Dom vraag vir slim Jan Rap
Jan, soos jy seker weet wil die regering hê dat die getal werkers per staatsdepartement die demografie van die land moet weerspieël. Dus, deur die bank moet daar X-aantal swartes in elke staatsdepartement wees.
Maar wat nou van die Wes-Kaap, waar swartes in die minderheid is? As hulle daar ook die land se demografie toepas in staatsdepartemente, gaan dit nie beteken dat hulle eintlik die nasionale demografie oorskry nie? Ek weet daar is provinsies waar swartes se getalle waarskynlik groter is as die nasionale persentasie, soos in KZN en die Oos-Kaap, en dit kan dalk uitbalanseer. Nogtans meen ek hulle behoort dit per provinsie te bereken, sodat in party provinsies daar 'n bietjie meer wittes en in ander 'n bietjie minder in die staatsdiens is. Wie gee byvoorbeeld om as die staatsdiens in KZN byna heeltemal swart is?
Groete,
Varkspek

