Dit is nie vir darwiniste goed genoeg om te bewys dat daar biologiese ooreenkomste in spesies is, nie. Die darwinistiese evolusieleer gaan oor véél meer as net dít. Om te slaag, moet daar ook bewys word dat die verwantskappe vanaf ’n gemeenskaplike voorouer (as mens dit só kan noem, verwysende na ’n protosoön of soortgelyke “repliseerder”) afstam. Dit, het Darwin gemeen, sou kon bewys word as die fossiele dié stamboom sou demonstreer. Darwin het gesit met die Woord, waarin hy ’n ent vêr gestudeer het, Wie sê dat God die Skepper is en dat God die soorte agtereenvolgens geskape het, maar nié die een uit die ander, uit een voorouer, laat evolueer het, nie. Darwin wou dit nie aanvaar nie. Wat mens dan volgens die Woord weergawe sou verwag, is dat die paleontologiese fossiel rekord juis nié daardie aaneenlopende skakeling sal aandui, nie, maar dat soorte kom en gaan. Maar as Darwin sou reg wees, dan sou mens noodwendig daardie aaneenlopende, daardie kontinue ontwikkel, in die fossielrekord, bevestig vind.
Die aftakeling van die evolusieleer van Darwin laat hom sekerlik verleë in sy graf. Sy sterkste aanspraak was dat sy hipotese deur paleontologiese opgrawings bevestig sou word. Dit het hom ontstel dat dit op die stadium toe hy nog geleef het, nie gebeur het, nie, maar hy het sy hoop op die nabye toekoms gevestig. Hy self het sterk benadruk dat die paleontologiese fossiel rekord sy hipotese móét ondersteun in die kontinuïteit van die evolusionêre proses, anders, het hy self gesuggereer, is hy verkeerd. Hy had darem daardie wetenskaplike integriteit, wat klaarblyklik nie by die nuwe generasie darwiniste te vinde is, nie.
Die stasis in die paleontologiese rekord, na bykans twee eeue later, vertel die storie.
“A localized population…suddenly appear(s) on the scene and then continue(s) essentially unchanged until [they] become(s) extinct.” –
Ernst Mayr, What Evolution Is, Basic Books, 2001 p. 63;
“The complete standstill or stasis of an evolutionary lineage for scores, if not hundreds, of millions of years is very puzzling.”-
Ernst Mayr, What Evolution Is, Basic Books, 2001 p. 195.
“Niles Eldredge and I …argued that two outstanding facts of the fossil record–geologically ‘sudden’ origin of new species and failure to change thereafter (stasis) – reflect the predictions of evolutionary theory, not the imperfections of the fossil record.” –
Stephen J., Gould, Evolution as Fact and Theory, in Montagu, Science and Creationism, 1984, p. 123.)
“Stasis has become interesting as a central prediction of our theory.” –
Stephen J. Gould, Opus 200, Natural History, 1991, p.16.
“…the tale itself illustrates the central fact of the fossil record so well [the] geologically abrupt origin and subsequent extended stasis of most species… Anatomy may fluctuate through time, but the last remnants of a species look pretty much like the first representatives.” (p. 749.)
“…the greatest and most biologically astute paleontologist of the 20th century …acknowledged the literal appearance of stasis and geologically abrupt origin as the outstanding general fact of the fossil record and as a pattern which would ‘pose one of the most important theoretical problems in the whole history of life.’” (p. 755 quoting George Gaylord Simpson.)
“…the long term stasis following geologically abrupt origin of most fossil morphospecies, has always been recognized by professional paleontologists.” (p. 752.)
“The great majority of species do not show any appreciable evolutionary change at all. These species appear in the section (first occurrence) without obvious ancestors in the underlying beds, are stable once established and disappear higher up without leaving any descendants.” (p. 753.)
“…but stasis is data… Say it ten times before breakfast every day for a week, and the argument will surely seep in by osmosis: ‘stasis is data; stasis is data’…” (p. 759.)
“Indeed proclamations for the supposed ‘truth’ of gradualism – asserted against every working paleontologist’s knowledge of its rarity – emerged largely from such a restriction of attention to exceedingly rare cases under the false belief that they alone provided a record of evolution at all! The falsification of most ‘textbook classics’ upon restudy only accentuates the fallacy of the ‘case study’ method and its root in prior expectation rather than objective reading of the fossil record.” (p.773 –
From Stephen Jay Gould, The Structure of Evolutionary Theory, 2002:
“Eldredge and Gould, by contrast, decided to take the record at face value. On this view, there is little evidence of modification within species, or of forms intermediate between species because neither generally occurred. A species forms and evolves almost instantaneously (on the geological timescale) and then remains virtually unchanged until it disappears, yielding its habitat to a new species.” –
Peter J. Smith, Evolution’s Most Worrisome Questions, Review of Life Pulse by Niles Eldredge, New Scientist, volume 116, November 1987, p. 59.
