Gebrek aan identifiseerbare filogenese vanuit die fossielrekord, om daardie hipotetiese stamboom waarop die darwinistiese evolusie berus, te bevestig, is vir die darwinisme ’n verdere baie ernstige inherente aftakelingsmeganisme. Hierdie gebreke word weereens by wyse van hipoteses aangevul op ’n baie onwetenskaplike grondslag, sonder dat hierdie hipotese ooit tot bewysbare teorieë sou kon vorder. Tog is die aaneenskakelende wordingsgeskiedenis van organismes en spesies, die afstammingsontwikkeling wat die kontinuïteit aandui, essensieel vir die darwinistiese evolusieteorie om staande te bly. Maar, selfs en verál daar, is onoorkomelike probleme wat dié evolusieteorie tot in sy fondamente (wat óók nie bestaan nie, soos vroeër aangedui) laat tuimel.
“Everything we think we know about the causal relations of events in Deep Time has been invented by us after the fact. …To take a line of fossils and claim that they represent a lineage is not a scientific hypothesis that can be tested, but an assertion that carries the same validity as a bedtime story — amusing, perhaps even instructive, but not scientific.” –
Henry Gee, In Search of Deep Time, 1999, pp. 113,116-117;
“Horses should thus be connected to monkeys and apes, to whales and dolphins, rabbits, bears. …But such connections have not been found. Each mammalian order can be traced backward for about 60 million years and then, with only one exception the orders vanish without connections to anything at all. The exception is an order of small insect-eating mammal that has been traced backward more than 65 million years…” –
Fred Hoyle, Mathematics of Evolution, [1987], 1999, p.107;
“Well, we are now about 120 years after Darwin and the knowledge of the fossil record has been greatly expanded. We now have a quarter of a million fossil species but the situation hasn’t changed much. The record of evolution is still surprisingly jerky and, ironically, we have even fewer examples of evolutionary transition than we had in Darwin’s time. By this I mean that some of the classic cases of Darwinian change in the fossil record, such as the evolution of the horse in North America, have had to be discarded or modified as a result of more detailed information…” –
David M. Raup, “Conflicts Between Darwin and Paleontology,” Field Museum of Natural History Bulletin, vol. 50, 1979, p. 25.
“Fossil discoveries can muddle over attempts to construct simple evolutionary trees – fossils from key periods are often not intermediates, but rather hode podges of defining features of many different groups… Generally, it seems that major groups are not assembled in a simple linear or progressive manner – new features are often “cut and pasted” on different groups at different times.” –
Neil Shubin, Evolutionary Cut and Paste, Nature, vol. 349, 1998, p. 39.
“It is a mistake to believe that even one fossil species or fossil ‘group’ can be demonstrated to have been ancestral to another. The ancestor-descendant relationship may only be assumed to have existed in the absence of evidence indicating otherwise…The history of comparative biology teaches us that the search for ancestors is doomed to ultimate failure, thus, with respect to its principal objective, this search is an exercise in futility. Increased knowledge of suggested ‘ancestors’ usually shows them to be too specialized to have been direct ancestors of anything else … In contrast to what is usually stated, therefore, a more complete sample of the fossil record in itself would only complicate the problem of assessing the interrelationship of the fossil species.” –
Gareth V. Nelson, Origin and Diversification of Teleostean Fishes, Annals of the New York Academy of Sciences, 1971, pp. 22-23;
“The fossil record of evolutionary change within single evolutionary lineages is very poor. If evolution is true, species originate through changes of ancestral species: one might expect to be able to see this in the fossil record. In fact it can rarely be seen. In 1859 Darwin could not cite a single example.” –
Mark Ridley, The Problems of Evolution, 1985, p. 11;
“Two major reasons for the existence of so many divergent theories on the origin of the vertebrates are the significant difference in morphology between vertebrates and the invertebrate phyla and the complete lack of any intermediate forms in the fossil record.” –
Tracy I. Storer et al, General Zoology, 1979, p. 634;
“[T]here are no fossils leading to primitive chordates or linking them with the vertebrates to which they must have given rise. The latter showed up possessing such advances as a brain case, specialized sense organs, and calcified bones.” –
Robert Wesson, Beyond Natural Selection, 1993, p. 41
“The extreme rarity of transitional forms in the fossil record persists as the trade secret of paleontology. The evolutionary trees that adorn our textbooks have data only at the tips and nods of their branches; the rest is inference, however reasonable, not the evidence of fossils.” –
Stephen J. Gould, The Panda’s Thumb, 1980, p. 181”
Die ganse struktuur van darwinisme ineengetuimel. Dit is tyd dat dié valse leerstuk as primêre leerstuk van die ontstaan van lewe, onttroon word.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Hierdie is aangspreek deur te verwys na Ernst Mayr wat juis die fossielrekord bevestig na die einste Ernst Mayr aangehaal as 'n verwysing dat die fossielrekord faal as 'n rekord van evolusie.
