Die Darwinistiese evolusionis kan glad nie daarop aanspraak maak dat die evolusie leerstuk hoegenaamd ‘n werklike wetenskap is, nie. Dit is eenvoudig. Darwin het ‘n hipotese, niks meer nie, geformuleer waarmee hy voorstel dat daar geen skepper of eksterne intelligensie nodig is, vir die ontstaan van en variëteit van lewe op aarde, soos ons dit ken nie. Sy premis is eenvoudig dat alles uit ‘n toevallige protosoön ontstaan en ontwikkel het, deur ‘n kontinue proses van intelligensielose toevallige ewekansige seleksie en mutasies (wat deur neo-darwiniste bygevoeg is) oor die verloop van biljoene jare heen, waar een spesie eenvoudig ontwikkel het in ‘n ander en dat variëteit ontstaan het deur mutasies, ens.
Darwin se probleem was dat die fossiel fondse (mense het al vir baie lank voor dit oraloor opgrawings gedoen, en fossiele gevind) op daardie stadium (die middel 19de eeu) nie sy teorie ondersteun het nie, en dat daar te veel skakels, wat die ruggraat kontinuïteit van die proses moet ondersteun, ontbreek. Dit het hom ontstel, maar hy het dit afgemaak en gesê die fossiele om die ontbrekende skakels te vul, sal weldra gevind, word. In die plek daarvan is toe fyn uitgewerkte, maar opgesmukte hipoteses ontwikkel om die wesentlike leemtes te vul, met die hoop dat bewys daarvoor gevind sou kon word.
Nou, bykans twee eeue en intensiewe paleontologiese ekskavasies later, is die verleentheid nóg groter. Die skakels ontbreek steeds, en dui daarop dat sy teorie net filosofie is, waarvoor wetenskap gebruik en selfs misbruik word. Darwinistiese evolusie is onsigbaar, wyl dit op sigbaarheid aanspraak maak, onrealisties, wyl dit op realisme staatmaak, onbewysbaar in die essensie daarvan, wyl dit op bewysbaarheid staatmaak.
“Despite the bright promise – that paleontology provides a means of ‘seeing’ evolution, it has presented some nasty difficulties for evolutionists the most notorious of which is the presence of ‘gaps’ in the fossil record. Evolution requires intermediate forms between species and paleontology does not provide them. The gaps must therefore be a contingent feature of the record.” –
David B. Kitts, Paleontology and Evolutionary Theory, Evolution, vol. 28, 1974, p. 467;
“He [Darwin] prophesied that future generations of paleontologists would fill in these gaps by diligent search …It has become abundantly clear that the fossil record will not confirm this part of Darwin’s predictions. Nor is the problem a miserably poor record. The fossil record simply shows that this prediction was wrong.” –
Niles Eldridge, The Myths of Human Evolution, 1984, pp.45-46;
“About 80% of all known fossils are marine animals, mostly various types of fish. Yet there is no evidence of intermediate forms. “The most common explanation for the total lack of fossil evidence for fish evolution is that few transitional fossils have been preserved. This is an incorrect conclusion because every major fish kind known today has been found in the fossil record, indicating the completeness of the existing known fossil record.” (Bergman, Jerry, “The Search for Evidence Concerning the Origin of Fish,” CRSQ, vol. 47, 2011, p. 291. ) Absence of the transitional fossils in the gaps between each group of fishes and its ancestor is repeated in standard treatises on vertebrate evolution…. This is one count in the creationists’ charge that can only evoke in unison from the paleontologists a plea of nolo contendere” –
Arthur Strahler, Science and Earth History, 1987, p. 408.);
