Beste Jan
Dankie vir jou response op my skrywes. Ek ondervind geen probleem met die inhoud daarvan nie. Ek wil jou net herinner dat jy wel met ‘n vorige geleentheid my bevraagteken het hoekom my Engels beter als my Afrikaans is. Ek het jou destyds reggehelp en gese jy verwar my met Cobus Fourie (toevallig ook gay, maar geen familie nie). Laasgenoemde ‘n gebore Afrikaner wat uitgesproke sy rug op die Afrikaanse taal gedraai het en uitsluitlik in hoogdrawende pedantiese Engels skrywe.
Ek is in murg en been Afrikaner (bevraagteken jy dit?). Ek is deur taalkundiges wat ek ken gesê my Afrikaans, taalkundig, gemiddeld is, nie te goed, maar ook nie te sleg nie. Sekere Afrikaners verwag van alle Afrikaners dat hulle taalkundig op dieselfde vlak als die minderheid taalkundige akademici moet verkeer. (In Engels word dit nit-picking genoem). Terloops die spelfoute waarna jy verwys, van hulle is moontlik as gevolg van die komper se automatiese regstellings wat ek nie opgetel het nie. Bv hierbo toe ek probleem getik het, het die komper dit na problem verander en ek moes teruggaan om ‘n e weer in te tik. Meerendeels word my briewe na middernag geskrywe, wanneer ek moeg van my ritte (die komper het laasgenoemde verander na rite) op die platteland huistoe kom.
Ek moet bieg. Ek sou eerder daarvan gehou het indien jy, of ondersteunend, of krities op die onderwerp inhoud van my briewe sou reageer het soos Kobus gedoen het. Vir ander lesers sou dit die geleentheid vergun om die een tot die ander op te weeg om sodanig sy eie gevolgtrekking te kan maak.
Jaco Fouché

