Darwiniste se taktiek sprekend van gebrek aan integriteit

  • 7

Aggressiewe pro-darwinisme leke soos Wouter maak die aanmerking dat gelowige en dolerende wetenskaplikes, soos Dr Jerry Bergman, nooit ’n boek gepubliseer sal kry, nie, of andersins onbekwaam, is – wat hulle nie byvoeg nie (tipies die oneerlikheid van die stroming) is dat daar ’n baie goeie rede bestaan waarom wetenskaplikes wat darwinisme weerspreek, nie hulle plek onder die son geniet, nie – en dit het niks te make met gebrekkige kennis of bekwaamheid, nie, maar álles met akademiese politiek te make.

Die einste Bergman was juis die slagoffer en het toe ’n studie gemaak van die tendens waar op akademies politiese gronde, teen kritici van darwinisme eenvoudig boelieagtig gediskrimineer word om hulle hul plek in die son te ontsê – obsessiewe kuberreisigers soos Wouter weet dit natuurlik maar verswyg dit en maak eerder asof Bergman onbekwaam is (een van die kenmerkende modi operandi van Wouter as bydraer wat hom so integriteitloos, irrelevant en onbetroubaar maak).

Die resultate van die studies het Bergman gepubliseer in ’n trilogie, genaamd Slaughter of the Dissidents (wys net hoeveel gevallestudies daar is). Hier is ’n insiggewende en breedvoerige resensie deur Wayne Spencer en dit is veelseggend, te veel om hier te herhaal, maar maak die punt duidelik.

Nou hoef mens nie te wonder, oor wat die rede vir sulke boefagtigheid in die wetenskap wêreld is, nie. Dit is omdat die darwiniste ’n kadawer aan die lewe wil hou en glad nie wil toelaat dat die leweloosheid daarvan oopgevlek word, nie. Dit is presies soos die ateïstiese kommunistiese regerings van ’n rukkie terug met pure geweld ’n dooie politieke sisteem lewend probeer forseer het – ten spyte van talentvolle, goeie en bekwame mense wat nie hulle plek in die son gegun word, nie.

Dit is skandelik. Ook natuurlik omdat bekwame en openlike eweknie evaluering die publieke opinie teen die subtiele bedrog van darwinisme as vals wetenskap sal oopvlek in ’n ommesientjie.
Maar wetenskaplikes met integriteit is nie aan die slaap nie.

Daar is deur Discovery Institute ’n meningsopname laat doen om vas te stel wat die publieke opinie is oor die aanbieding van kreasionistiese wetenskap as alternatief van darwinisme. Die resultaat gee juis vir ons die insig en bevestig die kwelsugtige rede waarom die darwiniste te alle koste die wetenskap podiums vry wil hou van gelowige wetenskaplikes – hulle sal dit nóóit maak andersins, in ’n milieu van vrye kompetisie nie (die Waarheid oorwin áltyd, self al neem dit twee eeue) – die resultate van die Zogby opname:

“Meanwhile, a Zogby Poll released today shows overwhelming public support--81 percent--for the position that "When public broadcasting networks discuss Darwin’s theory of evolution, they should present the scientific evidence for it, but also the scientific evidence against it." Only 10 percent support presenting "only the scientific evidence that supports" Darwin’s theory. (Less than 10 percent said "Neither" or "Not sure.")”

Dan is daardie groeiende lys van báie prominente wetenskaplikes wat hulle stem dik maak teenoor die boelies:

“Chemist and five time Nobel nominee, Henry "Fritz" Schaefer of the University of Georgia, commented on the need to encourage debate on Darwin’s theory of evolution. "Some defenders of Darwinism," says Schaefer, "embrace standards of evidence for evolution that as scientists they would never accept in other circumstances." Schaefer was on the roster of signers of the statement, termed "A Scientific Dissent on Darwinism." ”

“Among other things, the long list [Darwinism dissenters] may help to answer the contention of designated spokespeople for the series "Evolution" that "virtually all reputable scientists in the world" support Darwin’s theory. Institute officials charge that officials of WGBH/Clear Blue Sky Productions have used that contention to keep any scientific criticism of Darwinism from being acknowledged or examined in the eight-hour series. "They want people to think that the only criticism of Darwin’s theory today is from religious fundamentalists," said Discovery president Bruce Chapman. "They routinely try to stigmatize scientists who question Darwin as ’creationists’"… Despite repeated requests, the series’ producers refused to cover scientific objections to Darwinism. Instead, the producers offered only to let scientific dissenters go on camera to tell their "personal faith stories" in the last program of the series…”

Die onverwante en onverwagte dapper optrede van een van die darwinistiese stalperde, Michael Ruse, bevestig dat die skrif teen die muur is vir darwinisme. Die Ruse’e is maar die punt van ’n reuse ysberg wat intens wag vir bevryding, nes die onderdrukte volk wat uitbars wanneer die onderdrukkende regime val.