“The lack of ancestral or intermediate forms between fossil species is not a bizarre peculiarity of early metazoan history. Gaps are general and prevalent throughout the fossil record.” –
R.A Raff and T.C. Kaufman, Embryos, Genes, and Evolution: The Developmental-Genetic Basis of Evolutionary Change, 1991, p. 34;
“Given that evolution, according to Darwin, was in a continual state of motion …it followed logically that the fossil record should be rife with examples of transitional forms leading from the less to more evolved. …Instead of filling the gaps in the fossil record with so-called missing links, most paleontologists found themselves facing a situation in which there were only gaps in the fossil record, with no evidence of transformational evolutionary intermediates between documented fossil species.”-
Jeffrey H. Schwartz, Sudden Origins, 1999, p. 89;
“What is missing are the many intermediate forms hypothesized by Darwin, and the continual divergence of major lineages into the morphospace between distinct adaptive types.” –
Robert L. Carroll, Towards a new evolutionary synthesis, Trends in Evolution and Ecology 15(1):27-32, 2000, p.27;
“Given the fact of evolution, one would expect the fossils to document a gradual steady change from ancestral forms to the descendants. But this is not what the paleontologist finds. Instead, he or she finds gaps in just about every phyletic series.”–
Ernst Mayr, Professor Emeritus, Museum of Comparative Zoology, Harvard University, What Evolution Is, 2001, p.14;
Die Darwin tipe evolusieleer en sy neo--Darwinistiese poging om nog méér gapings toe te stop, is ’n klug in wetenskaplike proporsies. Al meer en meer mense is genoodsaak om uit die kas te kom en te erken dat daar net eenvoudig geen bewyse is vir sleutelaspekte van die darwinistiese evolusieleer nie, selfs nie gevind kan word nie – dan kry mens die arme Thomasse en Angusse jammer wat so rondgaan en verkondig hoe ’n ding wat nie bewys kan word nie, nie wetenskap is nie, terwyl hulle desperaat naarstiglik probeer klou aan hulle eie onbewysbare "wetenskap" klug – darwinistiese evolusionisme... en maak stuitige aanmerkings soos "gaan studeer" as julle hulle konfronteer – juis met welbelese en ingestudeerde opinies van deskundiges. Hoe ironies. Hoe jammerlik.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Sodra jy bewys lewer dat dit waar is dat Adam van 'n hopie grond gemaak is en Eva van sy ribbebeen, dat Lot se vrou in 'n soutpilaar verander het, Simson 1000 Filistyne met 'n eselskakebeen doodgeslaan het, dat Jesus op water geloop het, wyn van water kon maak, dooies kon lewendig maak en so met tieties en piepie en al hemel toe kon opvaar, dan beantwoord ek elke aanhaling hierbo.
Jy skuld my nog 'n verskoning omdat jy so gelieg het oor die H19 geen
Hello,
Die "sogenaamde arme" Thomasse en Angusse is nie die persone wat simpatie nodig het nie, maar wel die gelowiges wat aanvoer dat hul heilige tekste nie 'n wetenskapboek is nie en dan hand en tand veg om die wetenskaplike bevindinge wat die heilige tekste teengaan te probeer diskrediteer en dan die sogenaamde teks wat nie 'n wetenskap handboek is as 'n akkurate vertelling van onstaan en ontwikkeling van die bestaan propageer. Met dit 'n kort roete oor hoe die konsep van lewe oor die afgelope eeu uitgedruk is deur die wat weet.
En spirituele intelligensie 101 gaan net aan en aan en aan en aan en aan.............................
Ek dink die belangrike ding wat Wouter doen, is dat hy demonstreer presies hóé kontroversieel darwinisme is, waar hy mense, soos byvoorbeeld Ernst Mayr, Crick, ens., aanhaal en waar dié ook elders aangehaal word teen aspekte van darwinisme.
