Darwinisme se wankelende genetika steunpilaar

  • 2

In ’n onlangse kommentaar op een van die darwinisme artikels wat ek plaas, maak Angus die volgende opmerking “ Fossiele is egter maar net ? bonus ter ondersteuning van die evolusieteorie. Die werk wat op die gebied van die genetika gedoen word, is ? sterker bewys vir evolusie … Die eintlike bewys lê in die werk van die genetici, want die geen bly byna onveranderd vir miljoene jare. Gaan lees maar Dawkins se The Selfish Gene.”

 “If my theory be true, numberless intermediate varieties, linking most closely all of the species of the same group together must assuredly have existed... Consequently evidence of their former existence could be found only amongst fossil remains” –

Charles Darwin, The Origin of Species: A Facsimile of the First Edition, Harvard University Press, 1964, p. 179;

Die “bonuswaarde” van die fossielrekord is blykbaar fataal ontwykend, soos die ander artikels wat ek geplas het, uitwys.

Angus weerspreek Darwin oor sy eie teorie… dus is Angus mos heel verkeerd. Maar kom ons kyk nietemin.

Ook die genetici-uitweg is daar nie vir die darwinistiese evolusieleer, nie. Dit is nie asof genetika in Darwin se tyd geheel onbekend was nie. Die einste Gregor Johann Mendel publiseer alreeds in ongeveer 1866 werk oor genetika. Darwin het waarskynlik besef dat genetika nie ’n ontwikkelaar in die evolusieproses kan wees nie. Daarom dat hy daarop aandring dat daar in die fossiel rekord, oorgenoeg getuienis moes wees vir die darwinistiese evolusieleer om stand te bly as ’n wetenskaplike model en nie net nóg filosofie, nie.

Die proses waarop Angus wil steun, sou nie kon bestaan sonder ’n ingewikkelde ontstaanproses, nie. Daarom kán genetika nie die bewys vir darwinisme wees.
Maar kom ons kyk eers na die wetenskaplike probleme:

“… I’ve since come around to be very critical of the view that the gene is the unit of evolution. Instead, the population appears to be the best candidate as the unit of evolution. All of this means that the impact of The Selfish Gene is very restricted as a metaphor of how evolution occurs, being successful at solving a very specific set of problems relating to social animal behavior, and is limited to discussions of phyletic change.” –

Dan Rhoads, BSc in molecular biology and a PhD pharmacology and biochemistry.

“Finding an evolutionary starting point for novel genes is highly improbable. Even if all organisms were dedicated to evolutionary trial and error attempts for a billion years preceding the Cambrian Explosion, a single minimally functional cytochrome c gene sequence is unlikely to be obtained.

Evolutionary computer models use false premises.

The probability that a random DNA sequence could produce a novel, highly optimized gene (including the coding and regulatory sequences), is vanishingly small. It is also clear that minimally functional proteins would provide negligible selective advantage and such genes would have little chance of fixing in the population. From an evolutionary point of view, [the test] observation presents the worse of all scenarios: fewer acceptable candidates as a starting point and poorer functionality at the same time!” –

Royal Truman, Ph.D. in organic chemistry from Michigan State University and post-graduate studies in bioinformatics from the universities of Heidelberg and Mannheim. He works for a large multinational in Europe.

“The problems with predicating the gene-centric view as a fundamental principle are multifarious, but a brief but key complaint is that genes do not generate behaviour in and of themselves, and much of Dawkins and others reasoning in this regard depends upon this connection. Genes are DNA code for proteins, and although these proteins are used to construct behavioural systems, such as elements of the brain, neurotransmitters and hormones, the gene is just a component of the template for the organism’s biology. Just as a brick is used to construct a building but tells you little about what people do in buildings, a gene helps build a body but by itself tells you little about what that body does. As a result, one of the primary scientific criticisms of The Selfish Gene has been on the idea that the gene is the unit of selection.” –

Chris Bateman

“I want to show by some brief discussion that ‘selfish genes’ is really simply an ‘abstract framework’, a way of thinking about natural selection … Now, as we have shown repeatedly, natural selection … does not in any way involve the sorts of information-adding change needed to turn microbes into magnolias, manatees and microbiologists. In fact, natural selection invariably involves a culling or loss of information, so it’s going in the wrong direction, anyway.” – ” –

Dr. Carl Wieland, M.B., B.S

Die konklusie is dat die genetika nie die drywer is van evolusie nie, maar dat die genetika ’n uiters gesofistikeerde proses verteenwoordig wat geontwerp is eerder as deur ewekansige toevalligheid van darwinistiese evolusie tot stand gekom het. Daar is géén aanduiding van hóé die genetika deur evolusie tot stand kon kom, nie, ten spyte, natuurlik van daardie opgesmukte hipoteses waarvoor daar ook geen bewyse is nie – nie eers gerekenariseerd nie.

Groete,
Kobus de Klerk

 

  • 2

Kommentaar

  • Stephan Marcus

    Die frekwensie waarmee gene in 'n populasie voorkom verander met tyd na gelang van die uitwerking van natuurlike seleksie op die fenotipe (indien enige) wat daardeur veroosaak word. Hierdie is vir alle praktiese doeleindes die definisie van evolusie en ook 'n waargenome feit.

