Darwiniste in perspektief

  • 13

Thomas lewer ’n politieke propagandistiese aanslag, maar glad nie wetenskaplik nie (omdat hy die aansprake wat hy oorwegend maak, nie kan bewys nie) in ’n desperate poging om die water gou genoeg uit hulle sinkende darwinistiese bootjie te probeer skep -

Geeneen van die stoere kampvegters van weleer is meer oortuigde darwiniste nie - die staatmaker, Prof Michael Ruse, wat redelik onlangs deur die darwinistiese kliek van sibbe as akademiese sluipmoordenaar afgevaardig is om die kreasioniste se werk kamstig eens en vir altyd die hoof te bied, het teruggekom vanaf sy vergadering met hulle, ’n gedeeltelik bekeerde man - soveel so dat hy op sy eie hofgetuienis van ’n dekade tevore, onder eed van waarheid destyds afgelê, teruggegaan het deur homself te korrigeer deur met die kreasioniste op die baie belangrike gebied saam te stem - dat darwinisme inderdaad nie so wetenskaplik is soos (oneerlik) voorgegee word, nie, maar inderdaad in die filosofie tuishoort weens die vermenging van wetenskaplike gegewens tussen ’n groot klomp onbewysbare hipotese en konjektuur van filosofiese aard en hy het nog boonop ’n pleidooi gelewer dat daar aan kreasionistiese standpunte oorweging geskenk word.

Die substansiële relevansie hiervan is Ruse se onverwagte pro-kritiese sienings saam met kreasioniste s’n, ook die meer subtiele trant van ander gerekende darwiniste weerspieël, die getuienisse waarvan ek in my reeks artikels geplaas het. Dit is artikels wat uitlatings van darwiniste, wat net nie meer kans sien om die leuen langer te leef, nie, bevat.

Niemand het gesê dat Gould, Ruse en Mayr en ander, skielik kreasioniste geword het, nie. Maar hulle is beslis nie meer oortuigde darwiniste (in die ou sin van die woord) nie.

Baie min werklike wetenskaplikes is nog oortuigde darwiniste. Hulle beskou die onbewysbare hipotese, die profesieë van Darwin, wat nie uitkom nie, as ’n uiterste frustrasie. Die indruk is dat hulle eerder meer daarvan hou as ’n soort religieuse filosofie en is besig om stadigaan uit die kas te kom daaroor. Ruse se opspraakwekkende getuienis en bekentenis daaroor in die tempel van darwinisme, is die bewys daarvan.

Angus en Thomas se oneerlik en opportunistiese aansprake hoort dus op die politieke podium, waar sulke ongesubstansieerde aansprake daagliks geredelik gedoen word om onkundiges, en fopbare mense mee te vang. In hulle geval is dit dan gewoon opportunisme en politiek, op ’n oneerlike manier, juis om die ernstige verleentheid wat die openbarings vir hulle persoonlik inhou, weens hulle onbeteuelde, opportunistiese hoon-aansprake hier in die verlede, te probeer verlig.

Maar mense wat kan dink en redeneer, en kan evalueer, en die insig het om dit te kan doen, soos byvoorbeeld kreasionistiese wetenskaplikes, word nie deur die talle ongesubstansieerde darwinistiese aansprake gefop nie en is besig om, veral die afgelope vyf jaar, met rasse skrede vordering te maak in die wetenskap wêreld.

Hoog tyd.

Hou in gedagte dat Darwin, terwyl die gebrek aan substansie vir sy vals religie, hom baie diep gepla het en hy dit onomwonde so te kenne gegee het, steeds valslik geprofeteer het dat die gebreke deur fossiel fondse opgeklaar sou word… wat in die daaropvolgende bykans twee eeue en feitlik miljoene fossiel fondse later, indien enigsins, die situasie vir Darwin se evolusie aansprake vererger het, eerder as opgelos, het.

Maar kom ons kyk bloot na die darwinistiese bybel wat deur Thomas voorgehou word –

“(Charles Darwin, The Origin of Species By Means of Natural Selection or the Preservation of the Favoured Races in the Struggle for Life, 1872)
p. 293

“Geology assuredly does not reveal any such finely-graduated organic chain; and this, perhaps, is the most obvious and serious objection which can be urged against the theory. The explanation lies, as I believe, in the extreme imperfection of the geological record.”
pp. 316-317

“To the question why we do not find rich fossiliferous deposits belonging to these assumed earliest periods prior to the Cambrian system, I can give no satisfactory answer … The case at present must remain inexplicable; and may be truly urged as a valid argument against the views here entertained.”
p.343.