“The principal problem is morphological stasis. A theory is only as good as its predictions, and conventional neo-Darwinism, which claims to be a comprehensive explanation of evolutionary process, has failed to predict the widespread long-term morphological stasis now recognized as one of the most striking aspects of the fossil record.” –
Peter G. Williamson, Morphological Stasis and Developmental Constraint: Real Problems for Neo-Darwinism,” Nature, Vol. 294, 19 November 1981, p.214
Hierdie getuienis dui op ontstaan en vergaan van soorte sonder kontinuïteit – soos in die Woord gesuggereer maar terselfdertyd Darwin se nagmerrie. Darwin was en is, verkeerd. Die Woord, was en is stééds reg.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Soos ek elders opgemerk het is Gould en Eldredge toegewyde evolusioniste. Wat in hierdie brief gedoen word is 'n opsetlike wanvoorstelling van die twee navorsers se oortuigings.
Is daar nie iets van mens mag nie valse getuienis lewer iewers in "God se woord" nie?
Ek dink nie Kobus weet self wat hy hier aanhaal nie. Gould het vernelling gesien in evolusie, terwyl Darwin 'gradualism' voorgehou het. Gould se 'evolutionary bursts' in die Kambriese tydperk het nog oor miljoene jare geskied. Stephen Gould was een van die evolusioniste wat God en Kreasionisme en Intelligente ontwerp uit die Amerikaanse skole gehou het.
Wouter
Jy moet onthou Spirituele Intelligensie 101 se kurrrikulum dek slegs kopieer en plak en nie lees nie.
Daar is tans bykans 7 miljoen tref-skote as jy "creationism" intik in Google. As onse Kosie sê maar 4 plasings per dag op die Sê plaas en elkeen bevat 10 trefskote per plasing gaan dit ongeveer 700 jaar neem vir ons spiritueel intelligente Kosie om alles geplaas te kry – wat ’n salige vooruitsig is die dood nie skielik nie!
Thomas
Pateties, Wouter. Jy weet dit voor ek vir jou sê. Jou desperasie skyn uit jou agressie - duidelik.
Jy sal moet beter doen. Jy skrywe deesdae niks meer waarnee mens kan deel nie. Jy kan jou kinderagtigheid maar laat staan - as mense nou nog nie weet jy "hou nie" van my nie, sal hulle dit nooit weet nie. Ek gee nie 'n snars om nie. Dus,miskien wil jy in die vervolg iets beter doen - of kan jy nie meer nie? Jy is alreeds so irrelevant.
Ek weet nie of jy opgemerk het nie ,maar om die aantal bladsye van Gould se boek te kwoteer los nie julle probleem op nie, en daar is ander aanhalings ook, waarby Gould s'n aansluit. Noem dit, want dit lyk nie jy besef dit, nie - die ou gebrekkige insig probleem.
Daar het jy dit nou - jou "kommentaar" as mens dit nog so kan noem, laat deesdae geen ruimte vir ander tipe repliek daarop nie - jy's darem vlak hmm?
Kobus de Klerk
Wouter, staak gerus insiglose, onsinnige aanmerkings.
Niemand het gesê dat Gould, Ruse en Mayr skielik kreasioniste geword het, nie. Maar hulle is beslis nie meer oortuigde darwiniste (in die ou sin van die woord) nie. Baie min werklike wetenskaplikes is nog oortuigde darwiniste. Hulle beskou die onbewysbare hipotese, die profesieë van Darwin, wat nie uitkom nie, as 'n uiterste frustrasie. Hulle hou eerder meer daarvan as 'n religieuse filosofie en is besig om stadigaan uit die kas te kom daaroor. Ruse se opspraakwekkende getuienis en bekentenis daaroor in die tempel van darwinisme, is die bewys daarvan.
Kobus de Klerk
Thomas,
Hello Stephen & Angus et al,
De Klerk maak die volgende stelling en is die gewone kansvattery van De Klerk wat hier gedy:
Ons geloof in die Skeppingsverhaal in die Woord, vir die soveelste maal, Wouter behoef geen bewys nie. Ons ken God, en ons weet dat Hy die Skepper is. Dit is julle wat dit nie (wil) weet nie, en derhalwe sukkel julle met selfgemaakte fabels en hipoteses en skrywe julle vir mekaar boeke daaroor, wat julle dan ook vir mekaar aanhaal, as deel van daardie selfdesepsie sindroom wat daagliks gevoed moet word.
