Darwinisme se anti-entropie kaskenades

  • 3

Die fisika se tweede wet van termodinamika is ’n baie gevestigde en globaal aanvaarde natuurwet. Hiervolgens sal alle natuurlike sisteme wat aan hulself oorgelaat word in die elemente, dan neig na wanorde, dispersie en word gekorrupteer in direkte verhouding tot die tyd wat verbygaan, Dus, alles wat lewe of nie, gaan tot niet wat dit slyt weg en degenereer en vergaan eventueel. Daar is niks op aarde, wat nie hieraan onderworpe is, nie, maak nie saak hóé die mens spook om dit tee te werk, nie.

Die fisika is die wetenskapveld waar dié wet by wyse van wiskundige vergelykings en bewerkings uitgedruk word.

Dit staan ook as die wet van entropie bekend. Daarby verstaan ons die uiteindelike afbraak, onder die vermelde omstandighede, van alle materie en energie op aarde (sommige beweer, selfs in die heelal, maar dit is nie bewysbaar nie) tot by ’n toestand van inerte eenvormigheid, dit wil sê, ’n toestand van bitter min of eerder geen chemiese of energieke werking.

Hierdie natuurwet is van toepassing op beide geslote en oop sisteme.

Mense soos Albert Einstein en Arthur Eddington beskrywe dit, onderskeidelik, as "[the] premier law of all of science" en "[the] supreme metaphysical law of the entire universe." Dalk is Eddington bietjie opportunisties en oorentoesiasties met sy heelal-aanspraak, maar hy maak die punt hard en duidelik.

Maar nie die darwiniste nie. Vir húlle is dié eksakte natuurwet die objek van heerlike spekulasie en fabelagtige verbeeldingsvlugte (Thomas en veral Angus se spesialiteite) om gestalt te gee aan hulle religie:

“The Entropy Law says that evolution dissipates the overall available energy for life on this planet. Our concept of evolution is the exact opposite. We believe that evolution somehow magically creates greater overall value and order on earth” –

Jeremy Rifkin, Antropy: A New World View, Viking Press, New York, 1980, p. 55;

Ander van hulle, is meer gereserveerd en gaan versigtiger te werk en besef dat daar groot fout is met die breë trekke (soos Stephan dit sou stel) van darwinistiese evolusie:

“Yet, under ordinary conditions, no complex organic molecule can ever form spontaneously, but will rather disintegrate, in agreement with the second law. Indeed, the more complex it is, the more unstable it will be, and the more assured, sooner or later, its disintegration. Photosynthesis and all life processes, and even life itself, cannot yet be understood in terms of thermodynamics or any other exact science, despite the use of confused or deliberately confusing language”-

George P. Stravropoulos, "The Frontiers and Limits of Science," American Scientist, vol. 65, November-December 1977, p. 674.

“In the complex course of its evolution, life exhibits a remarkable contrast to the tendency expressed in the Second Law of Thermodynamics. Where the Second Law expresses an irreversible progression toward increased entropy and disorder, life evolves continually higher levels of order” –

J. H. Rush, The Dawn of Life, New York, Signet, 1962, p. 35.

“One problem biologists have faced is the apparent contradiction by evolution of the second law of thermodynamics. Systems should decay through time, giving less, not more, order” –
Roger Lewin, "A Downward Slope to Greater Diversity," Science, vol. 217, 24 September, 1982, p. 1239

Om dié dilemma te probeer oorkom, beweer sommige darwiniste dat die entropie wet slegs vir geslote sisteme geld. ’n Oop sisteem van termodinamika is waar materie en energie in en uit dei sisteem vloei, waar dit, byvoorbeeld, voortdurend aan sonligenergie blootgestel sou word en dat geordende, komplekse lewe uit wanordelike, eenvoudige en lewelose strukture kan vorm. Maar, dié hipotese is ooglopend onsinnig, onwetenskaplik en van meet af aan, gedoem:

“...there are no known violations of the second law of thermodynamics. Ordinarily the second law is stated for isolated systems, but the second law applies equally well to open systems. ...there is somehow associated with the field of far-from-equilibrium phenomena the notion that the second law of thermodynamics fails for such systems. It is important to make sure that this error does not perpetuate itself”–