“…and lastly, although each species must have passed through numerous transitional stages, it is probable that the periods, during which each underwent modification, though many and long as measured by years, have been short in comparison with the periods during which each remained in an unchanged condition. …He who rejects this view of the imperfection of the geological record, will rightly reject the whole theory. For he may ask in vain where are the numberless transitional links which must formerly have connected the closely allied or representative species, found in successive stages of the same great formation?”

Een van die darwinistiese swaargewigte, Niles Eldredge, sê die volgende in Time Frames: The Rethinking of Darwinian Evolution and the Theory of Punctuated Equilibria, Simon & Schuster: New York NY, 1985, pp.27-28.

“Darwin’s early scientific experience was primarily as a geologist … But his Chapter 9 (first edition) on the imperfections of the geological record is one long ad hoc, special-pleading argument designed to rationalize, to flat-out explain away, the differences between what he saw as logical predictions derived from his theory and the facts of the fossil record.”

Dit wil voorkom asof die leek darwinis (dié wat’s, soos diegene wat op hierdie forum poster, nie die nodige kennis en insig het om tot beter insigte te kom, nie) die hebbelikheid het om, in weerwil van feite tot die teendeel, blindelings voort te ploeter om darwinisme soos-is, te propageer, wat dan natuurlik deur en deur daarop dui dat hulle dit as (vals) religie en filosofie beoefen (waar bewyse dikwels oorbodig is) en dit uit absolute onkunde as ’n eksakte natuurwetenskap probeer voorhou.

Groete,
Kobus de Klerk

 

  • 13

Kommentaar

  • Jy raak nou afgesaag. Vind asseblief 'n ander teiken. Jou kennis van Darwin is verstommend swak.

  • Die Niles Elridge en Charles Darwin is weereens geneem van Genesis park, soos bevestig met die vorige ondersoek van die quote mining bevestig het. Indien die lesers sou gedink het dit sou afgeneem het, dan is duidelik dat dit nog nie die geval is nie, maar nou meer selektief gedoen, met minder aanhalings en meer kommentaar om die skyn te skep asof die boeke onder hand geneem is deur De Klerk. Die postering hier bo is verbatim geneem van Genesis Park van die volgende afdeling: 

     
     
    Darwin and the Fossils
     
    In reading Darwin’s classic work, Origin of Species, one is struck by the amount of what can only be describe as “whining” (particularly in the later edition) over the fossil record. One is pressed to find many references to the geologic record without the preface of “imperfect” attached. It were as if an archaeologist uncovered an ancient manuscript that was worn and battered by the years; and in presenting the critical insights gleaned from the antiquated treasure, the scholar’s primary focus was to communicate to the eager public how poorly the artifact was preserved. 
     
    Here is just a sampling:
     
    (Charles Darwin, The Origin of Species By Means of Natural Selection or the Preservation of the Favoured Races in the Struggle for Life, 1872)
     
    p. 293
     
    “Geology assuredly does not reveal any such finely-graduated organic chain; and this, perhaps, is the most obvious and serious objection which can be urged against the theory. The explanation lies, as I believe, in the extreme imperfection of the geological record.”
     
    p. 304
     
    “From the several considerations, it cannot be doubted that the geological record, viewed as a whole, is extremely imperfect; but if we confine our attention to any one formation, it becomes much more difficult to understand why we do to therein find closely graduated varieties between the allied species which lived at its commencement and at its close.”
     
    p. 311
     
    “But we continually overrate the perfection of the geological record, and falsely infer, because certain genera or families have not been found beneath a certain stage, that they did not exist before that stage.”pp. 316-
     
    317
     
    “To the question why we do not find rich fossiliferous deposits belonging to these assumed earliest periods prior to the Cambrian system, I can give no satisfactory answer. …Nevertheless, the difficulty of assigning any good reason for the absence of vast piles of strata rich in fossils beneath the Cambrian is very great… 
     
    The case at present must remain inexplicable; and may be truly urged as a valid argument against the views here entertained.
     