Wat is die punt daarvan om willekeurig aanhalings ontneem van konteks of verduideliking neer te blerts? Natuurlik weet ons vandag meer as wat Darwin geweet het. Natuurlik gaan daar diegene wees wat nie met elemente van die teorie saamstem nie. Natuurlik gaan sommige van die nuwe idees opgeneem word in die mees algemene weergawe daarvan.
Sonder om eers te google kan ek sê dat Gould en Shubin net maar geen probleem met evolusie as verskynsel en die breë trekke van die teorie het nie. Shubin het in 2008 "Your Inner Fish: A Journey Into the 3.5-Billion-Year History of the Human Body" gepubliseer. Klink dit nou na iemand wat opgegee het op die idee van evolusie? Sy ontdekking Tiktaalik roseae is een van die duidelikste voorbeelde van 'n oorgangsfossiel (van visse na vierpotige landdiere) ooit.
Gould en sy medewerker Eldridge het die idee van "punctuated equilibrium" voorgestel om die oneweredige verspreiding van fossiele en die klaarblyklike oneweredige snelheid van evolusie wat hulle daaruit aflei, te verklaar. Geen van die twee het 'n probleem met miljarde jare, die gemeenskaplike herkoms van alle lewe, mutasie as bron van genetiese variasie, natuurlike seleksie ens. nie. Hulle kritiek is beperk tot die die idee dat evolusie min of meer glad verloop en dat nuwe spesies geleidelik uit oues ontwikkel.
Ek kan seker nou gaan en al die res van jou aanhalings gaan google en dit in konteks plaas en die werklike houding van die aangehaaldes hier weergee, maar ek dink b.g. voorbeelde behoort genoeg te wees om te toon dat kreasioniste se gebruik van aanhalings geensins 'n betroubare beeld van die teorie of die bedoeling van die aangehaaldes weergee nie.
Kobus,
Jammer vir julle, maar Gould gaan homself nie elders in sy boeke weerspreek nie - as ek Gould alleen sou aanhaal, kon julle dalk nog met die soort van argumente wegkom, maar dit is gepas in die lig van 'n swetterjoel soortgelyke, van andere, wat dit ondersteun. En dit spreek n feit aan. Om die feit met hipotetiese argumente te probeer omstoot, help juis nie. Daarom dat dit as 'n probleem aangemerk word deur algar.
En dit is 'n druppel in die emmer van wat beskikbaar is.
Niks wat julle sê, verbeter die posisie nie.
Om Gould se naam te repeteer, het geen effek nie. Hy staan nie alleen nie.
Darwinisme is 'n klug, en wetenskaplikes sukkel om dit te verwerk, selfs die wat weens akademiese politiek genoop voel om dit te "ondersteun".
Dit is tyd dat julle daardie perspektief onder die knie kry.
Kobus de Klerk
Stephan,
Dit is nie goed genoeg vir wetenskaplikes om "geen probleem met evolusie as verskynsel en die breë trekke van die teorie" te hê, nie. Wat jy eintlik sê, is dat evolusie soos Darwin dit voorgestel het, nie staande kon bly, nie, en besig is om van binne af, afgetakel te word.
Al wat van darwinisme oorgebly het, is juis wat jy dit noem - 'n "verskynsel" met religieus-filosofiese tipe hipotese wat rondom die "breë trekke van die teorie" gebou is. Vandaar Ruse en ander se openlike ommekeer - hulle het darem die integriteit daartoe, want hulle kan eenvoudig die leuen nie meer lewe sonder om dit bietjie vir bietjie te begin afsweer, nie. Nie meer lank nie en hulle is bekeer.
Feit is, klassieke darwinisme het reeds geval. Wat oorgeblky het, juis na die versameling van meer inligting en kennis, is blote religieuse filosofie, nie wetenskap nie.
Wetenskap, religie en filosofie, is nie bedmaats in die laboratorium nie, of hoe, Thomas, Angus? Wanneer trek hulle die wit jassie aan, en wanneer die swart toga? Dit is mos julle aanspraak.
Onthou, moet dit nie uit die oog verloor nie - hierdie hele gesprek het begin oor die onsinnige en onverantwoordelike aansprake wat Thomas en Angus met hulle grootmond gekletter oor die 'magtige' wetenskap waarvoor hulle alles bewyse het.