John Ross, Chemical and Engineering News, 27 July, 1980, p. 40

Onder invloed van mense soos Prigogine, is die darwiniste oor die algemeen heel onbevoeg om te onderskei tussen geordende en georganiseerde sisteme. Die see sal ’n oop sisteem wees, met voortdurende vloei van energie weens die werking van branders en strome. Daarom kan daar geordende patroontjies op die seesand verskyn wanner die water terugtrek, wat nie daar was voor die water uitgestoot het en dit gevorm het, nie. Maar nooit as te nimmer sal dieselfde water, springgetye of sikloon, of wanneer ook al, ’n sandkasteel op die strand bou nie - die sandkasteel is ’n georganiseerde sisteem.

“’Organized’ systems are to be carefully distinguished from ’ordered’ systems. Neither kind of system is ’random,’ but whereas ordered systems are generated according to simple algorithms and therefore lack complexity, organized systems must be assembled element by element according to an external ’wiring diagram’ with a high information content ... Organization, then, is functional complexity and carries information”-

Jeffrey S. Wicken, "The Generation of Complexity in Evolution: A Thermodynamic and Information-Theoretical Discussion," Journal of Theoretical Biology, vol. 77, April 1979, p. 349

Self - organisasie van materie en dan nog boonop in weerwil van entropie, is ’n hersenskim. Dit is waar die evolusie in sy wese onklaar raak – daardie “verskynsel en die breë trekke van, die teorie”, soos Stephan dit graag noem.

Die ironie is dat daar op aarde géén voorbeeld is van anti-entropie nie – oop of geslote termodinamiese stelsels, ten spyt. Al wat daar weereens is, is net die wilde, wilde hipotese en fabelagtige spekulasie.

Maar dit is te verwagte. Darwinisme is nie wetenskap nie. Dit is religie en filosofie. Daarom, binne hulle uiters beknopte verwysingsraamwerk, is alles hul veroorloof, alles wat hulle wil, dit dis hulle vir mekaar aan tafel op, want dit is fabels en filosofie en geld net in hull eie realm waar werklikheid en feite slegs aangewend word om die mees fabelagtige mite ste bou – vir hulself, die Goddeloses..

Groete,
Kobus de Klerk

  • 3

Kommentaar

  • This is how much care God took in creating the Earth--He included an amazing diversity of fossils representing ancient humans and other creatures that never existed, just to keep us guessing. Oh, that wacky deity

  • Kobus, jy sê: "Die fisika se tweede wet van termodinamika is ’n baie gevestigde en globaal aanvaarde natuurwet. Hiervolgens sal alle natuurlike sisteme wat aan hulself oorgelaat word in die elemente, dan neig na wanorde, dispersie en word gekorrupteer in direkte verhouding tot die tyd wat verbygaan, Dus, alles wat lewe of nie, gaan tot niet wat dit slyt weg en degenereer en vergaan eventueel. Daar is niks op aarde, wat nie hieraan onderworpe is, nie, maak nie saak hóé die mens spook om dit tee te werk, nie."

     

    Nie waar nie.  Die tweede wet van termodinamika is: ds=dQ/T. Dit geld in alle sisteme. In eenvoudige taal: Geen proses is moontlik waarin die enigste gevolg die oorplasing van energie van 'n koeler na 'n warmer liggaam is nie.

     

    Kreasioniste het nie genoeg opleiding om te weet dat entropie en "wegslyting" nie dieselfde ding is nie. Die tweede wet van termodinamika gaan oor entropie. Verder, die maksimum entropie van 'n geslote sisteem van 'n vaste volume is konstant, maar die heelal word groter, die maksimum entropie neem altyd toe, wat veroorsaak dat meer orde gevorm kan word. In eenvoudige taal vir ons: ons vreet. Vir bome beteken dit: bome "vreet" sonlig, sprei hul sade, ontkiem en groei.Tot honderd meter hoog in sommige gevalle. Duidelik word boomsade nie weggeslyt of gaan tot niet  of degeneer of vergaan of wat ook al nie. Hulle groei!