    ”p.343.“
     
    …and lastly, although each species must have passed through numerous transitional stages, it is probable that the periods, during which each underwent modification, though many and long as measured by years, have been short in comparison with the periods during which each remained in an unchanged condition. …
     
    He who rejects this view of the imperfection of the geological record, will rightly reject the whole theory. For he may ask in vain where are the numberless transitional links which must formerly have connected the closely allied or representative species, found in successive stages of the same great formation?”
     
    pp. 440-441
     
    “I have felt these difficulties far too heavily during many years to doubt their weight. But it deserves especial notice that the more important objections relate to questions on which we are confessedly ignorant…how imperfect is the geologic record.”pp. 
     
    439-440
     
    “I can answer these questions and objections only on the supposition that the geological record is far more imperfect than most geologists believe…That the geologic record is imperfect all will admit; but that it is imperfect to the degree required by our theory, few will be inclined to admit.”Sage words these last ones…and prophetic. But Darwin comes off poorly. 
     
    As Dawkins says, “The paradox has often been noted that the first edition of The Origin of Species makes a better case than the sixth. This is because Darwin felt obliged, in his later editions, to respond to contemporary criticisms…” (Richard Dawkins, The Blind Watchmaker, 1986, p. xvi.) 
     
    He could only hope that someday the missing pieces would be found, and in the meantime he offered a plethora of excuses to explain away the troublesome features of the geologic record.
     
    “Darwin’s early scientific experience was primarily as a geologist, and much of what he had to say about the nature of the fossil record (summarized in the passage quoted above) was an accurate and insightful early contribution to our understanding of the vagaries of deposition and the preservation of fossils. But his Chapter 9 (first edition) on the imperfections of the geological record is one long ad hoc, special-pleading argument designed to rationalize, to flat-out explain away, the differences between what he saw as logical predictions derived from his theory and the facts of the fossil record.” 
     
    (Eldredge, Niles [Chairman and Curator of Invertebrates, American Museum of Natural History], “Time Frames: The Rethinking of Darwinian Evolution and the Theory of Punctuated Equilibria”, Simon & Schuster: New York NY, 1985, pp.27-28.)
     
    Die totale omvang van De Klerk se behandeling van biologie, evolusie en die rol van Darwin was volkome gebaseer op eindelose quote mining wat by die dosyne hier geplaas is. 
     
    Vergelyk dit met Angus, Thomas en myself wat werklike volledige tekste onder hande gehad het en daaruit put en so ook van Stephen Marcus wat met werklike insigvolle artikels gekom het en Johan Wiese wat 'n daadwerklike terkortkoming van De Klerk uitwys. 
     
    Die omvang van biologie, evolusie en Darwin se plek daarin is nie bekend aan De Klerk deur middel van direkte omgang van De Klerk met die nodige tekste nie, maar slegs wat deur die deelnemers hier gebied word, waar hy kan uitpik waarop hy wil kommentaar lewer. 
     
    Nie werklik ondersoekend nie, maar 'n digressie op 'n digressie. 
     
    Voorbeelde sal wees, Behe en die "irreducable complexity", niks oor die oorsprong daarvan, die werklike betekenis daarvan, maar slegs bolangse digressie op die "mousetrap" voorbeeld. 
     
    Ook so met Ruse, vanaf Ruse is beide Gould en Mayr, groepeer onder "hulle" wat "Darwanisme" nou as 'n religie met filosofiese onderbou sien. 
     
    Die Mayr gebaseer op slegs twee aanhalings wat die rondte hier gedoen het. 
     
    Die Gould op ongeveer drie aanhalings wat die rondte hier gedoen het. 
     
    Dit is die omvang van De Klerk se omgang met biologie, evolusie en Darwin se plek daaraan. 
     
    Die gemyn vir aanhalings en die inligting wat die deelnemers hier geplaas het. 
     
    Die filosofie van wetenskap, Ruse, beteken nie wat De Klerk dink dit beteken nie, naamlik wetenskap is slegs 'n filosofie, maar is egter 'n ondersoek na die metodiek van wetenskap en is 'n aanvaarbare studieveld. 
     
    Daar is nog geen plasing daaroor wat uitbrei op Ruse se argumente nie uit De Klerk se hand nie. 
     
    So ook met die Freud en die Sokrates. 
     
    Die sal ook nie gou kom nie. 
     
    Parafrasering uit Wikipedia kan gou identifiseer word, nou dat almal weet waar De Klerk gaan plunder. 
     
    Genesispark en Wikipedia. 
     
    Hou daardie parafraserings goed dop. 
     
     
  • Hello, 
     
    Die oplossing vir De Klerk met sy obsessie oor die sogenaamde gebrek aan fossiele, selfs na die bespreking van Cambrian-explosion en Tiktaalik, sal die volgende deur Niles Eldredge hopelik die truuk doen. 
     
