, as heil van die mens, voortdurend te probeer versoen met hul ewe sterk religieuse spirituele vermoëns en só het die panteon sy beslag gekry in hul mitologie, wat dan voortdurend moes “kompeteer” met die filosofie van die rede en natuurlik, andersom.

    Hoewel die religieuse aard van die Griekse mitologie en latere Hellenisme bykans uitsluitlik okkulties van aard was, was dit steeds gevestigde spirituele uitlewing, op ’n (vir ons onaanvaarbare) okkultiese wyse.

    Mettertyd het die religieuse "deamon" fenomene ook deel gevorm van die Hellenistiese religie en filosofie en dié sowel as die filosofie van die rede (wetenskap) as heilsbron vir die mens, het later pad gemaak vir die Christendom, die suiwer Spirituele Godsdiens, sedert die Nuwe-Testamentiese era, soos dit vandag nog is.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Gee vir Kobus 'n paar minute en hy onttrek van die agterkant van 'n Kellogg's Corn Flakes-doos vir jou 'n spirituele interpretasie wat jou reguit lei na die waarheid van die drie-enige God van die Bybel.

    Sokrates sien dat 'n morele standaard rasioneel ondersoek kan word en nie afhanklik is van die goedkeuring van die gode nie. Hierdie rasionele soeke waartoe hy gedryf voel noem hy sy 'daemon'. Dit is nie naastenby dieselfde spirituele snertkennis wat jy na verwys nie.

     

  • Kobus de Klerk

    Sokrates se dialoog weerspreek jou, Chris - hy het erken dat "piety" dit is wat die gode sou behaag, maar het gesê dat kan nie gedefinieer kon word nie, omdat die gode nie saamstem nie. Was daar sprake vir hulle van net een God, was die gesprek daar afgehandel, met Socrates se instemming.

    Maar jy het nie daardie insig nie, wat ook die res van jou kommentaar in perspektief stel.

    Dalk wil jý rustig gaan lees oor die “deamon”, wat Sokrates beskou het as profetiese (divine) tekens van die godedom om hom te beskerm, waaroor Meletus en andere aanstoot geneem het en ook Sokrates se kritiese houding (wat jy heel verkeerdelik as agnostisiteit beskou, omdat jy so eenogig is) teenoor die mitologiese gedrag van die lede van die panteon onderling (byvoorbeeld, die mitiese Cronus wat sy mitiese vader, Uranus, sou kastreer), waaroor hulle hom vir goddeloosheid aangekla het. Sokrates was tot dieper spiritualiteit in staat as die aanklaers, omdat hy deur die deursigtige okkultiese mitologie van die “blundering panteon” kon sien – en het hom sy lewe gekos.

    Jou eenogigheid en vooroordeel laat jou nou selfs die Griekse mitologie ook verdraai om jou verkrampte agnostiese siening te maak inpas. Dalk agterop die Corn Flakes pakkie gesien?

    Ek eet nou nie Corn Flakes vir ontbyt nie, maar ek sal tog as ek weer by die winkel kom, agterop 'n boks kyk watter potensiaal dit inhou... hehehe… Heel pittig.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Met die mees oppervlakkige kennis van Athene aan die einde van die 5de eeu is dit duidelik dat die saak teen Sokrates nie gegaan het of hy die gode geag het of nie. Hierdie argument is al oor en oor deur altwee kante (gelowiges en ongelowiges) misbruik.

    Die krisis van die demokratiese stelsel en die uitkoms van die Peloponnese oorlog was in baie opsigte geblameer op die invloed van sofisme op die samelewing. Anders as wat Plato ons wil laat verstaan, was Sokrates geassosieer met sofisme. Dit en sy ondersteuning van die tirannie, wat die kosbare demokrasie van Athene vervang het vir 'n kort periode, was nie vergete nie, en dit was die hoofrede wat hom sy lewe gekos het. Sy sogenaamde minagting vir die gode 'n blote verskoning om ontslae te raak van hom. Ek kan dink aan heelwat voorbeelde in die geskiedenis waar hierdie verskoning gebruik is om politieke opposisie uit die weg te ruim.

