Die evolusieteorie sê ’n organisme ontwikkel geleidelik oor miljoene jare tot ’n ingewikkelder organisme. Die Bybelmense se nee, Adam was onmiddellik volwasse met tieties en al. Eva was ook onmiddellik volwasse met ook alles net nadat sy Adam se ribbebeen was.
Die Kreasionis gee nogal ’n geleerde naam daarvoor ook, nl. “irreducible complexity”. D.w.s. ’n man of vrou kan eers volledig funksioneer as hulle volwasse is, en ’n oog kan eers sien as dit al sy onderdele het. Behe se ic het hulle geheime wapen geword teen die sondige Darwinistiese teorie.
Die skepper van hierdie wonderlike teorie is ’n man met die naam van Michael Behe. So behep was hy met sy ontdekking, dat hy selfs ’n muisvalletjie gebou het waarmee hy dit gedemonstreer het. Sy muisvalletjie kon eers ’n muis vang as al vyf dele saamwerk. En iemand wat hierdie muisvalletjie-storie gesluk het, is toe niemand anders nie as ons Kreasionis hier op SêNet. Lees dit hier. Kobus het dit nogal mooi vertaal ook: onverminderbare kompleksiteite.
Verder, so behep was Michael Behe met sy muisvalletjie, dat hy dit gedemonstreer het in die Dover-hofsaak wat Kreasioniste teen die evolusieteorie gemaak het. Tot groot vermaak het mense muisvalletjies begin maak, en iemand het toe uiteindelik een gemaak wat net uit een deel bestaan. Kyk hier.
Ten spyte van al die gespot het Behe volgehou met sy irreduc.. ekskuus onverminderbare kompleksiteite en hardkoppig selfs ’n baster verhandeling geskryf daaroor. Lees hier.
Lekker lag
Groete
Angus


Kommentaar
Kobus stry nog steeds: Michael Behe se muisval het vyf dele gehad, nie vier soos jy sê nie.