    Die vereenvoudige weergawe van dit wat De Klerk so 'n kopseer gee: 
     
    The Fossil Factory: A Kid's Guide to Digging Up Dinosaurs, Exploring Evolution, and Finding Fossils. 
     
    It's hard to imagine a more comprehensive or entertaining guide for budding paleontologists. More than 50 brief chapters are filled with intriguing historical information and practical hints (occasional punning chapter titles will no doubt provoke chuckles from children, such as "Pure Shellfishness" and "A Sedimental Journey"). Sidebars accompany many chapters, offering such tidbits as "every living thing--even you--is a little bit radioactive." All dinosaur names, as well as more technical words, are accompanied by concise explanations. The line illustrations present a wealth of paleontological lore in winning fashion. Eldredge have "unearthed" a winner. Ages 7-12.
     
    "n Goeie inleiding vir De Klerk van die einste Eldredge..... 
  • Stephan Marcus

    So, what does our history tell us? Three things. First, if the claim is that all contemporary evolutionism is merely an excuse to promote moral and societal norms, this is simply false. Today's professional evolutionism is no more a secular religion than is industrial chemistry. Second, there is indeed a thriving area of more popular evolutionism, where evolution is used to underpin claims about the nature of the universe, the meaning of it all for us humans, and the way we should behave. I am not saying that this area is all bad or that it should be stamped out. I am all in favor of saving the rainforests. I am saying that this popular evolutionism—often an alternative to religion—exists. Third, we who cherish science should be careful to distinguish when we are doing science and when we are extrapolating from it, particularly when we are teaching our students. If it is science that is to be taught, then teach science and nothing more. Leave the other discussions for a more appropriate time.

    Uit:

    Is Evolution a Secular Religion?

    Michael Ruse

    Science 7 March 2003: 299 (5612), 1523-1524. [DOI:10.1126/science.1082968]

    Beklemtoning bygevoeg.

  •  @Kobus: "Baie min werklike wetenskaplikes is nog oortuigde darwiniste."

    Ons het intussen meer as 150 jaar se bewyse bygekry. Dis hoekom wetenskaplikes wat evolusie bestudeer hulself "evolusionêre bioloë" noem. Die enigste mense wat mense wat die Teorie van Evolusie aanvaar nog "Darwiniste" noem, is kreasioniste. En. ongelukkig vir jou, aanvaar die oorweldigende meerderheid speasialiste in daardie gebied, die Teorie van Evolusie. Meer as 99.99 persent.  Kreasioniste is lank agter die res van die wêreld.

     

    Vanaf Wiki: " The modern evolutionary synthesis is a union of ideas from several biological specialties which provides a widely accepted account of evolution. It is also referred to as the new synthesis, the modern synthesis, the evolutionary synthesis, millennium synthesis and the neo-Darwinian synthesis."

     

    @Kobus: " Hulle beskou die onbewysbare hipotese,...."

     

    Gelukkig word geen hipotese nooit bewys nie. Kyk byvoorbeeld na wat die die "atoom hipotese" was. Nog nooit bewys nie, maar ons het kragsentrales wat op hierdie "hipotese" werk! Hipoteses word egter as teorieë aanvaar deur mense wat weet wat hulle doen nadat daar absoluut geen bewysstukke gevind word wat daardie hipoteses as verkeerd bewys nie. Soos met die atoomteorie en die evolusie-teorie en die selteorie en die plaatektoniekteorie.

     

    @Kobus: " die profesieë van Darwin, wat nie uitkom nie, as ’n uiterste frustrasie. "

     

     Ongelukkig vir jou, het ons vreeslik baie bewyse gekry dat hy sy voorspellings oor wat ons behoort te kry, is gekry. Ons het intussen byvoorbeeld, baie oorgangsfossiele gekry. En ook baie fossiele van voor die Kambriese periode. Mense wat dit ignoreer verander nie die werklikheid nie.

     

    @Kobus:" Die indruk is dat hulle eerder meer daarvan hou as ’n soort religieuse filosofie en is besig om stadigaan uit die kas te kom daaroor. Ruse se opspraakwekkende getuienis en bekentenis daaroor in die tempel van darwinisme, is die bewys daarvan."