  • Kobus de Klerk

    Nou ja, Chris, hoe gebrekkig en oppervlakkig die sameswering-vlokkies teen arme ou Sokrates ook al was, wat jy opdis (met of sonder melk en suiker?), dit het hom ook “geflous” gehad, met dié dat hy toe op Euthyphro probeer staatmaak om hom teen die stortvloed aanklagtes van godslastering te verweer, sonder sukses, natuurlik.

    Dit is wat die arme siel se einde meegebring het, hoe jy ook al anders sou spook. Die hele diskoers waarna jy my verwys, het daaroor gegaan en nie oor ou politieke koeie nie. En die feit dat dit ook vir Sokrates as werklike klagtes aandoen, moet vir jou sê jy sit met ’n  bak droë, ou graanvlokkies waarin jy lewe wil blaas.

    Man, ek hou van jou graanvlokkie storie. Hy werk lekker.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Daar is 'n hele koskas en koelkas wat vir jou wag om met spirituele insig ondersoek te word. Kom ons kyk of dit dalk meer vrugte afwerp as jou pogings uit die Bybel.

  • Kobus de Klerk

    Ek kan nogal dink dat jy meer van Frooties waarhede hou, Chris. Hulle laat jou seker maar veel minder ongemaklik voel. - smaak my jy het 'n voorliefde vir alles wat ontbytgraankos vir jou kan opdis, binne en buite-op die boksies. Die dat jy my ook daarheen verwys, of hoe...

  • Hello,
     
    Indien daar lesers is hier wat belangstel om meer oor Sokrates te lees is daar hierdie artikel uit "my" argiewe en 'n verwysing wat ek gebruik om Sokrates te plaas. Daar is altyd Wikipedia ook soos alreeds gesien in die parafrases gebruik hier. 
     
    Uit die artikel soos gepubliseer in die Economist word die volgende aangehaal: 
     
    In 404BC, a second coup toppled Athens’s democracy. Among its leaders were Plato’s relatives, Critias and Charmides, who appear in Plato’s dialogues to be students of Socrates and who were in cahoots with the Spartans who had just won the Peloponnesian war. 
     
    For much of a year, the oligarchs conducted a reign of terror, before Athens reclaimed its democracy. In 401BC the oligarchs were scheming a third coup, but failed.Socrates was put on trial two years later. He had played no part in the coups, but he was deemed suspect by association. 
     
    His speeches, in light of recent events, struck the wrong chord and were considered inflammatory—like, say, the sermons of the American pastor, Jeremiah Wright, which forced Barack Obama, formerly in his congregation, to disavow him. 
     
    Vaguely but plausibly, Socrates was accused of corrupting the young.
     
    The other charge, also familiar to Americans who distrust atheism in their public figures (even though their constitution would not admit it in court), was impiety. 
     
    Socrates almost certainly was an atheist. As was his wont, however, he cared more about debating, with a man named Euthrypho on the steps of the courthouse before his preliminary hearing, what piety even meant.In his perplexing defence before the jury, Socrates never addressed either charge directly. True to form, he attempted dialectic with his accusers, making them look confused and thus insulting them even more. Nonetheless, and to the great credit of the Athenians, the verdict was close. I.F. Stone in “The Trial of Socrates” estimates that 280 jurors voted guilty, 220 innocent.In his second speech, before his sentencing, Socrates stepped up his invective. 
     
    To his acquitters he was kind. But to the rest he was mocking. Xenophon believed that Socrates intentionally antagonised the jury because at this point he wanted, or needed, to die and become a martyr. If so, Socrates succeeded. 
     
    Stone estimates that the margin in the second vote grew, to 360-140 in favour of execution. When his friend, Crito, came to Socrates’s cell with an escape plan, Socrates chose to stay and drink the hemlock.
     
