Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
Kobus de Klerk2012-03-13Gebrek aan identifiseerbare filogenese vanuit die fossielrekord, om daardie hipotetiese stamboom waarop die darwinistiese evolusie berus, te bevestig, is vir die darwinisme ’n verdere baie ernstige inherente aftakelingsmeganisme.
Kobus de Klerk2012-03-13Dit is nie vir darwiniste goed genoeg om te bewys dat daar biologiese ooreenkomste in spesies is, nie. Die darwinistiese evolusieleer gaan oor véél meer as net dít.
Jaco2012-03-12Dankie vir jou response op my skrywes. Ek ondervind geen probleem met die inhoud daarvan nie. Ek wil jou net herinner dat jy wel met ‘n vorige geleentheid my bevraagteken het hoekom my Engels beter als my Afrikaans is.
Johan Conradie2012-03-12Nou ja, ek het destyds die “ongemaklike” storie van my eerste aambei met julle gedeel, maar vanaand se storie is ‘n perd van ‘n ander kleur!
Kobus de Klerk2012-03-12Die Darwinistiese evolusionis kan glad nie daarop aanspraak maak dat die evolusie leerstuk hoegenaamd ‘n werklike wetenskap is, nie. Dit is eenvoudig.
2012-03-09Dinge raas en roer mos maar as mens besig is om dit te doen wat jy nie veronderstel is om te doen nie. As mens so besig is om geld te maak dat jy nie meer wil iets anders nie.
Kobus de Klerk2012-03-09Die kritiek teen die Darwinistiese evolusieleer is daarop bereken om uit te wys op hoeveel essensiële vlakke die darwiniste blote aannames, assumpsies, maak, omrede daar juis nie enige bewys is van die praktiese uitvoerbaarheid of selfs bestaan, van die gegewe wat by wys van assumpsie gepostuleer word, nie en om die praktiese onbewysbaarheid daarvan aan te dui en dat die hele darwinistiese evolusie leerstelling, vir daardie rede, ‘n klug is.
Johannes Comestor2012-03-08In antropologie (of volkekunde/etnologie) kan fisiese en sosiale aspekte onderskei word. Fisiese antropologie is dikwels darwinisties vertolk, terwyl sosiale antropologie die beginfase van sosiologiese kennis kan weerspieël.
Jaco2012-03-08Jammer ek antwoord nou eers op julle response op my twee skrywes getitel “How great is God” en sy opvolger “A man after God’s own heart”.