Ek het gewag hiervoor – juis van Wouter af. Dit het ’n rukkie geneem, waartydens Wouter niks anders as snert, snik en smaad geposteer het as “kommentaar” nie… maar hier is dit nou eindelik, al is dit ontsier deur nóg ’n sarsie snert, snik en smaad, ook. Angus is te slu daarvoor, want hy weet waarskynlik die implikasie van dit wat Wouter besig is om te doen. Wouter het nog baie om te leer…
Ons verwelkom dus Wouter se vlaag aanhalings – dit sal die punt van die hipotetiese en spekulatiewe aard, kontroversie en onaanvaarbaarheid van darwinisme as wetenskap en enigste aanspraakmaker, absoluut sement. Tja! Ek het nogal gedink julle gaan die kritiek probeer weerlê… maar natuurlik kan julle nie en uit desperasie doen julle soos julle doen.
Nóg ’n aspek wat beide Angus se kommentaar op ’n vorige artikel en Wouter met sy aanhalings duidelik begin uitlig, is die kwessie wat ek volgende wou aangeroer het, naamlik dat darwiniste self begin om nuwe rigtings (ongelukkig vir hulle, op ne tnog ander hipotese gebaseer) in te slaan wat die darwinisme van binne af begin uitrafel – die noodwendige gevolgtrekking? Hulle probeer krisiesbeheer toepas want hulle het óók vertroue in die darwinisme verloor en nou is hulle besig om ’n nuwe evolusie hipotese te probeer vestig!
Thomas kán dit maar net nie regkry om relevant te wees, nie. Jy moet maar leer deel met die inhoud van my kopieer en plak, Thomassie, want dít is jou achilleshiel! Eenvoudige aanmerkinkies en wit jassies gaan jou mos niks help nie, weet jy dan nie? Het jy dan nie geweet die idee is dat jy moet kyk na die inhoud van die kopieer en plaksels, nie, hmm? Of het jy nog nie geleer om só diep te kyk nie…
Angus, die Godsdiens is nie onder die vergrootglas nie, want ons maak geensins aanspraak op bewyse nie - ons weet wat en waarom ons glo. Maar die darwinisme? Dié smag na bewyse – moet dit nie vergeet nie! Dit is die darwinisme wat smag na bewyse, want die proponente daarvan, júlle, maak daarop aanspraak. Dus, bewyse asseblief!
Maar, in die lig van wat Wouter nou besig is om te doen, kan ek seker niks beter vra, nie. In stede van bewyse, gee Wouter vir ons ’n string ou nuus, maar ook getuienis van interne ontrafeling… soos die Woord sê, ’n huis wat verdeeld is, is ’n huis wat nié standhou nie.
Intussen, is hier is nog bietjie inligting wat die hedendaagse posisie van darwinisme in perspektief plaas:
“Darwinists commonly claim that evolution is the foundation of all of the sciences, especially the life sciences and that “nothing in biology makes sense except in the light of evolution” (Dobzhansky 1973, p. 125). To evaluate this claim I reviewed both the textbooks used for life science classes at the college where I teach and those that I used in my past university course work. I concluded from my survey that Darwinism was rarely mentioned. I also reviewed my course work and that of another researcher and came to the same conclusions. From this survey I concluded that the claim “nothing in biology makes sense except in the light of evolution” is false.” – Dr. Gerald R. "Jerry" Bergman, Ph.D. (Human biology), adjunct associate professor at Medical University of Ohio in biology, chemistry and physics;
“A survey conducted by the British Council in ten countries has revealed that the majority of respondents who were familiar with Darwinism think it should be taught alongside other views on life’s origin. (The survey is part of the council’s year-long “Darwin Now” program.) But in spite of the support for teaching multiple views that the survey revealed, the council’s press release on the survey puzzlingly declares, “Darwin Survey Shows International Consensus on Acceptance of Evolution.” - http://news.bbc.co.uk/2/hi/uk_news/education/8322781.stm - Tja! (met verwysing na die laaste aanmerking) Die outjies kan maar net nie van die gruwelike vooroordeel en gevolglike verdraaiing van feite, wegkom, nie.