    Natuurlike seleksie kan natuurlik nie inwerk op die frekwensie van 'n geen as dit nie tot die vorming van 'n selektiewe fenotipe lei nie en dit is die klagte van, van jou aanhalings hierbo. Waarop werk seleksie in: gene of populasies? Persoonlik dink ek nie dit help om dogmaties in die geval te wees nie, dit gaan afhang van hoe nou die verband tussen geen en fenotipe is en presies wat die funksie van die geenproduk is. 

    Genetika of eerder molekulêre biologie gee aan ons die die bron van variasie: onder meer puntmutasies, duplisering van dele van die genoom, horisontale geen oordrag en die beste bewys vir die gemeenskaplike herkoms van lewe: die universele genetiese kode.

    En dan net kortliks oor die cytochroom c aanhaling: die aanname hier is dat 'n stuk nie koderende DNA spontaan soveel mutasies moet ondergaan dat dit verander in 'n funksionele geen. Dit is geensins hoe nuwe gene vorm nie. Organismes bou nuwe genetiese materiaal op deur onder andere verdubbelings van dele van die genoom en horisontale geen oordrag.  In die eerste geval het die organisme nou meer weergawes van 'n geen (of 'n paar gene of 'n deel van 'n geen) as wat dit van te vore gehad het. Dit is hierdie "ekstra" gene wat kan lei tot die ontwikkeling van nuwe eienskappe of tot die vele pseudogene wat in die genoom aangetref word.

  • Kobus de Klerk

    Dit is nie doenlik om die elementêre huidige werking van genetika vir my te verduidelik nie - dit op sigself is geen bewys dat darwinistiese evolusie die drywer daarvan is, nie.

    Daar is dus  net twee aspekte in jou argument wat uitgelig behoort te word, Stephan, en dit is dat jy aanneem dat dit die uitwerking van natuurlike seleksie is, wat verandering meebring, en nie 'n ander fenomeen, byvoorbeeld, genetiese ontwerp, nie (selfs die intra spesifieke seleksie proses, is so geontwerp).

    Die ander aspek is juis die universele genetiese kode, soos jy dit noem - en jou aanvaarding dat dit ook ontstaan het as gevolg van die darwinistiese evolusieproses. Daar is geen bewys voor dat dit uit 'n proses van darwinistiese evolusie ontstaan het, nie, en die "bewys" wat jy sal wil opper, is niks meer as 'n onbewysbare hipotese nie.  Dit kon ewe goed geontwerp wees - trouens, dit is ontwerp. Ek het 'n antieke bron, die Woord, waaruit ek die inferensie maak dat die stelsel geontwerp is terwyl jy geen sodanige bron het, nie, bloot 'n hedendaagse bevooroordeelde hipotese.

    Die probleem is daardie onbewese aannames ten gunste van 'n oop agent soos 'n beweerde darwinistiese tipe 'natuurlike seleksie' wat eenvoudig soos klei gemaak pas word waar jul dit wil laat werk. Ek sien weer doelbewuste ontwerp daarin, meer geldig, want die feite vandag ondersteun ons. Byvoorbeeld - enige poging om die geringste daarvan te probeer namaak of simuleer, verg ontsaglike insette van kollektiewe intelligensie en toerusting en is dit alreeds 'n advokaat teen die toevallige ontstaan daarvan.

    Vir jou om die fenomeen van  'natuurlike seleksie' te bewys, sal jy 'n onbewysbare hipotese moet inspan,  en kan jy eenvoudig nie die aanname maak dat dit  intelligensielose natuurlike seleksie is, nie. 

    Jy het niks om jou hipotese te bewys nie, nie eens meer huidige sisteme nie, maar gebruik jou hipotese om homself te probeer bewys, terwyl ek 'n antieke bron, die opgetekende Woord (Heilige Skrifte) het, wat meer as 3,400 jaar opgeskrywe is, spesifiek met verwysing na Genesis 1:11-12; 21-22; 24-25 en Genesis 2:7 en waarin daar opgeteken staan dat dit Goddelike Intelligensie is, wel in die taal- en kultuur idioom van antieke tye, Wie vir dit als verantwoordelik is en alles vandag dui daarop en bevestig die Intelligensie daarvan (van die onintelligente deel van jul hipotese bly daar vandag net mooi niks oor nie). Let byvoorbeeld op die verstommende biologiese gegewes in Genesis 1:2 en verder - die beskrywing van die "oersop", die beskrywing van die ontstaan van die aardse atmosfeer (hoe op deeske aardbodem moes die optekenaar, Moses, dit destyds weet sonder Goddelike openbaring? Wetenskap was basies en kru en biologie en natuurwetenskappe, nie-bestaande), die Goddelike orde wat gebring word, Goddelike Intelligensie en ontwerp wat aangewend word, en dit is wat die wetenskap vandag vir ons bevestig. My bron is 'n apart identifiseerbare objek, geskrywe sonder enige vooroordeel of voorkennis by die opskrywer (alle voorkennis daaraan verbonde is weens akkurate Goddelike inspirasie) aangaande die debatte daaromtrent wat vandag gevoer sou word. Jou hipotese is deur 'n man, Darwin, opgestel met die einddoel in gedagte, juis met die motief om die antieke bron, waarvan hy kennis had omdat hy daarin gestudeer het, maar nie wou aanvaar nie, te probeer weerlê.

    Groete,

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top