Oor jou Afrikaans, Jaco

  • 1

Dagsê Jaco

Dit was nie my bedoeling om jou te beledig nie, my punt was net wat ek nog heeltyd sê en dit is dat Afrikaans nie ons erns is nie. Ouens wat kamtig ’saam met die tye beweeg’ (Afrikaanssprekendes praat ek nou van) dink dit is maar in die haak om Afrikaans geraadbraak te praat en skryf, dit is mos maar net ’n kommunikasiemiddel en is, per slot van sake, die taal wat hy aan moedersknie geleer het; hy kén mos die taal en het nie nodig om moeite te doen nie.

Met Engels, daarenteen, is hierdie einste ouens op hulle hoede; Engels moet reg geskryf en gepraat word en verkieslik op so’n vlak dat dit nie onderskeibaar moet wees van ’n moedertaalspreker nie, dié dat diesulkes hulle kinders in Engelse skole sit. Ja-nee, in Engels moet jy nie foute maak nie; dit sal ’n verleentheid wees.

Ek stem saam dit het met die inhoud van jou brief niks te doen nie maar jou brief het aanleiding gegee tot ’n ander onderwerp naamlik die agteruitgang van Afrikaans. Wat die inhoud van jou brief betref het ek terloops genoem dat ek op die oog af niks feiteliks verkeerd sien nie; ek stem net nie saam met jou strekking en of interpretasie nie maar dit is godsdiensdebatsake waaraan ek nie eintlik deelneem nie. As jy wil kan ons maar hierdie debat gaan al vir jare ’n sirkelgang.

Jan Rap

 

  • 1

Kommentaar

  • Beste Jan,

    Dankie vir jou respons. Ek neem kennis van jou gevoel rakende Afrikaans en respekteer jou daarvoor.  Terloops.  SeNet verander my van vanaf Fourie na Fouche by herhaling, hoekom weet ek nie asook hulle verander die bewoording van die opskrifte van my briewe.

    Weer eens dankie

    Jaco Fourie

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top