Kom ons behandel ’n geval vanuit die diep-darwinistiese kamp – een van hul pogings om gefundeerde kritiek die hoof te bied met “wetenskap”.
"Our work demonstrates a fundamental error in the current challenges to Darwinism," said Thornton. "New techniques allowed us to see how ancient genes and their functions evolved hundreds of millions of years ago. We found that complexity evolved piecemeal through a process of Molecular Exploitation -- old genes, constrained by selection for entirely different functions, have been recruited by evolution to participate in new interactions and new functions … They [scientists] “resurrected” the ancestral receptor gene – which existed more than 450 million years ago, before the first animals with bones appeared on Earth – and characterized its molecular functions. The experiments showed that the receptor had the capacity to be activated by aldosterone long before the hormone actually evolved ... By recapitulating the evolution of the receptor’s DNA sequence, the scientists showed that only two mutations were required to evolve the receptor’s present-day functions in humans. –
Joe Thornton, assistant professor of biology at the University of Oregon’s Center for Ecology and Evolutionary Biology, and was published in the April 7 issue of Science."
Hierdie werk van Thornton laat darwiniste se tone krul… maat wat is eintlik daar aan die gang? Onthou – hulle wil demonstreer hoe ’n intelligensielose proses van ewekansige seleksie en mutasie ’n komplekse uiters ingewikkelde en gesofistikeerde sintuig of orgaan kan bewerkstellig, wat deur ander wetenskaplikes as ’n sogenaamde onverminderbare kompleksiteit beskryf word, soos byvoorbeeld die oog of die vlerk van ’n voël of die immuunsisteem, ens.
Die “new techniques” is ’n gesofistikeerde proses wat deur verloop van bykans twee eeue sedert Darwin (wat al die probleem van onverminderbare kompleksiteit ingesien het) met ’n gespook deur verskeie wetenskaplikes ontwikkel is – maar dit op sigself is ’n anomalie, omdat hulle sê die proses gebeur in die natuur deur toevallige seleksie en molekulêre eksploitasie oor verloop van baie tyd (het Darwin ook gesê). So, die intelligensie investering in die proses by die ontwikkeling van die “new techniques” ondersteun alreeds intelligente ontwerp en weerspreek toevallige ewekansigheid en toevallige voordelige mutasie.
Hulle beweer hulle bevind dat kompleksiteit oor verloop van tyd, deur middel van molekulêre eksploitasie stuksgewyse ontwikkel het. Hoe bevind hulle dit? Met die aanwending van die intelligente “techniques”. Dus hulle bevinding is ten beste die produk van intelligente en komplekse metodiek en tegniek, maar nié ’n tipe wat uit ’n onintelligente, toevallige proses van seleksie en mutasie sou kon ontstaan nie. Dit is eenvoudig, hulle het geweet wat die resultaat moet wees en het die tegniek só ontwikkel om dit te vergestalt.
Dan sê hulle “old genes” van meer as 450 miljoen jaar oud, is, wat deur toevallige seleksie vir heel ander funksies “genoop” of “begrens” (constrained) is, is kwansuis deur evolusie gewerf (recruited) tot deelname aan nuwe funksionaliteit en nuwe interaksies – waar op aarde is die bewys dáárvoor? Dit is weereens pure spekulasie, hipotese, pure aanname, om die proses te maak werk.
Dan sê hulle dat hulle ’n 450 miljoen jare oue voorouerlike reseptor-geen “opwek”, weer “in gebruik neem” en dan sy molekulêre funksies “inskrywe” (characterize). Wel, wel! Alles sommerso met die rekenaars – na wie weet hoeveel intelligente aanwending van kennis en wat meer als. En dan boonop, het hulle besluit wat die molekulêre funksies moet wees, op grond van ’n hipotese van wat hulle meen, dit dalk sou kón wees so 450 miljoen jaar gelede, om in te pas by die evolusieteorie.
En om als te kroon, beweer hulle hul het bewys dat, deur die beknopte rekapitulasie (herhaling) van die evolusie van die reseptor se DNS sekwensie, daar net twee mutasies nodig is om te evolueer tot die reseptor se hedendaagse menslike funksionaliteit. Hoe het hulle die evolusie van die reseptor se DNS sekwensie gerekapituleer ? Deur gebruik te maak van aannames oor en hipotese aangaande wat hulle meen, die “evolusie” daarvan sou moes behels om by die nodige resultaat uit te kom. Hulle het mos die eindproduk. Nou bou hulle ’n “toets” model om by die eindproduk uit te kom. Hulle sê ook nie hoeveel biljoene sekwensie permutasies daar was voor daar uiteindelik net kwansuis twee sou oorbly nie – want hulle het gewoon die model en die proses gemanipuleer.
Hulle kon eenvoudig nie die ware jakob gebruik nie, nè het een gemaak om hul model te pas.
Vir wie bluf hulle dus? Hulself – weer eens.
Toe Hitchens in ekstase sy rede lewer oor sy ewe verspotte hipotese oor die “blinde” grotbewonende salmander, om kwansuis die gelowige wetenskaplikes daarmee te probeer afskiet, toe druk einste veelbesproke Ann Coulter se aanmerking in haar ewe veelbesproke boek, Godless: The Church of Liberalism, ’n speld in sy ballon – “The interesting question is not: How did a primitive eye become a complex eye? The interesting question is: How did the ‘light-sensitive cells’ come to exist in the first place?” Almal weet hoe uiters gesofistikeerd en kompleks fotochemie is. Nie verniet dat sy hulle “darwiniacs” noem, nie.
Nou ja, hoe meer dae hoe meer dinge met die agnostici en hul religie, ateïstiese darwinisme.
Sowat van opportunisme, wensdenkery en oëverblindery. Dit is biologiese wetenskap nie – dit is filosofie van wat moontlik was.
Hulle het nie eens bewys dat die hormoon aldosteroon, wat hulle gebruik het, nie alreeds van meet af aan, bestaan het, nie. Hulle maak aannames, hipoteseer.
Die soort van ding, wys op die desperasie van die darwinis om sy kadawer regop te moet hou…
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Ag, ou Kobus, soos gewoonlik lees jy nie mooi nie. Lees weer: "Our work demonstrates a fundamental error in the current challenges to Darwinism," said Thornton. Slegs as jy disleksies is sal jy nie verstaan nie.
Presies, Angus, ek het dit net so verstaan – overgesetsynde, meen hy (die evolusionis), hulle werk wys ’n fundamentele gebrek uit in die kritiek teen darwinisme.
Ek gaan dan voort en wys uit hoe hy hom misgis met sy werk en hoe sy werk eintlik die kritiek teen darwinisme ondersteun, sónder dat hy (of jy) dit agterkom.
En só is dit alweer jý wat nie behoorlik lees wat ek skrywe nie. ek het nie ’n antagonis van darwinisme aangehaal nie, maar juis ’n stoere darwinis wat die onbewysbare probeer bewys het, maar gefaal het, op die basis wat ek in hoofsaak baie kortliks uitgewys het.
Dus, dit is seker dan jý wat met disleksie sukkel. Sovêr ek weet, help ’n bril nie eens daarvoor nie.
Kobus de Klerk