inne suiwer “Kafferkaans”, “isiBhulu”, sonner amnestie,
vir kolonialisgedrag, slawerny, vir apartheidseuwels,
sonner oopmaak, langs braaivleisvuur, swembad, see,
sonner omhelsing, interkultureel, interspiritueel, bely
gat Afrikaanse se kjend nog hlopekha, intens swaar kry,
oor aspekte van verlede wat nooit opgehaal, bespreek,
nooit ter opheldering, geretro-rasionaliseer, -debatteer,
alle dimensies, perspektiewe, innie strategie ingesluit,
geïnkorporeer, allie tyd se seer, swaarkry, hlopekha,
oor “Duiwelspiek”-dissipelskap, onkunde-ontkenning
g’n woord, sprak of sprook, of rekord, dokumente,
vir nageslag, afstammertjies, woord, beeld t’volg,
gade t’slaan, t’sien, t’verneem, t’interpreteer, af t’lei,
t’konkludeer, t’assimileer, oorlog’s teenproduktief,
anti-positief, regressief, uiters negatief, kil,
koelbloedig, gewetenloos, Self-destruktief,
Gewete-loos, al word geloof valslik paradeer,
al kos’t Mens fortuine, rabbi’s, imams, predikers,
hoogleraars, professors, dokters, graduandi,
ivoortoring-akademici, hiperpretendeerders,
t’onderhou, aan die gang t’hou, t’ondersteun
selfs onkund’-ontkenners verstaan God, Sy Doel,
prastaggies, duid’lik, kry vir jou, Homo Sapiens,
g’n spyt, medelye, berou, ontboesemingsdrang,
selfs al staat Eerste Mens, Millennium Drie nog,
heel laaste, oppie skaal van Mens-Wees, Sapiens,
juridies, regstegnies, noggie oppie skerm, radar,
hofrol, lys, van Mens, ver buite soeker, vinder,
GPS se bereikterrein, grenslimiet, verpejorativeer,
in status degradeer, sonder locus standi, agting,
leer oud-vryheidsvegters van voor af weer, ja,
via onderdrukkersleer te diskrimineer, t’onderskei,
wie moet bly, wie moet ry, wie allie roomvet kry
al is medemenslikheid noggie op Kapitaal-agenda,
lees Mens Self, in Skepper se Propaganda, Woord,
Naaste-Liefde ‘n baie skaars, amper eksklusief,
Kommoditeit, raak Mens gaand’weg bewus,
van Oorlewingstryd, behoeft’ aan Wysheid,
Gewete-Herwinning, kort Mens intrinsiek,
‘n doelmatig, effektief soort Besinning,
ter wille van God se Waarheid, Reg,
ter verwesenliking van Sy Geregtigheid
boodskapper, nie meer soos ‘n “Bosjesman”
weggejaag, verdryf, gejag, soos ‘n oran utan,
oftewel, “halfmens”, aan slawe baie goed b’kend,
ikoon van agterlikheid, laagste op beskawingsleer,
deur struktuurgeweld uiteindelik veralkoholifiseer
kort-‘n-lank, ding is dié, kry vir jou, mede-Mens,
lat Mens nageslag soveel naarheid kan toewens,
nie prakties voorsiening maak vir derde, vierde,
vyfde geslag, van dié wat Mens, Naaste, sinneloos,
wou uitroei, verwoes, mekaar in Vlakte-sosiolek,
soos slawe vervloek, vraag oor herkoms omkeer,
op sy kop, deur na kop-eerste geboorte te verwys,
mede-onderdrukker terug t’verwys na oorsprong,
waaruit arme Mens op deesk’ Planeet verskyn’t,
“Jou lieflike moeder se lieflike geslagsorgaan”, ja,
in suiwer “isiBhulu”, “Boer-taal”, diskriminasie-taal,
mede-Mens soos en as uitvaagsel te dehumaniseer,
streng volgens beginsels van neo-struktuurgeweld,
teorie én praktyk van nihilisties Self-destruksie-leer
Jacobus Faasen