     Wat, jy noem een filosoof belangrik? Ek hoop jy weet dat dat meer as een filosoof in die wêreld is? Miljoene van hulle, om presies te wees. hoekom haal jy net een van hulle aan? Hoeveel van die ander weerspreek jou bron?
     

  • Kobus wat uit "Origin of Species" aanhaal:

     

    @Kobus: “To the question why we do not find rich fossiliferous deposits belonging to these assumed earliest periods prior to the Cambrian system, I can give no satisfactory answer … The case at present must remain inexplicable; and may be truly urged as a valid argument against the views here entertained.” p.343.:

     

    Gelukkig meer as 150 jaar later het ons baie fossielryke afsettings gekry van gesteentes voor die Kambriese periode. Die Barberton Groensteengordel, as voorbeeld. Lees oor "fossiliferous deposits" waarvan Darwin nie kon weet nie, maar die voorkoms van sulke gesteentes voorspel het. 

     

    Lees bietjie die basiese: http://en.wikipedia.org/wiki/Archean_life_in_the_Barberton_Greenstone_Belt

     

    Kobus, weet jy daarvan?

     

    Kleinkoos

  • Nog een van Kobus se "quote mines":

    Kobus se kwotering van Darwin:

    “…and lastly, although each species must have passed through numerous transitional stages, it is probable that the periods, during which each underwent modification, though many and long as measured by years, have been short in comparison with the periods during which each remained in an unchanged condition. …He who rejects this view of the imperfection of the geological record, will rightly reject the whole theory. For he may ask in vain where are the numberless transitional links which must formerly have connected the closely allied or representative species, found in successive stages of the same great formation?”

    Presies wat ons sien in die fossiele! Dis seker een van Darwin se grootste oorwinnings. Hy het "punctuated equilibrium" voorspel.  Gould en Eldridge het dit eers baie, baie jare later beskryf in die fossiele.

    Darwin was regtig ongelooflik slim!

    Kleinkoos

  • Kobus de Klerk

    Dankie Wouter! Jy en Angus maak my taak soveel ligter - Angus plaas selfs Michael Behe se werke - en Behe is baie gesaghebbend. Julle sal nog van hom studeer ook....

  • Kobus de Klerk

    Kleinkoos,

    Ek sien jy en Wouter slaan Wikipedia voos. Wikipedia is nie een van my bronne nie.

    Die Kambriese ontploffing het Darwin nie van geweet nie, nee, want as hy het, het hy nooit Origins en daaropvolgende filosofieë uitgegee nie.

    Jy sien, dit strook glad nie met Darwin se kontinuum teorie van graduele ontwikkeling van een spesie na 'n ander, soos die vertakking van 'n boom, nie. Die Kambriese ontploffing is vir Darwin se stamboom 'n ernstige probleem - dit is soos 'n uitbarsting van stingels en blare, sonder takke en stam... daardie absolute nie-bestaande maar noodsaaklike filogenese stamboom patroon.

    “For most of the nearly 4 billion years that life has existed on Earth, evolution produced little beyond bacteria, plankton, and multi-celled algae. But beginning about 600 million years ago in the Precambrian, the fossil record speaks of more rapid change. First, there was the rise and fall of mysterious creatures of the Ediacaran fauna, named for the fossil site in Australia where they were first discovered. Some of these animals may have belonged to groups that survive today, but others don't seem at all related to animals we know. Then, between about 570 and 530 million years ago, another burst of diversification occurred, with the eventual appearance of the lineages of almost all animals living today. This stunning and unique evolutionary flowering is termed the "Cambrian explosion," taking the name of the geological age in whose early part it occurred. But it was not as rapid as an explosion: the changes seems to have happened in a range of about 30 million years, and some stages took 5 to 10 million years.” - 2001 WGBH Educational Foundation and Clear Blue Sky Productions, Inc.

    The functional design of organisms and their features would therefore seem to argue for the existence of a designer. It was Darwin’s greatest accomplishment to show that the directive organization of living beings can be explained as the result of a natural process, natural selection, without any need to resort to a Creator or other external agent. ....[Darwin’s] mechanism, natural selection, excluded God as the explanation accounting for the obvious design of organisms.” - Francisco Ayala, 1994 president of the American Association for the Advancement of Science, “Darwin’s Revolution,” in Creative Evolution?!, eds. J. Campbell and J. Schopf (Boston, Mass.: Jones and Bartlett Publishers, 1994), pp. 4-5.