Hulle monde is gesnoer - hulle is as ketters van hulle eie religie uitgewys, en kletteraars wat sommer net kletter, veral Thomas. Arme Wouter hardloop soos 'n skoothondjie al agter hulle aan en kef steeds onophoudelik.
Dus, as julle erken dat darwinisme eerder 'n mengelmoes van wetenskaplike elemente en filosofie en (sekulêre) religie, is, dan is die gesprek nie meer nodig nie.
Julle is steeds mislei daardeur, maar die realiteite begin stadigaan insink.
Groete,
Kobus de Klerk
Waarom wil jy wetenskap aftrek tot jou religieuse vlak daar onder in die modder? Plas asseblief maar daar rond, ons stel nie belang nie.
Hello Stephen et al,
Niks wat jy mee spartel kan ongedaan maak wat Shubin, Ruse en talle ander van binne af ernstig kritiseer, soos aangehaal, nie, Wouter. Hulle kritiseer omdat hulle besorg is. Hulle is besorg omdat hulle nie meer gemaklik is met die situasie nie. Hulle is nie meer gamaklik nie, wat hulle wil wetenskaplikes wees, nie politici en valse religieuse praatjiesmakers, nie, en dit is die plek waar hulle sien, die darwinisme gaan eindig.
Jou juveniele pogings tot verdagmaking beklemtoon net jou onvermoë om die nodige verligting te bring - en almal sien dit.
Selfs Angus is ook ontsteld, en wil hê ek moet weggaan. Hy wil sy oë eerder vir die waarheid toedruk. Dit is net jy wat begriploos staan en kletter soos 'n tienerdogterjie - nes Cornelius elders.
Jy het so irrelevant geword. Is waar, Stephan staan soos 'n paal bokant julle uit, waar jy eers was, en nou is jy die slangvel op die vloer waaroor ander heen rondflenter. Plaas dat jy tog maar destyds gaan buite speel het saam met Corenlius...
Sterkte met jou pa - ek bedoel dit. Daardie soort van operasie is darem meestal baie suksesvol, maar dit is en bly 'n ingrypende prosedure.
Kobus de Klerk
Digresssie, digressie, wanvoorstelling, niks substantiefs nie, hou verby.
O, maar dit is nie ek wat verby moet hou nie, outjie, dit is mos jy - kyk na die opskrif en outeur hierbo - my naam, nie joue nie.
Het ek jou genooi om hier kommentaar te lewer? Jy doen dit uit eie beweging.
As jy, julle, werklik gemeen het dat wat ek hier plaas, geen murg had nie, het julle dit mos geïgnoreer - maar nee - julle dwing 'n patetiese spul insiglose snert uit - selfs Stephan se vineer is op pad uit (tja! dit was vinnig) ook hy het niks meer sinvol te skrywe nie (hy het darem probeer) en al wat hy nou nog mee vorendag kan kom is, "jy lieg" sonder om te sê, wys of demonstreer waar ek sou lieg - want hy kan eenvoudig nie. Nou daardie trant van snert.
Ek is al vir baie jare met julle soort besig. Ek ken julle. Nuwe name kom en gaan. Maar julle is algar dieselfde. Daar is wragtig die dunste lagie vineer, en dan is dit skellery, katterigheid, smetterigheid, beledigings, verwyte en watter ander snert ookal, maar geen substans nie.
Dit is omdat julle so leeg is van binne en swymel van selfdesepsie in die leuen wat julle lewe.
As julle niks kommentaar lewer nie, sal julle saak beter gedien word, want mense met verstand sal sê, maar wat is die agnostikus, die darwinis, se verduideliking op wat Kobus sê? En dan wonder of ek nie dalk iewers 'n fout maak nie (ja, so ongelooflik fabelagtig is julle evolusie storietjie).
Maar nou antwoord julle, en hulle sien, nee, Kobus is reg, dit is net 'n koor van leë gekletter, kinderagtigheid, kwelsugtigheid en ou mans wat wil vloere was, ensomeer. En die grootse fout wat julle toe kon maak, is om een van julle kwansuis ghoeroes se opinie te plaas, en ons vind toe uit hy kletter nog byna meer as julle.
So, ek benodig nie julle reaksies nie, baie bepaald nie, want my plasings is vir ander, die stil massa. Maar as julle dit wel gee, gebruik ek julle as 'n demonstrasie van onbeholpe insigloosheid weens vooroordeel en Goddeloosheid - en dan dien julle geredelik as afskrikmiddel teen Goddeloosheid.
Ek kan hier sit en julle vir die res van die naweek slegsê sonder om myself te herhaal... maar verstandige mense sien self hoe julle is, en dit is weersinwekkend. Ander soos julle, sien hulself in wat julle doen - Mens sou hoop dat hulle iets sou kon leer.
Kobus de Klerk