Darwiniste se pogings om ontwerp van onverminderbare kompleksiteite te ontspoor

  • 2

Dit is heerlik om te sien hoe die darwiniste eenvoudige begrippe soos onverminderbare kompleksiteit in organe of sintuie probeer wegredeneer, met onrealistiese onwerkbare argumente – en uiteindelik net demonstreer hoe hulle nie die vermoë het om ’n werklike voorbeeld, selfs in die hipotetiese formaat, te vind om die konsep te demonstreer nie.

 

Maar kom ons loer eers na die werklikheid.

Die wetenskaplike Michael Behe het ’n eenvoudige maar uiters effektiewe alledaagse voorbeeld voorsien, as duider van hoe ’n onverminderbare kompleksiteit ál sy komponente benodig voordat dit as ’n bruikbare eenheid kan funksioneer, naamlik, die bekende muisvalletjie. ’n Eenvoudige muisvalletjie bestaan uit vier komponente en saam vorm dit ’n onverminderbare kompleksiteit. Neem enige een van die vier komponente weg en die muisval is gewoon nutteloos. Wat oorbly is dan maar net drie aparte entiteite wat geen gesamentlike nut het, nie en dus nie meer as komponente funksioneer nie. Dus, die muisval is geontwerp met sy vier onverminderbare komponente, om ’n funksionele eenheid te vorm. En dit is só geontwerp, omdat daar ’n behoefte ontstaan het waaraan voldoen moes word. Dus, eers die behoefte, dan die toerusting spesiaal geontwerp om aan die behoefte tye voorsien.

Só ook met die biologie. Daar is die oog (in al die verskillende vorme waarin dit voorkom, van insek tot mens), die vlerk, die immuunstelsel en nog vele meer – almal gesofistikeerde en uiters komplekse biologiese komposisies wat slegs effektief funksioneer as al die komponente op die regte plekke in plek is en individueel ook behoorlik funksioneer – elkeen van hierdie kompleksiteite is geontwerp spesifiek om aan ’n spesifieke behoefte te voorsien in ’n baie groter, meer komplekse geheel, dit is, die insek liggaam, diereliggaam, menslike liggaam, ens… Dus is daar die groter komposiet, ’n komposiet van asembenemende komplekse proporsies, die liggaam, waar al die kleiner onverminderbare kompleksiteite ’n baie bepaalde funksie moet vervul om binne die groot geheel aan die uiters komplekse behoeftes van die ontwerp van die groot geheel, die liggaam, te voldoen. Dus, die komponente van die liggaam is dus geontwerp om die algehele funksionaliteit van die liggaam te dien, ooreenkomstig die behoeftes daarvan. Daarom is en lyk elke soort in sy kompleksiteit anders – plante, seediere, insekte, landdiere, mense, só geontwerp, juis om optimaal in eie habitat en milieu te funksioneer.

Maar in ’n desperate poging om tog maar net by die ontwerpe van die Skepper te probeer verbykom, omdat hulle opsluit nié aan die Skepper wil glo nie, probeer die darwinistiese evolusioniste om deur hulle hipotese, te verduidelik dat alles ontstaan het uit die eenvoudigste van eenvoudige eensellige organisme, die protosoön en deur ’n proses van toevallige ewekansige seleksie en mutasies, sonder die aanwending van en tussenkoms van énige vorm van intelligensie, toevallig ontstaan het.

In ’n poging om te probeer aandui dat onverminderbare kompleksiteite nie geontwerp is nie, maar toevallig tot stand kom, beweer hulle:

“Only two basic steps (aldus H J Muller) are needed to gradually evolve an irreducibly complex system from a functioning precursor:

  1. Add a part.
  2. Make it necessary.

It’s that simple. After these two steps, removing the part will kill the function, yet the system was produced directly and gradually from a simpler, functional precursor. And this is exactly what Behe alleges is impossible.”

Die belaglike verwringing van werklikheid, van biologiese ekonomie, as voor die hand liggend. Biologies, net soos materiale ekonomie, stel vas dat daar éérs ’n behoefte geïdentifiseer word en dán volg die ontwerp van ’n metode of stelsel om aan die behoefte te voorsien – dit is logies – maar presies die teenoorgestelde as wat die darwiniste hipoteseer, so asof ’n ding kwansuis eers gemaak word en dán word die behoefte daaromheen geskep.

Die voorbeeld is die hipotetiese Mulleriaanse klip brug: drie geplatte klippe wat styf, of naby mekaar, langs mekaar lê en ’n brug met die geplatte kante daarvan, vorm – nou vorm ’n plat klip (slab) bo-oor en die middelste klip val weg, omdat die plat klip bo-oor die middelste onnodig maak, terwyl dit rus op die buitenste twee geplatte klippe en steeds ’n brug vorm.