    “The term Cambrian Explosion describes the geologically sudden appearance of multi-cellular animals in the fossil record during the Cambrian period of geologic time. By the close of this event, as many as forty-one separate phyla first made their appearance on earth. Phyla constitute the highest biological categories or taxa in the animal kingdom, with each phylum exhibiting a unique architecture, blueprint or structural body plan … The fossils of the Cambrian explosion exhibit several distinctive features. First, as the name implies, the fossils of the Cambrian explosion appear suddenly or abruptly within a very brief period of geologic time. As recently as 1992, paleontologists thought the Cambrian period began 570 million years ago (mya) and ended 510 mya … These studies also showed that Cambrian explosion occurred within aan exceedingly narrow window of geologic time, lasting no more than 5 million years. Geologically speaking, 5 million years represents an extremely small fraction of the Earth’s history. As Chinese paleontologist Chen Junyuan has explained, “compared with the 3-plus-billion-year history of life on earth, the period [of the explosion] can be likened to one minute in 24 hours of one day ... Second, the Cambrian explosion exhibits an extraordinary morphological breadth, and completeness at the phyletic level. Cambrian rocks display at least two-thirds of the basic body plans or architectural designs of the animal kingdom … As Valentine, Jablonski and Erwin note, “All living phyla may have originated by the end of the [Cambrian] explosion … A third feature of the Cambrian explosion (as well as the subsequent fossil record) bears mentioning. The major body plans that arise in the Cambrian period exhibit considerable morphological isolation from one another (or “disparity”) and then subsequent “stasis.” Though all Cambrian and subsequent animals fall clearly within one of a limited number of basic body plans,15 each of these body plans exhibit clear morphological differences (and, thus, disparity) from the others. The animal body plans (as represented in the fossil record) do not grade imperceptibly one into another, either at a given time or over the course of geological history. Instead, the body plans of the animals characterizing the separate phyla maintain their morphological isolation or disparity from all the other types of animals. They also exhibit a remarkable stability or “stasis” during their time on earth. After the major body plans arise in the Cambrian period they maintain their characteristics without any evidence of incremental alteration. This morphological stasis or “lack of directional change” has characterized each of the animal body plans corresponding to the separate phyla since the Cambrian period.”

    En só gaan dit eenvoudig aan.

    Dit is deur en deur bewys van beplanning en intelligente ontwerp en skepping – daar is nie sprake van die stamboom wat Darwin geprofeteer het, nie.

    Maar, waarom sou mens dink dat julle dit sou kon begryp?

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Ag nee, wat, Kleinkoos.

    Ek verbaas my dat jy nie die insig openbaar om te verstaan wat jy self aanhaal, nie –

    “… although each species must have passed through numerous transitional stages …” en dan volg die res waar hy sê dat die “stages” nie almal lank hoef te wees nie, maar van wisselende lengtes kan wees, maar dit is steeds “each species” wat deur “numerous transitional stages”, langer of korter, sal móét gaan en dié “numerous transitional stages” beteken van een spesie “transition” na ’n ánder spesie.

    MAAR die fossielrekord dui die teendeel aan - “each species” gaan nié deur “numerous transitional stages” nie – juis NIE, en dít is wat ‘stasis’ beteken. ’n Spesie ontstaan en vergaan, sónder om oor te gaan in ’n nuwe, ander spesie. Die ganse darwinisme is hiervan afhanklik MAAR dit gebeur net eenvoudig nié!

    Eenvoudige vraag – hoe kan jy in darwinisme glo, wat transisionele verandering as sentrale tema van ontwikkeling het, terwyl die fossielrekord, ‘stasis’, of onoorganklike onveranderlikheid, uitbasuin?

    Darwin het dit juis nié voorsien, nie. Die teendeel is waar – jou opmerking is die soort van ongefundeerde opportunisme wat die bootjie vir julle al te vinnig laat sink.

    Nou ja, Stephen J Gould het dit ingesien en iets daaraan probeer doen, en nié Darwin soos jy beweer, nie.

    Die Kambriese fossiel fondse het darwinisme in sy essensie totaal verongeluk. Geen voorouer spesies nie, net skielik en masse ontstaan.

    Dit het gewoon in die kreasioniste se skoot geval – die bewys vir spesiale skepping, Intelligente skepping.

    Maar verbete anti-kreasionis soos wat Stephen J Gould was, wou hy die kreasioniste nie daarmee laat wegkom nie – hy het besef darwinisme en ál die agnostici se gemaksones, hulle hele bestaanswêreld, staan op die punt van vernietiging.