Terloops, Wouter, niks wat jy geplaas het, weerspreek enige van die kritiek wat gelewer is, nie, en trek aandad op nog meer onbewysbare nuwe hipotese. Het jy nie opgemerk nie? The mystery deepens, while facts are ever more elusive!
Man, ek hóú van sulke samewerking… al is dit onvrywillig (soos gewoonlik)!
Hulle is besig om Darwin se graf oop te maak, nie om sy oorskot te verwyder nie, maar om sy evolusie fabels saam met sy oorskot te begrawe...
Kobus de Klerk
Hello,
Diegene wat wil weet, lees alles - veral die wat moet weet. Jy lees nie wat ek plaas nie, omdat jy die inhoud vrees. Daarom die snert wat die substans van jou reaksies uitmaak. Ek is bevrees, internet stats gaan jou nie help nie.
Ek stel nie, in gesprekke van hierdie aard, soseer in "finesse", as "feit" belang nie, Wouter. Dit wil voorkom asof jy meen finesse (wat jy verseker ook kortkom) sal kan instaan vir feit? Jy is verkeerd, en almal sal dit so verstaan.
Darwinisme was veronderstel om 'n kontinue proses te wees. Nou probeer julle fragmente uitlig, wat meer klem lê op die onsamehangende aard van die proses, as wat dit veronderstel was om sy aanspraak op wetenskaplike proses, te steun, nie.
Ek haal aan, omdat dit dinge is wat mense wel sê - nie uit konteks nie. die aanhalings self dui daarop dat dit die sprekers daarvan, almal kundiges (anders as jy), se oortuiging is. En dit is waar al jou argumente neerslaan in stof.
Dus, ten spyte van al jou aanhalings, het jy nog nie een geplaas wat enigiets op feite (nie net nog hipotese nie), weerlê van enige van die kritiek wat uit die aanhalings weerspieël word, nie.
Dalk sal dit jou baat om daarop te let dat daardie aanhalings geldige kritiek is wat die darwinistiese mondering aan flarde ruk.
En dit is wat die mense op Litnet sien. Nes jy, kan hulle almal lees. Meer as jy, kan meeste van hulle verstaan wat hulle lees, ook. Dus, op litnet lees hulle van 'n magdom kritiek van 'n gros geleerdes, teen die darwinisme.
Hulle lees ook die skamele pogings van mense soos jy om dit teen te staan - eers met 'n sarsie sanik, smaad en snik, dan met 'n uitgebreide poging om my, die boodskapper, se integriteit te probeer ondergrawe, en dan omdat die probleem nie skielik weggaan nie, te probeer ontmoet met die niksseggendste aanhalings en filosofie daaromtrent.
En dit alles dui mos net op een ding - onvermoë om die kritiek teen darwinisme te weerlê.
Hier is nog iets om te herkou:
“In The Descent of Man, Darwin popularized the idea of different races of people—lower races, higher races, primitive races, advanced races, and so on. What did that do? As the late Steven J. Gould from Harvard University said, “Biological arguments for racism may have been common before 1850 but they increased by orders of magnitude following the acceptance of evolutionary theory … Darwinian evolution was (and still is) inherently a racist philosophy. It teaches that different groups or “races” of people evolved at different times and rates. According to his theory, some groups are more like (and closer to) their ape-like ancestors than others. As a natural extension of this belief, the Aborigines of my homeland were considered by some as missing links between the ape-like ancestor and the rest of mankind … In 1924, the New York Tribune ran a headline that declared “Kindred of Stone Age Men Discovered on Australian Island—Missing Links with Mankind in Early Dawn of History.” They were talking about some of our Aborigines, a people group living on the island of Tasmania. The Aborigines had been misunderstood, abused, and slaughtered from the early days that Europeans landed in our country. When it appeared that the Aborigines might have some scientific value, biologists from England and Germany began to hunt them as research specimens. Many were driven into swamps and then shot. Hunters were given instructions on how to skin them and prepare their skulls as specimens for museums around the world—all in the name of evolution. Some were taken live; some were killed and many of their graves were robbed. An estimated five to ten thousand graves were desecrated as scientists sought Aborigine remains for study.” – Ken Ham.
