Die sosiale en morele verval van sekere Afrikaners

  • 1

Ooit die boek “Rags Of Glory” deur Stuart Cloete gelees? Indien nie vir diegene wat oor die tweede Engelse oorlog belangstellend is, sal ek, dit graag aanbeveel.

Daarin lees ‘n mens die gevolge van die oorlog op die Afrikanergesin, die uiteindelike sosiale verval ten gevolge, die verbrokkeling van die gesin, die verarming van die Afrikaner, maar nieteenstaande die verslonste klere (rags), bly die trotse hoogmoed (glory) om Boer te wil wees, ongeskonde.

Daarna het ons die Afrikaner-arm-blanke kwessie van die 1920’s, met soortgelyke gevolge op die Afrikaner. Vandag ondervind ons dit in die ANC wat die Afrikaner onbeskaamd probeer ekonomies verwurg.

Wat behels hierdie verval? Die geweldige psigiese druk op die broodwinner met selfmoorde; die vrou en kinders word ge-abandoneer; die vrou wat deeltyds hoer word om die gesin te voed, in die modern tyd, drank en dwelmmmisbruik om die sorge van die lewe te ontvlug; ens.; ten gevolge.

Toe ouboet Claudino’s Pizza winkel in Pretoriawes gehad het, vanaf die stoep kon jy die lewe voor jou sien verbygaan; die arm Afrikaner, weens die huidige rassisties-gebaseerde ekonomiese bestel, wat nie werk kan bekom nie. Skeeloog Anna met mooi lyf wat met rooi “gumboots” en wit minirok op en af paradeer om deur selfs Indiers opgetel te word. ‘n Getroude man en vrou. Die man die vrou se “pimp” wat oorkant die straat staan (eerder as om vergeefs vir werk te soek) om te sien wie sy vrou optel, en sodra die karige randjies verdien was, hand om die lyf saam pizzas kom koop.

Hier in Vanderbijlpark. Die hoe egskeidingsyfers. Die meerderheid doen nie eers meer die moeite om te trou nie, wetend dat die samesyn tussen man en vrou broos is. Die hoe syfer van buite-egtelike kinders, kinders wat grootword en nie eers weet wie hulle pa is nie! Kerke loop leeg. Sondae in die goeie tye was die parkeerterreine stampvol met die oorvlooi op sypaadjies geparkeer. Vandag lyk die handjievol motors in die lee parkeerterreine verlore. Kerkegebou word verkoop en in besigheidspersele omskep.

Hoekom hierdie neerslagtigheid aan my kant? Ek het gister ‘n jong ryloper net buite Parys opgetel wat Vereeniging toe wou uitkom. ‘n Pragkind. James Dean sou nie in sy skaduwee vir “looks” kon gestaan het nie. Ek hou vol. Die Afrikaner het van die mooiste jong mense ter wereld. Die lenige 22 jarige mannetjie was skoon en netkjies uitgevat, prag blou oe en donkerblonde krulle. In die gesprek ‘n dinamiese persoonlikheid agtergekom.

Ons verwissel vrae rakende ons lewens en nering. Die mannetjie het sy ontstaan as gevolg van ‘n plesierpomp, die sperm van ‘n vader wat hy nooit geken het nie, wat van geboorte af van sy ma weggeneem was en in pleegsorg vir die res van sy jong lewe geplaas, wat van die een gesin na die ander verwissel. Ek het nie uitgevra nie, maar ek het veralgemeen dat dit alleenlik sou
kon gebeur het indien hy ‘n moeilike seun was. Op die og af sou ek nie so kon gedink het nie. Maar die lewe het ‘n manier om homself te herhaal. Miskien was dit ook sy pa se geskiedenies, en weer op sy beurt sy pa se optrede uiteindelik opvolg.

Ek het hom uiteindelik naby sy tuiste by die Arconpark winkelkompleks afgelaai. Ek dink toe aan my eie lewe. Grootgeword in ‘n standvastige gesin, en met liefde omhels van ouers wat ek geken het en wat alles vir hulle kinders se welvaart opgeoffer het. Hierdie mannetjie het sknybaar nooit ouerlike liefde ondervind nie, en ek het toe gewonder of hy op sy beurt sal weet hoe om liefde vir sy toekomstige gesin te kan weergee.

Oor Afrikaans en die Afrikaner was hy heel duidelik hoogmoedig trots, ‘n Vrystaatse Suidlander ondersteuner (tot my persoonlike teleurstelling).

Jaco Fourie

 

 

 

 

 

  • 1

Kommentaar

  • Eers word my naam deur die moderateur na Jaco Fouche verander , nou word dit Andre Fourie.  Wat gaan aan!

     

    Jaco Fourie

    Verstrooidheid en baie materiaal gaan aan, Jaco. Soos ek in 'n privaatboodskap ook laat weet het: dis nie 'n verskoning nie, maar dis hopelik versagtende omstandighede. Jammer hieroor.

    Groete, Naomi Meyer, LitNet inhoudsbestuurder

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top