    Die “punctuated equilibrium” is eintlik Gould (’n marxis) se babatjie en Niles Eldredge was die vroedvrou (ekskuus Wouter…), wat die idee van darwinisme moes bewaar – maar in nuwe formaat. Só draai hul eintlik hul rug op tradisionele darwinisme en hy en Eldredge slaan ’n nuwe rigting in.

    Hy wat Gould was, was mos eintlik die een wat sy frustrasie met Darwin se vals profesieë oor die te ontdekte fossiele wat die skakels sou voorsien, nie meer kon hou nie en het reguit gesê het dat die fossielrekord Darwin se vals profesieë nie gestand doen of kán doen, kragtens die graduale patroon van transisie wat essensieel vir darwinisme is, nie (kyk nou maar met nuwe oë na my aanhalings van hom en Eldredge – hulle is die eerste wat gesê het “stasis is data” toe hulle sibbe dit nog geïgnoreer het as “non-data”), weens die konstante en voorspelbare leemtes in die fossielrekord – veral ook na aanleiding van die Kambriese ontploffing fiasko (vir darwinisme) – en toe sommer sy nuwe idee, sy nuwe hipotese, gebou het om die begrip “punctuated equilibrium” – en daarmee sy eie essensiële evolusieleer die wêreld ingestuur en daarmee saam, sommer ook religieuse filosofie om te probeer verklaar wat God en religie is  - kyk maar elders Wouter, Angus en Chris se gestotter daaroor, dan sal jy sien hulle  papegaai Gould ook dáároor.

    Maar tog:

    ‘darwinian extrapolation cannot fully explain large-scale change in the history of life.’ - Gould, S. J. and Eldredge, N., 1993. Punctuated equilibrium comes of age. Nature, p.224

    But what does explain large-scale change? They once again claim ‘that punctuated equilibrium was never meant as a saltational theory’. – p.226

    They offer no suggestion of a biological basis for large-scale change. Indeed, ‘continuing unhappiness, justified this time, focuses upon claims that speciation causes significant morphological change, for no validation of such has emerged’ and ‘Moreover, reasonable arguments for potential change throughout the history of lineages have been advanced, although the empirics of stasis throws the efficacy of such processes into doubt.’ – p.226

    In other words, theoretical processes for change exist, but the fossil data show stasis, thus bringing into question the reality of processes which could bring about change (evolution). As they said, ‘stability within species must be considered as a major evolutionary problem’. – p.224

    Dus, nogeens nuwe hipotese wat weereens NIE deur die empiriese data onderteun word, nie.

    Julle ouens raak só gou opgewonde, hoofsaaklik omdat julle hoegenaamd nie mooi weet waaraan julle self glo, nie. Dit is jammerlik…

    Groete,
    Kobus de Klerk  

  • Kobus de Klerk

    Johan,

    Na dese dink ek jy besef jou aanmerking hier bo reflekteer op jou swak insig in wat jy self glo – ek vind dit by baie van julle, soos ook by Kleinkoos, byvoorbeeld.

    Kleinkoos,

    Jy besef blykbaar nie dat jou aanhalings uit Wikipedia juis aandui dat tradisionele darwinisme sy jis gesien het nie – en dat dit nou ’n soort van “vry vir almal” met verskillende name vir verskillende uitgangspunte, geword het, tipes die kenmerk ook van ’n religie… Lees weer wat jy self aanhaal. Kan julle nie verstaan wat julle lees nie? Oor jou “punctuated equilibrium” aanmerkings het ek reeds iets in besonder vir jou voorgesit om te verteer…

    Stephan,

    Lees gerus weer wat jy aanhaal - “… I am saying that this popular evolutionism—often an alternative to religion—exists…” -  uit Ruse se werk wat jy self ook aanhaal. In die gedeelte wat ek aanvanklik aangehaal het, het Ruse dit duidelik gemaak dat hy deur, byvoorbeeld, die Huxleys, wat darwinisme as ’n soort sekulêre religie gesien het, geïnspireer is en dat darwinisme half filosofie en half wetenskap is – so ’n hibried. Niks wat jy sê, gaan daaraan verander nie – al wat kan gebeur, is dat julle Ruse se radikale standpunt net meer beklemtoon. Maar, ek kla nie, dit help my. Jy, om jouself te probeer bevoordeel, skop teen die prikkels en verstaan klaarblyklik nie wat jy self lees nie (nóg ’n tendens onder julle) – Ruse besef dat darwinisme ’n sekulêre religie daarstel en besef ook dat dit gevaarlik is vir darwinisme op die sekulêre wetenskaplike podium en waarsku derhalwe “…Third, we who cherish science should be careful to distinguish when we are doing science and when we are extrapolating from it, particularly when we are teaching our students. If it is science that is to be taught, then teach science and nothing more. Leave the other discussions for a more appropriate time …” 'n poging om die religieuse filosofie van darwinisme van wetenskap te probeer skei, maar hy kry nie reg, nie. Dink net, die probleem is so ingrypend, dat hy sy tyd vir navorsing moes afstaan om 'n boek daaroor te skrywe om krisiskontrole te probeer doen.