“Leading Nazis, and early 1900 influential German biologists, revealed in their writings that Darwin’s theory and publications had a major influence upon Nazi race policies. Hitler believed that the human gene pool could be improved by using selective breeding similar to how farmers breed superior cattle strains. In the formulation of their racial policies, Hitler’s government relied heavily upon Darwinism, especially the elaborations by Spencer and Haeckel. As a result, a central policy of Hitler’s administration was the development and implementation of policies designed to protect the ‘superior race’. This required at the very least preventing the ‘inferior races’ from mixing with those judged superior, in order to reduce contamination of the latter’s gene pool. The ‘superior race’ belief was based on the theory of group inequality within each species, a major presumption and requirement of Darwin’s original ‘survival of the fittest’ theory. This philosophy culminated in the ‘final solution’, the extermination of approximately six million Jews and four million other people who belonged to what German scientists judged as ‘inferior races’” – Dr. Gerald R. "Jerry" Bergman, Ph.D. (Human biology), adjunct associate professor at Medical University of Ohio in biology, chemistry and physics
Darwinisme is van binne dood. Die kadawer daarvan is sigbaar, en die maaiers word nou sigbaar. Dit is die proses wat jy sien. En daar is niks wat julle daaraan kan doen, nie.
Kobus de Klerk
De Klerk handel presies soos verwag word maar sit ongelukkig die pot mis. Wat is nuut daarin. Niks nie. Soos gesien is De Klerk en sy soort meesters in quote mining wat die selektiewe aanhalings wat as doel wanvoorstelling oor die onderwerp onder bespreking het.
Hello,
Terloops, Wouter,
Nie een van die aanhalings waarvan jy van Mayr praat, bevestig dat hy evolusie aanvaar nie. Deur myne spreek hy ernstig kritiek uit, en in joue gee hy te kenne dit is 'n wispelturige affêre - ook kritiek, veral komende van 'n wetenskaplike. As jy enigsins insig had, sou jy besef dat wetenskaplikes niks hou van wispelturige prosesse nie - dit maak eksakte wetenskapsbeoefening bykans onmoontlik.
Wys jou, jy het nie insig nie. Kyk jou briewe deesdae - 80% ginnegaap (slegsêery op een of ander manier) en 20% insiglose poging.
Jou mos gewaarsku - jy is al erg irrelevant.
Kobus de Klerk
Wouter, 100% goeie werk.
Kobus is effens onintelligent, maar nie so dat hy nie kan besef dat dit waarmee hy besig is oneerlik is. Is dit wat verwag word van die fundementele Christen? 50% blinde geloof, 25% spirituele insig en 25% leuns oor en wanvoorstellings van opponente?
Terloops stel De Klerk dit dat Mayr nie evolusie ondersteun nie. Wat 'n grapjas is De Klerk nie, veral om dit kom van 'n nar wat nog nie een van die boeke onder hande gehad nie en net "intelligente ontwerp" webwerwe stroop vir aanhalings.
Hello Chris,
Wouter
Ek het nog nooit gesê Mayr "ondersteun" nie evolusie nie, maar hy staan baie krities daarteenoor. As taksonoom is die fossielrekord vir hom van kardinale belang om sy 'werk' vir evolusie te kan doen, maar is dit ook sy grootste frustrasie - en daar is niks wat jy in jou stuitigheid daaromtrent kan sê of doen nie.
Kobus de Klerk
Wanneer, o wanneer, gaan De Klerk Mayr se "What Evolution is" in detail lees?
Wat jy in jou stiksienigheid nie besef nie, is dat Mayr sy frustrasies met swaargewigte soos Gould en Eldredge deel - en laasgenoemde eis baie uitgesproke daaroor.