     

     Sulke "wetenskapagtige" taalgebruik deur kreasioniste word net gedoen om voor te gee hulle weet iets. Intussen weet hulle absoluut niks.

     

    Hulle wil egter nooit iets sê van die eerste wet van termodinamika nie. Die een wat handel oor materie en energie wat nooit geskep kan word nie, maar slegs van een vorm na 'n ander kan oorgaan...

     

    Kleinkoos.

  • Kobus de Klerk

    Kleinkoos,

    Nou begin jy ook daardie kenmerkende arrogante insigloosheid demonstreer (op die gewone tong word dit sommer aanmatigende onnoselheid genoem).

    Waarom?

    Kyk gerus weer hierbo na die aanhaling van die Harvard professor, John Ross … ek weet nie wie jý is nie, maar jy is verseker ’n kekkelaar wat van jou eie opinie hou en dan blaas jy teen stormwind in met jou sinnelose kommentaar – pure desperasie.

    Kyk na jou boom – ’n oop sisteem. Maar, ’n besondere komplekse sisteem. Sonlig of te nie, daardie boom sál mettertyd vrek en fossileer (as iemand dit nie vir brandhout opkap nie). Ons sien dit ook gedurig in die jagveld en op staproetes in die bosveld daardie sekelbos wat elke dag heerlik in die son baai, maar gou-gou vrek dit en word dit die heerlikste braaihout vir vanaand se braai en koffie op die vuur - en natuurlik kewerkos. Neem jou komplekse 100 meter hoë boom – stroop nou die bas af en daardie reus val in ’n ommesientjie ’n paar hutte plat, want dit het gevrek - die heerlike oop sisteem vir sonlig benutting ten spyt. Laat die bas in plek en dieselfde gebeur, net oor langer verloop van tyd.

    Jy sien, sonlig energie of enige ander energie moet in ’n besondere geordende sisteem geharnas word om effektief lewensonderhoudend te wees, anders is dit straks destruktief. Soos om brandstof oor die motor uit te giet en te hoop die motor gaan ry as jy dit aan die brand steek… jy sal dit brandstof se energie moet harnas via die enjin wat spesifiek daarvoor ontwerp is. En al versorg jy jou motortjie hóé goed, dit sál mettertyd sy jis sien.

    En dit beteken dat álles uiteindelik afbreek tot stof, tot oorspronklike latente energie.

    Jou kommentaar oor wat in die “heelal” sou gebeur, is onhebbelik spekulatief en só ook almal anders wat daaroor spekuleer, hoe geleerd ook al – vir die eenvoudige rede dat niémand al in die heelal was nie, toetse daar kon verrig, proewe met monsters daar kon gaan doen, selfs net ‘daarheen’ gaan, nie, of selfs net weet wát presies die “heelal” sou behels en beslaan, nie… vir ons almal bestaan ’n fraks van dit wat in die “heelal” is, bloot uit spikkels van verskillende kleure op die rooilig verskuiwing register en absoluut niks meer, nie. Daardie spikkels, nes niksseggende stukkies beenfragment in die fossielrekord, word misbruik om daarmee die mees fantasties ene fabelagtige kosmiese konstrukte saam te flans met dieselfde nuttelose omhaal van fabelagtige (uiters onbewysbare) hipotese aan die lewe gehou sonder énige hoop om dit te bewys, nes julle vir julle darwinistiese filosofiese kaartehuis stukkies bene neem en hele diere en spesies daaromheen optower vir julle fabel. Moet dus nie jou spekulasie as feit voorhou nie, want dit is juis die ondergang van jou darwinistiese kaartehuis.

    Van die eerste wet op termodinamika moet jý egter heeltemal wegbly – dit is juis mos só dat die Woord sê dat God ewig is, geen begin en geen einde, maar dat God inderdaad die begin van alle dinge is … en God is juis die Bron van daardie energie waarvan jy praat en God is juis die Een Wie daardie energie deur Sy skeppingsproses sorgvuldig harnas en daarmee skep …

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top