    Die arikel kan hier gevind word en behoort beskikbaar te wees. Die Economist laat 10 gratis artikels 'n maand toe vir lesers wat nie ingeskryf is nie. 
     
     
    Indien nie, dan bevestig die aanhaling, die twee aanklagte teen hom. 
  • Chris Dippenaar

    Hello Wouter

    Baie dankie vir die link na 'n briljante artikel wat daarin slaag om verskeie vertellings van Sokrates se lewe te vleg in 'n wyer en dieper waardering van sy invloed.

    Moenie skaam wees om links te verskaf vir hierdie tipe artikels nie.

    Chris

     

     

  • Kobus de Klerk

    Dit help niks om die gebruiklike sorgvuldige geselekteerde aanhalings voor te sit, wat julle vooroordele pas, nie - jy is berug daarvoor Wouter - daarom stel niemand werklik belang nie.

    Niemand stel belang in agnostici se beoordeling van die man Sokrates nie. Sy eie mense, soos Plato, het hom beter geken. Nou wil julle daardie kennis weerspreek, asook die verhaling van wat sy  (Sokrates) se  eie sienswyses, wat deur sy kontemporêre aangeteken, was.

    Dit is op 'n manier gaaf dat jy so jou eenogige snert elke keer opdis, Wouter. Ek het vir jou gesê jy is nie geloofwaardig nie - en so bewys jy dit vir ons.

    Pasop - jy word nou ook jou gewetenlose eweknieë se misbruik - teiken en nes Cornelius, is jou gekrenkte ego jou ondergang... want jy kasty jouself in weerwil.

    Kobus de Klerk

  • Hello,   

     
     In geen onduidelike terme word dit gestel dat die volgende staan nie in dialoog met De Klerk se skrywes oor die onderwerp nie. Daarvoor kan daar direk na Wikipedia gegaan word en dit sonder die filter van “spirituele intelligensie” opgekyk word, net soos Wikipedia egter nie my verwysing is met die volgende notas oor Socrates nie. 
     
    Verskoning by voorbaat omdat die persoonsname in Engels aangebied word.   
     
    In George Steiner se versamelde opstelle, “No Passion Spent”, word die aard van Socrates se dood bespreek in ‘n opstel getiteld “Two Cocks” en word dit gevolg in die volgende aanbieding.   
     
    Steiner bevestig dat Plato se vertelling vorm gee aan hoe Socrates vandag ervaar en verstaan word en bevestig die konflik tussen die heersers en die polis, die konflik tussen die demagoog en die heersers. 
     
    Hiervan word Socrates veral beskuldig. Aristophanes se drama, Clouds, gee uitdrukking aan die oproer wat Socrates in die polis veroorsaak het met sy metodiek. Socrates as demagoog, “the tactlessness of Socrates”. 
     
    Xenophon word ook beskou ‘n meer direkte getuienis te wees van Socrates en dra nie dieselfde las as Plato se letterkundige, filosofiese ondertoon nie. 
     
    Die “historiese Socrates” net soos die “historiese Jesus” is soek.   
     
    Steiner gebruik die Phaedo om eerder Socrates se motiewe te verduidelik en die argument van die Phaedo te verwoord dat Socrates se onskuld en meriete nie betwyfel kan word nie. 
     
    Dit is juis Socrates wat die vrome, die godsdienstige is en nie die burgers van Athena nie. Die godlastering verwys in werklikheid na die wat hom beskuldig, dit is juis die wat hom beskuldig wat met hulle roetine en ondeurdagte herhalings in aanbidding, die goddeloses is en die betekenis uit godsdiens dreineer.   
     
    Dit is daarom in Crito dat Socrates juis beveel dat ‘n haan geoffer moet word aan Asclepios.   
     
    Socrates is natuurlik bekend vir die ironiese en is dus ‘n lokval waarvoor moet uitgekyk word, maar Steiner voer aan dat dit nie is wat gebeur in die Phaedo nie en wel die volgende:   
     
    “The Phaedo invites us to discriminate between the numerous polymorphic deities and the one supreme principal. We are at this point, distant from the early Socratic “Socrates”, and close to the transcendental Platonism”.   
     