Met tyd sal jy gedwing word om tot daardie realiteit eenvoudig te moet hanteer.
Jou analitiese vermoëns is nie-bestaande - alles gaan vir jou oor strome en gerammel van onsamehangende klomp papgaaiwerk sodner enige struktuur - en Comestor het dit heel eerste al uitgewys, en ek het toe nie besef dit is so erg nie ...
Jy lees, maar begryp nie.
Kobus de Klerk
Ironies, nou is Comestor weer die beste, die ondersteuning is soos die wind. Laat die 'n les wees vir enige wat dink De Klerk is aan jou kant.
Iewers tik die ou grote Darwin-hater Kobus de Klerk die volgende:
'Angus, jý is die ou met die lees-en-begrip probleem (het dit al verskeie kere uitgewys) – hier is Pelser se woorde vir jou aangehaal, in konteks : “Wanneer ‘n hond ? perd word, dán het ons evolusie, "maar dit gebeur nóóit – nie nóu nie, en ook nie in die fossielerekord nie.” Daarmee dui Pelser aan dat evolusie beweer word plaas te vind "wanneer een onverwante soort oorgaan in ’n ander en net soos hond nie perd word, nie, gebeur dit ook met niks anders, nie. Maar magtig, die man is gans en al te insigvol vir julle! Sy metodiek en benadering is vir julle net eenvoudig te vêr bokant julle vuurmaakplek. Hoeveel keer het ek dit nie al opgemerk en uitgewys by julle, nie? Die Woord sê julle is dom en dwaas en ons sien dit só – elke keer as ons met julle moet praat! Kyk, dis nie net ’n kwessie van hond wat perd kan word nie, maar veel erger – protosoön word hond, perd, tier, bobbejaan, aap, plant, insek en noem die hele lys van alles wat lewe vandag en eindig by mens. Dit is die punt, die een is so absurd soos die ander en dit is die punt wat gemaak word. Dit is nie net dat daar wetenskaplikes met verskille is nie, julle is net eenvoudig nie op dieselfde gevorderde begripsvlak as gelowige wetenskaplikes nie – daarom dat julle hulle probeer wegstamp en weg skel as hulle by die universiteite wil aansluit, omdat julle gewoon onder druk van die bekwame en insigvolle kompetisie sal vergaan en verhonger (toemaar, toemaar daar sal wel ’n Christelike welwillendheidsorganisasie of tien wees wat oor julle sal ontferm).'
Dit mag dalk insiggewend wees vir enigeen wat minder bekend is met Kobus de Klerk en sy huiskerkstelsel se algemene taalgebrek, maar neem gerus kennis van die volgende in Kobus se eentonige kreasionisme gedweep;
As 'n hond 'n perd sou word, noem ons dit eintlik "transfigurasie" of "transformasie" - nie evolusie nie soos Kobus en sy sogenaamde Pelser-mededweper nie.
'n Nog groter woord sou "transendeer" wees, maar ek skat hier's nou genoeg potensiaal om Kobus sy lewe lank te verwar ...
Evolusie beteken geheel iets anders. 'n Sleutelwoord in die definisie van evolusie is "ontwikkeling" - soos in die evolusie van Kobus se spirituele intelligensie wat duidelik baie stadig verloop ...
Elders haak die ou grote ook met die volgende aan Angus uit: "Daar is die afgelope tyd 'n pletora (sic) van deskundige opinies hier op die forum weergee wat jou darwinistiese religie in vlamme laat opgaan - asook die skamele pogings wat jy kan aanbied om dit te probeer red."
PLETORA??? ... hahaha ... ek't so gelag (en skater steeds) dat dit my lewe sal bybly!
Kliek hier - http://www.youtube.com/watch?v=-mTUmczVdik - om te sien hoe ander Amigos onse Bose Kobus sou verstaan ...