Dit is dus julle wat die probleem het. En tot julle nie oor die vermoë beskik om sake Spiritueel te identifiseer en die Spirituele Intelligensie het om daarmee te deel nie, sal jy inderdaad wag tot satwordens toe.
En, as jy sou kon verstaan wat ek elders skrywe, sou jy nie meer gewonder het oor Genesis se skeppingsverhaal, nie.
Nou die hantering van julle darwinistiese skeppings religie.
Wat ek uitwys, is dat daar baie ernstige verdeeldheid in julle eie geledere is. Daar is netsoveel dolering oor sleutelaspekte as wat daar as wat daar aanvaarding oor sekere ander aspekte is.
Maar dit is kenmerkend hoe mens vir julle hierdie dinge moet uitspel, anders begryp julle dit nie - jy het massas woorde hierbo uitgewors, maar niks gesê nie.
Julle moet begin besef, dat om op 'n kinderagtige manier met my oor semantiek en snert te probeer redekawel, net die klem plaas op julle onvermoë om die issues aan te spreek.
Die ironie is dat jy met my wil twis soos 'n tienerdogtertjie oor woordjies en internet "hits", en nie die insig en vermoë het om te besef dat dit nie daaroor gaan nie, maar oor die darwinisme wat inherent besig is om te disintegreer - niks wat jy probeer ginnegaap, gaan die negatiewe implikasies van Mayr, Gould, Doyle, Denton, Green, Goldberger, Watson, Crick, Polanyi, Eldredge, Carroll, Kemp, Koonin, Ruse, Kitts, Strahler, Raff, Kaufman, Schwartz, Smith, Williamson, Gee, Raup, Shubin, Nelson, Ridley, Storer, Wesson en talle ander, se wesenlike interne kritiek ongedaan maak, nie.
Soos ek sê, met julle deelname is daar net vervlakking. Jy het so irrelevant geword.
Iemand het jou plek van voorheen ingeneem - sinvol, op die punt, en hy doen dit veel beter as wat jy was - dit is Stephan Marcus - hoop vir jou part dit is jy onder 'n skuilnaam... Hy het nie openlike papegaai-koors nie - lyk of hy sy eie verstand gebruik.
Julle is so onbeholpe.
Kobus de Klerk
De Klerk voer aan dat die "Skeppingsverhaal in die Woord, vir die soveelste maal, behoef geen bewys nie"
Hierdie moet ook aangspreek word:
As jy enige integriteit had, Wouter sou jy sien hulle is al almal deur my aangehaal en al wat jy kan doen, is om sulke niksseggende kommentaar te lewer - massas daarvan.
Onthou, dit is nie massa strooi wat tel nie, maar 'n handvol pitkos.
Met een blaas, is al jou strooi wat jy soos 'n besetene probeer inwerk oral waar ek skrywe, weg, en al wat oorbly agterna, is 'n lakune - jy weerspreek niks wat ek aangehaal het nie. Al wat jy doen is om oor my te kletter en niksseggende onsamehangende snert oor die skrywers kwyt te raak, maar en onophoudelik pogings om my te probeer diskrediteer (asof dit onegdaan sou maak wat ek aanhaal - ) nie 'n enkele sinvolle weesrpeking van wat ek geplaas het, nie.
Jy het ongelukkig dom geword, weens jou onbeteulde onvolwasse emosionele agressie teenoor my.
Ek noem dit, sodat jy weet, dit is opsigtelik.
Jy het skielik, van die mees ordentlike, sinvolle bydraende agnostikus geval tot 'n babbelende emosionele sot - jy is besig om Cornelius met rasse skrede in te haal.
Kobus de Klerk
Feite is kosbaar, maar nie jou verdraaide snert wat jy as 'feite' wil klee nie, Wouter.
Die onkunde wat jy juis oor die stasis demonstreer,. plaas jou op 'n direkte botsingkoers met werklike kenners soos wyle Gould en Eldredge.
Maar dit is goed jy skrywe soos jy skrywe - ek het gesê jy sal irrelevant word, en jy demonstreer dit reeds so. Die wêreld is vol bekombare kennis en kundigheid, Wouter, maar jy dink die snert wat jy hier plaas, eenogig soos dit is, word nie opgemerk nie.
Jy is deesdae net nuttig om uit te wys hoe julle desperaat daardie selfdesepsie sindroom elke enkele dag moet voed.
Jou snert is 'n vermorsing van spasie.
Kobus de Klerk