Darwiniste se juveniele en inhoudlose boelie- en slegsê taktiek, soos ons ook maar sonder uitsondering op hierdie forum onder hulle leke ondersteuners sien, is ’n kenmerkende optrede en gerig op verdoeseling van die grondige weerspreking deur selfopenbarende getuienis en feite.

Hul reaksie hierop is so voorspelbaar...

Die skrif is eindelik vir hulle aan die muur.

Groete,
Kobus de Klerk

  • 7

Kommentaar

  • Jy beweer die evolusie-teorie is teen die planke. Noem vir ons een gesaghebbende universiteit (nie ongekrediteerde bybelskole nie) in die hele wêreld waar die evolusie-model in die biologiese wetenskappe afgeskaf is en vervang is met kreasionisme.

     
    Ek wag in spanning.
     
    Thomas
     
  • Kobus 

    Asseblief, hou op om onwaarhede te verkondig. Hier is Dr Jerry Bergman se"kwalifikasies" :

    M.P.H., Northwest Ohio Consortium for Public Health (Medical College of Ohio, Toledo, Ohio; University of Toledo, Toledo, Ohio; Bowling Green State University, Bowling Green, Ohio), 2001.

    M.S. in biomedical science, Medical College of Ohio, Toledo, Ohio, 1999.

    Ph.D. in human biology, Columbia Pacific University, San Rafael, California, 1992.

    M.A. in social psychology, Bowling Green State University, Bowling Green, Ohio, 1986.

    Ph.D. in measurement and evaluation, minor in psychology, Wayne State University, Detroit, Michigan, 1976.

    M.Ed. in counseling and psychology, Wayne State University, Detroit, Michigan, 1971.

    B.S., Wayne State University, Detroit, Michigan, 1970. Major area of study was sociology, biology, and psychology.

    A.A. in Biology and Behavioral Science, Oakland Community College, Bloomfield Hills, Michigan, 1967.

    Hy het dus 'n regte doktersgraad in sielkunde, in meting en evaluasie.  Let daarop dat "Colombia Pacific University" 'n graadfabriek is wat nerens erken word nie. Sy "kwalifikasies" in biologie is dieselfde as die van 'n skoonmaker.

    Kleinkoos

     

  • Stephan Marcus

    Mens kan nie daarop aandring om gepubliseer te word in enige vaktydskrif as jy nie die reëls van navorsing en die studieveld nakom nie. In die natuurwetenskappe mag mens nie effekte toeskryf aan transendente oorsake of agente nie, want dit is onbestudeerbaar. Mens mag nie verklarings postuleer wat nie logiese sin maak of waarvoor jy geen bewyse het nie.

    Kreasioniste sukkel nie net on in natuurwetenskaplike joernale gepubliseer te word nie. Taalkundiges het ook geen tyd vir die "teorie" dat alle tale skielik in een plek (die toring van Babel) ontstaan het nie. Geen so 'n artikel sal ooit in 'n taalkundige joernaal geplaas word nie, want dit is heeltemal strydig met wat van taalontwikkeling bekend is.

    Hoe kan enige universiteit 'n kreasionis in 'n biologie, geologie, paleontologie, fisika of taalkunde departement aanstel as die persoon die grondleggendie beginsels van die studieveld verwerp? Hoe kan 'n mikrobiologiese navorser 'n nagraadse student inneem as hy weet dat die student nie glo dat nuwe genetiese inligting kan onstaan nie, en sy navorsingsveld is ontwikkeling van antibiotiese weerstandigheid?

    Daar word nie onregmatig teen kreasioniste gediskrimineer nie, hulle idees kan net nie in die natuurwetenskappe gebruik word nie.

  • Stephan Marcus

    Daar is 'n geweldige groot aantal teoloë wêreldwyd wat nie die letterlike lees van enige Bybelboek aanvaar nie. Die "fundamentele" beginsels soos Jesus se maagdelike geboorte, liggaamlike opstanding en stubstiteurende redding van die kruisdood is kontroversieël in die moderne kerk. Beteken dit dat elke evangelistiese (in die Amerikaanse sin van die woord) TV program voorafgegaan moet word met 'n verduideliking dat dit wat gepredik gaan word kontroversieël is?

    Wetenskap is wetenskap. Dit het reëls. As jy nie hou by die reëls nie doen jy nie wetenskap nie en hoort jou postulasies nie in 'n wetenskap program nie.

  • Kobus de Klerk

    Stephan en Kleinkoos, as julle dinge Gods verstaan het, was julle nie ’n agnostikus nie.

    Stephan, jy het elders ook die grootste klomp snert kwytgeraak oor God se Naam en oor Genesis se skeppingsverhale. Só kan julle onkundige- en veral insiglose kommentaar oor God en Sy Woord, julle wie-weet-hoe-lank besighou en dóén dit ook. Vir jou inligting, daar is biljoene Christene wêreldwyd wat juis aanvaar en glo dat Jesus Christus die HERE is en dat HY maagdelik gebore is en ook weet waarom dit nodig was, só. Daarom, as hulle dit nié van die preekstoel af hoor of oor die radio hoor nie, sal hulle ontsteld wees daaroor. Jy sal ook moet leer wat die verskil is tussen teoloog en gelowige. Sommige teoloë is ook gelowiges, maar dié twee begrippe is bepaald nie sinoniem nie.