    “Thus Socrates final bidding could be said to educate us to the steps which must be taken from the innocent religious imaginings of a Crito to the domain of eternal Forms and of their begetter, such as they are to be revealed to Socrates”   
     
    Socrates sterf die oggend en die haan kraai en die kraai van die haan word herhaal met Jesus se vermaning aan Petrus dat die haan drie maal sal kraai.   
     
    Die haan se betekenis is ook meer kompleks as net bogenoemde en is die offerande van die haan aan Asclepios vol van die betekenis van genesing, die herstel na ‘n siekte. Socrates se dood is daarom ‘n herstel vanaf die swaarte van bestaan en dat die dood verkieslik is bo die verval van die liggaamlike.   
     
    “Thus the crowing of the cock sends our soul on its twofold journey, through the black gates and into Elysian noon”.   
     
    Daar is dus ‘n lang bespreking tussen die wisselwerking van die haan in die verhaal van Sokrates en die haan in die verhaal van Jesus en werd om gelees te word in die terme wat Steiner dit bespreek.   
     
    In ‘n paragraaf beskryf Steiner dit soos volg:   
     
    “Parallels drawn have been open or covert, theological and philosophic, ethical and psychological, historical and literary”.   
     
    ‘n Ryk veld dus en wat nie in detail aangespreek is hier nie.   
     
    Steiner sluit af, net soos die artikel van die Economist, wat is die status vandag.   
     
    Die betekenis van Socrates kan gesien word in die lig van hoe bestaan die staat en intellektuele vryheid rekonsilieer word. Hierdie konflik tussen intellektuele vryheid en die mag van die staat is nou nog, vanaf Socrates se tyd nog nie versoen nie en die konflik wat dit bring permanent.   
     
    Net soos Jerusalem ook altyd sy profete verdoem volgens Lukas en Paulus.   
     
    Die probleem is dat Socrates en sy sort juis nie vrede in die Polis bring nie en die vernietiging met dood die uiteinde is.   
     
    Sokrates daag dus die polis uit, juis omdat Sokrates nie isolasie kies nie, maar juis op die markplein gaan argumenteer en direk kommentaar lewer op die politiek van die dag.   
     
    Dit word soos volg verwoord:   
     
    “Everytime a community attempts, by cencorship, ostracism or killing to silence a moral-intellectual outsider, it lives a Socratic hour, but the Socratic provocation runs concomitantly with this. The no-sayer to injustice, to human greed and stupidity, is not only risking but soliciting a Socratic destiny.   
     
    Die temas is dus die kwessies van die “historiese Socrates”, die offerande om die genesing wat die dood bring te bevestig, die leegheid van ondeurdagte aanbidding, die betekenis en die korrelasie van die haan met die haan in Jesus se verhaal, die ooreenstemming tussen Socrates en Jesus en einde ten laaste die konflik tussen staat en die denkers.   
     
    Verskoning dat hierdie weer ‘n verskying maak, maar De Klerk verkeer onder die waan dat hy hierdie deelnemer moet onderskraag met die perels van sy “wysheid”. 
     
    Hierdie verwysing na Steiner se bespreking, net soos met die Economist bevestig die verwsyings waaruit ek put en is daar geen idee, konsep, of enige verwante veld wat De Klerk aan my kan toelig nie.   
     
    Hopelik sal daar met tyd ‘n end kom aan De Klerk se waan.
     
    Graag sou ek Nehemas & Vlastos se behandling ook wou doen, maar weens omstandighede is nie al my boeke tot my beskikking nie. Die oorgrote meerderheid word by my ouers gestoor.
  • So as ek dit reg verstaan Kobus help sorgvuldige aanhalings uit antieke teks niks nie? Laat mens dink oor al die aanhalings wat jy so lief is om in mens se keel af te druk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top