Maar dit is só ’n swak argument – die drie-klip brug was alreeds volkome funksioneel as ’n brug. Die plat klip bo-oor is dus oorbodig want dit is steeds maar net ’n funksionele brug, maar lyk net anders. Trouens, die een klip is net vervang met ’n ander van gelyke funksionaliteit. Dit is ook ’n kwessie dat die een nodige komponent (plat klip of slab) die ander geplatte klip vervang – en dus is daar op geen stadium ’n gebrek aan ’n nodige komponente van dié onverminderbare kompleksiteit, nie, want die een vervang net die ander.

As sodanig, steun dit glad nie die darwinistiese argument van vermindering nie, maar juis die Behe argument dat die brug, nie meer funksioneel sal wees, as een van die komponente van die onverminderbare kompleksiteit wegval, nie.

Nêrens in die biologie is só ’n oorbodige spulletjie waar te neem nie, veral nie by die oog, vlerke van ’n voël, immuunsisteem, ens., nie.

Terloops – daardie “make it necessary” hipotese veronderstel natuurlik die aanwending van ’n doelbewuste, gerigte dadigheid om die behoefte, wat kwansuis nie bestaan nie, te skep – en dít alles spel uit in aanwending van aansienlike intelligensie – wat hulle juis probeer verhoed.

Darwinisme per se is ’n uiterste klug en oëverblindery – pure religieuse filosofie vir ’n fabel afgod genaamd “toeval”.

Groete,
Kobus de Klerk

  • 2

Kommentaar

  • Kobus, jare gelede toe ek begin skryf het op SêNet, was dit oor Michael Behe en sy muisvalletjie. Hoe hy daardeur die gramskap van die regter in die Doversaak hom op die hals gehaal het. 

     
    Om onvervangbare kompleksiteit te verduidelik, het hy sy berugte muisvalletjie gedemonstreer met vyf onvervangbare onderdele. As jy een deel weglaat, werk die muisval nie. Dit het toe die spot van die evolusionis, en skande van die kreasionis geword, want die volgende dag het iemand gekom met 'n werkende muisval met net twee dele, en om alles te kroon en onder groot gelag, kom iemand die dag daarna aan met 'n werkende muisval met net een deel.
     
    Michael Behe is bekend vir sy verdraaiing van die wetenskaplike feite, maar daar is een kreasionis, wat jy nog nie genoem het in al jou aanhalings nie. Miskien het jy nog nie van hom gehoor nie. Vir nog meer kreasionistiese verdraaide wetenskap moet jy Reverend  Jonathan Wells se Icons of Evolution  lees. Ou Boeta, daar is vir jou darem skietgoed teen evolusie wat skrik vir niks.
     
    Sover ek weet is Wells die enigste wat deur middel van eksperimente in die laboratorium wou bewys dat evolusie nie kon werk nie. Hoe ver hy met sy hope paddas gekom het, het ek nie gehoor nie. Miskien kan jy dit vir ons gogeloer.
  • Kobus de Klerk

    Nee, Angus, daar moet gekyk word na die muisval wat Behe daar gestel het - dit het vier dele. Ek sal nie verbaas wees, as julle sukkel om te tel, nie. Die kwessie is dat daardie muisval nie sal werk, as jy een van daardie dele wegneem, nie.

    Dalk was die regter ook 'n darwinis of is hy ook deur valse getuienis mislei.. Behe het nie te kenne gegee dat dit die enigste manier was, hoe 'n muisval gemaak kan word nie, maar hy het 'n belangrike punt gedemonstreer met die muisval wat hy daar had.

    Dit is nie moontlik vir 'n klassieke muisval om net uit een deel te bestaan nie - daar is die houtbasis, veer, klamp, stelpenntjie en die metaal hegstuk.

    Maar dit is met daardie soort van argument dat julle nêrens kom, nie - tydelike oëverblindery en dan is dit sulke tyd vir julle.

    Onthou tog, om nie muisvalle te probeer bemark as julle verveeld raak na aftrede, nie - julle sal in die moeilikheid kom oor julle voortdurend wanvoorstellings maak.

    En soos Ruse se latere getuienis duidelik demonstreer, sou die Dover saak nie die eerste wees waar 'n regter mislei is deur onwaarhede wat deur darwiniste verkondig word, nie - die McClean saak is nog 'n voorbeeld.

    En dan spog jy daaroor? Skaamteloos..

    Daa ris 'n gesegde - wie laaste lag, lag die lekkerste. Na amper twee eeue is dit ons beurt. En ons gaan nie ophou lag, nie -dit is maar net die begin.

    Terloops, wat 'n sinnelose kommentaar op 'n probleem wat jy moes aanspreek as jy kon.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top