    Dus, dié “moderne kerk” waarvan jy praat, is ’n versinsel of ’n kuierplek vir spirituele gestremdes, soos die kletskerk en Pienaar se plek, byvoorbeeld. Daarin stel die biljoene gelowiges glad nie belang nie – maar jý sal wel, want jy het nie die vaagste benul wat aangaan nie. So, jou aanmerking in daardie verband is nou vir jou in perspektief gestel. Hulle bedryf religieuse filosofie met tradisioneel religieuse konnotasies nes julle dit ook doen met agnostiese evolusionêre konnotasies.

    Dit is júlle “moderne kerk” waar julle mekaar sinneloos vermaak en in onkunde rondmaal tot vervelens toe, maar dit is ’n objek van bespotting vir die menige mense wie wéét Wie God, Jesus Christus, Opstanding, Redding en Kerk, Is en beteken.

    Daar is sóveel onkunde by jou te bespeur oor dié dinge. Omdat jy daarin onkundig wil wees. Omdat jy glo net wat jy wil glo en nie wat jy behoort te glo nie. En ek wonder of jy weet dat daar só ’n verskil óók is. En daardie onkunde strek deur tot by jou eie religie, soos ek agterkom.

    Kleinkoos,

    Ek merk by jou op, wat die begin van ’n innerlike histerie is… so ’n skril-stemmetjie uitbarsting. Jou bewering van my “onwaarhede”?! Watter onwaarhede? En dan trek jy los oor Bergman se string kwalifikasies (dankie vir die moeite – maar hoeveel kan jý nadoen?) So, jou amper histerie uitbarsting is só sprekend van jou eie deelname hier – dink jy mense sien dit nie raak nie?

    Maar julle reaksie is presies wat mens voor kon vra. Dit is juis die punt wat gemaak word – die ongenaakbare aggressie en onredelike leuenagtigheid – verál jý Kleinkoos, met jou absolute ongegronde kommentaar oor die akademiese instansies.

    Wat júlle dink, kinderagtig en juveniel soos dit is, is absoluut van geen belang nie, maar dit demonstreer ook dieselfde juveniele benadering by die akademici waaroor gekla word (Thomas isie dit nie in nie) – en dit is vir my baie handig.

    Verder is julle tjoepstil oor die resultaat van die Zogby opname en die talle gerekende akademici wat die protes skrif onderteken het. Ek sê mos al en ek sê dit weer – julle deelname en julle kommentaar hier en elders is julle grootse teëstander en julle eie ondergang. Ek gaan dit daar laat, want ek kan nog lank oor julle onbekwaamheid aangaan. Punt is, julle het jul doel gedien – julle het kom demonstreer met verwagte irrelevansie, venyn en aggressie presies wat my artikel aanspreek.

    En dit is vir almal om te sien.

    Kobus de Klerk

  • Hallo Kobus

    Die Zogby opname

    Ok, kom ons vra die spesialiste eerste.

    Hoeveel ton mynbare goud dink die  spesialiste op daardie goudvelde is oor?  Hoeveel ton mynbare goud dink die lukrake mense in Goodwood wat deelgeneem het in een of ander "Zogby deelname"is daar oor?

    Jy sien, wat die meeste mense dink is regtig nie belangrik nie. Dis die spesialiste op 'n onderwerp wat saakmaak.

    Dink jy nie spesiaiste wat werk op die goudneerslae in Wekom (daar's 'n groot klomp van hulle en hul werk word bestudeer en gecheck deur te myn) is beter as telefoon-opnames regoor die land of wereld nie? Dink jy nie dat geoloe wat daar werk beter sal weet oor myne as die gemiddelde mens Goodwood wat nog nooit 'n myn gesien het  nie? 

    Kleinkoos

  • Kobus de Klerk

    So, wat jy sê, Kleinkoos, skaamteloos arrogant soos dit is, is dat darwinisme en kreasionisme net vir spesialiste is? Mense mag nie daaroor leer nie? En hoe, dink jy, word mense spesialiste as hulle nie mag leer van 'n ding, nie? Die Zogby het juis daaroor gegaan dat 80% mense van beide wil weet en leer.

    Ek dink nie jy besef hoe onvolwasse jou opinies is nie, wat nog te sê die insiglose onkunde daarvan. Maar dit is kenmerkend van julle.

    En so het jy jouself natuurlik ook gediskwalifiseer, want uit jou bydraes hier, spartel jy maar woes en kom nie reg, nie.

    Ag, weet jy, jou opinies is skaamteloos niksseggend en onbenullig - wat  bodder jy?

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top