    Wouter se geknetter verg nie kommentaar nie, behalwe, dankie vir die moeite, Wouter! Jy is my behulpsaam. En dan ook ’n opmerking – sy snedige verwysing na die feit dat dié aanhalings ook uit “A Kid's Guide” kom (benewens die feit dat dit deur die sprekers self ook in hul werke gepubliseer is) – wat beteken dat hy nie eens meer op die vlak is dat hy darwinisme uit kinderboekies na waarde kan interpreteer nie. Wouter is báie naby die punt waar hy, net soos Cornelius, geïgnoreer gaan word. Hy het werklik lanklaas ’n bydrae gelewer en hy is nou besig om my werk vir my te doen (ek kla nie). Nes Cornelius, haal hy nou ook klakkeloos en onbeheersd soos ’n sot aan en dribbel oor die bron (waarvan hy nie hou nie) terwyl die inhoud hom geheel en al ontglip. Ons almal weet egter, dit is die inhoud wat tel.

    Gaan doen nou jul huiswerk oor jul eie geloof en kom by. Julle desperate gespartel is amper aandoenlik

    Kobus de Klerk

  • Hallo Kobus

    Jy kan darem maar Gish Gallop. Ry op ry onwaarhede. As voorbeeld, die eerste sin uit daai onbekende kreasionisties bron van jou:

    "The term Cambrian Explosion describes the geologically sudden appearance of multi-cellular animals in the fossil record during the Cambrian period of geologic time."

    Ons het fossiele van multisellulêre organismes van meer a 2 miljard jaar oud. Die Kambriese Ontploffing was ongeveer 530 miljoen jaar terug.  Dus, multisellulêre organismes het onstaan laaaank vor die Kambriese Ontploffing.

    Kan jy darem nie ten minste eers gaan kyk of jou bronne die waarhede vertel voor dit jy hier herpubliseer nie. Ek hoop jy weet dat die deler net so goed is as die steler!

    Kleinkoos

  • Kobus de Klerk

    Kleinkoos,

    Dit is patetiese pogings soos hierdie van jou wat eie is aan julle insigloosheid, wat veroorsaak dat julle religie in so ’n geweldige maar hopelose oorlewingstryd is –

    Lees weer

    “The term Cambrian Explosion describes the geologically sudden appearance of multi-cellular ANIMALS in the fossil record during the Cambrian period of geologic time”

    Jy skrywe

    “Ons het fossiele van multisellulêre ORGANISMES van meer a 2 miljard jaar oud. Die Kambriese Ontploffing was ongeveer 530 miljoen jaar terug. Dus, multisellulêre ORGANISMES het onstaan laaaank vor die Kambriese Ontploffing.” Woordeliks aangehaal, net twee woorde in hoofletters geplaas.

    Ken jy die verskil tussen ANIMALS en ORGANISMES? Nie? Dan moet jý maar gaan studeer daaroor, want daar is ‘n enorme verskil. ’n Dier is bepaald nie ’n organisme nie, en ook nie andersom nie en ’n dier is noodwendig multisellig maar nie so met ’n organisme, nie. Dus weet jy van enige dier, wat nié “multicellular” is, nie?!

    So, wat is fout behalwe met jou insig? Met opkyk van datums en plekke is jy OK. Maar vir die res, wat insig verg, het jy sovêr hoegenaamd nie enige toets geslaag nie – tipies van julle onvermoëns.

    Maar so van datums gepraat, jou bewering van “meer as 2 miljard jaar”? Waar is die bewys? Dit is ’n wolhaarstorie. Plaas vir ons die skakel met die bewys daarvan. Dit is nog een van daardie verstommende fabelagtige hipotese wat as ‘feit’ uitgehou word.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top